Andre Dippenaar

Pou Moleste
Begin
TRANS-KAROO
Drienasies
Strandfontein
Rooikappie
KuipeStoppe
Derby
Kruis vir Coco
Pou Moleste
Hoe Pleit jy?
leeujag
Kluite Toe
Harley Ryers
Geesbevange
Sitrishdal
Bakkieman
Preek n Preek
400 teen 1
Bliksem
Lakenskeur
Vetkoek Safari
Katkistrofe
HELDRYWERS EN HO TEE
VRYSTAAT SE KOEIE
HOT AGTER

Innie Hof oor Kroonwild

pou.jpg

Hierie een het oorle oompie Doors ook eendag staan en vertel. Sit ons mos op die plaas langs die houthoop rondom ‘n rooster vol toepens harders. Driemankan “Zonnenbloem” byderhand. Een glas. Le fishpaste botteltjie. Issie nog tyd vir lank teug en terugsit nie. Anner manne net so dors. Stuur ons die glasie om. Skink. Sluk en aangee. Dis die ritueel.

 

“Ou Swaer” val oorle oompie Doors met ding in die pad, “het ek julle al vertel van daai keer toe oorle oompie Japie Muis daar by Garies gevang was vir onwettig gompou skiet ?”

 

Slaan die ou sommer ‘n stuk storie oor en vertel gou waar oom Japie aan die bynaam gekom het. S oompie Doors oorle oom Japie was mos so ‘n effense, half onduidelike, ou mannetjie. Seningmaer met sulke coathanger skouertjies enne dun strepie snor soos ‘n moutersmous. Saans assie ou kaalvoorlyf staan en onder sy blaaie was, skynie olielamp so pienk  tussen sy ribbetjies deur.

 

Antie was volrond gebou. Sommer ‘n hele entjie gewig gedra, het sy. Nou’t die manne loop en vertel as hulle twee saans in die kooi ‘n sinnigheidjie vir mekaar loop  staan en ontwikkel en oom Japie loop staan en raak aanie die woel, moes hy bleddie naby aan ‘n muis op ‘n meelsak gelyk het. S die manne oor ‘n fishpaste glasie.

 

“Ewentwel”, gaan die ou voort. Sit net so hier en daar ‘n punt of ‘n komma met die fishpaste glasie in die sinne. “So sit die ou eendag af veld toe met die groen Chevbakkie, half-brandsiek plaasbrak en sy roer. Ls die ou ‘n stukkie pouvleis”

 

Weet oompie Doors te vertelle lat die polieste op Garies hoeka weet van die onheilighede en tou staan om vir Japie Muis te vang. Soek bevordering, die spul poeliesmanne.

 

So kom die ou om die waenhuis se hoek. Vet pou agter op die Chevvy. Ry hy amper die geel poeliesvan in sy moer. Staan ou Sersant  Venter vir hom s en kyk. Op sy eigere werf, staan en wag die diener hom in. Loop staan en skrik die ou homself amper ‘n klont in die broek in by die aanskoue van die dienaar van die gereg.

 

Sklm was oompie Japie, maar oneerlik? Nooit gesien nie. Bieg sommer daar oppie plek soos ‘n kind wat met ‘n bek vol gemmerkoekies in die spens gevang is. Nooi op stuk vir ‘sant vir ‘n koffietjie. Help laai sommer self die bewysstuk agter in die van.

 

Gee sommer nog ‘n streepsak ook om die bewys in te bre. Moenie onnodig die goewerment se rygoed nog loop staan en vol bloed mors nie.

 

So orie koffietjie bieg die ou homself uit die boeie uit en rel dat hy oor twee dae self innie hof sal kom verskyn. Belowe sommer om skuldig te kom pleit ok.

 

So innie gesels en koffiedrink gaan maakie ou ‘n draai innie kombuis om kastig ‘n tweede treksel koffie te rel. Fluister soetjies en vinnig, amper soos ‘n plaastelefoon se lui – twee langes en ‘n kortetjie – in die antie se oor. ‘n Ėrnstige opdrag.

 

En so is ‘sant daar weg met die bewysstuk. So heppie soos ‘n hol op ‘n pot. Sien in sy geestesoog al klaar nog twee strepe by die drie wat hy reeds op sy arm het.

 

Oompie Doors weet egter te vertel dat nuus mos die gewoonte het om nie langs pad te loop staan en slaap nie. Daai Maandagmre hoftyd, toe lyk daai Garies se hoofstraat erger as nagmaal op Pofadder. Dis van de mouters en mense. Van Onseepkans tot Wuppertal het mens vergader om hierie saak by te woon. Vannie manne het sommer hoed omgestuur om boete te kollekteer vir ingeval oom Japie aan die magistraat se moerkant beland. Kan mos nie staan en kyk hoelat ‘n honger Christenmens oor ‘n pou tronk toe gaan nie!

 

Kom oom Japie geheel en al met ‘n agent daar aan. Prokureur met die naam van Brink. Hannes Behaag was sy bynaam. Sag van stem. Min van woord. Al wat sy klinte kon uitmaak s die ou ‘n slag iets hoorbaar kwytraak was min of meer “sosiehofbehaag” Dan’s jy of buite of tronk toe!

 

Di dag, vertel oompie Doors, was dit ‘n ander Hannes Behaag wat die hof inpronk. Grootste saak van sy lewe sal mens sweer. G’n nikse behagery nie. Brf en kordt. Vol boekgelerentheid en ter tale in die Latyn. En, vertel de wat binne ruikafstand van die stoet kon kom, omgewe met ‘n fishpaste glasie se naklank!

 

So maak hy beswaar teen die magistraat. Moet glo rekuseer. “Rekuseer, ou Swaer, so sal ek later loop staan en uitvind, is ‘n Latynse woord vir ‘jy kannie hierie saak aanhoor as jou hand self ‘n hele paar keer  innie beskuldigde se poupot was nie’” vertel oompie Doors wyl hy homself weer ‘n stywe skeut Latyn uit die fishpaste glasie aanmatig.

 

Konsternasie. So moet ‘n magistraat met spoed van Springbok af ingevoer word.Met geleide. Kerm spietkop se motorbikesirene soos harpuis oor nat gare. Flits blou ligte soos donnerweer  pad af.

 

En nou’s die spulletjie reg. Hofsaaltjie gepak. Boeppens soos ‘n matriekboesak. Hang party sommer soos nat Maandagwasgoed by die vensters in.

 

Stel die aanklaer klagte vol bravade.

 

“Onskuldig Eerwaarde” prewel oom Japie muisvaal. Pink Antie traan met pienk blommetjiesakdoek se punt weg.

 

“My klient pleit ‘Onskuldig” Edelagbare” ego dapper Hannes Behaag.

 

Kom staan ’sant Venter in getuiebank en vertel sy storie. Amper soos Oudoom Sondae. Met impak. Lang stiltes tussen paragrawe. Kyk oor die skare heen asof hy ‘n verlossingsboodskap aan’t bringe is. Getuig homself met oorgawe in die hor range in vertel oompie Doors.

 

Magistraat kykie oppie. Krom oor die regbank. Skrf die ou. Pen skrou girts-girts oor die geduldige papier.

 

So kom dit by die kruisverhoor uit. Toe’s Hannes Behaag eers op sy stukke vertel oompie Doors. Dasknoop nou half losgeskuif vir diep asemteue. Vingers agter die kruisbanne ingehak. Loop op en af in die hof. Lyk amper asof hy homself aan sy kruisbanne loop en rondsleep. Pronk. Kropduif se moer, vertel Oompie.

 

“Konstawel” beginne die ou.

 

“Sersant” help die getuie die ou reg.

 

“Konstawel” volstaan die ondervraer. “Hoe seker is u vandag dat dit ‘n pou is wat my klient geskiet het?”

 

“U Edele so seker as wat ek vandag hier voor u staan en my naam Stefanus Gerhardus Petrus Bendictus De la Rey Venter is” getuig  ‘sant met oorgawe .

 

Min wetende dat hy binne die volgende drie minute ‘n identiteitskrisis van enorme omvang gaan binnestrompel.

 

“En wat, as ek mag vra, het van die corpus delicti geword” Latyn ou Hannes Behaag voort.

 

Daai tyd, vertel oompie Doors, lyk dit kompleet of hy homself aan sy kruisbanne opgetel het. Loop en sweef oor die vloer soos ‘n spook op ‘n maanligaand. Windgat se baas!

 

“U Edele, ek weet nie wat ‘n pou se geleerde naam is nie, maar as dit oor die pou is wat nou gevra word, dis hier buite die hof in ‘n streepsak” . Vermakerig, die stomme getuie.

 

Loop haal die hofkonstawel die sak buite en kom ingedril soos ‘n dragonder op parade. Oorhandig dit plegtig aan die getuie. Ontvang die getuie dit amper soos ‘n prys  wat hy by ‘n landbouskou gewen het..

 

Vrot van die etiket is onse sersant volgens oompie Doors. Vra ewe verlof om die getuiebank te verlaat en die sak op die hofkonstawel se tafel uit te skud. Knik Sy Edele instemmend. Maak ‘sant die baaltou los. Skud daai sak asof hy hooi vir die esels uitskud.

 

“Val daar ‘n moerse groot grysbont Koekoek haan, ordentlik nek omgedraai, op die tafel. G’n niks pou nie” vertel Oompie.

 

Druis die skare in ongeloof. Amper soos asof Oudoom se broek onder gebed op die kerksaal se verhoog afgesak het. Ongeloof. Ampers heidense ongeloof op die gesigte.

 

Plaaslyn opdrag. Twee kortes en ‘n lange.

 

“Ou Swaer, jy staan en verkool mos nou daai stomme harders!” maan oompie Doors. Hou die fishpaste glasie uit. Vul. Sit die laaste punt agter die laaste sin met een teug neer.

 

 

 

Andr Dippenaar

Vredenburg

11 September 2008

 

Teken in op Kammanuus


    3046 Lesers al reeds!
    GetResponse E-pos Bemarking