BLOEMFONTEIN KINDERHUIS

Tuis | Omtrent Ons | Finansies | Kontak Ons | Gebeure en Beplanning

Welkom by die Bloemfontein 'ons' Kinderhuis se eie webblad!

Ons het almal belangrike waardes en idees in die lewe wat mens graag met ander wil deel.
Hier is maar een manier waar jy kan kom aansluit en help om die wereld n beter plek te maak.
Help ons om ons kinders te help.

Kom ons val sommer met die deur in die huis.
 
Ons hoof doel is om fondse in te samel om die Kinderhuis nie net aan die gang te hou nie, maar ook om die kinders daarin, n beter kans te geen in die lewe
 
Daar is egter verskeie ander maniere waarmee jy betrokke kan raak.
 
Ons hoor graag van jou voorstelle.
 
Onsdorp (die kuberhoofstad van Kammaland  - www.onsdorp.com) voorsien hierdie webwerf en beheer ook die fondse wat hier bymekaar gemaak word.  Ons be-oog om die webwerf so deursigtig moontlik te bedryf sodat almal altyd weet wat van hul geld word.
 
Hier is hoe jy kan help:
 
1. Skenk gereeld geld of goedere.
2. Reel vir n staande aftrekking by jou bank
3. 'neem' n kindjie aan - maw sorg vir n spesifiek kind terwyl die groot word.
4. Werf nuwe skenkers.
5. Kom neem van die kinders uit vir n uitstappie.
6. Kom doen werkies nodig.
 

bloemkinderhuis1.jpg

Dis ons doel is om die kinders wat hier moet woon, so veel moontlik te help met die basiese behoeftes

bloemkinderhuis2.jpg

ONS LEUSE:

'WANT KINDERS MOET NIE LEI NIE'

DOELSTELLINGS

 

  • Die sentrum voorsien in die basiese behoeftes van die kinders in die sentrum.
  • Die sentrum lewer ‘n diens aan kinders met spesiale behoeftes.
  • Die sentrum doen assessering van kinders wat in ‘n Plek van Veiligheid is en bied veilige hawe aan die kinders.
  • Die sentrum stel ‘n sorgplan en individuele ontwikkelingsplan vir elke kind wat opgeneem word, op en voer dit deur.
  • Die sentrum bevorder opleiding en ontwikkeling van die personeel van die sentrum asook ander personeel en vrywilligers betrokke by kindersorg.
  • Die sentrum tree as ‘n hulpbron vir ander sentrums en organisasies op deur die beskikbaarstelling van multi-professionele kundigheid.
  • Die sentrum word op ‘n koste effektiewe finansiële grondslag bestuur.

Hier is jou kans om n verskil te maak!

Sluit aan by ons - Stuur jou adres:

Want kinders moet nie swaarkry nie