Andre Dippenaar

HOT AGTER

Begin
TRANS-KAROO
Drienasies
Strandfontein
Rooikappie
KuipeStoppe
Derby
Kruis vir Coco
Pou Moleste
Hoe Pleit jy?
leeujag
Kluite Toe
Harley Ryers
Geesbevange
Sitrishdal
Bakkieman
Preek n Preek
400 teen 1
Bliksem
Lakenskeur
Vetkoek Safari
Katkistrofe
HELDRYWERS EN HOň TEE
VRYSTAAT SE KOEIE
HOT AGTER
kerrie.gif

 

“HOT” AGTER

[Hierie een “geleen” by Piet Krüger, maar nettie waarheid ontkoppel]

 

Gaan kyk ek en oorle oompie Doors voetbôl in Loeriesfontein. Loeriesfontein teen Klawer, dink ek was die hoofwedstryd. Nog daar oppie ou veld, naby oorle oom Aap Visser se huis. Grondveld, nikse grassie en g’n beduidenis vanne koelteboompie nie. Pawiljoentjie spoel oorie kante van volgeid. Kry onsie sitplekkie.

 

So sit ons spulletjie sommer plat oppie grond oppe stuk seil voorie mouters langsie kantlyn.

 

Oompie, oorle oom Kowie O’Kennedy, oorle oom Jannie Losper, ekselwers en nogge paar voetbôl kenners. Eet ons kerrie en rys wattie ACVV se anties daar loop staane verkoop het.

 

Vattie manne so danne wan ietsie. Net virrie wis en onwistigheid. Om wedstryd fiks en by te bly. Man weet mos nooit of daar perdalks ekstra tyd gespeel gaan wôre nie.

 

“Doorsman,”  sweet oom Kowie oorie bakkie kerrie se rant, “een vannie anties se kerriehand was wragtag swaarder assie weer nourie dag daar na Klein Rooiberg se kant toe. Kan jy maar ys bygooi, koel kry jy die blêrrie spul nie afgekoel nie. Lyk skoon offie rys loop staane smelt onnerie warm kerrie! Warmer assie hekpale vannie hel self!”

 

Loop staane probeer die ou die geel vuur doodgooi mette paar slukke ‘Mellowood’  Niks gemaakie. Brandblus die ourie vuur mette bier. Puur verniet!

 

“Kowie ou swaer,” traan Oompie self half oopbek na Kowie se kant toe, “stry stry ons twee mos maklik en saamstem staane skeep ons ook maar meer as dikwels af, maar hierie slag wil ek jou amper narie helfte vannie lyndraad se kant af tegemoet hol. Die spulletjie hette byt, maarie nábyrie Natalse kerriefamilie nie”

 

“Daai slag wat ek en oorle Gert Pond met ons “Fannerflêsj” perd Joelaai toe was, jy weet mos, toerie blêrrie perd onse wedgeld oppie baan loop staane uitwei het,  daai einste tyd loop staane koop ek en Gert vir ons wragtag ‘n tweede keer vas. Eers aanie perd en toe aanie kêrrie!”

 

“Sien, hettie perd  ons mos sleg innie skanne loop staane versteek, soveel so lat ons skoon innie hôrsboks loop staane wegkruip het tot duskant skemer die aand. Toe’t daarie meere siel byrie reiskoers lewe wysie, sluip ons mettie Valiant, sommer sonner hôrsboks en perd, byrie hekke uit. Terug huis toe!”

 

“Ou Swaerie, daai dag hettie perd my ‘n groter verleentheid loop staane toedien assie dag wat oorle oupa Hennerik  vir my en ant Wiesie Smit se meisiekind, Marie Mensmerrie, agterie kafhoop loop staane oorval het. Kaalgat, sonnere draad klere vangie oukêrel ons mos. Al wat ons tweetjies aangehad het, was strooihalms en kafstoppels!”

 

“Ewen’twel, so loop vat onsie pad huis toe en daar by ‘n plek mettie naam van ‘‘n Man se Tôtie’, knap weg uit Durban uit, loop staane koop ek en Gert vir ons ietsie virrie pad. By ‘n Indiaanse kêffietjie. Kerrie en rys en man-man ‘n punt melk. Sommer op pad kar toe,toe beginne tel ons alle sweet op. Net vannie  takeaways se dra ennie stoom se snuif!”

 

“En so loop trek ons by ‘n sementtafeltjie vannie pad af om sommer innie ligte vannie Valiant te eet. Haal ek vir onsie bakkies kerrie en rys uitie plêstieksakkie en dekkie tafel. Sukkel Gert Pond nog om sy bakkie se dekseltjie los te woel toe ekkie eerste stukkie hoener inkry. Het daai eerste happie noggie eers by my kleintongetjie verby geglippie, toe loop staane hol twee strome trane oor my wange”

 

“Is daai tyd lat Gert opkyk en vra, ‘En vir wat loop sitte tjank jy dan nou so droewelik, issit oorie perd?’, wat ek loop staane besluit ek sallie wetterie waarsku teenie Indiaanse vagevuurie.  Sê ek sommer dis oorlat dit my mos nou loop staane byval lat ouma Jaatjie presies vandag sewe jaar terug loop staane afsterwe het, lat ekkie bewoëensbevlieging loop staane kry het”

 

Oompie vertel lat teen daai tyd het ou Gert Pond darem al self die dekseltjie van sy porsie afgewroeg en met díe wat hy nou loop staane agter raak het mettie etery, lat hy van pure oorhaastigeid amperie heel hoenerboudjie met een hap vannie been afstroop en met net twee kort stukkies kou innie slukderm loop staane afstoot.

 

“Selle storie, daai hoener het noggie eers mettie slukderm se sappe behoorlik loop staane handskuttie, toe lyk Gert Pond soose kind watte kinkhoes aanval loop staane kry het. Loopie snot en trane in ewe sterk strome oorie ou se bolip en wange.”

 

Vra Oompie glo ewe vroom, “En neef Gert, waaroor huil jy dan nou so skielik?’

 

Weet Gert kop te hou en grommie ou glo net daar oppie plek vir Oompie, “Doors, jou dônner, ek huil oorlat jy nie saam met jou verdomde ouma Jaatjie loop staane

vrek hettie!”

 

“Intussen, ou Swaerie, hettie jokkie, Moos Geduld, ookie agter gebly nie. Is hy teen daai tyd al amper vier slukke kerrie sterk.  Staanie stomme kêrel met sulke stokstywe oë, oopbek, windop en blase blaas wylie ou iets probeer sê. Klink al vir my soose koei wat mette sementsak oorie kop traai bulk!”

 

Ou Kowie, daai kerrie het ons met als geprobeer kalmeer wat onsie hanne kon oplê, behalwe die botteltjie brakefluid wat agter innie Valiant se katbakkies was”. “Eers verdedig ons onsself teenie Indiaanse aanslag mettie melk. Toe loop gooi ons van my voetpoeier op onse tonge. Die jokkie probeer tot vannie Dubin, wat ons virrie perd se halter saamgevat het, oppie tong smeer. Later suip onsie gellingkannetjie water, wat sou moes keer lattie Valiant, soosie kerrie,  nie laansie pad moet loop staane oorverhittie, op. Niks gemaakie. Dis so goed jy loop staane neuk pêrefien oore oop vuur. Voel later skoon of daai behandelings nettie kerrie nog meerie moer in loop staane maak het!”

 

Vertel Oompie lattie een van hulle daai kerrieporsies halfpad kon baasrakie. Sou glo makliker gewees het omme duik inne kasteroliedrol te maak as omme kwart van daai dis in te kry!

 

Alles drom toe en dis lat hulle daar wegtrek en hy omkyk, lat hy  kon sweer lattie vullisdrom dofweg vannie warm kerrie begin gloei het.

 

Gert Pond weet te vertel dissie briekligte wat Oompie gesien het, maar Oompie is standvastig – hysie man wat omgekyk het, nie Gertie.

 

So is hulle daar weg, die nag in.

 

“Ry ons met ons koppe byrie vensters uit, oopbek, windop. Helpit darem so effe, maar kla Moos byrie venster  agter my lat hy nie kan sienie. Brand sy oë glo te veel van my kerriespoeg wat so terugwaai. En dis eers wat ons Williston loop staane inry, lat ons weer ordentlik met mekaar kon praat en ons eie spoeg afgesluk kon kry. Ook net so bietjies, bietjies, want toe herrit nogsteeds so ‘n effense Tôti hittetjie in!”

 

“En dis mos net wat ek loop staane oorgerus raak, lattie tweede reeks Natalse kerriehittegolf my tref. Skrou ek vir Gert doer annie bopunt van Van Rhynspas lat hy moet aftrek wantie Indiane is besig mette oorlogsdans offe ding hier in my pens.”

 

Hol ekkie bosse in. Maakit net-net. Moet ek maar ronborstiglik erken, daai tweede brand was nie erg soosie eerste eenie, maar so aanhóúdend! Drie dae lank!”

 

“Sit ek hotagter innie Valiant met my kaal stêre byrie venster uit – wind op – totlat die bordjie sê ‘Van Rhynsdorp 5’ en ná Van Rhynsdorp tot ons by Bitterfontein afdraai. Toe mos ek nog twee dae lank so danne wan die vuur innie kloof mette klam waslap traai doodslaan!”

 

 

30 Januarie 2010

 

 

Enter supporting content here

Teken in op Kammanuus


    3046 Lesers al reeds!
    GetResponse E-pos Bemarking