“So loop staane kap ek en my span sekelslaners dag
vir dag al watte onkruid of vriendkruit is uit.
Vel ons met bospik en boogsaag al watte vyandelikheid is neer.
Brantie sweet later onse oë so lat ons sommer so toe-oog deurie slagveld sneuwel.
Dis lat ons oppie 13de dag teen skemeraand
onse wapens neerlê en oorie slagveld staar, lat ek sien dat vir behalwe twee olienhoute, ‘n wilger byrie leidam,
twee sipresse by die kerkhof se hek ennie moerbeiboompie neffensie agterdeur, daai plaas so kaal baklei
is soosie land van Gat wat oorle Paulus in die Hebreërsbrief loop staane beskrywe het”
So, vertel Oompie, gee hy daai skemeraand aan sy spannetjie stormtroepe
opdrag.
Môre-oggend dag voor
doubreek fusileer hulle die morsige moerbeiboom teen eerste lig.
Hoorie ou se vrou die opdrag.
Loop
staane steek sy viervoet vas.
Moerbeiboompie
val oor haar dooie liggaam.
Loop staan
Oompie, volgens hom, generaal-orent voor haar en weet hy glo vir haar te vertel “Hierie issie die vrede van Vereniging nie, Vrou.
Môre-oggend val daai moerbyboom oor jou dooie liggaam, maar val sal hy val!”
Vertel Oompie, “Manne, daai aand loop staane oorval ‘n
stilbestuiping daai wederhelfte van my.
Lat
toe ons uiteindelik onse lê loop kry, toe’s die kloof tussen ons twee lankverhudes so wyd lat
jy nie eens met ‘n Mauserkoeël oor daai kloof sou kon loop staane skietie”
Vervattie Ou. “Frikman, daai nag kom staan daare allerverskriklikste
donnerstorm op.
Laat hierie enetjie,
wat nou so probeer lawaai, na sleepmis lyk ou Swaerie.
Loop slaan een van daai pers bliksemstrale met een hou daarie moerbeiboompie poer in sy moer in.
Slat hy vir hom so hard lat vannie takke, bas en amper 4 pond groen
moerbeie 6 myl verder op my buurman se grond loop staan en grondvat” “Manne, na dáái
nag het niemand in my huis ooit weer ‘n inkilte besluit van my deurie twyfel geloop staane trekkie!”
Hou die Ou die
bekertjie weer na my kant toe.
Sittie
weer self ‘n punt agter Oompie se laaste sin.
Loop slaanie oermoeder van alle bliksemstrale die willevy innie hoek vannie erf lattie swaeldampe vannie hel self
vir amper ‘n uur oorie werf hang!
Vlieg buurman
Frik uitie blokke uit weg.
Skotsloos.
Hoor ons hom by die tuinhekkie uithol mette “Ek kom Liefie,
ek kom!”
André Dippenaar
Vredenburg
30 Junie 2009