Floppies, Flaters en Waagmoed

TUISBLAD
Die Onskuld van die Eerste Keer
Bike Trip na HOLLAND
ROME
SKI TRIPPIE
Die Oproep
Wonderwerk
Die Nuus
TERUG NA ONSDORP.COM

DIE OPROEP

groningingstasie.jpg

 

DIE OPROEP

 

Hierdie storie is oor die waagmoed van een Hollandse Omie - Jan Datema - sy oproep het toe ook ʼn hele ketting reaksie gehad.

 

In 2006 sit ek die oggend by my rekenaar en werk.  Ek kry ʼn Skype oproep en die naam wat opkom is ‘Jan Datema'.  Nou ek het geweet dis nie my Jan nie, want hy was by die werk.

 

Ek antwoord en ʼn 73 jarige omie, Jan Datema van Groningen begin met my te praat.  Hy het toe sy eerste Skype oproep, ooit,  na ons toe gemaak, want hy het die naam gesien en gewonder.  Die Nederlanders se aksent is swaar maar as jy na die Groningen area gaan is dit ʼn heel ander dialek.  Hy hoor sleg en ek verstaan swaar, dus besluit ons om toe om maar vir mekaar te skryf.

 

Hy vertel toe dat hy in Winsum woonagtig is asook sy kinders en dat hy ook die geskiedenis van die Datemas nagevors het.  Weens die Spaanse griep kon hy egter nie vasstel of Jan en hul familie Datema, familie is nie, weens die feit dat daar soveel mense gesterf dat sommige bloedlyne heeltemal doodgeloop het.

 

Ons briefwisseling met ome Jan het flink gevorder alhoewel hy soms maar gesukkel het om uit my gebroke Nederlands en Afrikaanse mengsel af te lei wat ek presies wou sê.

 

 

Ome Jan nooi ons toe om vir hom te kom kuier in Groningen en November 2008 besluit ons om my Jan se  familie te gaan opsoek en die storie van hoe sy ouers in die oorlogjare met die handskoen getroud is, na te vors, in Nederland.

 

In Winsum aangeland wens Ome Jan ons dadelik geluk met ons huweliksherdenking en vertel ons wat is ons kinders se name ens.  Ons is baie verbaas en wou weet waar is sy glasbal.  Nodeloos om te se as jy die Nederlanders ken, sou jy kon dink hul sal eers navorsing doen voor hul jou sou nooi na hul huis.  Na die ontmoeting en heerlike roomkoeke neem ome Jan en tante Rika ons toe na waar sy familie woonagtig was vroeëre jare en na die mees noordelike dyke in Holland.  Ons kuier asof ons mekaar jare lank ken en asof ons rêrig familie is.

 

Ome Jan Datema lyk geweldig baie na Jan se familie en die twee dae wat ons saam met hulle gespandeer het was kosbaar.  Heeltemal te gou was dit groettyd en ons almal het ʼn traan gepik met die groet.  Sou tog graag wou dink dat ons wel familie zijn!! 

groningingmeul.jpg


GEBORG DEUR ONSDORP.COM

suzettepaintings1.jpg

SUZETTE SKILDER OOK. BESOEK GERUS HAAR WEBWERF 
KLIEK NET OP DIE PRENTJIES HIER BO