Andre Dippenaar

Van Bakkieman tot oppie Voordek!

Begin
TRANS-KAROO
Drienasies
Strandfontein
Rooikappie
KuipeStoppe
Derby
Kruis vir Coco
Pou Moleste
Hoe Pleit jy?
leeujag
Kluite Toe
Harley Ryers
Geesbevange
Sitrishdal
Bakkieman
Preek n Preek
400 teen 1
Bliksem
Lakenskeur
Vetkoek Safari
Katkistrofe
HELDRYWERS EN HOň TEE
VRYSTAAT SE KOEIE
HOT AGTER
boot.jpg

 Sit ek mos nou een aand by die Vlootbasis, Saldanha, aan by ‘n fênsie dinee ter  afsluiting van die senior onderoffisiere se kursus by die MTR 3 Skool. Almal van ons getooi in mess dress en skroefaangedrewe –  swart strikdassies ommie nek. Beland ek langs Chalkie. “Jats”, beginne Chalkie. Almal daar by die Basis noem my Judge.
Nie dat ek nou sodanig omgee nie; respek, al is dit ook uit seemansonkunde en heelwaarskynlik onverdiend daarby, bly immers respek! “Jats, lat ek bietjie vir jou explain hoelat ek innie Navy gebeland het.
Ek het mos opgegroei innie Paternoster in. So loop staane maak ek ‘n career decision. Ek wil die Navy gaan join. Sien myself inne dykboot, nie die res van my lewe inne kreefbakkie in nie. Pak my ma vir my ‘n soetkysie met klere enne blik padkos. Soutsnoek en huisbrood. Loop sit my oppie bus. Simons Town toe.” 
So vertel hy dat hy nie ‘n idéé gehad het waar SimonsTown nou eintlik is nie, behalwe dat dit in die Kaap is en dat hy ‘n trein van Kaapstad stasie moet vat SimonsTown toe. Enigste ander waardevolle GPS instruksies is om op die uitkyk te wees vir die see en baie bote. By daai stasie moet hy afklim. 
“So kom ek innie Kaapstasie aan. Gaan na die ticket box toe en vra virrie antie agterrie tralietjies ek soeke ticket SimonsTown toe. Vra die antie waffer class ticket soek ek. Het ekkie eens geweet daars classe tickets nie. Koop ek sommer ‘n first class. Beduie die antie vir my watter peron moet ek trein loop vang. Sê sy as ek daar kom en daar staane trein, kan ek maar klim.
As daarie ‘n trein staanie, moet ekkie klimmie” “Kom ek by so ‘n hekkietjie aan. Staan daar twee manne. Vra die een, “Waar’s jou ticket?’ Daai tyd dink ek aanie advice wat Ma my gegee het, ‘Chalkietjie, my kind, jy moet weet innie Kaap is baie skelms. Jy moet versigtig wees!’ Weet ek sommer, daai’sie manne wat sy gebedoel het. Gee ek maar die ticket vir die laanie voorlat hy my dalk rob. Vattie mannie ticket en knippit stukkend. Gee die vlentergat ticket vir my terug. Draai ek net daar om en gaan koop vir my ‘n heel ticket by daai selle antie.
Eers die vierde keer wat daai man my ticket weer loop staan en knip en ek al dik die donner in is, sal ek dydelik hoor dis my ticket om deurie hekkietjie en oppie trein te kom!” “So klim ek oppie trein en skop hy weg.
Sit ek teenie venster. Soekie see en baie skyde. Loop slaat ons Muizenberg stasie, maar net voorlat ons intrek komma ‘n man aan wat soos ‘n poeliesman aangetrek is.
Sal ek later hoor ma’ hysie vannie Boere nie, hysie guardjie vannie trein. ‘Waa’s jou ticket?’ vra die poeliesman my. Wys ek hommie stukkend genipte kaartjie. Kykie mannie kaartjie so en sê, ‘As ons in Muizenberg stop, dan klim jy af, daan loop jy so twee coache aan en dan klim jy daar byrie dêreklas coach in” “Klim ek in Muizenberg af, maar voorlat ek in daai dêreklas coach kan inklim, daar gaat die trein alweer! Kossit vir my nogge ticket koop en vang ekkie volgende trein – SimonsTown toe. Sien ek, nei, ek is oppie regte spoor. Kan ekkie see sien en toe’t ons nader aanie volgende stasie kom, sien ekkie skyde. Toe weet ek, hier en vandag begin my niewe career.
So weet ekkie dis op Kalkbaai stasie waar ek loop staan en afklimmie. Stap ek mettie soetkysie af jetty toe. Kry ek daare man. Meneer, sê ek vir hom, ek kom hier report vir ‘n career. Gee die man vir my ‘n oilskin en vat my na een vannie skyde toe. ‘Begin’, sê hy.” 
“Jats, ses maane lank is ek op daai skyt. Sien ek dinge issie lekkerie. Kry ek niks training offe uniform nie.
Loop ek na een vannie manne toe. Sê ek vir hom hy moet my narie baas vannie plek toe vat, ek wil gaan information kry, want dinge lykie reggie. Ek kry dannie training enne uniform nie. So vat hy my narie baas toe.’Skipper’, sê hy virrie baas, ‘lyk my hierie man hette complaint en hy soek vir Skipper’” 
“’Wat’s jou storie’, vra die Baas. Sê ek vir hom ek is overdissapointed innie Navy, want ek is al ses maane hier en ek het nog niks training of ‘n uniform of niks gekry nie. ‘Nei man’ sêrie Baas, ‘jys yt jou league yt, as jy ‘n uniform en training soek, moet jy dit in SimonsTown loop soek, nie hierie!’’
 “So loop vat ek my soetkysie, lossie oilskin sommer daar oppie dek, loop koop ek ‘n ticket SimonsTown toe, loop kry ek my training enne uniform en nou’s ek 28 jaar later nogsteeds in uniform!”  André DippenaarVredenburg3 Julie 2009  

Teken in op Kammanuus


    3046 Lesers al reeds!
    GetResponse E-pos Bemarking