BLOEMFONTEIN KINDERHUIS

Omtrent Ons

Tuis | Omtrent Ons | Finansies | Kontak Ons | Gebeure en Beplanning

Ons wil jou graag bietjie meer vertel oor ons wel en wee en wie ons is. Hier is n agtergrondskets:

Kom ons vertel jou sommer met een van die pleegouers se briefies waaroor als gaan.
Eloise van Bloemfontein skryf:

 

Ons kinderhuis in Bloemfontein, is ‘n plek wat baie baie na aan my hart lê.  November 2007 het ek en my man besluit om ‘n kind in te neem van Ons Kinderhuis vir die Desember vakansie.  Min het ons geweet dat die besluit ons lewens vir altyd sou verander.  Ons is deur die hele keurings proses en toe word ek voorgestel aan die mees wonderlikste  klein mensie; Carlene.  Carlene het ons huis en ons harte binne geval en ek dink ons het onmiddelik geweet dat sy gaan vir die res van ons lewens deel wees van ons.  Ons het onmiddelik begin met beplanning en reëlings om haar in pleegsorg te kry.  Die hele proses was lank en uitgerek maar in die Here se hande.

 

In Maart 2007 was die pleegsorg goedgekeur en kon ek vir Carlene finaal by Ons Kinderhuis gaan haal en sak en pak HUIS TOE BRING.

 

Sederdien besoek ek gereeld nog die Ons Kinderhuis en het ek van die kinders beter leer ken, en ja ook die tragiese geskiedenisse wat daarmee saamgaan. Met soveel hartseer en behoeftes van onskuldige kinders in een plek versamel is een groot lig punt, wonderlike toegewyde personeel wat daagliks alles in hulle vermoë doen om vir al die kinders (tans ±100) liefde en aanvaarding en ‘n veilige tuiste  te gee.  Hierdie mense doen ongelooflike werk, met absoluut die minimum fondse en dus ook personeel tekort.

 

Ek was vandag saam met die hoof Frikkie van Dyk in hulle saal wat hulle gebruik vir opvoerings ens, en daar is soveel werk.  Die mure is gebars, die vloer moet oorgedoen word asook ‘n waterlek in die dak van die verhoog, wat die vloer van die verhoog lig.  Dis alles goed wat aandag kort maar daar is net nie fondse beskikbaar nie.

Ek hoop en bid dat die mense van Onsdorp hul weg gaan oopsien om te help!

Liefdegroete,

Eloise

 

DIT IS OOK N
TERAPEUTIESE SENTRUM

WAT IS ‘N TERAPEUTIESE SENTRUM?

 

Dis ‘n spesiale program van Vrystaat Jeugsorgsentrums wat beskikbaar is vir kinders van alle ouderdomsgroepe met spesiale behoeftes.  Die doel van die Terapeutiese Sentrum is om gedragsverandering by hierdie kinders te weeg te bring sodat hulle binne die tydsbestek van ongeveer  twee jaar geplaas kan word in ‘n minder beperkende  en meer bemagtigende omgewing.

 

ONS HOOFDOEL

 

Die sentrum stel hom ten doel om ‘n versorgings-, opvoedings-, ontwikkelings- en behandelingsprogram vanuit ‘n Christelike perspektief aan te bied vir kinders wat sorgbehoewend of wat na bewering sorgbehoewend is.

Ons Kinderhuis is gelee in:
43 Victoriaweg,
WILLOWS
BLOEMFONTEIN

Ons Telefoonnommer:   051-4443308

Sluit aan by ons - Stuur jou eposadres:

Want kinders moet nie swaarkry nie