Andre Dippenaar

GEESBEVANGE
Begin
TRANS-KAROO
Drienasies
Strandfontein
Rooikappie
KuipeStoppe
Derby
Kruis vir Coco
Pou Moleste
Hoe Pleit jy?
leeujag
Kluite Toe
Harley Ryers
Geesbevange
Sitrishdal
Bakkieman
Preek n Preek
400 teen 1
Bliksem
Lakenskeur
Vetkoek Safari
Katkistrofe
HELDRYWERS EN HOň TEE
VRYSTAAT SE KOEIE
HOT AGTER
spook.jpg

Oompie Doors, kerkmens wat hy was, was ook ‘n man wattie werklikheid nie loop staan en misken hettie. Verkonnig die ou lat as mens loop staan en stof raak het, beteken dittie lat stof kannie loop staan en boos rakie. Wassie ou vrekbang vir die onsienlike dinge.

 

Vertellie ou vir ons lat hy persoonlik destyds vir Klaas Geswind by ‘n boeredag loop staan en ontmoet het. Vertel oorle Klaas glo vir hom daai storie van Skimmelperdpan sallie ‘n resitasie loop staan en uitdraai het as daar darie tyd Afrikaanse koerante was nie. Ingilse hettie geweet hoe ommie storie virrie voorblad te loop staan en staanmaak nie.

 

En, swerie ou hoog en laag, daai heks van Endor wat hulle innie Groot Boek oor skryf, was verlangs familie van pastoor Petoors vannie Apostoliekerk. Glo van sy vrou se kant af. Oor-oor grootjie of naastenby so verwant,  reken hy.

 

“Issie rede hoekom hulle jongste enetjie met die helmet loop staan en gebore is. Kannie klong mos gesigte sien. Loop en kwylpraat die mannetjie mos met drogbeelde assie maan lykit gaan loop staan en vol raak. Praat hy dinge amper soos ‘n mens met ‘n kraak innie kopnaat.”

 

Hettie stomme pastoor als probeer om die helmet los te kry. Puur verniet. Kind met wywater uitie Jordaan besprinkel. Pater Rossini vannie Roomse kerk het kom wierook brand onner die stomme mannetjie se neus. Slams vannie Kaap af het met paljas en varkspek kom try. Niks gemakie. Pietertjie Petoors se helmet klou soos boomgom aan ‘n vlegsel.

 

So, vertel oorle oompie Doors, is hy op ‘n slag mettie fiets dorp toe. So loop raakit vir hom laat. Skemertyd draai hy die dikwiel Ralleigh se hÍnnels plaas se kant toe. Sak groenvoer wat hy by oorle oom Smittie Smidswinkel geloop staan en leen het agter oppie kÍriŽr. Paar skeute te veel senuweeweerder vannie hotel agterrie blad.

 

“Daai slag toe ek dorpuit loop staan en ry, in wie loop staan ek en vasry? Nogals byrie kerkhof se hek? Einste Pietertjie Helmet! Sittie kind voorie hek en gesels met niemand nie. Kliphard aan’t gesprek voer. Loop staan en skrik ek amper ‘n halwe waterglas senuweeweerder uit myself uit”

 

“Roepie outjie jou wragtag vir my oppie naam. Kwyl hy iets wat amper klink soos ‘n voorbode. Luister ekkie verderie. Volmaan beginne hoeka oor die rant te loer. Trap ek daai dikwiel se pÍddels so elke derde trap skoon mis van oorhaastig staan en word. Loop hang daar ‘n wolk stof agter en bokant my innie pad soos daai wolk wattie Israeliete uit Egipteland uit loop staan en jaag het. Benoud, ou swaer, benoud. Ruik ek kol-kol daai benoudgeid al jaag ek wind op”

So moetie ou mos voorkant toe by ‘n graf langsie pad ook gaan verbykom. Ingilse soldaat wat hier in 1902 aanie skerpkant van ‘n Boeremauser met sy perd loop staan en inry het. Vertellie plaasmense mos lattie die stomme Ingilsman nie sy lÍ kan kry nie. Loop en soek met volmaan narie anner klomp wat al lŠŠnkal huis toe is. Weet oompie Doors van hierie storie. Gee dit sy benoudgeid nog ‘n duidliker klankie.

 

“Ou swaer, en dis lat ek nader aan daai graf loop staan en ry, wat ek loop staan en oorval word mettie moeder van alle gesigsbegogelings. Loop en speel my verbelentheid later kaal hand met my parte. Kry ek ‘n drukking oppie hart.  Soos ‘n jong bulletjie kry as jy sy sak vasvat net voorlat hy os loop staan en word.”

 

Daai’s ‘n tweespoor sandpad waarlanges die ou so jaag. Plek-plek moetie ou nog afspring om hekke oop te maak. Tweede laaste hek reg by die Ingilsman se lÍplek neffens die leidam. Konsertinahek. Daai hek mettie pap snare soos ‘n weggooi viool. Bekslaner noemie ou mense hom. Maak vas met ‘n dropper aan ‘n stuk ketting. As ‘n man hommie bekend en gewoond issie, glip daai dropper bekhoogte met ‘n moerse spoed los.

 

“En dis daai tyd wat ekkie Raleigh se stange byrie hek loop vastrek, lattie geesbevangendheid oor my toesak soos ‘n bank mis oor Paternoster. Verbeel ek my hierse ding agter my. Kyk ek om. Sien ekkie Ingilsman se wit perd  klipgooi ver agter my. Sweef daai oorle perd so twee voet bokant die grond innie pad hier agter my. Niks bene nie. Sweef. Doeksaf in die sandpad. Maak ekkie hek se dropper omkyk-omkyk los.”

 

“Loop rakie wÍreld te wyd vir al my konsentrasies. Glippie dropper uitie bloudraad ring uit. Bekhoogte. Gelukkig kyk ek daai tyd om virrie perd. Vangie dropper my bekhoogte teenie agterkop. Slaat hy my uit nog twee waterglase weerbaarheid uit. Kommie perd nogsteeds aangesweef. Los ekkie hek net so oop. Vattie bicycle sommer self pad. Hol ek ‘n ent agter daai bicycle aan. Klim ek hom sommer van agteraf op. Loop staan en jaag ek  lat ek eintlik die warmte vannie tyres kan ruik  Kol-kol sukkel ek ommie ruik van tyres en benoudgeid te onnerskei. Bly die perd sweef-sweef by”

 

“Loop staan en haal Pietertjie Helmet se voorbode my kort deuskantie laaste hek byrie plaaswerf in. Loop vang die bicycle se kettang mos my broekspyp. Wennie pyp op. Trap ek myself ytie broek yt lat toe ek innie plaashek loop staan en vasjaag, ek net in my onnerbroek en baadjiepante annerkantie hek loop grondvat. Hol ek hystoe. Kossit vir oorle ma my ‘n lampetbeker vol suikerwater ingee voorlat ekkie storie kan uitkry.”

 

Vertel oompie Doors vat oupa Hennerik ‘n lantern en stap hulle twee hek toe ommie spookperd te gaan soek.

 

“Toe ons daai hek voetjie-vir-voetjie benader, staan en sweef daai perd wragtig nog so twee voet bokantie grond en vreet die groenvoer wat mettie slag vannie bicycle afgeval het. Staan en klop my en oorle Oupa se harte  soos basdromme innie Salvation Army se slagorkes”

 

“Is toe oorle Oupa loop staan en sÍ, ‘Ingilse bose gees, watvoor loop staan en rus jy nie’, lat ons sien is toe allietyd ‘n vleis-en-bloed perd. Buurman se ou wit pensioenmerrie. Laken, wassie ding se naam. Stokoud en half kens. Van haar knieŽ af onnertoe pikswart vannie leidammodder. Moes agterie voer se ruik aan gehol het. PÍre vreet en ruik mossie benoudgeid nie.”

 

Toe’t ons twee nou die vlentergat Raleigh staan en plaas toe dra, mompel oorle oupa Hennerik, “Is oorlat jou asem die ene blÍrrie spook stink wat jy lyk soos wat jy lyk”

 

 

Andrť Dippenaar

Vredenburg

3 Oktober 2008

Teken in op Kammanuus


    3046 Lesers al reeds!
    GetResponse E-pos Bemarking