STAAN ons op 'n dag sommer so innie kombuis en koffie
drink.
Gooi oompie Doorssyne innie piering. Slurp dit.
Klink amper soos daai laaste bietjie water wat uit 'n baduit gorrel.
Bekruip ek die ou en vang hom ampers aan die verkeerde kant vannie
skrum.
"Oompie Doors", se ek, "vertel bietjie virrie manne van daai keer
toe Oompiekliphard loop staan en laken skeur het
onner gebed byrie huiskerk op Gannakolk.
"Loop die ou se koffie sommer gelyktydig by sy slukderm en longpype
in.
Kos dit virBen Donkie die ou tussen die blaaie loop staan en klap.
Klap Ben hom opslag uit syverstikking en sy piering vol koffie uit. Loop ruk die ou amper dood soos 'n Listerenjin met sand innie tenk.
Lyk
dit offie ou rou soos daai verstiktrane teen sy wangeafloop.
"Kerels",
hyg die ou, "daai wassie 'n grappie.
Hou
ons mos wykskerk innie Gannakolkwyk by oorle oompie
Sampie de Bruin-goed oppie plaas.
Innie
waenhuis vergader onswyksmense.
Vat Oudoom voor. Sit ek op 'n riempiestoeltjie.
Le oom Sampie se hond,Waslap was die ding se naam, onner die stoel."
"Het ek
mos vannie begin af mette probleem op daai stoeltjie gaan sit.
Skoonoordraad gevreet
aan boontjiesop en roosterkoek.
Maag
so onstuimig soosie see wasdaai aand wat oorle Petrus
oppie water traai loop het.
Issie branners
nie so hoog nie,maar issie winde stormsterk verby.
Loop en huil eintlik so deurie kanale en gate hierin
my binnekant."
"So issit mos net toe Oudoom die byeenkoms van die gelowiges aan die Liewe
Vaderbeginne opdra, latie wind land loop staan en
kry.
Laat sak ek stilletjies myregterhand onner my boude in ommie knypers by te staan.
Niks gemakie. Skeureerste vlaag stormwind soos 'n laken strand toe.
En sommer nie net vir skeurie.
Duidelik hoorbaar soos daai slag wat die voorhangsels van die
tabernakel loop staanen padgee het.
"Vertel
Oompie lat hy sommer so sit en bid lat Oudoom heelnag deur met sy gebedmoet
aangaan.
Sien hy nie kans ommie mense
innie oe te kykie. "So skaam sooswat oorle
Adam was daai slag wat sy vyeblaar weggewaai het lat hy eintlik kaalgatagter
die brandende braambos loop staan en wegkruip het," bieg oompie Doors."Kom jaag tweede sarsie stormwind kloof af.
Glip deur die siwwe. Hierie keer meerbedaard.
Klink amper soos 'n sakdoek wat skeur.
Loer oorle oompie Sampie oor syknypbrilletjie.
"Waslap!" grommie ou. Maak dit my oorgerus. Dink oom mos dissiehond.
So gooi ek min wal teenie volgende aanslag.
Lig eintlik my linkerboud so effevannie
stoel af latie wind makliker koers kan kry tussen die rieme deur. Skeurietabernakel se gordyne sommer so in die dwarste!
"Dis daai slag wat
oompie Sampie opslag die diens loop staan en onnerbreek. "SkiesDominie",
se die ou.
"Waslap" skrou die
ou, "voetsek onner daai stoel yt, netnou loopstaan
en skyt Doorsie op jou kop!
"Balk Ben Donkie lat hy oorie kombuis se onnerdeur loop staan
en val.
Sluit oompie Doors af.
"Kerels, daai aand toe ons byrie huis kom, se my oorle pa met 'n begrafnisstem: 'Doors! Buk, hanne oppie kiee en mik met daai
bose boude sountoe, weg van my af.'
Loop staan en dryf hy die laaste bietjie flou asempies vandie boontjiesop-stormwind hou-vir-hou mette
stuk osriem uit my uit.