TRANS KAROO
[Met dank aan Gustav Vrey]
So
staan ek en oorle Oompie op Calvinia se stasie en kyk hoe lattie trein loop staane wegraak, Hutchinson se kant toe. Hettie antie loop
staane trok, Beaufort-Wes toe. Om byrie kleinkinners te loop staane kuier.
En
dis daai tyd wattie diesel lokomotief sulke swart rokies loop staane uitspoeg, wat Oompie die spulletjie só staane
agterna kyk, en wattie Ou ‘n versugting loop staane loslaat.
Sêrie Ou, “Ou swaerie,
dis nou rêrig nie ‘n wettige, egtige spul trein wattie spoor loop staane betrappie. ‘n Egtige trein lope
staane raasie soose boeldouser offe Bulldog Lanz trekker nie. ‘n Egtige trein fluit en stoom en blaas.”
Willie ou weet of ek nog vir
oorle oompie Gert Graaf onthou. Wassie man mos ‘n stoker oppie Trans Karoo daai jare wat wetlike, egtige treine nog tussenie
Kaap en Transvaal loop staane hol het.
So,
vertel Oompie, loop staane klim twee hogere manne, getaai en gehoed met sulke valerige oorjassies, kompleet mette ‘n
springbok badge oppie bosak vasgenaai, vroemôre op Touws Rivier voor by oompie Gert goed innie enjin in.
Glo ienspekters wattie drywer ennie stoker se kompetensie moet loop staane veroordeel.
En
dis wat hulle nou so twintig myl uit Touws Rivier weg is, lat oorle Gert, ordentlik soos wat sy oorle ma hom opgebring het,
byrie manne wou weet of hulle nie ‘n brêkvis saam wil genietie. Loop staane kryrie ienspekters se hongerte die oorhand
en aanvaar hulle Graaf se aanbod met vele danksegging en waardering.
“Nou
moet jy mooi verstaan,” gaan Oompie voort, “daai tyd se treine hette moerse vuur innie kas ommie ding aanie hardloop
te hou. En dis met daai einste vuur wattie bemanning hulle brêkvis loop staane gaarmaak.”
“So
loop staane vat Gert die kolegraaf, spuit die ding skoon mette ‘n straal stoom yte pyp yt, smeerie ding met ‘n
klont harrevet, en bak opslag ‘n jaarts wors en agt eiers oppie graaf innie koleboks in. Wylie spannetjie wag virrie
brêkvis, spuitie ou ‘n spul kookwater innie keteltjie en gee vir man-man ‘n beker koffie met kondensmelk
en bruinsuiker in. Deel nog sommer van sy tuisgebakte brood ook mettie ienspekters”
Weet Oompie te vertelle lattie ienspekters
hulleself glo skoon wellustiglik loop staane oorvreet het aanie offerande. “Geil,” sê Oompie, “geil
se moer! Dis skoon wors- en harrevet en slap eiergeel wattie manne mettie brood loop staane opvee uitie graaf yt!”
En
dis lat hulle ‘n stasietjie mettie naam van Gemsbok loop staan in die visier kry, wattie een ienspektertjie so ‘n
vuilbleek kleur loop staane verkleur en kort-kort so mettie een hand aan sy broek se gatnaat loop staane klou, lat Gert besef
hierse moerse fout aanie opbou.
Vra hy ewe beleefd, “Meneer is
daare fout aanie kop uitsteek?”
Willie man weet of daar altemit ‘n toilet
hier innie enjin is, wantie wors en vetterigheid soeke parkeerplek.
“Moenie
warrie nie meneer, ons hettie ‘n skytplek hier voor innie enjin nie, ons vat sommerie graaf en dan skyt ons innie graaf.
Later as ons weer ‘n kossie aanmekaar wil slaan, spuit onsie graaf net weer mette bietjie stoom skoon!”, weet
Gert gerus te stel wyl hy die bevette graaf virrie ienspekterjie aangee. “Die drywer het hoeka vroemôre daar in
De Doorns se omgewing drie grawe volgemaak!”
Gert weet te vertelle
lat daai twee manne soos vuil voetbôlsokkies uitie enjin hang en sulke boë wors, eiers en valstanne daar langsie
spoor loop staane verloor het.
Kos dit vir hulle in Gemsbok stasie loop
staane halt roep en vier myl te voet langsie Trans Karoo se spoor terugloop om te gaan soek virrie valstanne!!
6
April 2010