|
Petro Rhode (Sept 08)
Kairos Ek staan vandag voor jou, ek is kaalgestroop en leeg. Ek is en voel soos niks, ‘n
barre braakland. maar dit gaan nooit weer wees, want ek gaan hier opstaan soos die een by die peule, en omdraai en
wegdraai. Ek gaan my losmaak van jou. jy wat my verneuk, verniel en wil vernietig met jou beskuldigende gedagtes jou
afkeurende kyke, en bytende tong. Kyk na my, jy gaan my nooit weer so sien. Dit, vandag, is my kairos my oomblik
van keuse my eie keuse, want ek gaan omdraai, en wegdraai, en my losmaak van jou -
Petro Rhode - Paarl 2008
|
 |
 |
 |
ANDER DIGTERS
(kliek op naam)
|
 |
 |
 |
|
- DALEEN STEGMANN -

|
| Garonga deur Daleen Stegmann van Ladismith |
Daleen vertel self:
Was jy al ooit op Ladismith? Dis die mooiste plekkie om te woon. Ek ruil dit vir geen ander plek
op aarde nie. Ek is in 2000 gediagnoseer met 4 breingewase en sou volgens die neurochirurg OF baie aggressief OF baie kunstig
raak in die nabye toekoms. Ek het sommer dadelik die aggressie gekanselleer en die KUNS met beide hande
aangegryp. Sedert my eerste van drie kunslesse (op 19 Oktober 2000) het ek al 169 skilderye (oliverf op canvas) verkoop.
Ek skilder so ongeveer (snags wanneer die gewone mense slaap) 4 skilderye per maand. Werk bedags by Eskom op Ladismith, en
doen nog al my huiswerk ook self.
Dit was so wonderlik om te sien hoe goed onder my hande lewe kry. Diere, portrette, landskappe,
kosmos, als wat ek nog probeer het, was 'n sukses, en ek besef watter groot genadegawe dit is.
Ekself sou so iets nooit kon doen, dit moet 'n Hoer Hand wees. Soms staan ek so terug en vertel
Hom dat Hy darem maar weer 'n mooi kunswerk geproduseer het. LOUTER GENADE dis wat dit is.
Ek glo ek gaan Ladismith nog op die LANDKAART plaas.
Liefde. Van Daleen.
|
 |
|
|
|