Met elke inname moet die weermag seker maak dat jy medies geskik is vir diens. So
een van die eerste dinge wat jy doen is om ʼn medies te ondergaan. As ek reg kan onthou was die mediese klasifikasie van
G1 K1 tot G4 K4. G1 K1 is baie fiks en gesond en G4 K4 is heeltemal ongeskik vir diensplig. Mense met liggaamsgebreke, dowes
en blindes is die mense wat die klasifikasie gekry het.
Natuurlik is die G4 K4 klasifikasie wat almal op gehoop het, want dit het jou vir
die res van jou lewe vrygestel vir diensplig. SO het daar in ons tyd die volgende storie vertel. Nou of dit waar is of nie
weet ek glad nie. As dit waar is, dan was die man desperaat gewees.
Die groep se medies is in ʼn saal gedoen. Vandat die man ingekom het, het hy niks
gepraat nie en na niemand geluister nie, want hy was doof. So gaan staan hy voor die Dr en die dokter ondersoek hom deeglik.
Die man en die dokter praat maar so gebare taal om mekaar te verstaan. Die Dr wys die man om te gaan. Net daar kry die Dr
ʼn slim gedagte en se aan die troep gaan by die regter deur uit. Almal gaan by die linker deur uit. Wragtig stap die troep
by die regter deur uit. Net daar trap hulle hom vas. En alles kom op die lappe.
Die troep wou nie diensplig gedoen het nie. Alles het goed gegaan en hy was amper
op pad uit met ʼn G4 K4, toe die Dr vir hom se om by die regter deur uit te gaan. Sonder om te dink is hy toe by die deur
uit.
Ons almal staan in sulke rye vir ons medies. Ons het sommer in ons swart oefen broeke
getaan. Eindelik kom jy voor, daar kyk hulle in jou ore, voel hier, kyk daar en so gaan hulle aan. Op die einde laaste kom
jy by die Dr uit. Die Dr is ʼn vrou. Maar nog geen bekommernisse omdat die Dr ʼn vrou is nie.
Nou moet ek eers verduidelik, daardie tyd was ons nog nie so wêreld wys gewees nie,
en meeste van ons het net begin uitgaan en was nog nie so seks ryp gewees soos party van vandag se jongmense nie.
Die Dr kyk jou so vas in die oë en sê jy moet jou oefen broek aftrek. Hier staan jy
ʼn jong man, vol bravade so en so vol van jouself ʼn paar uur gelede, hier voor hierdie vroue Dr en sy sê jy moet
jou broek aftrek. Almal het met half bloedrooi gesigte voor haar gestaan. Nou kom die ergste, sy vat haar koue hand en druk
dit onder jou geslagsdele in. Nou slaan die rooi sommer in jou nek uit.
Nou kom die bevel, hoes, en jy gee so paar kuggies. Ek het gesê hoes se die Dr, en
dan hoes jy maar hard, met die hoop dat dit die Dr met die koue hande sal tevrede stel, sodat sy haar hande van jou kan afhaal.
Na die medies is daar maar min van daardie bravade en
selfvertroue oor in jou, want jy is sommer so aan die begin hard grond toe gebring deur ʼn vrou met koue hande.