"Spreek hy ‘n seen oor daai stomme broeruit lat die man se kuite later sulke langkrampe gee van staan,"
Lag
ons die troppie mofskape wat stof-stof waterkrip toe aansukkel onderdonkiegeskal agterna. Begin
versit ons huis se kant toe vir bietjie koffie. So innie loopskinner oompie Doors verder.
“Manne, noulat ons die een preek loop staan en herkou het, loop dink ek mos aandaai
slag met oorle ou dominie Viljee. Verkondig die ou mos Evangelie daar op ‘n plekkie innie Karoo in.
Issie
gemeente kol-kol maar half luierig om van die bree wegaf narie smal kant weggekeer te word.Lykie
kerk maar party Sondae alteveel na ‘n misoesmielie.
Sit
daar net so hier endaar ‘n pit of twee. Soveel so lat daar op ‘n mooi Sondagmore net een ou oom virriediens loop
staan en aanmeld”Wil dominie Viljee sommer loop staan en kortpad vat. Se
virrie broeder hulle tweemoet sommer innie konsistorie Boekevat, saam bid en huis se kant toe staan.
Issieou
oom opslag eintlik halstarrig van vroomgeid. Reken die ou net so:“Dominie, ek is ‘n skaapboer. As net een van
my honnerd skape saans kraal toe kom,loop staan en raak ekkie vrekkig mettie lusern samie. Ek gee vir daai een skaap voer.Dis
hoekom ek vamore hier kom aanmeld het. Om geestelike voer te kom kry.
”So
strip dominie se moer soos ‘n geroeste skanierskroef wat jy met ‘nwaterpomptang probeer losdraai. Jaag hy die broer opslag die Huis binne.Trekkie herder weg mettie aanhef gesang. Psalm
119. Allie verse.
Leesie ou uitie Skrif. Psalm 119. Allie verse.
Honnerd-ses-en-sewentig van hulle.“Vattie ou vers 9 assie teksvers virrie dag. Loop haal hy vir hom doer ver, byrie
nagvan verwekking, kom stap hy met hom van moederskoot af reg deurie laerskool, bykatkisasie, aanneming, voorstelling en matriekafskeid
verby en gaan los hy diejongeling byrie universiteit se hoofhek.
Hou
hy die pad suiwerder as bokmelk watdeur ‘n stuk kaasdoek loop staan en filter is.”“Vattie
ou die broer padlanges deur die Heidelbergse Katakombes, laatie die broer sygeloof hardop bely, loop draai met hom kort deuskant
die Vatikaan om, kom hy methom langpad deur Dordrecht se spul reels en regulasies en kom halt hy met hom regagter die punt
aanie einde van Eksodus 20 se sewentiende vers. Laat sing die ou die slotsang se al vyf versies.
Spreek hy ‘n seen oor daai stommebroer uit
lat die man se kuite later sulke lang krampe gee van staan. Lyk sooskruipmolle wat onner die ou se kuitvelle op en af staan
en hol.
”Weet
oompie Doors te vertel lat daai diens ‘n hele ent meer as vier-en-‘n-driekwartuur vannie Sondag loop staan en
verinneweer het. Soveel so lat die Sinode dit as ‘nrekord laat staan en opteken het. Glo die meeste diens virrie minste
mens inniegeskiedenis vannie Christendom.
By die Paleis van Justisie in Pretoria of by die Ontvanger van Inkomste aangeteken. Of
waar ookal die kerk se wenprekegeregistreer mog word. Maar aangeteken, is dit aangeteken. Volgens oompie Doors.
Loop
staan en waggie broer vir dominie byrie konsistorie se buitedeur in. Loop staan en
kykie ou hom agkantig innie oe. Se die ou vir dominie: “Dominie”, se die ou, “lykmy Dominie verstaan die
ding nie so lekker nie. Ek het gese ek is ‘n skaapboer. Ek het gese as ek honnerd skape het en net een van daai honnerd
skape kom kraal toe, dan loop staan ek en gee daai een skaap voer. Ek hettie gese
ek loop staan en donner al honnerd se voer in sy bak innie!”
Toe’t die ou omdraai na sy Studebaker bakkie toe, toe loop staan en trek die kosterdie
toue virrie eerste gelui vannie aanddiens. Vertel oompie Doors