Floppies, Flaters en Waagmoed

TUISBLAD
Die Onskuld van die Eerste Keer
Bike Trip na HOLLAND
ROME
SKI TRIPPIE
Die Oproep
Wonderwerk
Die Nuus
TERUG NA ONSDORP.COM

ROME

romearena.jpg
MAAK FOTO GROTER DEUR DAAROP TE KLIK

 

BESOEK ROME

Reis is altyd so aantreklik en as jy emails kry van Ryanair wat jou vertel hoe goedkoop jy gaan vlieg dan glo jy hulle onvoorwaardelik tot jou spyt te laat kom,want sou jy net liggies ‘n windjie laat dan moet jy nog ekstra betaal.  Dis ekstra om nie op internet te bespreek nie, ook ekstra as jy ‘n tas inlaai en nie   as handbagasie vat nie.  Ook baaaaaie geld om net ‘n broodjie op die vliegtuig te eet.   Dan vertel hulle vir jou om op die vliegtuig ‘n buskaartjie te koop spaar jou blykbaar tyd en geld, maar as jy afklim kos die stadsbus jou 1 euro minder en daar is geen tou nie. Die Ryanair bus het ‘n tou waarin jy in die reen moet tou staan vir meer as ‘n uur, want hulle het nie genoeg busse nie en almal het op die vliegtuig kaartjies gekoop.  Mmmm goeie bemarking ne? Nou ja, dit klink alles erg maar die mens is mos aanpasbaar jy brom vir so ‘n oomblik en daar gaan jy weer.

Ons het gedink als sal Donderdagaand reg wees om Vrydagoggend net 3vm op te staan om 6vm te kan vlieg, maar o aarde dit was ‘n geskarrel, om alles agtermekaar te kry dat ons kon weggaan.  Daardie tyd van die more is daar nie eers ‘n lus vir opgewonde te wees oor ‘n voorgenome reistog nie.

Nou ja toe is dit 3vm en ons staan op trek aan en gryp die tasse.  Buite gekom is die karre wit en kliphard ge-ys, maar ek het gedink dit sou so wees dus het ek de-icer gekoop en vinnig vinnig kon ons wegkom.

By ons motor parkering naby die Stansted lughawe kry ons die bus ook net betyds en is verbaas hoeveel mense 4 uur in die oggend ook reg is vir ‘n reistog.

Op die lughawe help die nuwe paspoortjie  baie.  Niemand vra ‘n vraag nie.  Kyk my nie aan of die kat my ingedra het nie, want ek is mos nou ‘n Hollander.  Ai tog watter groot verskil maak ‘n rooi paspoortjie.  Ek het gedink dit gaan nooit gebeur nie, maar die afgelope 4 en ‘n half jaar se stoei en toetse was  beslis dit werd.

Op die vliegtuig kon ons ‘n uiltjie knip met ‘n vlug van 2 1/2 uur. Toe tou staan om na die stasie te gaan, en uiteindelik op die bus na ons Bed en Breakfast nie ver van die stasie af nie.  Ons kom ongelooflik maklik by die plek uit en kry die sleutel van ons ‘kamer'. Ai ons Suid Afrikaners is baie bederf as dit by standaard van gastehuise kom.  Ons plekkie is deur ‘n groot houtdeur dan stap jy in ‘n binnehof met ‘n tuintjie en blommetjies en visdammetjie en as jy opkyk is dit woonstelle reg rondom, 5 verdiepings hoog,  wat almal pienk geverf is met klein balkonnetjies waar daar wasgoed oor die reelings en voor die vensters afhang.  O­­­p die muur in die binnehof hang ‘n foto van Moeder Maria.  Ons gaan gelukkig met ‘n hyser op na die 5de vloer en dan stap jy by ons ‘gastehuis' in.  Julle sal lag.  As jy die ou houtdeur oopmaak kyk jy in die gangetjie af wat versier is met ‘n baie bont mat. Drie tafels wat teen die muur staan met plastiektafeldoeke.  Die mure vol ou prente en een is natuurlik van- wie kan raai? - die Pous!.  Op al die tafels is stofgetooide, vaal, nagemaakte blomme, nie gerangskik nie, sommer net in ‘n pot gedruk. As jy na hul kyk dan kielie jou neus sommer vir ‘n lekker nies.  Party tafels is gelukkig en het 2 ‘rangskikkings'.  Die tafels het ook rolle toiletpapier op en ons sal later agterkom dat dit is ons servette!  Dan kyk jy reg in die kombuis in. Gelukkig skoon, maar as jy die kas oopmaak om ‘n koppie of iets te vind is daar ‘n hele paar borde met kepe in en koppies sonder ore. Hoekom hulle dit nog hou weet net hulle.  Daar was nie teelepels nie, maar groot lepels.  Daar was nie broodmesse nie, maar steakmesse. Onthou jy kry net ontbyt hier, wat broodjies en jam met tee en koffie is.  Ons het maar net ons kop geskud en besef dit is nou maar so.  As Suid Afrikaners moes ons die goue randjie van die donkerwolk sien en se toe maar - gelukkig is alles baie skoon.

Dan die kamers.  Wie weet wat ons daar gaan kry? Ons maak die deur oop en word byna uitgeboul deur die helder helder skree oranje bedsprei en oranje gordyne en .......wat nog????  Natuurlik, blomme op altwee kassies en blomme bo op die hangkassie.  Ons kan mos nie sonder dit nie.  Daar is ‘n  televisie, maar dit is so hoog dat as ons 10 minute sou kyk sou ons ‘n fisioterapeut nodig he want jou nek sal nooit weer dieselfde wees, maar ons dog kom ons kyk tog maar so ‘n minuut; net om uit te vind die afstandbeheer werk nie, so ...my ander helfte moes die tv aansit en afsit want ek moes twee opmekaar wees om daarbo by te kom.

Nou die badkamer - kan ons nog verras word?  Die toilet het ‘n bril op wat beslis nie vir ‘hom' pas nie.  My eerste gedagte was - my agterstewe gaan baie koud kry as dit aan die porselein raak!!. Die mure was pienk mosiak reg rondom  en ‘n ander pienk mosaic teeltjies op die vloer en glo my die pienke het geclash!!!.    Stort is binne in ‘n bad. ‘n Wasbak met pragtige liggies bo die spieel , maar o dis ook net vir dekoratiewe doeleindes.  Die elektriese drade sit oop in die kamer en die enigste muurprop in die kamer sit weer 6 voet hoog.  Het hulle ‘n vendetta teen die ‘shorties'?

Bly ons hoef net die naweek daar te bly. So ons gryp ons ons kaart van Rome en vaar die strate in.  Dis koud en dit reen so ons is aangetrek soos styfgestopte Russian worsies, maar ons is in Rome se strate!

Ons land in ‘china' town jy kan nie glo hoeveel Chinese winkeltjies daar in daardie deel is nie en almal verkoop presies dieselfde goed.  Wel Jan se kop kry toe koud en daar koop ons toe vir hom ‘n ‘beenie'.  Dis toe ‘n Russianworsie met ‘n beanie.    As hy nie my Jan was nie sou ek maar versigtig gewees het vir hierdie scaly ou, maar niemand ken ons nie so wie gee om?  

Ons kom toe in ‘n straat wat vir my lyk asof ons nou ver weg is van waar ons moet wees.  Ek druk toe ons kaart, onder die eerste Italianer wat ek kry in ‘n winkeltjie, se neus en vra waar is ons nou.  Die italianers praat nie engels nie en die ou druk toe sy vinger op die kaartjie en se: ‘Gwa'.  Ek neem aan dit beteken ‘hier', later loop ek verby ‘n ou en sy hondjie loop weg en hy wys so langs hom en se vir die hond ‘gwa' so dis die enigste Italiaanse woord wat ek  die hele naweek kon leer, behalwe die 2 wat ek reeds geken het.  Dis ‘n ongelooflike moeilike taal.

Ons loop toe na die Basilica Giovanni en daarna na  die Colosseum.  Daar naby kry ons ‘n kafeetjie en eet ons eerste pasta.  Dit was bietjie teleurstellend, maar glo my dit was ook die laaste keer wat ons teleurgesteld was met hulle kos.  Ons het heerlik geeet.      Die pad B&B het gevoel asof dit nie gaan ophou nie.  In die kamer het ons soos dit by ons jare pas, ‘n ‘nap' gaan vat.  Bitter koud gekry want ons landlord het nie daaraan geglo om die gaste se kamer al van die middag te verhit nie.  Dit gebeur eers 7nm en dan ook net vir ‘n rukkie.  Ons het toe maar by voorbaat gaan vra vir nog meer komberse as net die een wat hul gegee het. 

Na ons lekker rus het het ons weer die strate ingevaar en ‘n eetplek gaan soek.  Ons kom toe by ‘n restaurant wat heerlike pizzas maak in ‘n regte pizza oond.  Dit was ‘n fees.

Na ons nog so bietjie rondgedrentel het is ons toe weer terug kamer toe waar ons toe met ‘n skok ontdek dat daar nie ‘n badprop is nie en die stort was lou lou water.  Ai tog, ek het toe na SA se gastehuise verlang.

Die volgende oggend vroeg na ontbyt is ons weer uit. ‘n Vriendin voorheen van SA het ons gebel en ons het ‘n afspraak vir die aand gemaak.  Ons missie vir die dag is om op die ‘Hop on, hop off' bus te kom want hulle neem ons na al die besienswaardighede oor die stad.  Ons besluit by voorbaat dat ons die Vatikaan stad sal doen en die Colosseum Sondag sou doen.  Die legendes oor die fonteine en geboue is eindloos, mens kan ook nie alles onthou nie, maar dan is ons by die Vatikaan stad.  Jan wil ‘n koeldrank koop en die immigrant van een of ander Afrika land (een van ons colonial friends) het ‘n waentjie daar.  Hy vra Jan toe dubbeld vir die koeldrank as enige ander plek.  Jan se vir hom' You are a highway robber, you are worse than the English.'  Ta vererg vir hom bloediglik.  Hy gryp die koeldrank terug en gooi dit terug in sy yskas.  Ek dink hy kon nie glo iemand se dit vir hom in sy gesig nie.  Ons het omtrent gelag en weggestap.  Daarna het ons gaan tou staan om in die Saint Petro Basilica in te gaan. Ons neem ‘n foto voor die Basilica want dis ons 23ste anniversary.  Ons kon nooit  op ons troudag eers gedink het dat ons 23 jaar later in die Vatikaanstad sou staan nie.  Ons het ‘n uur tou gestaan en toe is ons in, iets waaraan ons gewoond geraak het in Europ - tou staan.  Toe kon ons kies of ons na die grafkelders toe wou gaan en of ons bo op die koepel wou klim.  Ons kies toe die koepel, waar jy tot op ‘n punt met ‘n hyser gaan en dan klim jy 320 op met nou trappies en 320 af, op ander nou trappies.  So jy kan nie weer afgaan as jy besluit het jy klim nie.  Ons is trappe fiks met die 50 trappe wat ons by ons huis het so ek was nie bekommerd nie, ag het ek maar geweet.  Op ‘n stadium besef ek maar hierdie trappe is baie nou en daar is nie vensters langs die kant nie, toe begin my bloed kook want ek het laag op laag op laag klere met ‘n jas en serp aan vir die koue en in die gebou is dit warm!  Daardie gevoel van ‘ek gaan dit nie maak nie hier gaan ek nou doodgaan' is die aakligste gevoel denkbaar.  Gelukkig was daar toe so klein inham en kon ek gaan staan om net my asem terug te kry want jy kan nie stop nie aangesien al die mense agter jou dan ook nie verder kan klim nie.  Nou ja toe is dit maar net weer klim en klim en klim en ons was bo.   

Bo gekom staan almal teen die reeling 157m in die lug en kyk oor Rome, dis nogal ‘n nice gevoel.  Ons het dit gemaak! 

Na die klim het ons nie kans gesien vir die grafkelders nie en het ons net gaan kyk binne in die Basilica.  Dis egter baie siek om die weelde en glorie van die kerk te sien en jy weet daar  was mense wat so arm   was dat hul nie brood op die tafel kon sit nie, terwyl hulle hierdie kerk gebou het.

Daarna het ons afgeklim by die Spanish Steps en die fontein ‘the leaking boat'.  Toe is ons deur die Via du Condotti wat die Oxford Street van London en Champs de Elysee is van Parys.  Al die brand name winkels is daar en die vrouens oor die hele Rome het my baie beindruk met die stylvolle manier wat hul aantrek.  Selfs die mans ook.  Almal is baie goed versorg en lyk skoon en netjies met alles wat hul dra pas bymekaar en hul skoentjies is pragtig.  Ons was ook by Piazza de Popola wat ‘n plein is met drie kerke om die plein.

Daar was nog so baie om te sien, maar mens se voete kan ook jou net sover dra en dan nie meer nie.­­­­­

Ons het die aand in Tuscany gaan eet en ons het ‘n kilogram T been steak geeet.  Ek weet nie of ek al so groot en dik steak in ‘n restaurant gesien het nie.  Dit was baie baie lekker.   

Weer ontbyt die volgende oggend en toe is ons na die Roman Forum wat die reunes is van die Romeinse stad, die COlosseum wat die eerste amphiteater was en 50 000 mense kon neem en daarna na die Palatino waar Rome eerste begin het.  Dis ook aan die voet van die Palatino waar die legende afspeel van die wolf wat die tweeling Remus en Remanus gesoog het.  Hulle het toe oorlog teen mekaar gemaak en Remus het gesterf en Remanus het toe die stad van Rome begin.  Hulle het 3 miljoen inwoners daar gehad.

Sondagaand soek ons toe weer die restaurant waar ons Saterdagaand geeet het en eet die lekkerste pasta en pizza vir nog ‘n keer.

Maandagoggend weer vroeg op, hardloop na die stasie so 10 minute van ons blyplek.  Kry die bus en lughawe toe.  Een uur terug by ons motortjie in die UK.

Wie se reis is nie harde werk nie!!  Maar glo my nes ons dit klaar gedoen het soek ek nog ‘n plek om na te reis.  Volgende is Tenerife, Spanje, Suid Afrika, Austria en miskien Canada.

romesldt.jpg
KLIK EN VERGROOT


GEBORG DEUR ONSDORP.COM

suzettepaintings1.jpg

SUZETTE SKILDER OOK. BESOEK GERUS HAAR WEBWERF 
KLIEK NET OP DIE PRENTJIES HIER BO