ROOIKAPPIE-GOED [18SVNL]
[Hierie storie issie vir sensitiewe lesers en mense wat met kos werkie!]
Oompie
Doors was mos ‘n mens wattie die Broeders Kerkraad ennie Vroom Voormanne [soos hy allie hogere geestelike leiers loop
staan en doop het] altoos loop staan en vertrou hettie. “Ou Swaer,” het Oompie oppe kol loop staan en wys raak,
“van daai spul loop staan en druk mos self skelm al wat vy en anner verbode vrug is vrot, maar dan’s hulle mossie
manne wat uit anner manne se mandjies loop staan en skinner en straf en verban”
“Maar,”
hettie Ou loop staan en vervat, “daai slag toe hulle vir oorle Koos Kluitjies uitie boeke van al wat gemeente, ring
en sinode is loop staan en verjaag het, kon ekkie anners as om kliphard innie kerk te loop staan en saamstem hettie. Verban,
nie oorlat hy vreemde vye loop staan en pap druk hettie, maar oorlat hy met sy groot liegtery die stomme kinnertjies vannie
gemeente se onskuld so loop staan en besoedel en verkwis het”
Klinkie
ou sommer vir my van vooraf bemoerd.
Ding
werk glo so. Kinderkrans anties reël uitstappie ommie jong boompies reguit te loop staan en buig. Sêra Kluitjies, Koos se
wettig gehude vyemandjie, vat vroom voor. Oortuig Mevrou Dominie lat Koos nettie man is ommie kinnertjies met storietjies
oppie regte pad te hou. Lat hulle nie kômieks offie “Landstem” se agterblad loop staane lees nie. Koos issie man
wat die spannetjie weer narie “Fabels van Besopes ennie Grimmige Broers se vertellings kan
teruglei”, weet sy die pastoriemoeder oor te haal.
Sê
Oompie, was hy selwers daar by die gebeurtenis. Saamgevat as braaier, papmaker en kennetjie afrigter. Hoor met sy eigere paar
ore die lasterings wat Koos oppie stomme kinnertjies loop staane loslaat.
Sittie
spannetjie inne halfmaan soose Zoeloe impi voorlat hulle loop beginne baklei. Trekkie verteller los:
“Rooikappietjie
se ma stuur haar mos oppe slag na ouma toe. Issie ou antie glattie lekkerie. Skeelhoofpyne en jig. Is sy nog erg winderig
ok en besmet vannie liddorings.”
“Pak
sy vir ouma ‘n mandjie. Bottel boegoebrannewyn virrie winderigheid, kanferolie virrie liddorings, wille-als virrie jig,
KPP poeiers virrie hoofpyn, koekies en droë vrugte, halfjêk witblits met koekemakranka in ommie gestel weer op te tel. Enne
bottel muskadel uit Montagu om mee te vier assie krankemente padgegee het.”
“So
klimmie kind op Hermon stasie oppie Trans Karoo. Houtkraal stasie toe. Annerkant De Aar. Ouma woon daar inne spoorweg huisie.
Wetie vannie wolf oppie trein nie.”
“Voorlat
hulle Worcester instoom, toe eet Wolf vir Rooikappie. Toe’t
hulle Drie Susters uitstoom, toe eet hy haar weer. Amper in Hutchinson,
toe’t Wolf weer een moerse eetlus opgebou. Kommie kondakteur gelukkig oppie spul af. Was hy allietyd ‘n spoorwegkonstawel
wattie oggend, dik deurie slaap, verkeere uniform aangetrek het. Sy pa s’n. Sê hy, ‘Dis teenie wet vir wolvofiele
om trein te ry’, wyl hy hom sommer so innie ry vannie trein aflaai”
Juigie
kinnertjies en klappie handjies.
“Is
lattie skaapwagter van Besopes die dêre keer werf toe loop staan en hol en skrou ‘Wolf, Wolf’ lattie boer besef
hiers ‘n drol innie drinkwater. Loop foun hy allie boerebure”
“Horie
boere innie omtes vannie wolf wat los is. Pêniek daai spulletjie opslag. ‘Blêrrie ding gaan onse skaap op vang’,
loop staan en lawaai hulle. Een boer isse slim man. Stuur sy twee kinnertjies, Hansie en Grietjie, om vir Rip van Winkel te
loop roep. Rip hette skietding gehad. Was lekker uitgerus. Het homself mos loop staan en oorsyp aan heuningbier. Tiep toe
vir twintig jaar onner ‘n kriedoringbos. Mis uit oppie groot griep, rinnerpes ennie groot depressie”
So
loop en gooi Hansie-goed suurklontjies al langsie pad soos hulle hol om vir Rip te gaan staan en roep. Solat hulle weerie
pad terug kan loop staan en kry.
En
so loop en staan en vreet allie weeskinners van Huis Viljoen, antie Skoen wassie huismoeder, daai suurklontjies op. Verdwaal
Rip-goed geheel en al.
Sitte
kykie kinnertjies grootoog. Muisstil.
“Gelukkig
loop Rip-goed vir Duimpie en sy Langeraat-maat raak. Vat Duimpie vir Rip-goed grootpad toe”
Juigie
kinnertjies. Klap handjies.
“Laansie
pad wag Rip-goed vir ‘n mouter om verby te kom solat hulle kan
geleentheid kry. Wolfjag toe. Kom twee mouters verby. Gooi Rip vir Duimpie. Stoppie mouters nie. Derde mouter isse bakkie.
Oom en antie met drie varkies agter oppie bak. Gooi Rip weer vir Duimpie. Stoppie oom. Klim Rip-goed op.”
“Sittie
drie varkies met huisplanne. Strooihuis, houthuis en baksteenhuis planne. Bespreek hulle planne. Sê Rip, ‘Julle dom
donners, hierie bakkie issie op pad Federated Timbers toenie. Is op pad slaghys toe. Môre oggend is julle drie bacon, nie bouers nie’”
Skrikkie
varkies al hulle se varkies weg. Spring innie ry af. Hol veld in. Rip agterna.
Sittie
kinnertjies nog altyd grootoog.
“Mientaaim,
bek ettie ransh, loopie annerkawwer konstawel op en af innie trein. Hoor ‘n ding innie toilet. Rukkie deur oop. Vang
vir Sneeuwitjie en een vannie sewe dwergies. Speel hulle dokter-dokter innie toilet. Verergie konstawel hom oppie plek. Sleep
vir Sneeuwitjie aanie oor terug kompartement toe. ‘Blêrrie uitgeryste meisiekind’ loope grommie konstawel. Grype
Grênie Smit appel uitie kosmandjie en drukit so heel innie stomme meisiekind se bek in. Val sy opslag flou. Slaat konstawel
die dokter-dwergie se gat vuurwarm. Sit en huilie ses dwergies rondom die flou Sneeuwitjie. Huilie sewende dwergie oorlat
sy gat so brand”
Huilie
kinnertjies saam mettie dwerge. Bloos Pastoriemoeder soose jong bruid.
“So
staan en jaag Rip die varkies. Wil hulle vang en terug oppie bakkie laai. Is mossie oom se varkies. Hollie varkies laatit
bars. Kom hol Wolf vir hulle van agteraf in. Gryp vir Rip aanie belt. Stop hom in sy spore. ‘Net warre fok dink jy loop
staan en doen jy? Jysie eers innie storie nie. Ek issie een wattie varkies moet loop staan en jaag!’”
“Vererg
Rip hom bloeddriftig. Loop klap vir wolf uit sy paar tekkies uit. Swink soose kat, klap hy vir hom. Bly wolf net daar lê tot
lattie houtkapper hom mettie byl se stompkant moer toe kom staan en slaan. Kommie varkies weg. Rip ok.”
Juigie
kinnertjies. Klappie handjies. Pastoriemoeder klap g’n niksie.
“Sleepie
houtkapper dooie wolf plaas toe. Loop staane gooi die karkas innie voorhuis oppie vloer.
Bemorsie plek met wolfbloed, hare, derms en mis. Skrou stiefma, ‘Aspoester, jou simpel ding, wat staane kyk jy nog.
Trek yt jou glasslippertjies en maak skoonie blêrrie gemors!’ Staane laggie lelike stiefsusters vir Aspoestertjie. ‘Asdooster,
Asdooster’ sing-spot hulle vir haar Huilie stomme kind snot en trane terwyl sy mette mop en slopemmer die spul staane
opruim.”
“Innie
trein sitte waggie drie bere innie eetwa vir hulle pap. Brommie Pa beer,’Kannie eers kla oorie diensie, want hiersie diens om oor te kla nie!’
Kom sittie wyter drie bôrre Poast Toasties voor hulle neer. Melk al yskoud vannie wag. Willie bere net beginne vreet. Kom
hol Goue Lokkies die eetwa in. Grypie drie borde pap en hol weer uit. Jaag Mamma beer vir haar. Hol haar in. Gryp haar aanie
pounietyl. Kommie hele spul pruik los. Was sy allietyd nooite rêrige blontie. Hol sy mettie Post Toasties derde klas toe!”
“So
loop stoppie trein op De Aar. Foun hulle ‘n dokter om na Sneeuwitjie te kom kyk. Issie meisiekind nog altyd flou. Kry
hulle g’n niks nie ‘n dokter innie hanne nie. Is daar ‘n boer oppie stasie. Prins, wassie outjie se van.
Besig om skape te trok. Kom kyk hy narie oorsaak vannie geraas oppie peron. Sien hy vir Sneeuwitjie lê. ‘Watsie fout?’
willie mannetjie weet. ‘Appel innie keel!’, skrourie skare!’”
“
Hollie outjie bakkie toe. Gaan kry hy sy lammerpeer-kniptang. Skeur hy haar bloes se knope los, ‘Solat sy kan asem kry sê hy’, en loop staan en haal opslaggie appel uit
haar keel uit mettie peertang.”
“Sit
sy skiertsregop. Mooi. Verkykie boer hom skoon aan haar appeltjies wat byrie oopgeskeerde bloes uitloer”
Juigie
skare. Juigie kindertjies. Klap handjies. Mevrou Dominie juigie saamie. Is sy skoon oorboos oor hierie appeltiet storie.
“Loop sit hyrie sewe dwergies saam mettie skape innie trok. Gee vir
elkeen ‘n halwe brood, ‘n pakkie slap tjips en twee pond. Ommie skape op te pas.”
“Loop sit hy vir Sneeuwitjie oppie plaas oppie
paal. Loop staan en trou hulle voorie magistraat. Gaan haal hulle vir ouma op Houtkraal. Kom woonie ou antie by hulle oppie
plaas. Suip hulle saamie boegoebrannewyn, koekemakrankablits en muskadel oppie onthaal uit.”
“So’s hulle nou nog gelukkig saam oppie plaas”, fluit-fluit Koos Kluitjies sy storie
uit.
Juigie
kinnertjies. Klappie kinnertjies hanne. Loop klappie pastoriemoeder vir Koos. Klappie kinnertjies weer hanne. Buig Koos drie
keer virrie kinnertjies. Soos ‘n voorvioolspeler inne groot konsert. Klappie pastoriemoeder hom nogge keer.
“Daai
Woensdagmiddag, toe’s Koos Kluitjies klaar verban uitie kerk uit. Verbanningspampiere deurie Sekretaris-generaal vannie
Sinode persoonlik ge-onnerteken en gestêmp. En daai Sondag toe loop staan en skree ek mos ‘Hoor, Hoor’ toe Ou
Doom die verbanning saam mettie Lief en Leed aankonnig”, maak Oompie die kinnerkransuitstappie klaar.
André Dippenaar
Vredenburg
20 Oktober 2008