BoemerangBoertjie

Begin | Askies | kopskote | Ape | Alkant | Moker | Trein | Immigrasie | Niekrieket | Kinkels | Kortbroek | Reen | Splinters | Stadsjapie | Sinneloos | Baanbokke | Ditjies | Groen | Joets | Onweerbaar | Footy | OZPOLITIEK | ANZAC | Luilekker | Tandloos

IMMIGRASIE

Prentjies uit Australië

bbexhibitiongardensfontein.jpg
Exibitionstuinefontein

Immigrasie…

 

 

Onlangse gebeure het my aan die dink gesit oor die hele kwessie van immigrasie. Eers kom die federale regering se nuwe burgerskaptoets in werking, en net daarna laat bars John Howard die Afrika-asielsoeker bom oor ons koppe. En, om alles te kroon, is dit in dié tyd dat ek self my Ossie burgerskap kry!

 

In my geval moet ek erken was dit ‘n maklike, hoewel duur proses. Van die eerste dag af het die dolosse net reg geval vir my en daar was nooit ‘n oomblik van ernstige twyfel dat ek dit sou maak nie. Nie almal kan dieselfde sê nie, want vir veral mense oor 45 wat nie skatryk is nie, is hierdie ‘n bitter moeilike land om in te kom. Ek het ook die gewraakte burgerskaptoets vrygespring, omdat my aansoek goedgekeur is voor die nuwe wet in werking getree het.

 

Ek het nogal gemengde gevoelens oor die toets. In die eerste plek is die sg. “Australiese waardes” niks vreemds nie; ‘n mens sou sulke waardes as deel van enige beskaafde land se waardestelsel vind. Ja, dis nodig om seker te maak dat mense wat burgerskap kry darem nou nie heeltemal die skuim van die aarde is nie, maar om twaalf van die twintig vrae korrek te beantwoord, waarborg g’n stuk se niks nie. Ek is doodseker selfs Osama bin Laden sou die toets met vlieënde vaandels slaag, solank niemand natuurlik weet presies wie hy is nie. En natuurlik is dit vanselfsprekend dat nuwe burgers darem die taal van die land kan kop. Maar gaan die toets nou regtig beter burgers van die nuwelinge maak? Hoe vinnig verander ‘n luiperd van kol?

 

Die storie rakende die asielsoekers van Afrika, en veral Somalië, is kontroversieël. Kyk, sê die kritici, dis sommer suiwer rassisme, of diskriminasie, om die minste te sê. En die Somaliërs hier ontken natuurlik hewig dat daar Somaliese bendes hier is en dat jong Somaliërs hulself aan misdaad oorgee. Sien ek egter die klompie wat so vier keer per week op my trein klim, wonder ek... almal tussen twaalf en sestien, almal seuns, en almal luidrugtig en glad nie die soort mens wat jy by jou kind se partytjie sou wou sien opdaag nie. En net nou die dag is een van hulle so erg naby ‘n stasie aangerand dat hy later in die hospitaal oorlede is. Dis opvallend hoe gespanne die atmosfeer op die trein raak sodra die klomp opklim.

 

Elke land het die volste reg om self te besluit wie hy inlaat en wie hy weier. Om egter ‘n spesifieke vasteland of land se mense as onwelkom te klassifiseer, bly diskriminasie. Kyk ‘n mens aan die ander kant na wie almal deesdae hier woon, raak die saak nog gevoeliger. Melbourne, en in ‘n mindere mate die hele Victoria, is tot barstens toe vol Indiërs en Chinese. Party dae sit ek op die trein en dink ek kon netsowel in Nieu-Delhi wees. Ander kere lyk die trein soos ‘n Shanghai Ekspres! Maar dis almal mense wat wettig hier is en wat hard werk. Tog wonder ‘n mens soms waar dit gaan eindig as iemand nie halt roep nie. In ‘n land waar meer as ‘n kwart van die bevolking oorsee gebore is, is dit nogal ‘n geldige wonder, skat ek.

 

Ek wag om te sien wat volgende gaan gebeur, veral as die Arbeiders vanjaar se federale verkiesing wen!

Skryf vir Boemerangboertjie

Enter content here

Enter content here

Enter content here

Teken in op Kammanuus


    3046 Lesers al reeds!
    GetResponse E-pos Bemarking

    Kliek NOU Hier!