Andre Dippenaar

HELDRYWERS EN HOň TEE

Begin
TRANS-KAROO
Drienasies
Strandfontein
Rooikappie
KuipeStoppe
Derby
Kruis vir Coco
Pou Moleste
Hoe Pleit jy?
leeujag
Kluite Toe
Harley Ryers
Geesbevange
Sitrishdal
Bakkieman
Preek n Preek
400 teen 1
Bliksem
Lakenskeur
Vetkoek Safari
Katkistrofe
HELDRYWERS EN HOň TEE
VRYSTAAT SE KOEIE
HOT AGTER
heldrywers.gif

HELDRYWERS EN HOË TEE

 

So kry ek oppe dag vir Stephen le Roux, Ettiene van Silbersteins-faam se seun, oorie landlyn innie hanne om permissie te kry om bietjie van sy oorle ouma-goed te skinner. Kan hy virrie waarheid vannie karakters pa staan, maar nie virrie inhoud vannie skinner nie!

 

Oud Koffiefonteiners, die wat nog lewe en die wat reeds gesterwe het, sal egter  kan bevestig lat daar meer asse halwe waarheid innie storie mog rondsweef!

 

Oorle oom Sollie Straus het díe een nog vir my vertel. Hettie ou mos destyds saam met my innie landdroskantoor gewerk. Statige en stadige ou kêrel. Sowat van stadig het ek noggie weer raakgeloopie. Net twee dogters gehad. Hulle name het my nou verglip, maar ek weet hulle het net nege maande in ouderdom verskil. Dorpsmense het loop en vertel lat as ou Sollie nie so stadig wassie, was hulle ‘n tweeling!

 

Maar wag, ek loop draai nou oppie verkeerde lyn af. Díssie ouma Bessie se storie nie.

 

Vertel oorle oom Sollie lat, lánk voor televisie innie pad van teedrinkery loop staane instruikel het,  van Koffiefontein se anties so gereeld soose Brooklax-maag, die stuk ingesit het Wagenmakersdrift, oorle antie Bessie le Roux se plaaswerf, toe.

 

Stinkwit gepoeier en rooilip gepaint virre behoorlike pinkie-innie-lug ‘Vyf Rose’ affêre.

 

Kompleet met skôns, koeke, melkterte,koeksisters en anner heupaanvullers oppie tafel gestawel.

 

Selfs Stephen kannie veel vannie ander teegangers na amper veertig jaar in herinnering roepie, maar twee vannie voorvatter teedrinkers hettie innie krake vannie tyd verdwynie – ant Leen Immelman, Leen Lekkerlag, was sy gebynaam, en ant Annie Serfontein van Merino. Ênnie, hettie Fonteiners haar naam uitgespreek.

 

So, vertel oorle oom Sollie, het antie Leen nogge agterryer ook gehad, Anna. Anna Spirits, hettie die Fonteiners haar loop staane bedoop. Wassie ou glo amper net so swaar oppie botteltjie blou asse praaimis. Vandag se dae sou sy seker Anna GPS heet, want dit was die siel se nering – om vir antie Leen te help dophou vir anner karre en dinge, en dit nogals vannie agterste sitplek vannie mouter af!

 

Sekere gode van weleer moes sawwe plekkies vir bloutrein-ryers gehad het, want ant Leen het, sovêr ek kon naspeur, die omgewing se paaie vlekvry bedrywe ondanks Anna se twyfelagtige aanwysings.

 

Oppe dag, so wil Sollie se storie dit hê, loop draai antie Leen haar vervoertjie se kop Wagenmakersdrift toe, gelei deurie geur van getrekte Ceylon blare en beskerm deure waas van praaimis asem!. Kap sy en Anna dit yt, wydsbeen oorie middelstreep innie pad, 30 myl per uur, jaag sy agterie teebelusting aan.

 

Bult op en bult af, blinnehoogtes- en draaie oor en om, stu sy voort!

 

Antie Ênnie, agterie stuur van haar Toyota Cressida, koers mos daai dag innie selle rigting en mettie selle motiewe. Net bietjie later as antie Leen innie pad geval. En so loop haal sy die Lekkerlag ryding van agteraf in.

 

Verduidelik oorle Sollie,  lat sy tot amper oppie plaas agter Anna-goed moes aansukkel. Nikse verbykom kansie. Hoeter geblaas en beduie, maar al wat koers hou is antie Leen.

 

Oppe kol moes antie Leen seker so bietjie konsentrasie langsie pad laat val het. Versit sy vir ‘n wyle na haar kant vannie pad toe en dis daai slag wat ant Ênnie lepel inlê, die gaping vat en teen amper so 50 myl per uur by haar loop staane verbyglip.

 

 Kom sy so ‘n paar minute voorie Lekkerlag geselskap oppie plaas aan.

 

Oorspanne, en sopnat gesweet vannie sukkel, loop staane lig sy die kring van teedrinkers in, “Mense, ons sal ‘n plan met ou Leen moet maak. Hulle sal haar lisensie moet wegneem, want sy is ‘n gevaar op die pad!”

 

So kom sluit antie Leen, oppie oog af verwytloos en kalm, ook byrie koeksusterkouers aan en sprak geen sprook van wat vroeër oppie heenreis plaasgevind hettie.

 

En dis eers mettie huistoegaan tyd,en wat antie Ênnie Wagenmakersdrift se werf uitry, wat antie Leen glo ernstig, maar onvergenoeg, die agtergeblewenes toespreek, “Bessie”, sê sy, “ek wil nou rêrig nie skinner of kwaadpraat nie, maar ons sal met Flippie van ou Ênnie moet loop praat. Die spietkops sal haar lisensie moet wegvat. Daai vroumens gaan nog onskuldige mense loop staan en doodverongeluk. Sy’t vandag op pad hierheen by my kom staan en verbyjaag soos ‘n helldriver!

 

 “As Flippie nie vinnig ‘n plan maak nie, gaan sy nog hierdie teepartydjie in ‘n treurpartytjie loop staan en verander! Kompleet met lanferlappe en plêstiek begrafniskransies en al”

 

 

28 Januarie 2010

Enter supporting content here

Teken in op Kammanuus


    3046 Lesers al reeds!
    GetResponse E-pos Bemarking