Andre Dippenaar

Skuldig of Onskuldig
Begin
TRANS-KAROO
Drienasies
Strandfontein
Rooikappie
KuipeStoppe
Derby
Kruis vir Coco
Pou Moleste
Hoe Pleit jy?
leeujag
Kluite Toe
Harley Ryers
Geesbevange
Sitrishdal
Bakkieman
Preek n Preek
400 teen 1
Bliksem
Lakenskeur
Vetkoek Safari
Katkistrofe
HELDRYWERS EN HO TEE
VRYSTAAT SE KOEIE
HOT AGTER

Hies ek wee vorie Magistraat!..

skuldig.jpg

Ek huur myself nou nie eintlik uit vir ‘n man wat wins loop staan en maak uit ‘n ander ou se goeie stories nie. Daarom gaan ek hierdie een verkoop teen dieselfde prys waarvoor ek dit destyds gekry het – rand-doller wisselkoers, goudprys, olieprys en inflasiekoers te spyt.

 

Oom Andries Schreuder, toentertyd praktiserende prokureur by Schreuder en Schreuder in Springbok, het hierdie een vertel. Hier in die vroeg 70’s. Julle kan hom kontak as julle wil – net om seker te maak ek het nie ‘n skelm pond vleis weggedra nie.

 

Kan ook nie die storie met dieselfde kleur en geur as Oom Andries opdis nie. Daarom gooi ek maar so hier en daar my eie skeut sout, peper en borrie by!

 

So weet oom Andries te staan en vertel dat ‘n goeie prokureursvriend van hom in Bellville [Het nog nie daai tyd besef prokureurs is nie in staat om vriende te h nie, laat staan nog goeie vriende!] de een vir hom vertel het. Sien, dis nie eens ‘n tweedehandse storie hierdie nie – so kan niemand my of Oom Andries verwyt dat ons die skeppers van ‘n groot liegtery is nie.  As hy iets bygelieg het, dan’s ek ook skuldig!

 

Wou nog nooit saam met ‘n spul prokureurs om die kampvuur sit nie. Glo mos

aan die gesegde “As jy met die honde gaan slaap, moet jy nie kla as jy vol vlooie opstaan nie” Maar wag, ek staan en wyk nou beledigend af. Oorle Langenhoven het nie verniet ges “Val eerder in my sop as in my rede nie, want as jy in my sop val kan ek jou ten minste by die venster uitsmyt”

 

So, vertel die prokureurskepper van die storie, het daar ‘n krel dan en wan vir hom tuinwerkies gedoen – meer wan as dan – en op ‘n goeie mre daag die “tuinier” daar op. Natuurlik ongenooid en ongevraagd.

 

“Meneer”, val hy met die vurk in die tuin, “meneer, vandag moet meneer my help.  ‘n Groot calamity het my gestrike meneer. Sien, ek moet vanoggend in die koort gaan staan vir ‘n traffick violation. Meneer moet my kom defend ‘seblief meneer”

 

En so verloop die konsultasie toe verder:

 

“En hoe en waarmee dink jy nogal gaan jy my betaal?”

 

“Nei, meneer sien, ek gan  ‘n hele klomp Saterdae viniet innie tyn kom wk”

 

“ Jy skuld my in elk geval al amper twee jaar se verniet tuinwerk met al die dae wat jy weggebly het. Daar’s nie ‘n manier wat ek vir hierdie een gaan val nie. En, buitendien, ek het al klaar ander sake wat ek vandag moet doen. Daar’s nie ‘n kans dat ek nog ‘n saak kan byneem nie” [Klink amper te goed om waar te wees – ‘n prokureur wat wegskram van “double bookings” – wat jy wr gaan kry?]

 

“En nou meneer, wat suggest meneer moet ek nou doen”

 

Gratis en verniet advies. “Gaan hof toe en hou jou net baie dom”

 

“Dink meneer dit gaan wk?”

 

“Wel, dit werk soms vir my!”

 

So’s onse broer daar weg hof toe. Gewapen met goeie regsadvies. So val dit die raadsman later by van hierdie saak en, aangesien hy toevallig by die Bellville hof is, gaan maak hy ‘n draai by die verkeershof. Net betyds om te sien hoe sy tuinklint se saak opgeroep word.

 

Nou moet ek myself eers weer in die rede val. Julle ouens wat julle grondwetlike reg ontneem is om ooit in daai hof te verskyn, moet eers ‘n bietjie ge-orenteer word.

 

Manne wat in hegtenis verskyn, kom onder uit die “gat” uit. Trappe op. Opslag voor die oordeelstroon. Ander onbenadeeldes, voorheen of andersins, kom van buite af.

 

Nou’t een of ander slim kabinetmaker in diens van die goewerment besluit om beskuldigdebanke met deurtjies te ontwerp. Die rede daarvoor was, volgens my inligting, nooit deur die betrokke minister bevraagteken nie. Goeie ou dae van absolute ondeursigtigheid. [Julle moet onthou, ek verkoop die storie in moderne idioom. Mag maar bylas sonder om die storielyn te buig. Winsloos soos ‘n Artikel 21 maatskappy!]

 

So kom onse vriend die hof binne. Loop paar keer om die beskuldigdebank. Deur is toe. G’n niks inkomplek nie. Klim sommer bo-oor die “box” se kant. Gatkant na die magistraat. Staar oor die openbare gallery heen met sulke glaserige o soos koshuisaartappels. Dom.

 

Help die hofsersant onse vriend reg. Draai hom om. Kyk hy nou die magistraat vierkantig in die o. Bul teen bul.

 

Staan die staatsaanklaer op. “Die klagte teen u is dat u op die 22ste Februarie 1970” – toegegee, hierdie stukkie, asook die plek waar hy die traffick rels sou geviolate het, het Oom Andries nie vertel nie, dis ‘n maaksel van my eie verbeelding, maar buig nog niks aan die storielyn nie – “op Voortrekkerweg ‘n verkeerslig verontagsaam het. Hoe pleit u op die klagte. ‘Skuldig’ of ‘Onskuldig’”

 

 Pleit onse vrind: “Skillig of Onskillig meneer”

 

Aanklaer moedeloos. Herhaal die aanklag. “Meneer u moet net s ‘Skuldig’ of ‘Onskuldig’” probeer hy weer.

 

“Maar meneer, ek s mos hoeka net ‘Skillig’ of ‘Onskillig’”

 

Magistraat gryp in. Verduidelik weer mooi die aanklag. “Meneer, u moet net s of u skuldig is of onskuldig” probeer sy Edelagbare.

 

“Maar meneer, dis mos hoekom ek vandag hie innie hof is. Solat meneer kan s of ek skillig of onskillig is”  Skaakmat.

 

Onkreukbare magistraat. Staan die prokureurlose beskuldigde by. Notuleer pleit van onskuldig. Staat moet getuienis aanbied.

 

Roep aanklaer die verkeersman. Helmet onder die arm, donkerbril hang by hempsak uit. Hangsnor soos ‘n Springbok coach. Moerse blink ster op die bors.  Groot genoeg om die Wyse Manne van weleer na die stal toe te lei.

 

Vertel dramaties en in detail hoe die beskuldigde met ‘n afleweringsfiets blatant ‘n rooi verkeerslig gegnoreer en amper die verkeer van Tamboerskloof tot Tierkloof ontwrig het. Selfvondaan.

 

“Enige vrae om aan hierdie getuie te stel?” vra die regverdige regter.

 

“Wie, ek meneer?” vra onse vrind.

 

“Ja, u meneer” help die magistraat.

 

“Nei, meneer. Ek hettie vrae virrie officer nie meneer”

 

“Saak vir die Staat Edelagbare” kondig die aanklaer aan. Oorwinning blink in sy o. Soos ‘n laaitie met ‘n wen-ghoen in  albastertyd.

 

Kry onse vriend nou kans vir sy eie oomblik van glorie. Kan nou sy kant van die saak stel. Wil self in die sweerboks gaan praat. Getuig onder eed.

 

“Meneer sien”, beginne hy, “daai einste dag ry ek met ‘n deliverybike in die straat af. Meneer ken mos van ‘n deliverybike. Daai een met die groot wiel agter en die twee klein wielietjies voor. Met die groot blikboks. Vol le empties en scrapmetal. Meneer weet mos hoe swaar trap en briek so ‘n deliverybicycle. As daai ding eers momentum het,het hy plenty gravity, meneer weet mos”

 

“Soe kom ek mos na daai robot toe aan, meneer sien. Daai lig was orange meneer, ek sweer meneer. Daai lig wassie rooi nie. Toe ek aankom was daai lig heller orange, maar rooi, nog nooitie meneer.”

 

“In die lat ek oor daai lig ry, meneer, toe spring daai meneer” – draai verontwaardig om en wys die spietkop aan die Hof uit – “toe spring daai meneer reg voor my innie pad in. Meneer moet met hom praat meneer, een vannie dae gaan die karre hom nog moertoe trap meneer!”

 

“Anyway meneer, toe spring hy in die pad in meneer. Maybe daai tyd hettie lig gechange meneer. Ek wetie, want ek concentrate op hierie disaster innie pad, meneer. Toe issue hy vir my ‘n tikket meneer en dis oor daai tikket lat ek mos nou vandag hier voor meneer staan”

 

Ontleed en evalueer die magistraat die getuienis. Gee uitspraak in ‘n taal wat g’n bicycle drywer kan verstaan nie. Ek wonder nogsteeds waarom die howe se spreektaal nou nog nie as ‘n twaalfde amptelike taal erken word nie! Mens het wragtag ampers ‘n tolk nodig om die Edelagbares te verstaan.

 

In elk geval, “En daarom word die beskuldigde op die ten laste gelegde aanklag skuldig bevind” drawend die Hof hoog voort in ‘n “finale konklusie”.

 

Straftyd. Soos enige goeie magistraat betaam word die bedremmelde bicycleryer se regte voor vonnisoplegging verduidelik. Letterknegtelik verbind aan sy instruksies volhard onse vrind in sy domheid

 

“Nei, meneer, ek hettie iets te s oor straffie meneer”

 

Ek is nie hier om magistrate se albasters blink te vryf nie. Ek vertel net die storie, maar kom ons gee die Edelagbare eer. Dalk het hy alreeds iewers in die verlede die posisie oneer aangedoen soos oorle Langenhoven op ‘n tyd ges het. Soos ‘n goeie magistraat betaam staan hy weer die eensame, prokureurlose beskuldigde by.

 

Magistrate wat hierdie storie lees, sal weet wat ek bedoel. Vir die ander ongeligte traffick violators, ‘n kort verduideliking. Sulke tye moet die magistraat vrae vra om genoeg agtergrond inligting te kry om oor ‘n vonnis te besluit. Gewoonlik trek hulle weg met vrae om bietjie persoonlike agtergrond te kry.

 

Onse Edelagbare volg hierdie goue rel.

 

“Werk u meneer?”  Net om te toets of ons vrind perdalks ‘n boete sal kan betaal.

 

“Nei meneer, hoekom vra meneer, het meneer dalk ‘n casual joppie vir my?”

 

“Waar kom u vandaan?”

 

“Wie, ek meneer?”

 

“Ja, u meneer. Waar kom u oorspronklik vandaan?”

 

“Ek kom ytie Mosselbaai se wreld yt meneer. Hoekom vra meneer. Ken meneer dan mense daar in Mosselbaai?”

 

Selfs magistrate mag hulleself so nou en dan die luukse van ‘n bondige vonnisuitspraak aanmatig.

 

“Gewaarsku en ontslaan” kom die oordeel.

 

 Daai stukkie van “Die Hof sal verdaag en laat net een donner lag” fladder waardig saam met die magistraat en sy wapperende togapunte by die deur uit.

 

 

Andr Dippenaar

Vredenburg

3 September 2008

Teken in op Kammanuus


    3046 Lesers al reeds!
    GetResponse E-pos Bemarking