|
Saamgestel deur HELENA CONRADIE met die hulp van verskeie Afrikaanse kunstenaars
| KLIEK OP PRENTJIE OM DIT TE VERGROOT |
|
|
CD1: Doepa!
HIERDIE CD toor met Weideman-
woordgoed
Die jongste CD van die voordragkunstenaar Helena Conradie is nou beskikbaar.
Hierdie CD, gemaak in samewerking met musiekmakers Annalise Wiid en Francois le Roux (die HA!man) is
inderdaad doepa teen die droefte.
Hiermee word op ‘n besondere manier eer betoon aan die skrywer George Weideman wat terminaal
siek is.
Op die Stellenbosse Woordfees vroeër vanjaar was feesgangers dit eens dat hierdie kunstenaars elkeen
applous verdien vir die manier waarop hulle sy reeds gevleuelde woorde nog ‘n sterker vlerkslag kom gee het.
George Weideman is een van die veelsydigste skrywers in Afrikaans. Wat hierdie CD verder besonder maak is dat Goerge self
sommige van sy gedigte op die CD voorlees.
Hy sê : "Jy ontdek in woorde vermaak, ‘n salwing vir enige gevoel van pyn, ‘n gebed, ‘n soektog,
‘n poging om lewensraaisels op te los waaruit jy plesier put en hopelik ander ook."
Helena Conradie, bobaas-vertolker van die woord, vermag dat dit in soomloos saamgaan met die
pragtig gevoelige toonsettings en stemme van Wiid en le Roux.
Dis ‘n soort Storieman vir grootmense wat jou bly verras en verplaas na uiteenlopende wêrelde.
Van speelse, stroom-op verse tot dié met ‘n wranger toon waar woorde bloot "bros en weerloos"
word.
Die musiek en goed gekose instrumente begelei dit die een oomblik delikaat en fyn, die volgende
gewoon ryk en lekker.
Dis iets waarna jy oor en oor kan luister in jou motor of tuis waar jy met die keurig versorgde CD-boekie in jou hand
die teks kan volg.
Doepa! is ‘n ryp granaat, een waarvan jy elke robynrooi pitjie wil proe.
Vir sy enorme bydrae tot Afrikaans verdien George Weideman en al die bedrewe betrokkenes ‘n stewige
"staning onder sterre."

CD2: Kersfees
hier by ons.
“Om Minette du Toit Pearce en Francois le Roux in een span
te hê was vir my ‘n groot kersgeskenk!” sê Helena Conradie, skepper van hierdie Kers CD.
Helena se kinders wat oorsee woon, was die inspirasie om iets te skep wat vir hulle ‘n tradisionele Suid-Afrikaanse
Kersfees sal laat ervaar.’n Mens kan die CD speel op Kersaand of by die Kersfeesete of sommer net. Daar word kreatief
gewerk met ‘n gedig, ‘n storie, die Kersverhaal uit die Bybel en Kersliedere wat aan ons bekend is. Die CD is
bedoel vir die hele gesin. “Dit het ‘n kinderlike aanslag, want met Kersfees word mens weer ‘n kind, sê
Helena . Volgens haar, is Stille Nag nog nooit so mooi gesing nie.
Minette , mezzo sopraan van Kaapstad, wat op die CD sing en altviool
speel, is aangewys as die
algehele wenner van die ATKV Musiq kompetisie vir 2006.
Suid Afrika se spontane kreatiewe tjellis, Francois le Roux, die Ha!man , verras en bekoor gehore wêreldwyd met sy oorspronklike begeleidings. Hy doen die instrumentasie en byklanke op hierdie CD.
“As verlange te groot raak, veral nou met Kersfees in die vooruitsig,dan kom die muse baie naby en vloei die kreatiwiteit”, sê Helena wat veral bekend
is vir die saamstel van poësieprogramme met musiek op CD.

| KLIEK OP DIE PRENTJIE OM DIT TE VERGROOT |
|
|
CD 3: My ouma het n Skeffie Beffel.
Hierdie kinder CD, My Ouma Het ‘n Skeffie Beffel, met liedjies en gediggies uit Afrika, is met groot
sukses in 2005 geloods. Francois
le Roux het die musiek op hierdie CD geskep.

CD 4: Die Vensters Gaan Oop - TT Cloete

CD 5: Ek Word Tintelend Wakker
Gedigte van Sheila Cussons

CD 6: Makie Mooigoed Staan
Boerneef
BESTEL NOU!
BETAAL PER KREDIETKAART OF
MET ELEKTRONIESE OORPLASING (Sien laer af)
|