Ek en n vrind van my het pas jls voltooi te 11 kommando
Kimberley
toe RSM Blikkies die klompie van ons bymekaar roep. Hy sê toe hy soek twee vrywilligers. Teen die tyd het ons nou al mooi geleer n man volunteer nie vir enige
twak nie. Geen man roer n vinger nie. Met n moerse stem gil die ou ketel: “As
nie een van julle bliksems sy poot wil opsteek nie, dan kies ek maar self een!” My vrind Dup was die slimste van ons
groep en ou Blikkies het dit baie goed geweet. Skreeu hy weer terwyl hy na ou Dup wys: “Kom hier!!!” en ou
Dup tree toe maar uit en hy maak hom toe staan langs die RSM.
Die sê
toe vir Dup, “Kies vir jou n maatjie.” Wragtig , die bliksem kyk
na my en roep my . Wat kon ek doen? Ek moes toe maar gaan.
Ou Blikkies beveel ons toe om oor n uur reg wees met ons kit
dan vertrek ons Jan Kempdorp toe. So gesê so gedaan.
By Jan Kempdorp aangekom, maak ons eers n draai
by die RSM se kantoor en klaar in . Ons los toe eers ons goeters daar om die kamp te verken . Toe ons so aanstap kom daar
n majoor op n trapfiets aan. Die ou was blykbaar op die grens in die linker arm en borsspier geskiet. Die nagevolg was dat
wanneer hy sy regter arm oplig dan ruk sy linker arm vanself terug. Soos hy nader kom, doen ek en Dup die eerbare ding en
ons salueer hom. Dis toe dat hy sy regterarm oplig om terug te salueer, dat sy
linker arm die stuurwiel na links ruk en daar slaan die ou neer dat jy net stof sien staan.
Die majoor staan daar op en skreeu op ons: “Weet
julle twee bliksems nie dat julle my nie mag salueer as ek op my donderse fiets ry nie?!” Hy was so kwaad dat dit lyk
of die sweet behoorlik van sy bolip aftap. Hy stuur ons toe na die bevelvoerder se kantoor toe waar die amper n ineenstorting
kry oor die insident. Na n moerse afranseling en verskoning vra en jammer sê
van ons kant af, is ek en ou dup toe daar uit.
Die Vrydagmiddag word ons twee na die pf kroeg geroep vir n paar verwelkomings
drankies. Na n hele paar brandewyne en cokes en die nodige darts gespelery, hoor ons een moerse lawaai daar van die vuur emmers
se kant af. Ons loer deur die venster
en raai wat? Een poephol het so wragtigwaar al weer vir die majoor gesalueer.
Pierre Grobler