MAKERIEPAS!

Storie 1

VOORBLAD | Die Begin | Die Medies | Week1 | Koffie | AWOL | Plonsput | Killer | Tentpenne | FietsMajoor | Ruiter en Perd | Terug na ONSDORP

soldaat1.jpg

Die Begin   

Deur Skutter 71295174

Jare gelede, dit voel soos ʼn ander leeftyd, was ek ook ʼn soldaat. Iemand wat opgelei word om dood te maak, iemand wat moet doen en moet glo wat daar aan hom gesÍ word. In die weermag daardie tyd was daar ʼn spreekwoord wat hulle oor en oor aan ons geskreeu het “Yours is not to reason why, yours is only to do or die”.

 

Met daardie woorde dag en nag in jou brein ingeforseer, vra jy nie meer vrae nie. As die korporaal vir jou se hardloop, hardloop jy al is dit hoe onsinnig vir jou. Die korporaal is die eerste mens wat jy sien en die eerste een wat jy hoop gaan saam met jou in ʼn geveg in sodat jy dalk die kans kan kry om hom dood op die slagveld te sien lÍ. Die korporaals is nie juis baie gewild gewees nie. Hier praat ek net van die diensplig korporaals.

 

Jy ʼn jongman wat so pas matriek voltooi het, vol wysheid en natuurlik vol van jouself ook, kom een oggend vroeg op Johannesburg stasie aan. Dit lyk nie sleg nie want daar is honderde jong manne soos jy wat daar rond staan. Hier en daar staan ʼn klomp senuweeagtige jong manne en gesels. ʼn Paar staan daar rond en vertel net hoe gaan hulle die ters (terroriste) op neuk. Dit is gewoonlik daardie cowboys wat eerste met houtsuits huis toe gestuur is. Maar nie almal was so onverskillig gewees nie.

 

Vir julle wat nog nie die weermag taal verstaan nie, ʼn houtsuit is ʼn kis. Die cowboys is gewoonlik so vol bravade en vang dinge aan wat hulle nie moet nie en dan kom hulle ook om, meestal deur hulle eie dom geit.

 

Na al die familie weg is begin die strooi behoorlik. Daar word op jou gegil, geskreeu en geskel. Ewe skielik is die wittebrood oor en verby. As jy staan en net voor jou kyk skreeu iemand hier naby aan jou “Jou bleddie rower, wat de hel kyk jy, ek het nie gisteraand by jou ma geslaap nie.” Of ʼn ander gewilde skreeu ding was “ Ek ruk nou jou arm af en klap jou met die bloed kant deur die gesig”.

 

Een van die meer snaakse slagspreuke wat geskreeu is was “Ek ruk nou jou borskas oop en k*k op jou longe en dan kla ek jou aan vir stink asem.” Die een het gewoonlik ʼn groot gelag afgee onder die nuwe troepe, maar as dit op jou gemik was het jy in die aarde weggesak met ʼn bloedrooi gesig.

 

ʼn Ander slagspreuk wat die korporaals ook voor lief was, was “Rower vir wat kyk jy? Jy het nie flippen geld nie en ek het nie die tyd nie.”

 

Na al die geskreeu en gelag is ons op die treine gelaai en op pad na Bloem (Bloemfontein) toe. In die trein gaan dit beter en almal begin maar met almal pelle maak. Die volgende oggend nog voor die mossies kon hoes, is ons al wakker geskreeu. Ons moes opstaan en regmaak om af te klim op die stasie. Daar op Bloem stasie is daar weer geskreeu op ons.

 

Ons hardloop maar met alles wat ons het om op die Bedford te klim. Die drywers staan agter by die klap van die bak en glimlag. Watter vriendelike troep is daardie nie dink jy. Iemand wat jy dalk eendag mee kan saam ʼn bier gaan drink.

Om die eerste draai kom jy al agter dat hier nie iets reg is nie. Agter in die Bedford word jy van die een kant na die ander kant gegooi. Ewe skielik slaan die drywer  brieke aan en jy skuif so op jou gat van agter in die Bedford na die voorste deel van die Bedford.  So neuk jy maar aan tot by die basis.

 

As die drywer die klap oopmaak dan trek daardie blerrie glimlag van hom om sy kop. En dan vra hy ewe onskuldig “Het julle die rower ride geniet?".

 

Net daar wil jy jou vuis in sy mond indruk om sy tande so ʼn bietjie te herrangskik. Dan dink jy ook daaraan om daardie bier wat jy saam met hom wou drink beter sal lyk as jy dit in sy oor opgedruk is.

helmet.jpg

Teken ons Gasteboek  Stories in ons Gasteboek

Enter content here

Enter content here

Enter content here

STUUR JOU EIE STORIE AAN pos@onsdorp.com

Teken ons Gasteboek  Stories in ons Gasteboek

Die GASTEBOEK skakels hierbo bevat al reeds verskeie nuwe staaltjies vanaf lesers wat ons webwerf besoek het. Gaan loer gerus en skryf sommer joune daar in.

tenk.jpg

Teken in op Kammanuus


    3046 Lesers al reeds!
    GetResponse E-pos Bemarking