MAKERIEPAS!

Killer Thorpe
VOORBLAD | Die Begin | Die Medies | Week1 | Koffie | AWOL | Plonsput | Killer | Tentpenne | FietsMajoor | Ruiter en Perd | Terug na ONSDORP

OEFENING BROLLY TREE THREE

bom1.jpg

Op een van ons vele 3 weke kampe op Potchefstroom maak ons weer reg vir ʼn oorlogs oefening met die naam Brollytree Three. (Waar kom hulle aan die name? ) As deel van ons voorbereiding moes ons, voordat ons bos toe gaan, eers al die kanonne kalibreer. Ons begin deur al die kanonne wiel teen wiel langs mekaar trek op ʼn lang ry. ʼn Vyf-en-twintgponder van daardie dae het ʼn visier soos ʼn periskoop gehad waarmee jy op ʼn plek agter jou mik. Soos ek laas week vertel het, skiet een kanon dan eers wat hulle inskiet skote noem, totdat sy projektiele naby genoeg aan die teiken val. Omdat die teikenarea ten minste sowat 8 kilometer voor ons is, het ons ʼn klompie verspieders nader aan die mikpunt nodig. Hulle si op ʼn koppie met ʼn goeie uitsig oor die terrein. Dit staan bekend as die OP (Observasie Pos) Gewoonlik kom hulle bevele deur as ʼn rigting en ʼn afstand verstelling. As die skoot byvoorbeeld te ver regs val en kort is van die teiken, dan sal hulle iets deurgee soos: “Minus 2 grade en op 500m’’ Onthou, op die stadium is dit steeds net een kanon wat die inskiet werk doen. Die ander volg al die verstellings op hulle visiere. Sodra die inskietkanon dan presies op teiken is, kom die bevel „battery regse wat beteken ons begin een vir een, so 30 sekondes uit mekaar, net een skoot skiet. So kyk hulle dan waar die onderskeie skote val. Op die manier kan hulle dan sien watter kanon se visiere het nasien nodig. My kanon staan so vyfde in die ry. My nommer 3, Bombardier Claude Thorpe. Is effe geroes en nog babelaas ook. Aanvanklik het die inskiet kanon te vÍr regs geskiet. Hoe ons almal dit gemis het weet ek vandag steeds nie, maar elke keer as hulle deurgee, soveel grade links, stel Thorpe soveel grade regs! Die gevolg is dat toe hulle uiteindelik die bevel battery regs gee, is ons kanon reg op die OP pos gerig. Soos Murphy dit wou hÍ, tref ons toe die klompie daar op die koppie, senter-mevrou-venter. Een van my maats wat ook op die OP was, vertel my later hoe alle hel losgebars het toe die skoot net kort van hulle val. En van die vet drywers se spore het opgeraak so 5m voor sy jeep. Hy het die laaste entjie geduik, onder die Gladiator in. Hulle moes die bakwerk daarna effe lig om hom te bevry. Hy was behoorlik ingewig van die sierlike duikslag. “Staak vuur!, Staak vuur!’’, kom dit hees oor die radio. Nie dat dit nodig was nie, want die ander kanonne was natuurlik op die regte teiken gemik. Gode sy gedank, die enigste slagoffer daardie dag was ʼn PF, ʼn ene Majoor Wentzel. Hy is teen die heup getref deur ʼn stuk skrapnel. Gelukkig is hy twee dae later ontslaan uit die siekeboeg met net ʼn pers kol en ʼn mank stappie en het dadelik ʼn parade gereŽl vir ons klomp gunners. Oordeelsdag. Die majoor toe nogal heel bakgat oor die hele aangeleentheid want hy het net so met die rye afgesukkel gekom met sy kierie en reg voor Claude, hier langs my, kom staan. Hy het hom lank en stip aangekyk en uiteindelik gesÍ: “So, dis soos Killer Thorpe lyk!’’, en weer aangestap. Kanonsersant HJ Greeff

Enter content here

Enter content here

Enter content here

Enter supporting content here

STUUR JOU EIE STORIE AAN pos@onsdorp.com

Teken ons Gasteboek  Stories in ons Gasteboek

Die GASTEBOEK skakels hierbo bevat al reeds verskeie nuwe staaltjies vanaf lesers wat ons webwerf besoek het. Gaan loer gerus en skryf sommer joune daar in.

tenk.jpg

Teken in op Kammanuus


    3046 Lesers al reeds!
    GetResponse E-pos Bemarking