OOR DIE DATEMAS:
Groot
geword op ‘n plattelandse dorpie. Onskuldig, ongekunsteld die wereld ingestuur om op Stellenbosch te gaan
studeer. Gou wereldwys geword en wreedheid van grootword geleer. Skoolgehou, evangelisasie werk gedoen tot ek
gevoel het, nou is dit regtig tyd om ‘n maatjie te kry.
Altyd geweet ek gaan ‘n sielsgenoot
kry waarmee ek saam in die buiteland gaan woon, maar o wee hy mag nie Engels wees nie, want my pa se as jy in engels vry se
jy net "I love you" en niks verder nie, Ek het nie eintlik kans gesien daarvoor nie. Nooit gedink dat ek ‘n
Hollander sal ontmoet nie. Toe ons oor ons toekoms notas vergelyk, se hy dat sy visie was ook nog altyd om oorsee te
gaan woon. So is ons binne ‘n paar maande dan getroud. Hy herhaal natuurlik die tradisie van sy ouers, my voorvaders
Duits en hy Hollander.
Ons het in Suid Afrika baie dinge gedoen, gewoon van Mariepskop, Pretoria tot
in Jeffreysbaai. In 2003 na ‘n trauma in ons lewe besluit ons ons gaan pak en Engeland toe kom.
Hier
in Engeland het beide van ons skoolgehou, Jan het trokke gery op naweke, maar ons kon ‘n nuwe begin maak saam
met ons kinders. Na ‘n paar jaar het ons ons eie besigheid begin en weens ons werketiek kry ons as uitlanders werkgewers
wat ons uitsonder om vir hulle te werk.
Ons seun het die tradisie voortgesit en met ‘n Duitsertjie
getrou. Ons dogter is met ‘n Engelsman getroud en nie sommer ‘n gewone Engelsman nie, ‘n Yorkshire
Engelsman. Aan die begin het hy gese maak nie saak of ons Engels of Afrikaans praat nie, hy verstaan in elk geval niks
daarvan nie. Die Engelsman is egter intussen bekeer tot verstaan, biltong en melktert!
London is
nou huis en ons is, en sal maar altyd vreemdelinge bly op hierdie aarde