Andre Dippenaar

Begin
TRANS-KAROO
Drienasies
Strandfontein
Rooikappie
KuipeStoppe
Derby
Kruis vir Coco
Pou Moleste
Hoe Pleit jy?
leeujag
Kluite Toe
Harley Ryers
Geesbevange
Sitrishdal
Bakkieman
Preek n Preek
400 teen 1
Bliksem
Lakenskeur
Vetkoek Safari
Katkistrofe
HELDRYWERS EN HOË TEE
VRYSTAAT SE KOEIE
HOT AGTER

Oorle Oompie Doors vertel Weskus- en ander stories

Uit die pen van Andre Dippenaar

MY SIEWIE

 

Glip in Victoria-Wes van die produksielyn af in die laat veertigs as Merk I [van III] en spandeer die eerste 16 jaar van my omswerwinge op ‘n plekkie met die naam van Pampoenpoort.

Groet my skoolhoof en sy span juigende pedagogiese handlangers in Richmond [Kaap] in 1967 en gaan kring rondom die lelies en hurk oor katgaatjies saam met my makkers vir ‘n jaar – vir vokken hasie [‘skies; volk en nasie!]

Begin vreet uit die krip teen die einde van ’67 by die landdroskantoor Colesberg. Bykans 41 jaar [en 11 verplasings!] later spreek ek tans vir die afgelope 17 jaar die reg in die howe van Vredenburg. [Verplasings was later so knaend en erg dat, elke keer as ons honne en hoeners ‘n groterige ding hoor dreun, loop staan en sit hulle sommer vanself oppie sypaadjie – reg om te trek!]

Verplasingsrekord lyk asof my GPS gom gesnuif het: Colesberg, De Aar, Vredenburg, Springbok, Fraserburg, Cradock, Dannhauser, Groot Marico, Koffiefontein, Malmesbury, Hopefield, Vredenburg.

Regskwalifikasies verwerf deur UNISA [Maar het nooit vir my alma mater rugby gespeel nie en die kroning as joolprinses vrinnelik vannie hand gewys!]

Sweis ‘n eg saam met Rene sowat 37 jaar gelede en word as egpaar geseën met twee egters en twee klein egtertjies.

Kry uit die bloute ‘n verplasing “Ons Dorp” toe en verkeer tans onner geweldige druk van Hennerik en Kie – met die nodige aanmoediging van oorle Oompie Doors vanuit die graf – om die ink-honger “uitgewekenes” met wáre verhale te vermaak!

Hettie eintlik talente nie, maar benut die verspeelde lente ommie stories [met beperkte lengte] tot in lente van dae te probeer vertel.

jats.jpg

Andre Dippenaar - Vredenburg

Oorle Oompie Doors
oompiedoors.gif

Skryf vir Andre deur n epos te stuur aan pos@onsdorp.com en merk dit vir sy aandag.

Teken in op Kammanuus


    3046 Lesers al reeds!
    GetResponse E-pos Bemarking