In die Kalahari – Upington - gebore en daar
tande gekry. Nog nooit groot geword nie, net vet. Was kranige 100 en 400m atleet in die WP maar moes teen beter manne soos
Danie Malan en Dicky Broberg 4de kom in die proewe. Op Clifton geboer. Het vir Cape Town City onder 18
sokker gespeel asook 1ste span o19 rugby vir Jan Van Riebeeck (Saterdae was dus redelik besig met rugby
in die oggend en sokker in die middag) Tafelberg verskeie kere
uitgestap , ook die Otter en die Blyde gedoen. Vanaf Lesotho 65km tot in Natal gestap a la voortrekker, oor die Drakensberg.Was lief vir muurbal toe ek nog kniee gehad het. Speel graag skaak, brug en poker
en daai volgorde. Diamante gesoek vir De Beers in Namakwaland,
Stellenbosch toe waar ek Geologie en n selfs paar maande onder Hennie Aucamp HOD geswot het. Met kamermaatjie Annabelle getroud, goudmyne toe (Stilfontein/Klerksdorp) en het verskeie
proefbuisbabas probeer. Tafelronde het n baie groot rol in ons
lewens gespeel. Mense mense van ons gemaak. 27 plus jaar later
is ons nog knus getroud en bederf steeds sowat 8 peetkinders om die beurt
Ses
jaar lank op die Lesotho waterskema gekuier as klipdokter in die 65km lang tonnels. Daarna na Hong Kong, die Philipyne, Sumatra,
Suid Amerika (Chile - Peru - Argentinie en Brasilie)
Toe weer Taiwan toe
om vir 2 jaar op hulle sneltreinprojek te werk.
Vanaf einde
2004 tot 2006 werk ek op die eiland Sulawesi in Indonesie op n Hidrodambouprojek vir n Kanadese Maatskappy. Die Eiland
le noord van Australie en strek van noord na suid oor die ewenaar. Daar is baie raakpunte tussen die eiland en die Kaap. Baie
slawe is hier gevang. Daar is n fort wat net soos die kasteel lyk in n dorpie met die naam Makkassar...
Daarna na Suid Korea op nog n sneltreinprojek.
Intussen
het ons MARINAS, n gastehuis in Richmond in die Karoo aangeskaf. Wilna ,my suster,
en haar man Johan bestuur dit vir ons. Klop gerus aan, daars afslag vir Kammalanders!
Na twee jaar op die Gautrein projek in Johannesburg, vertrek ons
Middel Ooste toe en wel na Doha in Katar. Uiteindelik lei die paadjie weer 'huis' toe.
Maar wie weet wanneer die geit vir gatskuur weer gaan toeslaan....