Blou Koffie
In
party basisse is die weermag kos op sy beste net nie lekker nie. Maak nie saak wat jy doen en hoe jy dit doen nie. Jy kan
die kos maar doodgooi met tamatiesous en met Worcestersous, maar dit help ook nie.
Van
ons groot salaris van 50 sent ʼn dag moes ons ook menasie fooie betaal. Natuurlik is elke sent vir ons baie belangrik
gewees en ons wou weet hoekom ons menasie fooie betaal. Die antwoord was gewees om Tamatiesous en Worcestersous aan te koop
vir julle om te eet.
Die
weermag kokke het seker geleer hoe om slegte kos te maak van baie goeie bestanddele. Blou is die natuurlike kleur vir gekookte
eiers in die weermag. Maar die eiers is nie al wat blou was nie.
Die
koffie wat jy saam met die blou eiers en die koue roosterbrood gekry het was ook blou. Die verskynsel het ons nie so mooi
verstaan nie. Maar wat ons wel opgemerk het was as die koffie blou is het die ou manne nie koffie gedrink nie.
Natuurlik
het ons nuuskierige rowers gevra hoekom drink hulle nie die blou koffie nie. Hulle (die weermag) vertel die oumanne ons gooi
blou fieterjoel in die koffie. Nou weet ons nog minder, want ons wat gedink het ons is so slim, is eindelik bleddie dom. Die
rede hoekom ons so dom was ons het nie geweet wat is blou fieterjoel nie.
Daardie
dommigheid het ook nie baie lank gehou nie, want iemand het ons vertel wat die blou goed eindelik doen. Die fieterjoel is
in ons koffie gegooi om ons drange in toom te hou. So klomp jong manne se seksuele drange kan nogal hand uitruk.
Die
weermag, om die drange te beheer gooi dan die blou medisyne is in die koffie. So paar dae voor die manne op pas gaan, het
hulle glad nie koffie gedrink nie. Natuurlik wou hulle nie hulle drange in beheer gehad het as hulle op pas gegaan het nie.
As
ek nou aan daardie tyd dink, dink ek al hoe meer daaraan dat ons maar net nommers was, en daar is niks, geen, absoluut boggerol
aan ons self oorgelaat nie. Mamma korporaal was ons begin en einde gewees. Hy het besluit wanneer ons gaan slaap, wanneer
ons gaan opstaan. Ook het iemand êrens besluit wat gaan ons eet en hoe laat.
Ons as troepe het geen maar niks besluite geneem nie. Ons was maar robotte en pionne
in die hande van die weermag gewees.