BoemerangBoertjie

Begin | Askies | kopskote | Ape | Alkant | Moker | Trein | Immigrasie | Niekrieket | Kinkels | Kortbroek | Reen | Splinters | Stadsjapie | Sinneloos | Baanbokke | Ditjies | Groen | Joets | Onweerbaar | Footy | OZPOLITIEK | ANZAC | Luilekker | Tandloos

DIE GROOT VERSKONING VRA

Ons is jammer......

abos2.jpg

Die Aussies se groot askies

 

NOU onlangs het Kevin Rudd, die nuwe eerste minister, mos amptelik en met groot omhaal die aborigene om verskoning gevra vir die onregte van die verlede.

 

Dis ‘n prysenswaardige gebaar, ja, maar ek wonder tog. Nie een van die mense wat vandag in die parlement sit, het enigiets te doene gehad met die verwydering van kinders uit haglike omstandighede om hulle in wit gesinne se huise groot te maak en hulle ‘n beter toekoms te probeer gee nie.

 

Dit was in sigself goed bedoel, maar natuurlik is dit wreed om kinders uit hul ouers se sorg te neem, uit hul eie kultuur te ruk en aan ‘n vreenmde kultuur gewoond te probeer maak. Deesdae dra baie van hulle nog geestelike letsels, en ander het eers onlangs skielik ontdek hulle het “letsels”. So is die ou mensdom maar eenmaal.

 

Kritici van die groot askies het daarop gewys dat die askies nie juis veel beteken as dit nie met vergoeding gepaard gaan nie, en Ruddjie se mond was skaars toe, toe kom die eerste eis om vergoeding vir die onreg wat aan die vorige geslag gedoen is.

 

'Mmm, ek wonder mos nou hoeveel kos dit om jou beter te laat voel oor pa of oupa se seer? Gaan dit nou die belastingbetaler se sak nog meer skud, bo-op die al hoër rentekoerse en die petrolprys wat nou al aan $1.50 per liter raak? Die huismark hier is hoeka al klaar in ‘n verknorsing, want derduisende kan skielik nie meer hul verbandbetalings bekostig nie.

 

Kyk die land se inboorlinge is ‘n eienaardige ras, hoor. Hulle het in der waarheid nooit eens ‘n ystertydperk beleef nie, en toe die blankes hule hier kom kry, het hulle geleef soos hul voorvaders 40 000 jaar gelede geleef het.

 

Hulle het bitter min impak op die omgewing gelaat, net hier en daar bome wat gemerk is, of holtes wat in groot rotse bo-op heuwels geskuur is om water in op te vang. Hul werktuie was meestal van hout, en so ook hul wapens.

 

Dit is deesdae die polities korrekte ding om elke openbare byeenkoms te begin met erkenning aan die “oorspronlike eienaars”  van die land, maar vir hulle, soos vir die San, is eiendom ‘n baie beperkte konsep. Die land is die ruimte waarin hulle bestaan, dit verskaf kos en hul lewensruimte. Die idee dat hulle grond kan besit, is iets wat die Europese setlaars met hulle saamgebring het.

 

Wat dinge baie moeilik maak, is die feit dat hulle steeds nie heeltemal in ‘n 21ste-eeuse leefruimte en -styl inpas nie. Daar is uitsonderinge, maar die landelike eerste mens staan deesdae tussen kulture. Dit is waarom hulle ‘n geweldige drankprobleem het, met die gepaardgaande geweld teen vrouens en kinders en die algemene wantoestande waarin hulle so maklik wegsink.

 

Aborigenes se gene is nie-regressief, iets wat min mense weet. Dit beteken dat, hoe meer hulle met blankes trou, hoe meer blank raak hulle in voorkoms. Daar is Aborigene oudstes wat witter is as ek!

 

Mettertyd gaan hulle as ‘n ras, op voorkoms gesien, heeltemal hul kenmerkende etniese eienskappe verloor. Geweldig baie van hulle het reeds hul kultuur afgeskud, en haal dit net by geleentheid weer vorendag.

 

Dit bly maar ‘n netelige kwessie.

Enter content here

Enter content here

Enter content here

Teken in op Kammanuus


    3046 Lesers al reeds!
    GetResponse E-pos Bemarking

    Kliek NOU Hier!