ONSDORP
Nuusbrief
Hoofstraat | Ons Manifes | Word n Inwoner | Nuusbrief | LAPASTRAAT | Bali Fonds | KERKPLEIN | Kaart | Kontak Ons | Markplein | Gedigteplein | A-Skakels | Restaurant | Bure

Hier is die week se Kammanuus
 

Kammanuus vir regte mense, onse mense!

Graphic of newspapers; Size=130 pixels wide

 

Welkom aan die nuwe intrekkers in die Dorp! Lekker saam kuier en veral nou dat Anita in LAPASTRAAT n  Kletsforum begin het. Verder het sy ook besluit om name bymekaar te maak van mense wat al ingeburger is in Anderkantland. Mense wat hul weg oop sien om nuwelinge so n bietjie touwys te maak.

So bietjie help om voete te vind hier in die vreemde.  Gaan kyk gerus op die webwerf  (www.onsdorp.com) na haar pogings. Ondersteun die Afri-forum deur jou opinie daar te gaan lig. Ons hoor graag wat jy dink.  Begin sommer n nuwe onderwerp wat jy dink bespreek moet word. Hier is die week se nuus, vars opgedis, geniet!

 

RAAI RAAI RIEPA

 

Sommer klomp het laas week se raaisel gekry! Mooi! Die antwoord nog steeds eers volgende week.

 

Die week se raaisel:

 

Wat is swart as jy dit koop, rooi as jy dit gebruik en grys as jy dit weggooi? (selfs hier in Taiwan!)

 

Antwoord oor twee weke.

OooooooooooooooooooooooOOOOoooooooooooooooooooooO

 

ROELFIE VAT RAAK

 

Nog 'n Sonnsverduistering

Kort op die hakke van die algehele eklips in Desember kry Duskantland toe nog een:

'n Sonnsverduistering, en ook nie die eerste van sy soort nie.

Percy Sonn is 'n waarnemende regter. Hy is ook die voorsitter van Duskantland se krieketraad. Hy was ook strompelend-dronk en 'n swetsende vuilbek by 'n WÍreldbekerwedstryd in die Paarl. En 'n verleentheid vir homself, sy posisie en almal wat dit moes aanskou.

Die volgende dag was hy nog vol bravade (!) oor sy optrede, maar 'n dag later het 'n soort nugterheid oor hom gedaal en vra hy toe nederig verskoning vir sy optrede. En die krieketraad sÍ nee, maar dis goed so: As hy jammer is, daar geen rede om verder teen hom op te tree nie.

Dis dieselfde onbeSonne man wat 'n paar jaar gelede by die WP in die sop was oor vuiltaal. Wat 'n herrie veroorsaak het toe hy Jacques Rudolph uit 'n toetsspan gegooi en Robin Peterson gekies het. Wat sommer dreig dat Duskantland se toer in Bleek Eiland afgestel kan word omdat die Blekes nie in Zimbabwe wil speel nie.   

Roelfie kan maar net hoop die Sonn gaan onder voordat hy die spel nog verder brand.

Tony Yengeni ry aan die pen

NŠ vurige ontkennings – tot 'n koerantadvertensie van R250 000 – het Tony Yengeni, hoofsweep van die ANC, toe erken dat dit nie reg was dat hy 'n viertrekvoertuig teen 50% afslag bekom het nie. En dat dit darem alte veel lyk of dit beloning was vir gunsies aan 'n maatskappy wat graag wapens aan Duskantland wil verskaf. Hy word op 19 Maart gevonnis.

En wie moet ons bedank? Die Sunday Times, wat die storie gebreek en end-uit gery het – selfs toe die regering sÍ dis "'n doelbewuste aanval op die ANC."  Hoera vir persvryheid!

Mbeki vermy turksvye 

In sy staatsrede by die opening van Duskantland se Volkiesraad praat onse president toe oor alles en nog wat – behalwe die krisis in Zimbabwe (Krisis? Waffer krisis?) en die vigspandemie (wat ook nie bestaan nie).

Tienduisend van sy onderdane het in die strate rondom die Volkiesraad ernstig van die president verskil – kompleet met baniere en slagspreuke en demands dat hy aandag gee aan vigs.

Tony Leon van die DA stel toe voor dat ons president homself vermom en die buitewÍreld betree, net om te sien wat regtig in die land aan die gebeur is.

Miskien kan hy Zimbabwe sommer ook besoek. Maar dit kan dalk gevaarlik wees: hy beland dalk incognito in die tronk.

 

OooooooooooooooooooooooOOOOoooooooooooooooooooooO

 

LIPLEKLEKKER

Waar kom die Vonkel vandaan

Wanneer ek altyd vonkelwyn drink wonder ek hoe kry hulle daardie aangename en tintelende borrels in die wyn. As u ook al daaroor gewonder het is sal u binnekort u antwoord kry. Maar ek gaan ook sommer oor die algemeen praat oor Sjampanje, Vonkelwyn en alles wat daarmee saamgaan. La Champagne is ‘n streek in Frankryk. Die streek se naam kom van die Latynse woord “Campus”, “Campania”. In die ou Frans het dit Champaign geword en later Champagne. In opgrawings wat gedoen is in die streek is daar afgekom op fossiele wat druiwe lote in gehad het. Die fossiele is gedateer terug na sowat ‘n miljoen jaar gelede. Die Romeine het jare kalk gesoek wat hulle gebruik het in bouwerke. Die spelonke wat hulle agtergelaat het, het in latere tye wynkelders geword. In die jaar 92 A.D. het die Romeinse keiser ‘n dekreet uitgevaardig waarin hy gesÍ het dat al die wynlande in Frankryk vernietig moet word om te voorkom dat die Franse wyne kan kompeteer met die Italiaanse wyne. So gemaak, maar die Franse het in die geheim nog aangehou om wynlande aan te plant.

Toe die verbod uiteindelik opgehef is, het die Franse wyne afkomstig van Champagne ‘n treffer geword. In die jare 1600 het daar ‘n wyn-oorlog in Frankryk tussen die wynboere van Burgundy en diť van Champagne begin. Die boere van Champagne het besluit om eerder nie die wyne van Burgundy na te maak nie maar eerder ‘n nuwe styl wyn gaan te ontwikkel. In 1660 is hierdie besonderse wyne van Champagne uitgevoer Engeland toe.

Meeste van die Vin Gris wyne (Grys Wyne) is baie jonk in Frankryk gedrink. Met die verskeping van die wyne in die vate na Engeland, het die hitte veroorsaak dat daar ‘n tweede fermentasie proses begin. In Engeland aangekom is die wyn gebottel en met kurk verseŽl. Dit het veroorsaak dat die lewendige vonkel van die wyn behoue gebly het. Hierdie wyn met die vonkel het die akademici en wetenskaplikes gaande gehad.

Die monnike-kelders van Pierry en Epernay het eerste begin om die vonkel in die wyn te sit. Die keldermeesters wat daarmee gemoeid was, was Frere Jean Oudart en by Epernay die keldermeester Dom Pierre Perignon. Vir ‘n paar honderd jaar is diť metode van wyn maak gevolg. Maar daar was baie probleme want tot 40 % van die bottels het ontplof as gevolg van die sekondÍre fermentasie. In 1836 het ‘n Franse apteker bepaal dat soet druiwe hoŽr alkohol inhoud en meer koolstofdioksied produseer. Die apteker het haarfyn uitgewerk hoeveel addisionele suiker bygevoeg moet word om die regte hoeveelheid koolstofdioksied te produseer om nie die bottels te laas bars nie.

Na die uitvinding is daar nie keer aan die aan die wynmakers nie en hulle het almal begin om Saute-bouchon te maak. In 1911 het daar amper ‘n oorlog uitgebreek omdat daar wynmakers was wat goedkoop wyn ingevoer het van die suide om Sjampanje te maak. Om die mense te kalmeer is daar besluit dat slegs druiwe van Champagne gebruik mag word om Champagne te maak. Dit is nog steeds die rede die naam Champagne nie in enige ander wÍrelddeel gebruik mag word nie, maar die naam vonkelwyn.

Maar teen R 2 500 vir ‘n bottel Dom Perignon, wie wil nou sjampanje drink …

 

Sjef Frikkadel Lombaard

 

OooooooooooooooooooooooOOOOoooooooooooooooooooooO

 

 Die nuwe predikant besoek sy gemeentelede. By een huis hoor hy dat die mense tuis is maar hulle maak nie die deur oop nie.  Hy haal toe 'n kaartjie uit en skryf daarop "Openb. 3:20" en skuif dit onder die deur in.

Die volgende Sondag kry hy die kaartjie in die kollektebord met 'n boodskap onderaan gevoeg: "Genesis 3:10"

Hy trek sy Bybel nader om die gedeelte op te soek en toe hy dit kry, bars hy hardop uit van die lag.

Openb. 3:20 lees: "Kyk ek staan by die deur en ek klop . . ."

Gen. 3:10 lees: " . . .Ek het U hoor wandel in die tuin en ek het bang geword, want ek is kaal."

 

OooooooooooooooooooooooOOOOoooooooooooooooooooooO

 

 

EILANDNUUS (TAIWAN)

Terug Op Die Eiland, Met 'n Tikkie Heimwee

Daar is vandag net tyd vir een koppie koffie - na so 'n vakansietjie
is daar baaaie reelings om te tref, veral as jy van skool verander,
soos ek tans.

Ek begin vandag met 'n vraag aan elke Anderkantlander (kontrakwerker;
immigrant en wie nog?) wat dieselfde paadjie as ek loop wanneer jy
Anderkantland toe gaan: Watter emosies gaan deur jou lyf en jou kop en
jou hart as die vliegtuig op Johannesburg Lughawe spoed optel en dan
sy neus windmakerig in die lug steek en koers kies - weg van die
plekke en mense wat so na aan jou hart lÍ?

Dis nou al die derde keer dat ek van Duskantland af wegvlieg, en dit
raak net nie makliker nie!!  Hoekom?  Ek sukkel om my vinger daarop te
le.  Het die swak krieket my dalk mistroostig gelaat?  Nee, darem nie.
Dis vir my asof jy iets van jouself agter los.  En dan wil ek nie
daarmee se ek sien nie uit na die nuwe semester hier op die Eiland nie
- met die vooruitsigte van 'n nuwe dorp en nuwe skool en nuwe studente
is ek meer as gewillig om die uitdaging te aanvaar, maar ek kan net
nie daardie leŽ gevoel so-by-so wegtoor nie.

Ek het op die vlug nuwelinge (Afrikaanses op pad Taiwan toe om hier te
kom onderwys gee) raakgeloop en die antisipasie en effense onsekerheid
in hul oŽ gesien. "Wat wag op ons?"  En ook gehoor van twee wat na 'n
week of twee se probeer verkies om eerder terug te gaan -
omstandighede nie na wense nie, of die verlange te groot.
Onwillekeurig laat dit my dink aan wat ek - slegs weke nadat ek hier
aangekom het (so 'n jaar terug) - op my webblad oor onderwys in Taiwan
geskryf het.  Ek haal dit sommer direk aan:

"Om mee te begin, elke besluit het konsekwensies - so ook die besluit
om hier te kom onderwys gee!! 'n Vriend van my wat regtig omgee
(afgetrede skoolhoof wat al vir 'n paar jaar in China skool gee en elke
oomblik daarvan geniet) het my, voor ek tot die groot stap oorgegaan
het, duidelik laat verstaan dat daar 'n prys te betaal is as jy
hiernatoe kom - veral as jy al oor 30 is. Om net alles te los en
hiernatoe te kom om 'n paar rand te maak kan een van die grootste
foute wees wat jy in jou lewe maak!! Want wat los jy agter? Dalk iets
wat jy nie kan terugkry nie!! En om 'n jaar onder heeltemal vreemde
omstandighede (beknoptheid, vreemde baas en kos ens.) te bly en werk
maak dit nie makliker nie. (As ek my ore reg uitleen, sukkel die
Amerikaners en Kanadese nogal meer om hier aan te pas as die
Suid-Afrikaners.) Tog kan dit aan die ander kant vir jou die hupstoot
gee wat jy nodig het. Maak dus net seker dat jy weet waarheen jy op
pad is as jy wil kom."

Aan almal wat met 'n stuk heimwee sit - ek voel saam met julle.  Ons
is waar ons is met 'n rede, en moet dit sekerlik so aanvaar.  Maar hoe
lekker is dit nie om vriende te hÍ - soos diegene wat jy hier op die
dorpswerf kry - wat die lekker, wat daar ook is, met mekaar te kan
deel nie!!  Soek, en jy sal kosbares vind!  En die heimwee is dan
sommer gou-gou vergete as die boere-troos en vriende-troos jou traan
weg-troos.

 

Reinderd Visser

 

OooooooooooooooooooooooOOOOoooooooooooooooooooooO

 

BRIEWEBUS

Hiers ek weer... hiers ek weer ... of is dit?... As Hy kom weer. As Hy kom weer...

Maar die agterossie was toe swaar genoeg en het die kameel se rug gebreek. Ek moes net antwoord. Dankie Hennie.

Ja, Ek het uiteindelik al die papiere en ek het die vorms afgelaai en ingevul, en ek het die fotostate laat sertifiseer.  Ek leun op die kraal se muur... en staar landuit..... en wonder.

Moet ek gaan met leŽ hande... Moet ek so my nuwe land ontmoet?  (Ken julle nog die wysie?) (Moet ek die verdomde goed ingee?)

Moet asb. nie dink ek spot nie.  Ek is dood ernstig.  Dis maar net dat die nostalgie my ernstig beet het.  My Ma (aangenome Moeder) is siek in die Hospitaal.  Ek weet nie hoeveel dae, weke, maande haar nog gegun is nie.  Miskien nog jare. Wie weet?  Maar ek wil eers gaan as sy nie meer daar is nie.  Maar ek wil NOU die papiertjies kry.  Staan al hoe nader aan daardie nommertjie 40, waar die punte-toedeling weer verander en die kanse drasties verminder om in te kan kom by die ozzies.

Was in die dieretuin hierdie Saterdag - het gaan kyk hoe lyk 'n kangaroe in lewende lywe.  magtig maar die leeu en springbok lyk wragtig beter.  Word kangaroos geslag vir hul vleis vir menslike gebruik wonder ek.  (Wel as mense slakke kan eet, hoekom nie kangaroos nie. Sal maar moet aanpas.)

Om terug te kom na Moedertjie toe.  Sy is in 'n saal saam met mede afrikaners. Alle kulture.  Nie 'n probleem nie, maar kon hulle darem nie maar die MAN langs haar na 'n mans saal toe skuif nie?  Die kÍrel raak moeilik. Hulle moes hom al vasmaak dat hy nie uit sy "kot" kon klim nie.  Die ou wÍreld het verbygegaan....

Ek wil graag na die "ou" wÍreld terug-gaan, waar daar darem seker nog sale vir mans en vroue apart is. Of is dit nou die nuutste neiging - deel van gelykheid van vroue en mans. Ek wonder.

Twee kollegas was die afgelope week slagoffers van misdaad - Een (vrou) het 'n mes teen die keel gehad - die ander (man) amper sy motor verloor.  Beide belowe MOORD as hulle daai ouens in die hande kry.  Wat het geword van vergewe - die voorheen verdruktes ens ens ... Ek wonder

HA, wag my prestasie onderhoud beoordeel (of veroordeel) mos my bydrae om diversiteit te bevorder.  Nou wat moet ek doen om 'n goeie punt daarvoor te kry. Net samewerking en vriendelikheid en mentorskap ens ens is nie goed genoeg nie. Ai, Ek stap uit maar die gemoed is swaarder as voor die tyd.

Wag nou eers, ek gaan nou my polse afbyt as ek so aanhou.  Die stappie in die Dieretuin was wonderlik. Lieflike oggend gehad - Lekker geswem daardie middag ook.  En die kinders is in die skool. Natuurlik juig vroulief - vrede vir haar siel.

Eintlik het ek niks te deel nou nie.  Sit sommer net en skryf, want dis lekker in Afrikaans. En ek blaas bietjie af. My eie ou uitlaatklep en dan praat ek nie van gasvryheid nie.

Verskoon maar die maniere - Het nie juis beteres nie. Ek wonder watter kant toe trek die wind daar onder.   Hierdie kant trek dit boontoe - Na my neus toe!

Groete.

Conley Meyer

 

Baie dankie Hennie
Ek's maar 'n stil persoon wat daarvan hou om op die kantlyn te staan en te
sien en hoor wat die ander mense doen en sÍ.
Wel Hier kom die grosum detail: Ek is Coen C Ackermann uitgespaar vanaf 22
Januarie 1952 is nie so gebore soos ek nou lyk nie maar ja die grootbaas is
en was nog altyd vir my en my familie goed. Ek's gebore in johannesburg waar
my ouers in Jepe in 'n huur semi gebly het tot en met 1961. Hannes, Pa het
al sy jare gewerk vir Perskor tot hy oorlede is in 1992. My Ma, wat nog lewe
het gewerk tot ek gebore is. En vadaaraf was sy huisvrou. Sorry dat ek die
helle familie wil uitlÍ maar die wÍreld het ek gesien is klein so as daar
dalk ou stryders of bekendes in Onsdorp is gee 'n skree na my kan toe. Ons
familie bestaan uit Wena, met Elaine wat in Florida se biblioteek werk (my
werderhelf vir net oor die 25 jaar. Kinders ouboet Thinus (Johannes
Martinus) is nou 23 en werk in die ou motorcity wat nie meer bestaan nie in
Johannesburg. Hy werk vir die Jood Stan by Distributor Remanufacturers wat
nogal interesant is. Karre se elektriese verdelers wat hulle die binne goed
skoon en reg maak en vervang met nuwe parte om weer so goed as nuut te wees.
My 2de en jongste is blÍrrie intelligent maar sit op sy breins en is 'n
bietjie lui om te leer. Hy's besig met sy 3de eerste jaar en kom so op
hoofstukke sy vakke deur. Ekke werk nou al as deel van die furniture vir 32
jaar by SAL as 'n klerk of soos hulle wil sÍ finansiŽle Amptenaar. Is om
trend al die afdelings deur in Finansies, Het die netwerke en 260 mense
ge-ondersteun met persoonlike rekenaar probleme in harde en sagteware. Dit
nogal geniet om dit te doen tot ons Jan Smuts (Nuwe naam Johannesburg
Internasionale Lughawe) toe getrek het.
Bright boys van ons goverment het toe mos privitising ingestel en ons It
ouens en masjinerie verkoop. die geld is ook al lankal gemore op k... Soos
parties en ander gemors want het 'n swarte verstand.. weet nie, maar wil nie
so voorkom nie.
Alles wat hulle aan vat of oorneem verander in slap goed. Maar politiek het
oom Fran gesÍ bly weg my kind, dit is dangerous.
My broer is 6 jaar jonger as ek Josias J Ackermann (Sais) en het ook by
lugdiens gewerk. Sy vrou Yvonne werk by Absa by testamente ook al as
meubelstuk. Kinders Jacques laas jaar matriek geskryf, Heirich St. dink 7 of
8 en Giselle aan einde van Laerskool. My suster Annalie was getroud met Ian
vanden Berg en was amper 13 jaar in Dallas Texas toe hulle gedeporteer. Hy
'motormac en sy maar huisvrou en los joppies.
Jy sal ook seker sÍ ek praat te veel.
Ek het die helle storie van julle kan nogal geniet en as iemand my of ons
ken na al die jare weer eens gee 'n skree of skryf.
Groetnis tot later
Coen Ackermann van Witpoortjie Roodepoort ou Roodie 1969 St. 10   

 

o-o-o-o-o-o-o-o-o-o-o-o-o-o-o-o-o-o-o-o-o-o-o-o-o-o-o-o-o-o-o-o-o

 

Dan skryf Trudi weer:

Hallo Hennie

Ek wil net vir julle vertel van 'n wonderlike ervaring wat ek gister gehad het.  Ek is 'n onderwyseres by Vaal High in Vanderbijlpark en ons het gister ons jaarlikse inter HoŽr gehad.  Dit is nou die Engelse HoŽrskole in die Vaaldriehoek, Carltonville en Randfontein.  Daar is omtrent 9 HoŽrskole.

Ek weet nie hoe vertroud mense is met skole nie maar die Engelse skool in Vereeniging is General Smuts.

Soos julle almal weet het ons nie meer veel wit kinders in hierdie skole nie en 'n skool soos  General Smuts het omtrent 1400 leerders waarvan daar 50 blankes is.

Hulle het 'n begeesterde onderwyseres(Afrikaans) en omdat hulle ook deelneem aan die InterhoŽr in Vereeniging(saam met die Afrikaanse skole) het hulle besluit om elke jaar 'n Afrikaanse song te sing.

Gister was dit dan "Afrikaners is plesierig" saam met Karen Zoid.  Dit is nou op die klanksisteem.

 

Ons onderwyseres het daar op die veld gestaan, na hierdie swart kinders met hulle swart baadjies gekyk en trane in ons oŽ gehad om te sien hoe dit hulle plesier het om hierdie song te sing.  Hulle was absoluut histeries en wou dit net oor en oor sing!!!Daar was seker omtrent 700 van hulle.  Wat 'n belewenis!!! Ek kry nou nog hoendervleis as ek daaraan dink.

 

Miskien is daar hoop vir Afrikaans as daar nog mense soos Karen Zoid en sekere Afrikaanse onderwysers is.

Daar is ook in Pretoria 'n onderwyseres by 'n Engelse HoŽrskool wat aan die einde van verlede jaar 53 onderskeidings gekry het.

 

Groete hier uit 'n baie warm Vaaldriehoek.

Trudi Roos

Dankie vir die Kammanuus

o-o-o-o-o-o-o-o-o-o-o-o-o-o-o-o-o-o-o-o-o-o-o-o-o-o-o-o-o-o-o-o-o

Aan ONSDORP

Dit is so lekker om Afrikaans op die web te lees, en veral as dit in
so 'n puik vorm soos ONSDORP aangebied word.

Ek wil graag wil twee van my gedigte met julle deel. Die een gedig
handel oor die omgee vir ons medemens en die ander gedig oor
die pad van 'n druiwekorrel(mens) na Nagmaalwyn(sondevergifnis).

Dankie en sterkte vorentoe met hierdie webwerf.

Bloemfontein-Groete
Paul Avenant

 

Paul se gedigte is die nuutste op die werf – HJG

o-o-o-o-o-o-o-o-o-o-o-o-o-o-o-o-o-o-o-o-o-o-o-o-o-o-o-o-o-o-o-o-o

 

Hallo Hennie...

 

Ek het my eerste nuusbrief vanuit Onsdorp ontvang, dankie, en voel alreeds ingeburger! Ek het veral 'Daan' se openhartige brief werklik geniet - dankie Daan! Ons het meer mense soos jy nodig!

Ek is seker ek gaan my verblyf geniet - ek laat hoor weer van my...

 

Groete,

                Anne-Marie

o-o-o-o-o-o-o-o-o-o-o-o-o-o-o-o-o-o-o-o-o-o-o-o-o-o-o-o-o-o-o-o-o

 

Hallo Kammalanders,

 

Vandag aangesluit en lekker gelees aan al die nuus. Bly hier in Kanada en doen wat die meeste Saners, op die platteland, hier doen.

Julle weet mos trotseer die koue en hou die Kanadese aan die lewe. Waarom doen ons dit?? As eerste generasie kap ons maar seker die pad oop vir ons kinders.

Verlang na SA (klimaat ,skoonheid en prag van die natuur en veral na familie en vriende) maar kan nie meer daar werk nie. Almal sal seker nie saamstem nie!

Darem die voordeel dat ek Kerk toe kan gaan en in Afrikaans bedien word, danksy Ds Lukas Scheepers, 'n "dopper" maar dit maak gun duit saak nie.

 

Groetnis

Jock Prinsloo

 

Jock, die hasie een was al in die brief,  lekker om hom weer te kon lees! –HJG

 

OooooooooooooooooooooooOOOOoooooooooooooooooooooO

 

AGTEROS

Ek trek die week die kraalhek maar bra temerig toe!

Julle sal my seker maar vergewe dat ek vandag so bietjie onder die weer is, my kamermaatjie het ewe fluks n klomp SA-TV etes (Bobotie ens) vir my gevries en toe op die Írie geklim en gaan skuur in AustraliŽ by n maatjie. Ewe braaf het ek gesÍ nou maar ga jou goed!  En hier sit ek nou en tel al klaar weer die dae!

Om als erger te maak, word ek die week sommer goed in bek geruk deur n ou skoolmaatjie van my.

Jou blÍddie nuusbrief is net vol van hoe sleg dit hier gaan in Suid Afrika! Ek het uitgeteken! Dis nie nodig dat ek gedurig nog moet hoor daarvan nie, ek lewe dit! 

Jy kon my omslaan met n veertjie!

Miskien is hy reg. Nee hy IS reg, ons hoef dit darem seker nie week na week in sy keel af te druk nie.

Die kritiek kan en moet n man vat. Ons wil dan juis bou en behou aan daai brug tussen Duskant en Anderkant. Dit was darem nie nodig om uit te teken nie!

Ek wil net vra, dat eerder as om dit te doen, kom vertel ons as n ding krap, ons kan mos altyd n plan maak!

DÍmmit, dis mos almal onse mense!

Groete tot volgende week

Hennie

 

OoooooooooooWrintiewaarkammaklaarooooooooooooooO

HIER EINDIG HIERDIE WEEK SE NUUSBRIEF
DIE ARGIEF VOLG HIERONDER EN VORIGE BRIEWE VOLG
 MEKAAR KRONOLOGIES

....................................................................

 

ARGIEF

16 FEBRUARIE 2003

Jammer vir die van julle wat nog nie by ons webwerf kon uitkom nie want Anita van Dubai het sopas haar eie stukkie werf oopgemaak.  Daar wil sy graag n onderwerp of twee aan die klok hang vir bespreking. Ondersteun haar asb. in hierdie lekker gesels idee.

Verder het sy ook begin om n lys op te stel van mense wat bereid is om nuwe aankomelinge in Anderkantlande so bietjie by te staan met raad en daad. Partykeer is dit maar erg moeilik as mens stoksiel alleen op n plek aankom en nie weet wat om volgende te doen nie!  Dis dan wanneer n Afrikaanse stemmetjie erg waardeer word!  Gaan loer gerus op www.onsdorp.com by die bladsy met die naam LAPA en die onderafdeling BURE.

Enige Kammalanders wat al lank Írens in  Anderkantland bly en graag wil help om nuwe Saners in hul area te verwelkom, skryf sommer direk vir Anita by animatt@emirates.net.ae

 

Hier is die week se kammanuus

 

RAAI RAAI RIEPA

 

Martha Rossiter  wil weet hoe redeneer mens om by  Smit as die Drywer uit te kom.

Sy beweer dat  daar te min feite is om die een op te los! Is daar nog lesers wat so dink? Stuur vir ons jou redenasie. (die raaisel was in 26 Januarie se nuusbrief)

 

Dankie aan Helene Cassisa wat hierdie week se raaisel instuur:

 

Wat  is groter as God?

Wat is n groter euwel dan die Duiwel?

Die rykes benodig dit

Die armes het dit

As jy dit bly eet sal jy doodgaan

 

Antwoord oor twee weke

OooooooooooooooooooooooOOOOoooooooooooooooooooooO

ROELFIE VAT RAAK

 

Bleekbene kry hul verdiende loon

Daar was n tyd toe die son nooit onder gegaan het oor die Britse Ryk nie, al het hy bitter selde op die Eiland self geskyn. Deesdae is die Bleekbene so futloos dat hulle in haas elke land soek na mense wat daar wil kom werk, met die gevolg dat die opreggebore Blekes een van die dae n minderheid in hul eie land gaan wees. Dis seker deels die gevolg  van die dole-stelsel, waarvolgens dit vir Bleekbene geldelik voordeliger is om nie te werk nie. 

Die Engelse se besluiteloosheid of sy krieketspan in Zimbabwe sal speel of nie is die jongste vergestalting van hierdie slapheid van ou Miesies Victoria se nasate. Magtig, n mens bekyk n saak, neem n besluit en hou daarby – jy hou nie die hele krieketwÍreld gevange omdat jy slapgat is nie.

As Roelfie so na die ou Eilandjie kyk, dan dink hy mos dis hul verdiende loon vir die Boere-oorlog en so aan. 28 000 vroue en kinders is nogal n hele klompie mense  en het die Boerenasie  n hengse knak gegee . . .

Restaurant-rowers slaan groot slag

As dit nie so erg was nie, kon n mens dalk daaroor gelag of gespot het: n Hele klomp mense is een aand verlede week in n Kaapse restaurant beroof toe n paar gewapende boewe hulle verlos het van hul kontant, kredietkaarte, selfone, ringe en ander juweliersware. Houtgerus ingestap en gevat wat hulle wil hÍ. Toe die polisie n halfuur later opdaag, was hulle natuurlik al lankal ver weg.

Wat nog meer ontstellend is, is dat hierdie petalje nie eens die Kaapse dagbladpers gehaal het nie. Sulke voorvalle is lankal nie meer nuus nie. 

Twee uur se verveling kos R30 miljoen

Die opening van krieket se WÍreldbeker het gekom en gegaan in n bonte, vormlose deurmekaarspul wat R30 miljoen gekos het. Twee uur se onverdunde verveling wat die wÍreld ingedra is met van die swakste klank en TV-kamerawerk wat Roelfie nog gesien het.

Dit was glo bedoel as toonvenster van Duskantland, met sy bonte verskeidenheid dierelewe, kulture en tradisies. Alles Engels, natuurlik: tot die Maleier-"moppie". En mens kan seker niemand kwalik neem as hy dink dat die hele Kaap bestaan uit mense wat in plakkerskampe woon nie.

 Maar Roelfie is eintlik dankbaar dat daar geen verwysings na die Afrikaner of Afrikaans was in hierdie mislukte poging tot grootsheid nie. Darem een vernedering was ons gespaar gebly het.

Beste besluit

Die hoof van n hospitaal kan dalk tronk toe gaan omdat sy weier om n hofbevel na te kom om n teen-vigsmiddel aan swanger vroue te verskaf. Duskantland se berugte minister van gesondheid sÍ toe in so n geval sal sy saam tronk toe gaan. Waarop die DA party sÍ hy kan nie aan n beter manier dink om van die minister ontslae te raak nie.

Vraag is net: Is daar n tronk wat haar wil hÍ?

 

OooooooooooooooooooooooOOOOoooooooooooooooooooooO

 

LIPLEKLEKKER

Sout van die Aarde

 

Ons almal ken die verwysings seker die bekende deel in die Bybel waar daar gesÍ word dat “Julle is die sout van die aarde maar as die sout laf (verslaan) geword het dan word dit uitgegooi en vertrap.” So van die begin van die mens het sout al iets beteken.

 

Vandag dink ons aan sout as iets wat ons oor ons kos gooi om die smaak van die kos te verbeter en om die kos nie te laf laat proe nie. Verder dink ons nie juis daaraan nie. Sout bestaan uit Natruim en Chloor. Op sy beste is Natruim en Chloor baie gevaarlik vir die mens. Maar saam is Natruim Chloriet iets wat ons nie sonder kan klaarkom nie.

 

Soos alle kossoorte het sout ook n agtergrond en geskiedenis. Aangesien sout so skaars en kosbaar was is dit in verskeie tye van die geskiedenis gebruik as betaal middel. Verskeie oorloŽ is ook al gevoer om beheer te kry oor sout. Die Egiptenare het ook sout gebruik in die balseming proses.

 

Sowat 4 700 jaar gelde is n farmakologiese verhandeling geskryf in China. Die verhandeling het ongeveer 40 verskillende soorte sout beskryf. Verder is die prosesse hoe om sout te uit seewater te haal haarfyn beskryf. Die prosesse word vandag nog gebruik. Soos dit enige goeie regering betaam het die Chinese regering vinnig agtergekom waar hulle brood gebotter is, of te wel waar die geld in die sout lÍ. Toe sout gewild begin word het die Chinese regering sout belasting ingestel.

 

In Egipte is daar rekords gevind dat sout so ongeveer 3 450 jaar gelede vervaardig is. In Griekeland is sout geruil vir slawe. Die uitdrukking “hy is sy sout werd” kom uit die tydperk. Aan Romeinse soldate is daar daagliks n sout rantsoen gegee en die rantsoen is genoem Salarium Regetum. Nou kan julle seker n baie goeie afleiding maak van waar die Engelse woord “salary” sy afkoms het.

 

In die Bybel is daar meer as 30 verwysings na sout. As gevolg van die wit kleur is sout geassosieer met reinheid. Daar is verwysings dat sout ook op die altare gebruik is. n Interessante feit is dat die Nazis die kunsskatte wat hulle in die Tweede WÍreld oorlog gebuit het in gange van soutmyne weggesteek het.

 

Deur die eeue heen is sout gebruik om vleis en vis te preserveer. Ons voorouers het die kuns ook aangeleer en hier dink ons maar net aan bokkoms en biltong. Gedurende die Tweede WÍreld oorlog was daar baie min wat die mense kon koop. My Pa het altyd vertel dat vleis baie skaars was en mense net n sekere hoeveelheid vleis per dag kon koop. Daar was, soos ek kon aflei, nie n verbod gewees op die verkoop van verwerkte vleis nie. So wat hulle gedoen het om vleis aan die mense te verkoop was om n laag sout om die vleis te smeer en dan te verkoop as sout vleis. Dit was blykbaar nogal baie effektief gewees.

 

Sout kan nie net gebruik word om kos se smaak te verander nie maar ook gebruik word as ontsmettingsmiddel. Indien jy jouself raak sny en daar is nie ontsmetting middels naby nie kan jy gerus maar die soutpot nader bring en oor jou wond gooi.

 

Hier volg nou nog n paar nuttige Sout Wenke:

Om water vinniger op n hoŽ temperatuur te laat kook, gooi net n knippie sout by.

Om te help dat eierwitte vinniger set gooi sout in die water.

Gooi sout oor n slaai voor die slaai bedien word. Dit sal verseker dat die slaai vars en bros bly.

n Knippie sout in koffie verbeter die koffie se smaak.

Melk bly langer vars as daar sout ingegooi word.

Gooi sout by gelatien, die sout laat die gelatien vinniger stol.

Vir bysteke maak n pasta van sout en water aan en smeer dit oor die bysteek. Dit sal die pyn wegneem.

 

Sjef Frikkadel Lombaard

 

OooooooooooooooooooooooOOOOoooooooooooooooooooooO

 

Blonde Vrystaters

 

Japie en Koos stap by n kennisgewing verby.

Pakke R20 elk

Hemde R10 elk

Broeke R8 elk

 

“Wag wag” sÍ Japie, “kyk Koos, ons gaan sommer baie geld maak by die huis met die winskopies!  Maar as ons instap, laat my die praatwerk doen, as hulle jou Vrystaatse aksent hoor, gaan hulle ons probeer inloop!”

 So gesÍ, so gemaak.

“Maneer,” seg Japie op sy beste Valie aksent, “ Ons sal 50 van daai R20 pakke neem en 100 van daai R10 hemde asook  50 van...”  Die winkel eienaar val hom in die rede.

“Meneer julle kom seker van die Vrystaat af!”

Verdwaas wil Japie weet: “Jis meneer maar hoe het jy so maklik kon weet?”

“Eenvoudig,” laat die Eienaar val, “Dis n droogskoonmaker hierdie”

 

OooooooooooooooooooooooOOOOoooooooooooooooooooooO

 

 

EILANDNUUS (TAIWAN)

 

Van Anderkantland Tot Duskantland En Terug

 

Ek besoek my ander tuisdorp (Oudtshoorn, in duskantland) elke 6 maande.  Ma-hulle raak mos oud en ek wil nie hoor ek skeep hul af op hul oudag nie.  En hier sit ek juis met n koppie regte sak-koffie langs my en skryf uit n snikhete (42 grade!) Klein-Karoo.

 

Dis nogal interessant hoe so n besoekie “tuis”  die verskille tussen die “vreemde” (land en ervarings) en “bekende” (omgewing, mense en dinge) beklemtoon.  Maar eers iets oor die vlieg self.

 

My vlug is gewoonlik Taipei/Hong Kong (so 2 ure); dan Hong Kong/Johannesburg (12 ure!!) en dan nog die 2 uurtjies Kaap toe.  En o ja, so 4 ure per pad Struisvogelland toe, vir nagereg.

 

Wat hierdie keer se vlieg “lekker” gemaak het (met lang bene is enige vlug n nagmerrie), is dat ek vroeg Hong Kong toe is en 5 ure tyd gehad het om die eertydse Britse “eiendom”  te bespied.  Ek  is net na sonsondergang met die trein ‘Sentral’ toe – my verkyk aan die groepies Fillipynse huishoudsters wat op die een plein bymekaarkom vir gesels en kuier en saamwees (n poliesman daar se my hulle noem die plein “Little Phillipines”) - en is vandaar met die ferrie oor Hong Kong Island toe.  Die stadsliggies en (Chinese) Nuwe Jaarsversierings is van die boot af net eenvoudig asemrowend!  Beton-oerwoud ja, maar kleurvol versier! Het Hong Kong die mooiste hawe in die wereld?  Volgende keer wil ek DV Victoria Hill opgaan.

 

Maar terug by my eintlike storie – die verskille wat ek ervaar. 

 

Een van die opvallendste verskille vir my le seker maar by die kosse.  Ek het dit nooit bewustelik gemis nie, maar regte “bacon” by die eier vir ontbyt is darem watertandlekker! En n skaaptjop is duskant n skaaptjop!  Vleis (hoender en vark is mos nie vleis nie?) is beslis nie een van Taiwan se sterk punte nie.   En dan waardeer mens gewone goedjies soos Aromat en Marina Braaisout en ingelegte groenvye en botter en kaas en biltong (om n paar te noem) van voor af.

 

Nie dat n mens nie SA produkte in Taiwan kry nie!  Ek het een aand in Yuanlin lekker weggele aan ingelegte perskes (uit n regte KOO blik!) en vla - plaaslik gekoop.  KWV wyne is ook nie hoendertand-skaars nie.  En my vriend Rex se ma glo vas aan Vital se geurlose knoffelpilletjies – die pakkie het selfs Afrikaans op!  Ek moet tog bewustelik op n stadium begin om n lys maak van al die SA produkte wat ek daar raakloop.  My geheue laat my nou liederlik in die steek om nog te onthou.

 

Water.  Ek moet myself dwing om duskant water uit n kraan te drink.  Te gewoond aan bottelwater.  So hoor ek Suid-Afrika is net een van 12 lande in die wereld met drinkbare water uit n kraan.  Op die Eiland koop jy elke druppel wat jy drink.

 

Dan . . . ruimte!!  Hier duskant ry jy van dorp 1 na dorp 2 en daar is 40km + spasie tussenin.  Op die eiland is die verskil tussen dorp 1 en 2 n bordjie by n robot.  En tuis loop jy uit op die stoep, en daar is n grasperk voor jou, nie 200 motorfietse wat jou tone wil afry nie.  Van grasperk gepraat – die is maar skaars op die Eiland!  En kinders speel nie daarop nie – dit maak glo vuil.  So hulle speel eerder op die sement.  En kyk jy op sien jy blou lug.  Ek weet nie van ander dorpe nie, maar Yuanlin sien min blou lug.

 

Aan die ander kant – sou ek dit hier waag om my skoene by die voordeur te los (normale praktyk anderkant), of my motor laat luier (twv lugverkoeling) en alleen laat by die kafee terwyl ek die koerant gaan koop (net so normaal), of my oog van my kamera-sak afhaal op die besige plein (nalatig, ek weet) - sou ek dit spoedig moet vervang, verdwene.

 

Had ek die ruimte, sou ek sekerlik meer kon uitlig.  Feit is – ek dink ek het op die oomblik die lekker van albei kante:  Ek voel veilig anderkant, ek werk en het n inkomste en het nuwe vriende en wonderlike ervarings.  Kuier ek hier, is ek by familie en vriende en die bekende – waarvan ek moeilik finaal afskeid sal neem.  My hart is nog in Afrika!

Reinderd Visser

 

OooooooooooooooooooooooOOOOoooooooooooooooooooooO

 

BRIEWEBUS

 

My eie Sussie het sopas in SaoediŽ  begin werk en hier is haar eerste briefie aan my, ek deel dit graag met julle:

Hello ouboet,   Dit is nou ons hier aan die anderkant van die woestyn saterdag.   Ek het myself nou so deurmekaar want Saterdag is Donderdag en Saterdag is Maandag.  Ek werk lekker hier.   n heel gemaklike werk waar ek my sekerlik nie dood gaan werk nie maar dood verveel.   In teenstelling met my vorige werk word ek betaal om nie te dink nie en niks te doen.  Ek begin nou al soos n kleinkindjie die dae aftel na die 1ste Maart.   Hoe minder die Ryals in die beursie raak, hoe angstiger tel ek die dae.   En droom ek van wat ek met my eerste pay gaan kry om my lewe hier gemakliker te maak.   Alles hier is vreemd, maar ek aanvaar dit so, dit is soos dinge hier gedoen word.   Sou hierdie naweek na die Rooisee gegaan het , maar het besef dat die 50SR daarvoor  hierdie komende week my etes beter sal betaal.  Daar is elke naweek n beachtrip, en die jaar is nog lank.   Ek het baie vriende hier gemaak en word al as n ou-hand gesien deur my twee nuwe vriende wat n week en twee weke hier is.  

 Soos ek verstaan gaan dit goed met my gestrooide gesinslede.   Ons moet nog tussen die biddery deur na die winkel stap om dhanya vir die kerriekos te gaan koop.   Judy, n Kaapse kleurling, gaan vir ons vandag kerrie kook.   Ek gee die maalvleis en sy kook die kerrie.   More gaan ek en Melinda weer n bredie kook vir sondagmaal.   Hier word die vleis nie mooi gesaag soos in ons sonskynland nie, maar in sulke ongeskikte hompe gekap.   Ek moet nou die vleis more van die bene afkook sodat dit meer aanneemlik lyk vir ons.   Gelukkig is die kameelvleis duur en is die kanse dat ons kameel gaan eet maar skraal. 

Alle liefde en groete van hierdiekant af.    Moet nog eers gaan leer wie is hierdiekant en anderkant.             

Nina

o-o-o-o-o-o-o-o-o-o-o-o-o-o-o-o-o-o-o-o-o-o-o-o-o-o-o-o-o-o-o-o-o

 

Trudi van Duskantland:

Wil tog vir julle Anderkanters vertel van die ou wat glo nou die dag in Pretoria voorgekeer is met sy splinternuwe motor.

Hy kry toe sommer n lekker fine want sien.....sy nuwe motor is nie heeltemal padvaardig nie.

Die tru-ligte werk slegs wanneer die motor in trurat is!!!!

Red nou n volk!!!!

Trudi

o-o-o-o-o-o-o-o-o-o-o-o-o-o-o-o-o-o-o-o-o-o-o-o-o-o-o-o-o-o-o-o-o

Van Taiwan:

Baie dankie vir die hartlike verwelkoming!  Laat my sommer tuis voel!  Wel, ons (ek, my man en seun), bly aan die oewer van Tamshui in n plek wat ons noem Bali.  (Bali Shiang - Bali distrik)  Ek is al n leeftyd van 9 jaar hier!  Ek dink in die tyd het ek soort van losgekom van Suid-Afrika, net om met n man van Engeland te trou wat smoorverlief geraak het op SA en i.p.v die wye wÍreld is my woning....wil hy net na SA elke vakansie!  Glo my, jy sal ver soek om n beter ambassadeur te kry vir ons land en lekkernye soos biltong en so voorts...!

Wat ek geniet as ek terug gaan na SA is...die stilte, en heelwat rustiger lewe. (al dink almal nie so nie)  Ook die ongelooflike sonskyn, blou hemel,  skoon lug, en kos!  Wat ek dan mis van Taiwan is die beskikbaarheid van oop winkels (tot baie laat), die vriendelikheid en hulpvaardigheid van die mense, en veiligheid. Ook is dit baie maklik om van punt A na B te gaan of jy n motor het of nie...(praat nou nie van die verkeer nie!!!!).  In SA is jy verlore sonder vervoer.  Tog hoop en vertrou ek dat ons nie veel langer hier sal spandeer nie, ek sou graag n ander wÍreld wil verken.  Ek sal graag weer normaal wil voel en nie altyd soos n padda onder n mikroskoop nie!  Ek sal graag by winkels wil instap sonder om n ongemaklike gegiggel te moet hoor....(Sjinese wat nie Engels magtig is nie kan baie ongemaklik voel as n 'foreigner' (Weigworen) instap!)  Ek sal so graag by enige winkel wil instap en n groot verskeidenheid kos raakloop...en natuurlik n regte Westerse kombuis kan he!!!  Ten laaste, (definitief nie die enigste punte van bespreking nie..!) sal dit lekker wees om n makliker taal te probeer aanleer as Sjinees met al sy toonhoogtes en prentjiewoorde!

Nee, ek kla nie, sommer net vir die lekkerheid van klets...en so aan! 

Anette Lenk

ooooooooooooooooooooooooooooooooooooooooooooooooooooooooooooo

Uit Duskantland:

Hallo al die mense van Onsdorp,

My naam is Sanet de Jager.  Ek woon in Pretoria en werk in die middestad van
Johannesburg.  Ek is getroud en het n dogter van vyftien en verwag my
tweede baba.  Ek is baie lief vir diere en het self n klomp diere wat my
besig hou b die huis.

Hou julle daarvan om te kook en te bak?  Ek hou ook daarvan en dit is altyd
lekker om ander se resepte uit te toets.  Ons moet bietjie resepte uitruil.

Julle moet lekker bly tot volgende keer.

Sanet

o-o-o-o-o-o-o-o-o-o-o-o-o-o-o-o-o-o-o-o-o-o-o-o-o-o-o-o-o-o-o-o-o

En Nederland:

 

Haai aan almal,

Hier is ek weer vanuit Nederland.

Praat ons krieket of nie.??

Ek wens ek was nou in SA met die opening van die wÍreldbekerkrieket.

Ek vlieg darem bietjie huistoe in Maart en behoort die laaste paar wedstryde

darem te sien.

Hier in Nederland sÍ die meeste mans dat krieket een susje spel is.

Hier is min belangstelling,want hier is net sokker (voetbal) soos hulle dit hier noem.

Verder is dit winter en die sneeu lÍ dik en diep --so die ander sport is ysskaats,van

die spoedskaats tipe.!!!!

Geen rugby ook nie--so voel ek erg vol heimwee vir my 2 geliefkooste sportsoorte.

Ek hoop nou dat BBC die krieket sal uitsaai. Sal angstig more dophou en juig as dit

so is.

Werk nog heerlik en geniet hierdie land vreeslik. Veral, met die anglisismes en Engelse woorde in die taal, maar dit is  SUIWER NEDERLANDS. Kry ek so lag.

Sal later een paar woorde stuur. Die woord vir verskeur is :"verslonden "

Wel, ek hoop die SA-kaanse krieketspan verslonden almal. So, Proteas moet my nie teleurstel nie.

Julle anderkant die water wat so lekker na die krieket gaan kyk........ek is jaloers.

Geniet dit !!!!

Beste groete

Louise Vorster

Nederland

o-o-o-o-o-o-o-o-o-o-o-o-o-o-o-o-o-o-o-o-o-o-o-o-o-o-o-o-o-o-o-o-o

En uit Duskantland:

DagsÍ Hennie

Om so nul uit die noorde n geselsie in Afrikaans te kan aanknoop, is n groot lekkerte.  Baie dankie vir die onsdorpse inisiatief!!!

Die Satan was nog nooit vas nie, maar deesdae is hy hiperaktief los (!) - veral op die taalakker.  Die voordeel is natuurlik dat ons hier uit ons traak-my-nie-agtigheid geskud word en die taal oral laat opklink.  Alles is egter nog nie in kanne en kruike nie - ons sal moet hard werk aan dit wat lekker op die tong lÍ.

Met my kinders in die diaspora sal ek graag eersdaags hulle Epos-adresse in Duitsland en Mosambiek wou aanstuur om ook deel te word van hierdie nuusbrief.

Mooi wense vanuit n snikhete Florida!

Groetnis

Albert     

o-o-o-o-o-o-o-o-o-o-o-o-o-o-o-o-o-o-o-o-o-o-o-o-o-o-o-o-o-o-o-o-o

Liewe Hennie,

 

Ek het my nuusbrief gister vir die eerste keer ontvang en het dit baie geniet.  Kort-kort wou my kinders weet waaroor ek lag - die Onsdorpers het nogal n amusante & interessante literÍre styl aan hulle briewe.  Ek geniet ook hulle politieke sienings en wat hulle daar in Anderkantland aanvang.

 

Ek woon in Murrayfield, Pretoria en is n  volgeling van Jesus Christus vir die laaste 20jr.  Nodeloos om te sÍ ek is, om goeie  "slang" te gebruik "one track minded" en wil in alles wat ek doen, God se Koninkryk eerste stel.  Ek stel belang in kerke en mense en  wat hulle vir Christus bereik deur hul doen en late.  Ek het n vriendin wat 6-maande gelede Engeland toe verhuis het  (sy is baie ongelukkig) en ek sal graag wil weet of daar  kerke in die London omgewing is wat regtig "aan die brand is", wat iemand daadwerklik onder hul vlerk sal neem en moeite doen om hulle te bereik.  Julle weet mos - kerke wat regtig "lewe"! (Hoef nie Afrikaans te wees nie - sy is eintlik baie Engels).

 

Wat gedigte betref, ek probeer nog my ma (78jr) oriŽnteer om van haar gedigte in te stuur - sy is baie begaafd en het honderde gedigte geskryf wat sy nooit laat publiseer het nie.  Het ook julle besonderhede aan haar gestuur, maar sy skraap nog moed bymekaar.  Haar e-pos adres is kittyvn@telkomsa.net . My pa (86jr) het saam met ons gewese president Mandela gewerk (dit was nou voor hy tjoekie toe is), toe hulle nog altwee "appies" was, my pa landdros in Johannesburg en Mnr Mandela, n jong prokureur.  Selfs daardie tyd was Mnr Mandela n baie "ordentlike" mens (volgens my pa) en het hom maar "eenkant" gehou (bv nie saam met die res in die teekamer gesit en teedrink nie).  Julle weet mos hoe was dit in die apartheidsjare.

 

Groete uit die Jakarandastad

Marie

 

o-o-o-o-o-o-o-o-o-o-o-o-o-o-o-o-o-o-o-o-o-o-o-o-o-o-o-o-o-o-o-o-o

Namibie:

Hennie - hallo jong jammer dat ek nie vroeŽr by jou kon uitkom nie.

Hier by ons is dit net WERK, WERK en nogmaals werk. Aardetjie,
was dit darem nou lekker om van jou te hoor van jou eerste brief af.
 
Ek het jou 'Kammanuus' tesame met jou oorspronklike 'e-mail' aan my
aangestuur na Amanda en Quinton van die ATKV-aksie hier in Windhoek,
Namibia. Ek glo hulle sal ook nog van hulle kant af met jou kontak maak,
ook nog n paar ander vriende en familie.
 
Ek gesels weer later in die week met jou, maar baie dankie vir jou stukkies
wat ek voorlopig en solank al ontvang het.  Ek het dit geniet, en tegnologie
van voor af begin waardeer, soms is ons geneig om sommer net daarvan
te vergeet, en terselfdertyd ook nie meer besef wat ons daarin het nie.
Dit raak sommer so vanselfsprekend.  Dink nou terug aan n paar jaar
gelede, briewe en telefoon oproepe..............., heiden ons het omtrent
rede tot dankbaarheid.  Wie sou nou ooit kon dink ek sou n Hennie en
vele ander leer ken. WOW !!!!!

Groetnis tot volgende keer.
Anelene Robberts

o-o-o-o-o-o-o-o-o-o-o-o-o-o-o-o-o-o-o-o-o-o-o-o-o-o-o-o-o-o-o-o-o

Uit Malawie

 

Beste Hennie

 

Dankie vir n baie interessante en opwindende web-blad.  Ons sien uit om vir n lang ruk inwoners van Ons Dorp te wees.

 

Ons woon en werk in Lilongwe, Malawi.  Die woorde "die warm hart van Afrika" is elke letter die waarheid.  Ons is baie gelukkig hier. 

 

Hier is n groot groep Suid-Afrikaners in Lilongwe.  Wees verseker dat n hele paar van hulle ook by die Anderkant woongebied sal intrek.

 

Hou aan met die goeie werk.

 

Groetnis

ADRIAAN & ELIZE ESTERHUIZEN

 

o-o-o-o-o-o-o-o-o-o-o-o-o-o-o-o-o-o-o-o-o-o-o-o-o-o-o-o-o-o-o-o-o

 

OooooooooooooooooooooooOOOOoooooooooooooooooooooO

 

AGTEROS

Nou die dag toe sy sien die dag met die groot V kom nader, toe roer sy so effe aan my. Dis nou kamermaatjie. Vroeg in ons lewe het ek vir haar daai Valentynskaartjie gestuur met die stempel van Timbuktoe af. Dit het haar heeltemal geflous. Sy was selfs bang om dit vir my te wys! Van daai tyd af is dit toe maar n gereelde ding tussen ons.  Valentynsdag help my ook altyd onthou dat presies 7 dae later, verjaar die belangrikste mens in my lewe. Hierdie jaar het sy niks verwag nie want ek het vroeŽr blykbaar opgemerk dat dit sommer net n geldmaak storie is en ek my nie meer daaraan gaan steur nie.

Maar nou ja, kom die dag, kom die blom. Ry ek mos toe by n potjie op die sypaadjie verby met sulke rooi-oranje tulpe in. Weet nie wat makeer my nie, maar ek stop.

Die res is geskiedenis. Kamermaatjie kook vandag rustig vir manlief n reeks van sy gunsteling SA disse ( ek ruik juis nou die bobotie)

Gisteraand was sy mos toe uit vir garnale en n lekker romantiese fliek.

Ek het darem nie die jaar tjoklits gekoop nie, mens moet die goed wat agteruit loop op die dansvloer nie te veel bederf nie!

Ook maar goed ek glo nie meer aan Valentynsdag nie nÍ ?

Tot volgende week dan,

Onsdorpgroete,

Hennie

OoooooooooooKammaweerklaarsowaar!ooooooooooooooO

==========================================================

9 Februarie2003

Hoeveel dae nog tot  krismis?  Nee wat, kom ons konsentreer maar liewer eers op Valentynsdag of wat sÍ julle? Bestel maar daai rose vroeg, die pryse verdriedubbel maklik oor hierdie tydjie! Nou ja, met die eerste maand van die jaar al goed agter die rug, kom ons kyk wat het die week se nuusbrief op te dis!

 

RAAI RAAI RIEPA

 

Antwoord van twee weke gelede se raaisel: Die Drywer is Smit.

 

OooooooooooooooooooooooOOOOoooooooooooooooooooooO

ROELFIE VAT RAAK

Red nou so 'n nasie!

In die Kaap staan daar 44 nuwe huisies leeg omdat die inwoners van twee wyke in die township nie tot 'n vergelyk kan kom wie hulle moet betrek nie. Intussen het die vandale ingeklim, vensters gebreek en deure en dakplate verwyder. Die paviljoen op Macassar strand – gebou teen 'n koste van miljoene – het oor die afgelope vyf jaar in 'n ruÔne ontaard. Dit sal R20 miljoen kos om te herstel. Talle skole in die land kon nie vir die nuwe jaar open nie omdat vandale ingeklim het. Wat hulle nie weggedra het nie, het hulle verwoes. Brandweerwaens wat brande in townships wil bestry, word deur die gemeenskap aangeval en die brandslange word stukkend gesny. Die geld wat MetroRail wil gebruik vir treinbeveiliging moet aangewend word om vandale se werk ongedaan te maak.

Vra Roelfie met trane in sy oŽ: Hůť red 'n mens so 'n nasie?  

SAL vlieg hoog

Die SA Lugdiens maak wins – anders as haas elke redery. Die eerste van 41 – ja,  41 – nuwe Airbus A340-600's het pas in die land aangekom. Die vorige jaar se verlies van R1 miljard is omgeskep in 'n wins van R553 miljoen.

• En dit alles het gebeur nadat hulle 'n Amerikaanse kansvatter onder sy jis geskop en 'n Afrikaner in sy pos as grootbaas aangestel het. Laat mens dink.

Vigs

Die regering wil maar net nie daadwerklik optree teen die vigspandemie nie. Op 'n onlangse simposium in Duskantland was een van die vigs-afvalliges 'n spreker. Daar sit ook 'n paar van hulle in die regering wat volhou dat die MIV-virus nie tot vigs lei nie

Die heel beste bewys hiervan sal wees as hulle hulself met die MIV-virus laat inspuit. Roelfie  daag hulle sommer namens Kammanuus om dit te doen en 'n bydrae tot die wetenskap te maak – al is dit postuum.

 

OooooooooooooooooooooooOOOOoooooooooooooooooooooO

 

LIPLEKLEKKER

Kaap Maleiers en hulle kos

 

Alles wat in hierdie artikel is kom uit die boek getiteld The Culture and Cuisine of the Cape Malays deur Cass Abraham’s.  Dit is nie net ‘n kookboek nie, maar ‘n boek wat hulle kultuur ook vir ons beskryf.

 

Kos speel ‘n belangrike rol in die Maleisiese gemeenskap en dit staan sentraal in hulle geloof en familie feeste. Wanneer ‘n Maleier mense uitnooi vir ‘n ete sal hy niyyat uitspreek. Op die feeste kan mense dan van die kos in servette toedraai en huis toe neem.

 

Anders as ons Westerlinge beskou hulle dit nie as ongeskik as mense dit doen nie. Volgens hulle tradisie behoort die kos nie aan die gasheer nie maar aan die gaste. Hulle sÍ dit nie maar ek dink hulle sal dit as ‘n kompliment sien wanneer ‘n gas van hulle kos huis toe neem.

 

Hier volg ‘n paar wenke uit die boek oor hoe om die perfekte bredie te kook.

        Die beste vleis om te gebruik is lam ribbetjies wat in 2 cm stukke gesny is.

        Verbruin die vleis saam met die uie en speserye voordat groente bygevoeg word.

        Groente moet altyd gekap of gesny word en rou bygevoeg word.

        Moet nie die vleis kook in water of vleissous nie want dit maak die vleis taai.

        Hou die temperatuur konstant, medium hitte, sodat die bredie vir ‘n paar uur kan staan en kook.

        Moet nie vloeistof bygooi nie, want die sous van die groente is genoegsaam.

        Bedien bredies saam met rys. (EK ken ‘n paar mense wat nie sal skroom om bredie en pap saam te eet nie).

        Nog iets wat ek gesien het in hulle bredie resepte is dat hulle die uie, peper korrels en knoffel eers kook in sowat 250 ml water. Die mengsel moet kook totdat al die water opgekook is en dan word olie bygevoeg en dit gebraai.

 

Bredies word almal op dieselfde basiese manier gemaak. Dit is egter die verskillende speserye wat die smaak verander. Bredies moet ook liefs eers ‘n dag nadat hulle gemaak is bedien word. So kan die smake dan goed met mekaar trou. Bredies wat op ‘n oop vuur gemaak word smaak nog die beste. Dit noem ons Potjiekos.

 

Ek plaas nie resepte op die nuusbrief nie maar hier gaan ek ‘n uitsondering maak. Hierdie resep het my oog gevang.

 

Vinnige Vis Kerrie

 

1 Groot ui gesny

1 e Olie

5 huisies knoffel

1 Groen Chillie

2 Groot Tamaties gekap

1 t elk Masala, Komyn en Koljander

2 ml  Borrie

3 Klein blikkies sardientjies in olie, gedreineer

6 Hardgekookte eiers gehalveer

25 ml Vars gekapte koljander

 

Braai uie in olie tot sag

Maak rissie en knoffel fyn en voeg by die uie

Voeg tamaties en speserye by uie mengsel

Prut vir 10 minute totdat sous dik word

Voeg sardientjies en eiers versigtig by

Skep van die sous oor die sardientjies en eiers

Sprinkel Koljander blare oor en bedien met rys

 

Sjef Frikkadel Lombaard

 

OooooooooooooooooooooooOOOOoooooooooooooooooooooO

 

'n Seuntjie gaan saam met sy ouma supermark toe. Op pad huistoe loer hy in die pakkies wat sy gekoop het. Hy kry toe 'n pakkie broekiekouse in die hande en klank die woord "Queen Size" stadig uit. Toe hy klaar is draai hy met verwondering na sy ouma toe en sÍ: " Ouma, jy dra dieselfde grootte as my ma se bed!"

 

 

OooooooooooooooooooooooOOOOoooooooooooooooooooooO

 

 

EILANDNUUS (TAIWAN)

 

Skool, Sewe Dae 'n Week!!

Ek dink nie kinders onder 16 moet hierdie geselsie sonder
ouer-begeleiding lees nie - dit kan hulle net onnodig ontstel.

Maar hoe's daai?  Sewe dae van die week skoolbanke vol sit!  Ek wonder
tog wat Duskantland se skoolstudente daarvan sal se?  En dis nie
wolhaarpraatjies die nie!  Los maar die knippie sout in die kas.

Ek voel ek moet vandag 'n ietsie oor die skoolgaan-kultuur hier op die
Eiland se!  Dis net eenvoudig anders as by ons.

Skool (ja, ek noem dit skool!) begin hier op Kindergarten vlak. Niks
snaaks daaraan nie, Duskantland het ook mos kleuterskole. Sommige
(meeste?) skole op die Eiland se leerplanne verskil net effens van SA
s'n, dink ek.  En dis leerplanne, nie speelplanne nie.  My skool
(leerplan volledig in Engels aangebied) se kindertjies sit van 9 tot 5
in skoolbanke, met 10 minute breke so elke 25 minute. En hulle werk!
As die finalejaars daar uitstap (na 3 jaar in die kindergarten) -
regte skool toe (ja, graad 1) - kan hulle lees en skryf soos wat ek
kinders in SA eers in graad 3 sien doen het.  En dit in hul tweede
taal.  Die skool waar ek werk is nie noodwendig 'n uitsondering nie,
maar nie almal is darem so erg nie.

Skool self het 3 fases - Elementary (Laerskool), Junior High (so tot
graad 10) en Senior High (tot Matriek) met elke fase 'n aparte skool.
Jy skryf elke keer belangrike eksamens om te kwalifiseer vir die beter
skole in die volgende fase.

Wat in die klaskamers self aangaan weet ek nie, maar dat hulle baaaie
skoolgaan, dit weet ek beslis!  Wel, feitlik sewe dae per week!  dis
niks snaaks om op 'n Sondag (meer senior) kinders in skoolklere te
sien op pad skool toe nie.  Soos dit vir my klink, het hulle nou wel
nie formeel klas nie, maar gaan hulle skool toe ("net die oggend,
onthou", word ek meegedeel, asof dit my sal troos) om te gaan studeer.
Dit nadat hulle in elk geval Saterdag die heel dag by die skool
deurgebring het! En altyd in skoolklere.  Die kinders hier is onder
geweldige druk om te presteer (dis deel van hul kultuur) en ek beskou
hulle as professionele studente!

As dit maar al was.  Weeksdae, wanneer die formele skooldag verby is -
so om en by 4 uur die middag vir meeste, gaan die kinders nie huis toe
nie (of net om te gaan uittrek), maar kom hulle ekstra klasse bywoon!
Ekstra klasse word nie-amptelik as 'n verpligting beskou - kuns;
musiek; wiskunde . . . Engels! En dis waar ek en my kollegas inpas.
So woon kinders ekstra klasse tot so laat as 9 uur in die aand by! Ek
het verlede semester 'n privaatklas vir 'n dogtertjie van 6 (5,
volgens SA ouderdom) aangebied - van 8 tot 9 in die aand, op 'n
Vrydag-aand!  En sy het nooit gekla nie!!  Terloops, wat bedoel ek met
SA ouderdom?  Die kinders se ouderdom word hier nie vanaf geboortedag
bepaal nie, maar vandat ma swanger geraak het.

En moenie dink hulle ken van vakansie nie! Die meer senior studente se
wintervakansie is 'n hele . . . 7 dae lank!    En dan pas ma sommer 'n
paar ekstra, ekstra klasse in!  Hulle hou hier nooit op met studeer
nie. Die enigste ander vakansie - somervakansie - is 'n paar daggies
langer, maar weereens - ekstra klasse.

Taiwan het blykbaar 'n geletterdheid-syfer van ver oor die 90%, met
oor die algemeen 'n redelike hoe standaard geletterdheid boonop!  Dit
maak kompetisie vir werk net soveel groter, en die ouers plaas
geweldig druk op die kinders!!  Dit grens soms vir my aan
"mishandeling" (ek voel kind moet darem nog 'n stukkie kind-wees ook
hÍ), maar ek het tog begrip.

Wat ek uit dit alles wys word is . . . dit kan gedoen word - of dit
nou gesond is of nie.

Volgende keer dalk 'n geselsie en koffietjies uit Duskantland - ek gaan
'n bietjie kuier by die huis!

 

Reinderd Visser

OooooooooooooooooooooooOOOOoooooooooooooooooooooO

 

BRIEWEBUS

 

Hallo Hennie

 

Dis die eerste keer dat ons van ons laat hoor.  Ons het die toekoms aangedurf met 'n skuif Canada toe.  Gepraat van Canada, ek was teenwoordig toe een van my kollegas Canada toe gebel het, en was in die proses om met gebroke engels sy naam aan die klomp uitlanders te spel deur middel van woorde (bv. A for ape), en komende by sy van wat 'n K bevat het, het hy sonder 'n oomblik van huiwering gese -" K for Canada". Waarop ons natuurlik onder die stoele rondgekruip het van die lag.

 

In elk geval, ons is al die laaste maand of 5 al in Canada, en ek het geen twyfel, alles in ag genome, dat ons die regte (nie die maklikste) besluit geneem het.  Baie interessant dat die gevoel van patriotisme net sterker word en dat ons meer moeite as ooit tevore doen om ons identiteit te behou nie.

 

Sterkte en groete

Phil

 

Ja, soos met C vir Serious! - HJG

o-o-o-o-o-o-o-o-o-o-o-o-o-o-o-o-o-o-o-o-o-o-o-o-o-o-o-o-o-o-o-o-o

 

Hallo alle Onsdorpers

Eers wil ek darem se dat dit baie lekker is om weer
terug te wees in onse wÍreld en dat my kinders ook die
hervestiging baie geniet. Aan julle almal wens ek 'n
baie geseŽnde 2003 toe.

Wat die Mugabe afvaardiging se inkopiefees in
Singapoer aanbetref net die volgende. Ek en my man,
Paul, was gedurende daardie paar dae tuis in dieselfde
hotel en ons het met die manne en vroue gesels en die
dag met hul vertrek het die volgende toneel homself
afgespeel.

Toe ons vir ontbyt afgaan teen 9h00 die oggend was hul
alles reeds in die portaal en die personeel besig om
dit vir hul te pak. Ons wou steier by die aanskoue
daarvan. Ons het met hul gesels, vrae gevra en
geluister na al die leuens wat hul aan ons verkwansel
het.

Ons is net daarna uit en het die middag 16h00
teruggekeer en steeds was die personeel besig om hul
aankope te pak. Ons weet darem dat hul Johannesburg
omgevlieg het en dat die vliegtuig na middernag
vertrek, want ons vlieg altyd met dieselfde vlug. Teen
17h00 is ons weer uit en toe ons die aand 22h30
terugkeer na die hotel was die personeel steeds besig
om hul aankope te pak. Ons het die oggend al gewonder
of die vliegtuig oor 'n dakrak sal beskik.

Wat vir ons die hartseerste was, is die feit dat ons
weet wat aangaan in Zimbabwe en daar is geen manier
dat ek gaan glo dat die ministers uit hul eie sak vir
hul inkopies betaal het nie. Ons het gewonder wie die
bedrag vir die oorgewig van die bagasie betaal het,
want die lugredery se koste vir addisionele bagasie is
US$60/kg en ons moet nog oortuig word dat die regering
dit nie betaal het nie.

Dit is 'n skreiende skande dat die mense van Afrika
so dink en te werk gaan.

Groete
Anita du Plessis   

o-o-o-o-o-o-o-o-o-o-o-o-o-o-o-o-o-o-o-o-o-o-o-o-o-o-o-o-o-o-o-o-o

 

Hi Hennie,

Baie dankie vir die warm welkom. Ek is so bly daar is 'n webwerf net vir
Afrikaanssprekende mense. Ek werk in Johannesburg, Suid Afrika en soos jy
weet wemel die plek van andertaliges en daar is bitter min
Afrikaanssprekende mense hier. Ek probeer die mense wat saam met my in die
kantoor werk oorslaan Afrikaans toe, maar hulle wil nie byt nie. Maar ek
laat hulle my nie onder kry nie. Ek is 'n trotse Afrikaanssprekende jong
dame en laat my nie deur enige iemand afsit nie. Hulle bly vir my vertel
dat ons taal besig is om dood te gaan, maar dit gaan meer as net 'n klomp
Engelse, Tswana, Zulu, ens. vat om die taal te laat sterf.

Ek dink julle webwerf is 'n uitstekende idee en ek sien uit na julle
nuusbriewe, ens. Laat gereeld van jou/julle hoor.

Mooi bly!

Christelle Burger

o-o-o-o-o-o-o-o-o-o-o-o-o-o-o-o-o-o-o-o-o-o-o-o-o-o-o-o-o-o-o-o-o

 

Anza uit Duskantland vra raad:

 

Gegroet is julle

Ek wil vandag kef en kerm, maar eintlik soek ek raad.

Ons bly in 'n woonstelgebou (deeltitel) en reg onder my bly die "gawe" buurman. Hy het 'n pyn met my kinders.  Elke beweging in ons woonstel word begroet met 'n helse gekap van onder. 

Ons het al 'n kompromie met hom aangegaan en hou die kinders (6 en 9 jaar) tussen 1nm. en 4 nm. stil en ook tussen 8 nm. en 8 vm.  Dis egter nie genoeg nie, steeds kry ons net probleme van die oom.  Daarby brom hy ewiglik oor gereelde kuiergaste by ons. 

 

Hoe nou gemaak?  Ons is eienaars en ons woonstel is klaar betaal, ek wil nie trek en weer huis skuld maak nie, maar sy optrede is besig om my kinders te ontstel.

 

Was een van julle al in so 'n situasie?  Het enige iemand raad hoe ek die onaangename storie vreedsaam kan oplos?

 

Groetnis

Anza

 

Is daar lesers wat kan raad gee? Ek sou sÍ, wees bly jy bly nie ONDER die Omie nie!  Ja dis maar raadsaam om n vreedsame oplossing te vind

 

o-o-o-o-o-o-o-o-o-o-o-o-o-o-o-o-o-o-o-o-o-o-o-o-o-o-o-o-o-o-o-o-o

 

'n Briefie uit koue Korea met sy unieke kultuur, kosse
en baie kerke.  Ek en my man bly die afgelope 2 jaar
hier in Suid Korea en is Engelse onderwysers by 'n
baie lekker privaat instituut.  Ons gee klas vir alle
ouderdomme en werk glad nie naastenby so hard soos die
meeste duskanters nie (jammer, ek's nie so seker of
ons nou duskanters of anderkanters is nie!) Ons is al
gans te gewoond aan 'n 4 dag werksweek, 6 ure op 'n
dag en elke naweek langnaweek - weet nie of ons ooit
weer sal kan hard werk in SA nie!  Wat die werk betref
is dit heel lekker en dikwels lag ons met die
agtertande wanneer ons studente die "p" en "f" so
verwar - "teacher, there is faint on the hoil", met
bedoedelde "there is paint on the foil".  Wanneer ek
wil afskrifte maak van papier verstaan hulle dikwels
ek gaan koffie haal (coffee-copy).  Of wanneer hulle
met direkte vertalings kom soos "gun eggs" of "eye
shopping" of "hair faint"(haircolor)kan ons nie anders
as om te lag nie. 
As samevatting wil ek noem dat ons baie lekker bly
hier maar altyd sal verlang na ons eie land en ons
mense en nou al reeds die slapies aftel tot ons
volgende kuiertjie.  Gelukkig sorg die SA radio
stasies dat ons Afrikaans glad nie agteruit gaan nie.

Alle voorspoed vir 2003, en veral in sonnige SA, mag
almal van voor af waardeer wat hulle het.

Marisa en Dennis Burger

OooooooooooooooooooooooOOOOoooooooooooooooooooooO

 

AGTEROS

 

Vandag se kraalhek word ou tamaties toegetrek. Dis mos Sjinese Nuwejaar, die jaar van die Ram, en al wat n Westerling is gee pad vir die week van klappers skiet. As als goed gegaan het, lÍ ek nou heerlik op een van Thailand se strande terwyl die nuusbrief  op outopilot  uitgegaan het !  LÍ ek en loer so onderlangs soos n krokkedil na wat daar te aas is! 

Laas toe ons hier was, het n seun mos ewe aan my n regte egte namaaksel van n Breitling gesmous. Sewe keer moes hy hom loop regmaak, want sewe keer het ek  daarop aangedring om eers die waterdigtheid te toets deur met die ‘nuwe’ horlosie te gaan swem. Sewe dae lank het hy my getreiter en op die 8ste dag, so teen huis toe gaan se tyd, toe kry ek die mannetjie jammer en beloon hom vir sy uithouvermoŽ.  Ek het nou nog die horlosie wat kamma 50 meter water kan hanteer, maar waarmee ek nie eers sal stort nie.

Nou wonder ek net, moes ek nie eers die outomatiese uitsending van die nuusbrief ook maar liewer sewe keer getoets het nie?

Ek het maar n kans gevat.

Maar my ma sÍ altyd, van kans vat kom prÍm stoot

Ai toggie Murphy, waar loop jy rond?

Groete tot volgende week!

Hennie

 

OoooooooooooKammanuusisduimvashouklaarooooooooooooooO

=============================================================

2 Februarie 2003

Die Internetduiwel het weer goed gekuier op die Net die week en een van my uitnodigings briewe het soos roereiers opgedaag in mense se posbusse, heel deurmekaar!  Nogtans is daar heelwat nuwe intrekkers in Onsdorp die week en ons heet julle hartlik welkom tussen Onse Mense!  Hier is die week se nuus.

 

RAAI RAAI RIEPA

Twee weke gelede  moes jy die foutiewe rollaer masjien opspoor met net een weegslag. Al wat jy doen is, neem 1 balletjie van masjien nommer 1, twee van masjien nommer 2 ensovoorts tot jy 10 van nommer tien geneem het. As al die balletjies 10g geweeg het, moes hierdie klomp saam dan 550g weeg. As masjien 1 dus die foutiewe 9g balletjies maak, sal die klomp saam 549g weeg. As dit masjien 2 is , 548g  ensovoorts!

 

My raaisels is nou eers op, so stuur gerus vir ons nuwes!

OooooooooooooooooooooooOOOOoooooooooooooooooooooO

 

ROELFIE VAT RAAK

Mbeki gee mens (amper) moed

Die president van Duskantland, Thabo Mbeki, het in die internet-nuusbrief ANC Today skerp te velde getrek teen Cowboy Bush en Hanslam Blair se oorlogsplanne.

Die president sÍ so 'n oorlog sal Afrika verdoem tot "'n ernstige ekonomiese krisis" (Roelfie dog dit bestaan reeds?), en sal 'n "einde maak aan die hoop wat die Nepad-inisiatief gewek het sowel as die stigting van die Afrika-unie." Verder dat oorlog nie probleme oplos nie, maar nuwes skep. En dat Israel oor dieselfde soort wapens as Irak beskik.

"Dit het uit die VSA en Brittanje se oogpunt niks te doen met beginsel nie – dit gaan bloot om mag. Ons kan nie daarmee saamstem nie."

Uiteindelik 'n paar gedagtes wat by 'n staatsman en iemand van sy intellek pas. Roelfie wou net moed skep, maar toe onthou hy van dieselfde president se vreemde siening omtrent vigs, sy ondersteuning van LibiŽ as voorsitter van die VN se Menseregte-Kommissie en sy patetiese nie-hantering van die Zimbabwe-krisis . . .   

Wolwe word skaapwagters

So, die krieketbase wil met alle mag hÍ die ses WÍreldbeker-wedstryde in Zimbabwe moet voortgaan: dis veilig daar, en die Zimbabwiese polisie is heeltemal in staat om nie net die mense en die spelers en die verslaggewers te beskerm nie, maar sal ook die orde handhaaf as daar betogings voorkom.

Dis terloops dieselfde polisie wat politieke teenstanders van Mugabe opsluit, aanrand en vermoor en wie se optrede gelei het tot een van die grootste sokker-rampe in die geskiedenis.  In 'n land waar daar geen persvryheid en menseregte oorgebly het nie, en ook nie veel kos nie.

Maar met sulke groot geld op die spel mag 'n mens seker maar anderpad kyk. Jy kan mos nie toelaat dat jou belange deur jou beginsels oorheers word nie – wie wil nou sů uit pas wees met die wÍreld-moraliteit?

Flou vlug

Die inwydingsvlug van Duskantland se nuwe presidensiŽle straler van R600 miljoen

was toe 'n ligte boggerop. Die straler moes weens probleme omdraai en die president was sewe ure laat vir sy afspraak elders in Afrika.

Nou ja, dit kon seker ook met 'n gewone SAL-vlug gebeur het. Sou net goedkoper gewees het.

 

OooooooooooooooooooooooOOOOoooooooooooooooooooooO

LIPLEKLEKKER

Watter Wyn saam met Watter Kos ?

 

Die algemene opvatting van watter wyn saam met watter kos gaan, is soos volg: Rooiwyn saam met rooivleis en witwyn saam met wit vleis. Die rede hiervoor is dat rooiwyn byvoorbeeld die delikate smaak van die vis sal oorheers. Daar is uitsonderings op elke reŽl en hier is dit ook natuurlik so.

 

Saam met gebraaide hoender, tuna en salmon kan jy gerus ‘n vrugtige rooiwyn bedien. As jy ‘n gunsteling wyn het waarvan jy hou om te drink, doen dit. Niks keer jou om jou gunsteling Chardonnay saam met jou steak te geniet nie. Tradisionaliste sal my seker ophang oor hierdie stelling. Vir my gaan dit daaroor dat jy behoort te eet en drink wat jy geniet. Dit help nie jy drink Chardonnay saam met jou vis maar jy geniet nie die wyn nie.

 

Soos ek voorheen gesÍ het: kos en wyn saam maak goeie en mooi herinneringe. Die afgelope vakansie het ek en my vrou een aand ‘n strand-piekniek gehou. In ons kos mandjie was daar vis en skyfies, kaas, Fairview 2001 Shiraz en vrugte. By die strand aangekom het ek wyn vir ons geskink en ons het dit saam met die vis en skyfies geniet. Daardie aand het ek goeie geselskap gehad saam met goeie wyn. En ek kan julle belowe ons het ook wonderlike herinneringe aan daardie aand.

 

Indien ek by die tradisionele reŽls gehou het sou ek nie Shiraz kon drink nie, maar dan sou ek Chardonnay moes drink wat ek definitief nie sou geniet het nie. Hier volg nog so ‘n paar reŽls. Indien jou slaai ‘n asyn basis slaaisous het, probeer maar om die wyn weg te hou want die asynsmaak in jou mond kan dalk vir jou met ‘n onaangename smaak in die mond laat.

 

Onthou net die reŽls is nie in klip uitgekap nie en hoef nie slaafs nagevolg te word nie. Saam met steaks, geroosterde bees en lam gaan Cabernet Sauvignon, Pinot Noir en Shiraz goed. Saam met vis is die beste wyn om te bedien ‘n Sauvignon Blanc. Saam met mossels kan jy gerus probeer om ‘n rooiwyn te bedien. Maar saam met kreef kan dit ‘n ramp wees so bly maar saam met die wit daar.

 

Saam met hoender, vark en kalfsvleis is dit ook partykeer goed om bv. ‘n Chardonnay  te bedien. Maar as die geregte gebraai word dan kan jy kyk daarna om ‘n Merlot te bedien want dit gaan goed saam met gebraaide hoender. Daar is ietwat van ‘n probleem wanneer Kerrie bedien word. Die wyn veroorsaak dat die brand net so effens erger is as normaal. Hier sal ek voorstel dat indien jy wel alkohol wil gebruik moet jy dan eerder ‘n vonkelwyn voorsit.

 

Met vegetariese disse is dit heelwat moeiliker om wyn by disse te plaas maar hier stel ek voor dat met die swaarder disse soos boontjies ‘n rooiwyn voorgesit word en met die ligter groener groente, ‘n witwyn.

 

By Kaas en Wyn is daar ook maar reŽls wat gevolg moet word. Maar ek het al baie gesien dat op ‘n Kaas en Wyn daar net gesorg moet word dat daar ‘n goeie verskeidenheid kase en wyne is. Want die mense drink en eet volgens hulle voorkeure op so ‘n partytjie.

 

Geniet u wyn en kos en eksperimenteer maar met verskillende disse en verskillende soorte kos. Dit doen nie skade nie.

 

Frikkadel Lombaard

 

OooooooooooooooooooooooOOOOoooooooooooooooooooooO

 

EILANDNUUS (TAIWAN)

 

'n Foto Is 'n Foto Is 'n Foto . . .

Ek het tydens 'n vorige geselsie ("Keer manne, die koning se boot
brand") so sydelings verwys na my liefde vir fotografie.  Vandag se
koppie koffie hou die tong warm om 'n bietjie meer oor fotografie op
die Eiland uit te brei.

Ek se altyd: Ek is op my mees fotogeniese . . . agter 'n kamera.  Maar
ek verkies dit ook so, want ek geniet die neem van foto's baie meer as
om self afgeneem te word!!  Doen dit in my vrye tyd al die afgelope 13
jaar!

En nou sit ek hier op die Eiland, waar daar allerhande interessante
mense, dinge, plekke en gebeurtenisse is om af te neem!  En hoe!  As
jy Ooste toe kom moet jy maar weet - feitlik alles hier is en lyk en
gebeur anders as by ons - van die manier hoe hulle feesvier, die
manier hoe hulle kos maak en eet tot die manier hoe hulle geboue lyk.
Uitstekende foto-materiaal!!

Wat is my verbasing groot toe ek agterkom hoe goedkoop toerusting en
foto-ontwikkeling hier is. Maar waarom?  Hoe dan anders as jy ontdek
dat die grootste gros eilandbewoners van die beste kameras op die mark
besit en dat die neem van foto's stewig onder hul top 3
gunsteling-stokperdjies (met karioke wat sterk meeding om die eerste
plek) le?  En ek het gedink ek kiek baie!

Dis nogal 'n gesig om te sien as daar foto's geneem word!!  Ek het al
bietjie gaan kuier by Taiwanese gesinne en foto's word sommer maklik
uitgehaal om gewys te word. En ek het vandag weer in Lukang - 'n
baie ou en gewilde toeriste-dorpie onder die Eiland-mense - gesien hoe
maklik en hoe baie foto's geneem word.  Familie-lede word summier in
die middel van die tempelgrond (of watter attraksie ookal)
staan/sitgemaak en kliek-kliek-kliek!

Dan is daar natuurlik die fotografie-klubs en fotografie-kursusse vir
die meer ernstiges.  My vriend Rex skakel by een van laasgenoemde in
en sleep my saam as daar iets afgeneem moet word.

As die Taiwanese 'n ding aanpak, doen hulle dit groot.  Dieselfde geld
ook vir fotografie! Geen moeite word ontsien om hierdie klubs en
kursusse 'n sukses te maak nie.  Ek praat hier van die aantal foto's
wat geneem word om 'n bepaalde onderwerp (bv. skoenlappers;
waterlelies; landskap, om 'n paar te noem) onder die knie te kry, en
dat ver reis nie 'n struikelblok is vir die neem van 'n bepaalde foto
nie.

Moenie eens praat van kompetisies nie!  Ek en Rex het deelgeneem aan
'n foto-kompetisie - uitgeskryf deur 'n doodgewone bus-maatskappy wat
foto's vir publisiteit gesoek het. Luister bietjie hierna - meer as
1200 amateur-fotograwe het opgedaag. Daar is duisende foto's geneem en
uiteindelik het die organiseerdes 11 500 (ja, elf-duisend vyf honderd)
inskrywings ontvang!  Daar was 143 pryse, en as jy dan nou moet weet,
ek het darem ook enetjie gekry.

Ja, 'n foto is 'n foto hier, en belangrik daarby!

 

Reinderd Visser

OooooooooooooooooooooooOOOOoooooooooooooooooooooO

Koos vlieg besigheidsklas tussen Kaapstad en Johannesburg, en hy is besonder verbaas om te sien dat die passasier in die stoel langs hom 'n papegaai is. Toe die lugwaardin verbykom, vra Koos vir 'n koppie koffie.  "En vir my 'n whiskey, jou koei!" snou die papegaai haar toe.

Die lugwaardin is so verbaas dat sy die whiskey bring, maar Koos se koffie vergeet. Toe Koos haar daarop wys dat hy nog wag vir sy koffie, skree die papegaai vir haar: "En bring vir my nog 'n whiskey, jou koei!"

Duidelik ontsteld kom die lugwaardin terug met die papegaai se whiskey,maar weereens sonder Koos se koffie. Nie heeltemal seker hoe om sy koffie te kry nie, besluit Koos om die papegaai se metode te gebruik.

"Ek het jou nou al twee maal vir koffie gevra, jou simpel ou koei. Bring dit nou voor ek kwaad word!"

Die volgende oomblik het die kaptein en 'n paar van die manlike passasiers vir Koos en die papegaai beet en dra  hulle na die nooduitgang toe.

Net voor hulle uitgegooi word sÍ die papegaai aan Koos: "So, vir iemand wat nie kan vlieg nie het jy nogal 'n groot bek!"

 

OooooooooooooooooooooooOOOOoooooooooooooooooooooO

 

BRIEWEBUS

 

Julle sal dit moeilik glo, maar die volgende brief het ek al klaar aan gesny en steeds bly hy die langste brief ooit!  Julle mense moet dit nie aan my doen nie! Ek wil nie graag  sny aan julle briewe nie, so asseblief, probeer tog om dit so kort moontlik te hou. – Net Anita mag sulke lang briewe skryf! -  HJG

 

n Hartlike hallo aan alle Kammalanders,

 

Mense, het ek dit nou geniet om die Kammanuus briewe van Desember & Januarie te lees!  Baie dankie Hennie!

 

‘n Paar van die briewe het my sommer ook lekker laat dink aan ons situasie hier in Duskantland, want van tyd tot tyd raak ek maar lekker gatvol. (Sorry Oom Jakkals)  Alhoewel ek in Windhoek, NamibiŽ is, voel ek soos Duskantland – ons is tog bure. 

Sedert ek in die veertigerjare in beweeg raak dinge onverklaarbaar vaag. Dalk is die veertigs vir my moeilik omdat mens nou in die voorste linies van gesag en verantwoordelikheid begin staan.   Die vorige geslag is of te oud of dood.  Iemand moet tog die rigting aandui, en die man bo veertig besef seker skielik dat dit nou hy is wat direksie moet gee. 

Hoekom dit nou juis anderkant veertig moet gebeur, weet ek nie maar dis ook asof  ek opnuut al die goeie outydse waardes, idees en norme moet filter om sin daarvan te maak.  Maar ou T.S. Elliot het mos gesÍ: “We shall not cease from exploration, and the end of all our exploring will be to arrive where we started – and know the place for the first time.”

 

Dinge wat ek gedink het is vas en seker, raak weer van voor af vrae - soos wie het gesÍ ek as Christen het die absolute en enigste waarheid beet, wie het gesÍ dat in ons tyd die enigste sukses finansiŽle sukses is, wie het gesÍ die huwelik soos ons dit bedryf is die enigste hoeksteen van ‘n gesonde samelewing – dit knetter maar met net een vrou!  Wie het gesÍ alle nasies is “equals” en alle kulture en gewoontes is aanvaarbaar.  Hierdie dinge voel nie altyd meer bloot normaal nie, is skielik nie meer net of wit of swart nie en daar verskyn allerhande grys areas en ingewikkelde skeidslyne tussen reg en verkeerd. 

 

My vrees is net dat ek my kinders gaan nalaat met ‘n verwronge en/of onware verwysingsraamwerk.

 

‘n Feit soos ‘n koei is dat nie net die gesin en gemeenskap nie, maar die ganse wÍreld die volwasse man dophou om agter te kom wat volgende moet gebeur.  Daar sou in elk geval weinig tot net mooi niks gebeur het in ons wÍreld as dit nie vir die “Adult Male” was nie.  In hierdie tye waar die ganse mensdom teen allerhande sosiale ongeregtighede skree, is dit ‘n baie gevaarlike ding om te sÍ en nog gevaarliker om dit neer te skryf.   Maar dalk het dit tyd geraak om dit te sÍ – en die pas openlik aan te gee omdat dit in elk geval van jou verwag word.  Ek is so-by-so al hoeka gatvol om te alle tye polities korrek op te tree, terwyl ek voor my eie heilige persoonlike siel weet dat innoverende nuwe besigheidsontwikkeling, kreatiewe oplossings en substansiŽle produkltiwiteit, grotendeels van die  volwasse man af kom. (Eina! Nou gaan ek darem pak kry!) Ek veg nou al jare daarteen, maar dit het onteenseglik op ‘n empiriese wyse aan my duidelik geword dat die potensiaal van nasies indringend verskil.

Waarom anders dan lyk die ontwikkelende wÍreld dan soos dit lyk?  Ons manne word so-by-so deurentyd beskuldig van alle ongeregtighede – oorloŽ, apartheid, welvaart in ‘n vryemarkstelsel, armoede onder die menigtes en wat nog.  As ons dan in elk geval die skuldige wetters is en terwyl ons weet dat die res die etter weet nie alleen die mas gaan opkom nie, kan ons net sowel vasvat, dit duidelik en openbaar verklaar, nuwe, innoverende maniere van leef uitdink en met groter selfvertroue die toekoms tegemoetsnel.

 

Maar nouja, meantime back at the ranch moet ‘n man seker uithou aanhou en bekhou. Die ekonomiese realiteite praat maar hard.  Al wat ek weet is dat ek myself erg ontnugter vind met die hele issue rondom menslike potensiaal.  Ek het nog altyd vas geglo dat die “historically disadvantaged” die lig sal sien, middele en kos sal kan produseer en op hule eie voete sal kan staan.  Jan Hofmeyer het mos gesÍ: “This is the country of the open horizon, of broad vistas and distant prospects.  And if that is true of the land, it should be no less true of the people of the land.”  Maar na twaalf jaar se onafhanklikheid in NamibiŽ begin ek ernstig te twyfel of hy alle mense in Afrika bedoel het. 

 

Die eerste wÍreld is al immers sedert die vyftigs ernstig besig in Afrika met ontwikkelingshulp en dinge hou maar aan om agteruit te gaan.  Ek werk die afgelope tien jaar al in die ‘world of development’ en weet dat die eerste wÍreldlande lekker keelvol is vir Afrika.  Onse nuwe leiers maak natuurlik die regte geluide, daar is geen twyfel aan nie, maar as dit by die implementeringsfase kom, boomerang die hele gedoente.  Daarvan getuig die vele projekte wat uiteindelik  “non-starters” was – die voorbeelde is legio.  Hoeveel ‘capacity building programmes’ moet mens dan nog aanbied, met ‘donor funding’? Daar is, deur die hele Afrika en op alle vlakke, hetsy dit gemeenskapsontwikkeling of besigheidsontwikkeling of parlementÍre debatte is – ‘n afhankliheidspsigose – en die sondebok word gevind in of die ontwikkelde lande of die volwasse wit man.  Zimbabwe a case in point, of course.

 

En dit laat my nog steeds ontnugter en bo veertig, terwyl ek letterlik die negatiewe impak van die nasionale & internasionale situasie by almal kan waarneem – selfs die kinders.  Ek was byvoorbeeld verstom oor die impak wat September 11, 2001 op my kinders gehad het – en hulle verdien dit nie, veral nie die misdaadsituasie hier in Windhoek wat soos ‘n skaduwee oor alle doen en late hang nie.  Almal het gesÍ dat September 11 die wÍreld gaan re-definieer – maar Bush het nog nie vir Osama vasgevat nie, ons maak nog steeds ernstig verskoning oor die pre-independence era, Islam neem nog steeds die wÍreld al hoe vinniger oor, en die Afrikaner is steeds besig met sy wÍreldwye ‘diaspora’.  Nee man, wat se tos is dit? Hoekom maak die manne nie ‘n ‘stand’ en verklaar prontuit wat ons wil hÍ moet wanneer, waar en hoe gebeur nie?  Selfbeskikkingsreg is immers ‘n internasionaal erkende reg.  Behalwe vir ons hier in die suide van Afrika.  Ek is nou al bekommerd oor met wie my dogter by die huis aangesit sal kom: waarksynlik een of ander ecstasy-bedremmelde kommen skyt, want amper al die beskaafde, professionele Afrikaners sit in Australie, Kanada, New Seeland of Amerika.  O jinne, TasmaniŽ, hier kom ek ook….

 

Ek sÍ nie mens moet uit die oog verloor dat daar allerhande, baie opwindende potensiŽle dinge is om te doen nie.  Die wÍreld lÍ oop met geleenthede en hier te lande is daar eweneens baie opwindende projekte om aan te pak, want ontwikkeling kan selfvolhoubaar wees – dit kan geldmaak en dit kan werk verskaf.  Maar dit sal  maar knetter met die menslike potensiaal waarmee die land huidig sit.  Kyk maar hoe ontpop Afrikaners oorsee in besigheidsleiers – soveel so dat mense nie kan glo hulle kom uit Afrika nie.  Daarvan is daar ook ‘n legio voorbeelde, maar hier te lande word daardie kompeterende aard blootgewoon nie meer ‘n geleentheid gegun nie.

 

Bottom line is dat ek skielik in my veertigs nie weet  herwaarts of derwaarts nie – en dit is bloot gewoon omdat daar ‘n gebrek aan visie, oortuiging, moed en samehorigheid posgevat het.  Ek propageer natuurlik allermins dat iets drasties of polities nie-korrek gedoen moet word, inteendeel ek wil doodgewoon hÍ ons moet standpunt in neem, die verantwoordelikheid aanvaar, saamwerk en die liewe wye wÍreld wys wat gedoen kan word.

 

Nou het ek myself so opge-“fire” dat ek onmiddelik ‘n ontwikkelingsgroep, uit die paar beskaafde, professionele manne wat oor is, gaan stig en hierdie liewe mede-Afrikane van ons wys dat ons kan.  Die midlife crises kan later aangespreek word:

 

“I, the willing,

led by the knowing,

 am doing the impossible,

 for the ungrateful.

 

 I have done so much,

 with so little,

 for so long,

 that I am now highly capable

 of doing anything, with nothing”

 

 

As julle tot hier kon lees, mooiloop!  En moenie my doodmaak nie, dis net my eie persoonlike, soms verwarde, standpunt – ek was in my jonger dae ‘n liberaal hoor!

 

Daan

ooooooooooooooooooooooooooooooooooooooooooooooooooo

 

Uit Quatar in die Midde Ooste skryf Gabriel:

Hello Hennie,

Mike, my buurman in die kantoor in Doha, het my bekendgestel aan jou en onsdorp. Ek, Gabriel Hough, en my vrou, Elize, is nou twee weke hier. Ons geniet die winter want ons het tien jaar in Bloemfontein gebly. Hulle vertel my die somer is warm. Ons sien kans want ons het twee jaar in Kuruman gebly. My e-pos adres is gabrielh@keoic.com.

Dankie vir Onsdorp

Gabriel

ooooooooooooooooooooooooooooooooooooooooooooooooooo

 

DagsÍ ,

Ek werk vir Standard Chartered Bank as 'n regional engineer in Afrika. Ek spandeer meeste van my tyd in Kenia maar werk ook in die ander 12 lande in Afrika waar die bank kantore het. Die lande waar ek werk is Suid Afrika, Zimbabwe,Zambia,Botswana,Tanzania,Uganda,Nigeria,Cameroon,Ghana,Ivory Coast,Sierra Leone,Gambia en dan London. Ek het Suid Afrika so 4 jaar terug verlaat en verlang nogal baie terug huistoe. Gelukkig is daar darem 'n hele paar Suid Afrikaners in Nairobi en ons kom gereeld bymekaar vir 'n lekker braai.

As daar enige Suid Afrikaners in die lande is waar ek werk sal ek dit waardeer as hulle my kontak. Dit is altyd lekker om Afrikaners te ontmoet in die vreemde en dan weer lekker Afrikaans te kan praat en miskien 'n vleisie te braai.

Groete

Johan Grovť
AEN: +2501 3614
UK Mobile: +447887626597
Nairobi Office:   +2542330200

ooooooooooooooooooooooooooooooooooooooooooooooooooo

 

Goeie More aan al die ons Dorpers,

Ek is Rosa Swart bly in Villieria Pretoria ek is getroud my man het 8 jaar gelede 'n masiewe hartaanval gehad het brein skade opgedoen en bly tans maar by die huis saam met my skoon moeder. Hy is selfversorgend maar het kort termyn skade opgedoen. Ek sien baie uit daarna om saam te kuier met julle.

Groete

Rosa 

ooooooooooooooooooooooooooooooooooooooooooooooooooo

 

Hallo Hennie
Elke keer as ek begin terug skryf raak ek besig en kom nie daarby uit
nie. Ek bly op die oomblik in Londen. Ek werk as 'n Bourekenaar op die
nuwe Terminaal by Heathrow Lughawe. Ek is nou vir net meer as 'n jaar
hier. Ek het van julle web werf gelees in die 'klets' en het dit besoek
want ek stel belang om boeke uit te neem. Dis iets wat ek nogal hier mis
is om goeie Afrikaanse boeke in die hande te kry om te lees. Ek het my
eerste nuusbrief gekry en het lekker daaraan gelees.
Groete uit Londen
Thea

 

OooooooooooooooooooooooOOOOoooooooooooooooooooooO

AGTEROS

 

So met die kraalhek se toestoot, weer ietsie oor Anderkant en Duskant:

Ek neem die week aan n debat deel op Vriende.com waar mense praat oor of hulle SA mis of nie. Die naamlose stukkie wat volg is een van die stellings daar gemaak wat my nogal getref het:

“Ek dink persoonlik die menslike brein is 'n wonderlike ding. Die brein het nogals die vermoeŽ om negatiewe herinnneringe uit te skakel en slegs positiewe herinneringe te hou! Ek is nou nie 'n geneesheer soos Kanadakoos nie, maar ek het my teorieŽ!! EK was nou al aan albei 'kante' en praat uit ondervinding. Ek was vir 'n jaar in die VSA in 1999/2000 en toe terug SA toe vir twee jaar (die werk stuur my nogals rond). Vandag bevind ek myself weer terug in die VSA.

Toe ek in die VSA aangekom het (beide nou en in '99) het ek myself dieselfde vrae afgevra soos jy, Kanadakoos. Hoekom is ek hier? Dit is nie my land en my mense nie. Die 'locals' verstaan nie my aksent nie. Ek kan nie eens 'n Coke bestel sonder om dit 3 maal te herhaal nie. Ek het my familie (veral ouers) ongelooflik gemis. Ek wou net teruggaan SA toe.

Die werk het my teruggestuur SA toe in 2000 (per aanvanklike ooreenkoms aangesien ek my kennis daar moes gaan toepas). En raai wat? Al wat ek wou doen toe ek daar was, was om terug te kom VSA toe. Ek het alles gemis wat ek hier gehad het. Dit was ongelooflik lekker om saam met my familie te wees maar selfs na 'n jaar het heelwat vriende aanbeweeg (hulself oorsee bevind) en ding het ongelooflik verander. Ek het vele werkskollegas gehad wat nare ondervindings gehad het met 'hijackings' en elke dag as ek werk toe gery het, was dit ook in my agterkop.So, wat probeer ek sÍ? Mens sal altyd terugverlang na beter tye. Daar sal altyd iets wees wat mens meer wil hÍ. Die kuns is om gelukkig te wees met wat mens tans het en die geleenthede te gebruik soos dit mens in die gesig staar (waar dit ookal mag wees, in SA, in Kanada of elders).... “

Wat sÍ Kammalanders?  Wil julle ook so n forum sien op Onsdorp?

En kan iemand my miskien vertel wie bedryf Vriende.com ?

Groete to Volgende week,  Hennie

OOOOOoooooooookammakantenklaarsowaarooooooooooooOOOOO

 

 

========================================================== 

26 Januarie 2003

Baie welkom aan die nuwelinge!  En lekker verjaar  Sonja Zino van Eilat!

Sonja is een van Onsdorp se staatmakers, raadslid, ma en baaskok, oorspronklik van Duitswes oftewel NamibiŽ. 

Nou ja kom ons hoop ek het die week onthou om die brief se opskrif in te sit!

Hier is jou kammanuus, lekker lees

 

RAAI RAAI RIEPA

2 weke gelede se groen kol oplossing:

Die slimme redeneer so:

Ek sien 2 groenes.

As myne rooi was, sal een van die ander maklik kon uitwerk dat sy eie kleur groen is.

Maw, B of C sou  sien myne is rooi en kon dus redeneer dat sy eie

Groen moet wees  omdat daar nie 2 rooies kan wees nie want dan

sou almal nie hul hande kon opsteek nie.

Daarom, omdat die ander twee dit nie dadelik so kon uitwerk nie,

moet myne groen wees!

 

Die week se raaisel: Op die Trans Karoo werk Smit,Jansen en Roos. Een is die Drywer, die ander die Stoker en een die Kondukteur. Op die trein is ook 3 passasiers , ook toevallig  n meneer Smit, meneer Jansen en meneer Roos.

 

  1. Meneer Roos bly in Johannesburg.
  2. Die kondukteur bly in Bloemfontein (presies halfpad tussen Kaapstad en Jo’burg)
  3. Meneer Jansen verdien R6000 per maand.
  4. Die kondukteur se naaste buurman (een van die passasiers) verdien 3 keer meer as die kondukteur.
  5. Smit wen die Stoker met snoeker.
  6. Die passasier met die selfde van as die Kondukteur bly in Kaapstad.

 

Wat is die Drywer se van?   (antwoord oor twee weke)

 

OooooooooooooooooooooooOOOOoooooooooooooooooooooO

Roelfie vat raak

Mugabe doen dit ook in styl

Mal Mugabe, die vernietiger van Zimbabwe, steek toe sy minister van inligting na die kroon. Verlede week het Roelfie vertel van Jonathan Moyo se inkopie-sprie in Suid-Afrika, hierdie week is dit die president self:

Mugabe en sy geselskap van tien het glo vyftien trollievragte se luukse items in Singapoer gaan koop, aangesien hy nou nie meer in die Statebond welkom is nie. Die klomp se vliegkaartjies alleen het glo R275 000 gekos – dis nou buiten die oorgewig-bagasie.

Dis maar swaar om al die gate vir 'n muishond toe te stop. En dan is die honde nog so traag ook.

Renaissance?

So van diť nuwe modewoord in Afrika gepraat: Roelfie wonder mos of dit die regte woord is. Renaissance beteken die herlewing van iets wat eens groots was. In die geval van Afrika is die woord "ontwaking" dalk beter gepas?

Skorriemorries in uniform

Einde verlede jaar het 'n polisieman vyf petroljoggies in die Kaap doodgeskiet. Dit was 'n offisier en 'n man wat nie geskik bevind was vir 'n burgerlike vuurwapenlisensie nie. Vandeesweek het 'n sersant wild en wakker losgetrek, 'n makker doodgeskiet en drie ander gewond. Dis nou behalwe die skote wat hy op verbygangers geskiet het. Krismistyd het 'n klomp polisiemanne in Port Elizabeth 'n skaars polisievoertuig ingespan om dronknes op 'n strand te gaan hou. Ensovoorts.

Die Suid-Kaapse gebiedskommissaris, Kenneth Mkhize, word vervolg oor gesinsgeweld. Vergrype deur munisipale "kits-konstabels" is ook voortdurend in die nuus.

Roelfie probeer nie polities-korrek wees nie, en dis hoekom hy kan raakvat. En hy dink hy vat raak as hy sÍ diť soort ding gebeur vandat al wat skorrie-morrie is 'n uniform aangetrek word.

Vreemde moraliteit

LibiŽ is vandeesweek ingestem as voorsitter van die VN se Menseregte-Kommissie. Meer nog: dis gedoen met die heelhartige samewerking van die president van Duskantland, Thabo Mbeki. Nadat die Menseregte-Beskermers 'n beroep op hom gedoen het om LibiŽ se verkiesing te dwarsboom.

Hoeveel hoop bly daar oor vir Nepad, die Afrika-renaissance of selfs net 'n Afrika-ontwaking – om nie van common sense te praat nie? 

 

 

OooooooooooooooooooooooOOOOoooooooooooooooooooooO

 

LIP-LEK-LEKKER

Kokke se Kombuis Geheime

 

Wanneer sop of bredie te sout is sny ‘n paar aartappels op en gooi in die sop. Wanneer die aartappels gaar is haal uit die sop of bredie, gooi dit weg. Die sop of bredie sal dan nie sout wees nie.

 

Indien die hoofdis of groente te soet is gooi ‘n teelepel appel asyn by.

 

As ‘n eier hardgekook is draai dit in die ronde. Hy sal eweredig draai maar wanneer hy rou is sal hy nie so eweredig draai nie. ‘n Vars eier sal sink indien jy dit in water sit terwyl die ou eier sal dryf.

 

Trane stort en uie skil is sinoniem. Om daar by verby te kom moet jy die ui onder water skil of plaas die ui in die yskas om af te koel. Die ui kan ook gevries word, dit haal ook die traan uit die oog.

 

Plaas verlepte slaaiblare in ‘n bak koue water waarin jy suurlemoensap gegooi het. Sit dit dan in die yskas vir so ‘n uur.

 

Gooi ‘n klein bietjie suiker in die water waarin jy groente soos wortels, ertjies, beet of mielies kook. Die groente sal hul smaak beter hou.

 

Plaas slaaiblare in ‘n papiersak en dan in die yskas. Moet nie die buitenste blare afhaal nie, los dit daar totdat jy die slaaiblaar gaan gebruik. Die slaaiblare sal langer hou.

 

Hitte laat tamaties ryp word en nie sonlig nie. So as jy die tamaties wil ryp maak plaas hulle in ‘n warm plek.  BÍre ook tamaties met die steeltjies na onder en hulle sal ook langer hou.

 

Bruinsuiker wat hard geword het kom sy moses tee wanneer jy ‘n vars snytjie witbrood in die pakkie sit en dan die pakkie toemaak. Binne ‘n paar uur is die suiker weer sag.

 

Plaas groen vrugte in ‘n plastiek sak met gaatjies. Dit sal toelaat dat die lug sirkuleer en dat die ethylene gas wat die vrugte ryp maak behoue bly.

 

Wat doen jy indien daar te veel vet in jou sop is. Neem ‘n paar ysblokkies en sit dit in die sop en roer. Voordat die ys gesmelt het haal die blokkies uit.  Die vet klou aan die blokkies vas. ‘n Ander idee is om die sop in die yskas te sit vir so ‘n paar uur. Die vet word dan hard en kan maklik afgeskep word. So maak mens ook indien jy wegneem kerrie en rys koop. Plaas dit in die yskas tot die vet gestol is. Skep af en eet ‘n redelike vetvrye dis.

 

 Malvalekkers droog nie uit as dit gevries word nie. By my huis sal ek nooit malvalekkers vries nie want dit hou nie so lank nie.

 

Indien jou bredie so ‘n bietjie aangebrand het gooi melk in want melk haal die brand smaak uit.

 

Geniet die week

 

Sjef  Frikkadel Lombaard

 

OooooooooooooooooooooooOOOOoooooooooooooooooooooO

 

Tandarts aan pasiŽnt: “Sal jy my uithelp? Ek wil graag hÍ jy moet 'n
paar keer op jou hardste gil.” 

PasiŽnt: “Hoekom , Dok? Ek het niks gevoel nie!”

Tandarts: “Ek weet, maar daar sit nog so baie mense in die wagkamer en ek wil nie die rugby mis nie.”

 

OooooooooooooooooooooooOOOOoooooooooooooooooooooO

 

WEBWYS

 

Geweet waarvoor die ‘ Bcc’ in die derde adres blok staan?

Dit staan vir Blind Carbon Copy.  Adresse wat jy hier plaas is nie sigbaar vir die ontvanger van jou epos nie.

Wanneer jy dus nie wil hÍ almal moet weet aan wie jy n besondere e-pos stuur nie,  rig jy die brief aan jouself en al die ander adresse plaas jy dan in die - Bcc - adres blok. 

 

OooooooooooooooooooooooOOOOoooooooooooooooooooooO

 

 

EILAND Rendezvous met Reinderd

 

101 Redes Om Klappers Op Die Eiland Te Gebruik

My storie begin by Naka.  Ek het, toe ek nog in Duskantland se
Oudtshoorn gewoon het, gereeld naweke vriende se huis opgepas.  Naka,
'n 'Staffie' (Staffordshire Terrier), was die ander asem by die huis
en ons was onafskeidbaar!  Behalwe . . . wanneer die dorp se
klapper-brigade rondom Kersfees, Nuwe Jaar, Guy Falkes - of watter
geleentheid hulle gevoel het dit regverdig - vuurhoutjie aan klapper
geslaan het!!  Een klapper was genoeg en Charmaine Gayle of Hestrie
Cloete kon by hom kom lesse neem hoe om oor 'n hindernis 10 maal jou
eie lengte te kan spring.

Taiwan sou sy dood beteken het.  Hier word klappers by elke moontlike
geleentheid geskiet!!  En klappers van elke geur, kleur, en desibel.
Dis juis nou weer byna Nuwe Jaar (Chinese Nuwe Jaar, 1 Februarie),
met aktiwiteite wat begin spoed optel, en so ook die alomteenwoordige
. . . klappers.

Yuanlin se strate het verlede naweek (Sondag 12 Januarie) behoorlik
gedawer en die straatveŽrs het die volgende dag groot werk gehad.
Mobiele tempels met almal wat saam beweeg (van die helder getooide en
gesiggeverfde dansers tot die kouende en spoegende toeskouers) het uit
al die uithoeke van die dorp op 'n plein naby my woonstel vir een of
ander plegtigheid toegesak.  En soos hulle gevorder het is duisende
dollars se vuurwerke die lug in gejaag, klappers (stringe van honderde
op 'n slag!) geskiet, gees-geld gestrooi en lang rooi strale gespoeg
(komende van bin-lang, 'n plaasvervanger vir ons oupas se pruim-twak
wat die mans hier kou maar wat, soos rook, kanker veroorsaak).  En die
skietery is blykbaar net die begin!

Ek het al heelwat feeste bygewoon om veral foto's te neem (gaan loer
gerus op my webblad onder 'Taiwanese Kultuur' na voorbeelde daarvan),
en by elke fees lyk die prentjie wat klappers skiet betref min of meer
dieselfde - dit word in oormaat gedoen!!  Maar dis veral die feeste
wat deurdruk aand se kant toe wat indrukwekkend is, want dan kan 'n
mens die kleure saam met die geraas waardeer!  Die afgelope naweek se
vuurwerke - wat ook in die aand geskiet is en sommer in die middel van
die pad opgestel is - het nogal heel kleurvol afgegaan.

Dis egter nie net gedurende kulturele/godsdienstige feeste dat
klappers geskiet word nie!!  Ook wanneer 'n nuwe besigheid oopmaak, of
begrafnis gehou word, word die vuurhoutjies en die klappers uitgehaal!

Maar hoekom?

Ek kry nogal baie, en verskillende, antwoorde by die mense wat ek
daarna vra.  Onthou, ek maak nie 'n wetenskaplike studie
daarvan nie - ek vra die gewone man op straat (as hy bietjie Ingels
ken).  Van die antwoorde wat ek al gekry het is: Dis om die gode
daarop attent te maak dat hier iets aan die gebeur is; dit weerspieŽl
'n gees van "happiness" en "celebration"; die voorvaders hou daarvan.

Wat die Nuwejaars-klappers betref is daar beslis 'n storie agter. Daar
is die legende dat 'n soort monster rondom Nuwe Jaar uit die see sal
kom en mense vang en wegdra.  Die klappers word dan spesifiek geskiet
om hom terug die see in te jaag.   Wat die res betref kom die
"celebration" gedagte die sterkste na vore.

Om saam te vat - die aanhangers van die kultusse op die Eiland is
bereid om, om watter rede ook al, nogal heelwat Dollars op
Geraasmaak-goed te spandeer.  Intussen luister ons rustig voort na die
"musiek" wat soms tot voordag geskiet word.  En mag Naka nooit in sy
drome 'n nagmerrie hÍ van 'n aand alleen in Yuanlin se strate met so
'n fees nie!

Reinderd Visser

 

OooooooooooooooooooooooOOOOoooooooooooooooooooooO

 

BRIEWEBUS

 

Daan, ek plaas jou brief binnekort. Dis egter so lank dat ek dit elke keer moet aanskuif na n nuusbrief waar daar meer plek gaan wees. HJG

o-o-o-o-o-o-o-o-o-o-o-o-o-o-o-o-o-o-o-o-o-o-o-o-o-o

 

SUIKERBOSRAND FIETSRESIES – 1 MAART

 

Hello Hennie. Ek het op die dorp afgekom en dit lyk na 'n lekker rustige
plekkie. Ek skryf omdat ek gelees het dat julle ook met liefdadigheid doenig
is. Ek bly op Kliprivier net suid van Johannesburg. Hier in die
voorstedelike gebied is daar maar baie ellende onder Afrikaanse mense soos
ek en jy. Om 'n verskil in hulle lewens te maak het ons 'n niewinsgewende
vonds gestig nl. die Enrico de Klerk vonds. Hierdie vonds is geregistreer
met die volgende registrasie nommer 013-942 NPO. Om die vonds te bou het ons
verlede jaar besluit om 'n fietsresies te hou en het ons die eerste jaar
baie geleer. Dieselfde resies vind hierdie jaar weer plaas. Dit is op die
eerste Maart en ons is reeds besig om alles in plek te kry.

Met hierdie skrywe wil ek graag die dag adverteer. Daar is 'n 94 km en 'n 50
km afdeling. Die resies vind plaas in die Suikerbosrand natuurreservaat en
beloof 'n goeie uitdaging vir enige fietsryer. Ons is ook op soek na borge
en 'n titelborg vir die dag. Dalk kan iemand ons hiermee van hulp wees. Ek
kan gekontak word by hno@telkomsa.net

Byvoorbaat dank
Hanno Pienaar

o-o-o-o-o-o-o-o-o-o-o-o-o-o-o-o-o-o-o-o-o-o-o-o-o-o-o-o-o-o-o-o

 

Goeie More,

 

Ek is in AustraliŽ en het in 1983 met 'n AustraliŽr getrou en saam met hom na Melbourne toe gekom. Gaan so af en toe Suid Afrika toe en lees baie oor die dinge in die land - meer nou as toe ek daar gebly het!

 

Laat dit goed gaan.

Martha Rossiter

o-o-o-o-o-o-o-o-o-o-o-o-o-o-o-o-o-o-o-o-o-o-o-o-o-o-o-o-o-o-o-o

 

Hullo Hennie,

 

Seen wense vir die nuwe jaar!!!   Is Ds Arno met vakansie? Ek mis hierdie week se preek.  Ek wou lankal skryf en aansoek doen vir die amptelike titel van Kammaland se Blond.  Die eerste keer toe ek op die  blad afgekom het het ek gedink dit is 'n egte regte plek - vir my geklink asof dit Weskus se kant is!!!  Ek wens jy kon sien hoe gretig ek was om my erf af te steek. My man het net sy kop geskud - hys sooo geduldig met my - net omdat hy so lief is vir my.

 

Ek geniet almal se bydraes verskriklik - ek wonder net partykeer hoe dit moet voel om so ver van ons geliefde land te bly - so 'n move kannie vir sussies wees nie!

 

Groete

 

Christine

oo-oo-oo-oo-oo-oo-oo-oo-oo-oo-oo-oo-oo-oo-oo-oo

 

Hennie,

 

Dis nou weer ek.  Soos ek gesÍ het blonder gaan jy nie kry nie - vergeet van my navraag oor Ds Arno se preek ek het dit opgespoor op die tuisblad en wat 'n bonus toe kry ek sommer Ds Christo se blad ook. Ek wou  nog ook gevra het of Anita van Dubai nie weer vir ons so lekker brief kan skrywe nie ek het dit so geniet, en het jou brief  gebÍre vir later pos, maar woeps daar laat waai die Draak (ek noem my komper die draak) hom somer netso.  Ek wonder of ek ooit die deng gaan bemeester! 

 

Goebye

 

Christine

o-o-o-o-o-o-o-o-o-o-o-o-o-o-o-o-o-o-o-o-o-o-o-o-o-o-o-o-o-o-o-o

Liewe Saners,

 

Ongelooflik! Dis alweer Januarie en die moeilikste twee maande van die winter hier in Nederland het weer aangebreek. Dis die koue troostelose maande, sonder die vooruitsig van Kersfees en ander gesellige gebeurtenisse.

Gelukkig steek die blombolle in Maart weer hulle koppies uit en is die wÍreld hier tog te pragtig.

Dit laat my dink aan ’n paar jaar gelede; ’n vriendin gee my 500 blombolle present. Ek is vreeslik opgewonde oor hierdie bolle en hulle moet sommer dadelik geplant word. Dit was in die tyd toe ek nog die droom gekoester het dat die gesin dinge lekker gesellig saam moet doen…..

Ek het die bolle netjies in vier hopies verdeel, vir elke dogter ‘n hopie en een hopie vir myself. Dus 125 bolle per persoon.

Melantha het met baie gebrom en gekla begin om haar hopie te verwerk. Die ander twee dogters was ook nie al te beindruk met my nie, maar het gelukkig sonder al te veel gekla hulle bolle geplant.

Die interessanste van die storie was dat Melantha binne vyf minute klaar was met haar geplantery en rustig voor die televisie gaan sit het met ’n glas koeldrank.

Anneli en Chantelle het nog ’n rukkie gewerk en toe was hulle ook klaar met hulle hopies.

Ek was die langste van almal besig. Dis natuurlik baie belangrik om die bolle mooi te spasieer en ook nie te diep te plant nie, daarom het ek sommer ook die liniaal gaan haal om seker te maak dat ek die ding reg doen.

By ons huis sou daar in die lente ’n see van blomme staan. Ek sou foto’s neem en ek sou die foto’s opstuur na Suid-Afrika. Ek sou kerskaarte en verjaardagkaarte laat maak van my pragtige foto’s. Elke blompot in my huis sou elke dag gevul wees met blomme!

 

En toe breek die lente aan. Angsvallig hou ek die beddings dop en begin al voorbereidings tref om die massas blomme te verwerk.

In die middel van die grasperk kom daar iets op, maar daar het ons niks geplant nie…..

Dit begin blom en ek verteder by die aanskoue van soveel skoonheid, welwetende dat my 500 bolle ook nog gaan blom, maar net ’n klein bietjie later…….

Oral in die buurtuine sien ek die mooiste blomme, maar by my is nog net so hier en daar ’n groen puntjie te sien. Dit kom nog. Dit kom nog. Miskien was ons ’n bietjie te laat met die plantery of miskien lÍ die fout by die kleigrond wat ons hier het en dan neem dit langer vir die  sagte groen puntjies om daar deur te worstel. Worstel, ja dit is die probleem! Die plante kom nie deur die klei geworstel nie! Geduld, geduld!

 

En toe kom die groen puntjies uit…….. “Knit one, slip six!”

Daardie lente het ek toe so hier en daar ’n ou verdwaalde blommetjie in my tuin. So hier en daar staan daar darem ’n ou groepie bymekaar, maar niks om op trots te wees nie. Ek kry hond se gedagte en roep my medeplanters bymekaar. Almal sweer hoog en laag dat hulle hul uiterste bes gedoen het om die bolle so goed as moontlik te plant. Hoe kan ek hulle nou beskuldig van swak diens? Hulle het hulle kosbare tyd opgeoffer om my te help om die bolle te plant en nou is ek so ondankbaar. Ek moet tog net nie dink dat hulle my ooit weer sal help om enigiets in die tuin te doen nie, want van my kry hulle net stank vir dank……..

Ek skaam my diep vir my ondankbaarheid en beloof om my lewe te verbeter.

 

My spoed is sommer gebreek en die tuin kan wat my aanbetref na sy maai vlieg!

Die onkruid neem oor en groei vir ’n vale. Toe die onkruid so veel word dat ek begin vrees dat dit by die agterdeur gaan ingroei, besluit ek om maar weer stappe te onderneem. Ek vra hulp van my medehuisgenote, maar word daar en dan op my plek gesit. Sonder omhaal van woorde word ek herinner aan my ondankbaarheid van ’n paar maande gelede.

Nou dan moet ek maar self die hand aan die graaf slaan……..

Ja, dit het nie meer gehelp om die onkruid te probeer uittrek nie, want dit het al die hele tuin, ’n gedeelte van die grasperk en die stoep ingeneem. Die beste is om maar die hele boksemdaais uit te spit en weer oor te begin!

Ek spit en ek spit. Hoe verder ek vorder hoe verder hang my mond oop……………..

Ek ontbloot die een massagraf na die ander massagraf.

Blombolle op hulle koppe, op hulle sye, op hulle voete en sommer tien duim diep onder die grond! Massagraf op massagraf!

 

Verlede jaar het ek weer bolle present gekry. Vyfhonderd bolle het ek met my eie twee hande geplant…………

Nee, ek is nie ’n onbaatsugtige moeder nie. Ek is ‘n ’n ervare moeder!

 

As jy wil weet hoe my blombolleverhaal verder verloop, kom maar self kyk in die lente!

 

Mooi loop alle Saners,

Anneli

 o-o-o-o-o-o-o-o-o-o-o-o-o-o-o-o-o-o-o-o-o-o-o-o-o-o-o-o-o-o-o-o

Lesers sal onthou Dr Johnny van “The Pas” se brief waar hy vra hoe bÍre mens   blikkieskos in Yskoue Kanada?

 

Hallo almal,

Die antwoord op die vraag is;

Jy merk eers al die blikkies met 'n viltpen indien die etikette sou afkom,sit alles in 'n sak,maak die sak vas aan 'n lang dik tak, maak 'n gat in die ys buite in die meer ,gooi sak in die water sodat sak dieper as die ys dikte onder die ys hang. Slim nÍ .!!.

Johnny

 

o-o-o-o-o-o-o-o-o-o-o-o-o-o-o-o-o-o-o-o-o-o-o-o-o-o-o-o-o

 

Barbara skryf:

 

hi julle,

My naam is Barbara en ek het n klein probleem met my Afrikaans vocables.
wat beteken "alies" in die sin: baie Kapenaars en valies, wys by Sandy Bay
hul alies.

Barbara

 

Wie gaan vir Barbara uithelp?  Wie weet, miskien speel hulle op Sandy Bay deesdae alies!  (soos ons op skool verwys het na albasters)  op Sandy Bay?

 

Barbara, n wenk: Op Sandy Bay, n strand naby die Kaap,  loop die mense kaal rond

OooooooooooooooooooooooOOOOoooooooooooooooooooooO

Hasie, hoekom is jou kop so seer?

Da' bo innie Bosveld stap hasie eendag so deurie gras en kom oppe borrel Witblits (Mampoer) af wat innie son gelÍ het. Hy vat toe so paar slukke ,ma' die witblits skop hom so lat hy net daar uit-pass op die
naat van sy rug.

Jakkals kom verby, sien vir hasie ennie bottel, dog toe hy sal ook so sluk vat voor hy vir hasie eet. Maar die warm witblits kap hom ook om.

So lÍ die twee nou daar toe Hiena verby kom, kon sy geluk nie glo nie maar maak dieselfde fout en drink ook eers anie bottel, selle storie, val net daar neer, uit-gepaas. Leeu kom op die storie af. Besluit hy eet
nie aan jakkalse en hiena's nie en die haas is te klein om eers oor te worry. Vat toe maar so paar groot slukke aan die borrel witblits en daar slaan hy ok neer.

Met die begin hasie roer, sit regop mette moerske kopseer. Maar hy skud sy kop, trek sy ore reg en kyk toe so om hom. Toe sien hy nou hoe lÍ leeu, jakkals en hiena oppie gras en sÍ : Jissie ek’s aggressief as ek gesuip is  !!"

OooooooooooooooooooooooOOOOoooooooooooooooooooooO

 

 

AGTEROS

 

Terwyl ek die kraalhek toetrek, wil ek tog vandag net n ernstige versoek rig aan enige Duskant- of Anderkantlander wat miskien weet van n webwerf of instansie waar ons Afrikaanse boeke of manuskripte  in E-formaat kan bekom. Laat my asseblief dringend weet daarvan. Dis ook tyd dat ons begin druk uitoefen op die Uitgewers om te begin werk maak daarvan om boeke in elektroniese formaat beskikbaar te stel.

Ek nooi skrywers en aspirant skrywers uit om hulle manuskripte beskikbaar te stel vir ons beoogde Internet Biblioteek.

Ons moet hierdie bose kringloop breek waar mense dink daar is nie n mark daarvoor nie en die lesers dit passief aanvaar.

Met vandag se tegnologie kan hulle maklik n elektroniese leeslei vervaardig wat beteken mens kan jou boek aflaai vanaf die Internet en dan gemaklik gaan lees waar en wanneer dit jou pas. Kyk net hoe lank gebruik die manne van Startrek dit nie al nie!

Groete tot volgende week,

Hennie

 

 

 

 

19 Januarie 2003

DagsÍ Onsdorpers

Welkom aan alle nuwe inwoners van Kammaland. Altyd lekker om nuwe gesigte hier te sien!  Onthou, dis jou plek die. Hoe gouer jy skryf hoe gouer weet ons waar jy is en wat jy doen daar waar jy die son sien opkom. Hier is die week se skinder.

 

RAAI RAAI RIEPA

 

Twee weke gelede se antwoord: Die man staan voor n portret van sy seun.

 

Die week: Jy werk in n fabriek wat rollaers (ball bearings) maak. Een van die tien masjiene wat die 10g balletjies maak , begin skielik 9g balletjies uitspoeg maar jy weet nie watter een dit is nie. Bestuur is haastig en gee jou n weegskaal met die instruksie dat jy net een keer mag weeg en dan die masjien stop wat die foutiewe  balletjies maak. Hoe gaan jy met net een weegslag  bepaal watter een dit is?

 

OooooooooooooooooooooooOOOOooooooooooooooooooooooooO

 

Roelfie vat raak

Mbeki beplan staatsbesoek aan SA

Roelfie verstaan Thabo Mbeki,  president emeritus van Afrika en die ontwikkelende wÍreld, gaan vanjaar 'n amptelike staatsbesoek aan Duskantland maak. Hy het al soortgelyke besoeke gemaak, en net verlede jaar was hy een van die talle besoekende staatshoofde wat 'n rede gelewer het in Duskantland se Volkiesraad.

Mbeki was ook die eregas by die ANC se onlangse konferensie op Stellenbosch, waar hy 'n toespraak gelewer het. Volgens die presidensiŽle woordvoerder – en Roelfie het al geleer 'n mens moet nie alles glo wat die man sÍ nie – is dit Mbeki se strewe om in die komende jaar "meer sigbaar" te wees in Duskantland. Volgens die woordvoerder is dit selfs moontlik dat Mbeki hom metterwoon in Duskantland kan vestig.

• En dit nadat hy R600 miljoen op sy nuwe straler bestee het. Maar dis darem baie minder as die R60 miljard wat die wapenpakket die land gaan kos . . .         

Mampara van die week

Een van Duskantland se groot Ingelse koerante wys elke week 'n mampara aan. Die jongste ene is Jonathan Moyo, Zimbabwe se minister van inligting. Terwyl ses miljoen mense in sy land hongersnood in die gesig staar, het Moyo en sy miesies die Kersseisoen in Johannesburg deurgebring en hul duur motors vol al wat duur kossoort is gepak. En in die proses sommer hul hotelkamer so bietjie geherrangskik tydens 'n allemintige verskil van opinie. 

Moyo se reaksie op die onthulling was om Suid-Afrikaners uit te skel vir alles wat sleg onder die son is.

• Afrika bly maar gestraf met insiglose leiers.

Zim-grappie

Roelfie se pel oorkant die Limpopo laat weet dat die mense daar hul swaarkry met lekkerkry probeer omkry: hulle maak grappies oor hul situasie. Die man sÍ ook hulle  IK's het die hoogte ingeskiet: "I queue for petrol, I queue for bread, I queue for mealie meal . . ."  Hy sÍ sy grootste vreugde geskied ook nie meer in die kooi nie, maar wanneer hy die voorpunt van die petrol-tou bereik.     

 

OoooooooooooOOOOoooooooooooooO

 

LIP-LEK-LEKKER

Rissies

 

In ViŽtnam noem hulle dit ot. Maar hier by ons word dit sommer rissies genoem. Rissies is al sedert 7 500 VC deel van die mens se dieet. Daar is bewyse dat sedert 3 500 VC rissies op 'n georganiseerde wyse gekweek is, Rissies word geklassifiseer as 'n vrug, alhoewel mense dit 'n spesery noem.

 

Daar bestaan 27 verskillende variŽteite rissies waarvan 22 wild groei en net 5 gekweek word. Rissies het baie goeie kwaliteite en een daarvan is dat 'n sekere variŽteit in Mexiko die minimum daaglikse vitamien C bevat, maar die rissie moet groen wees. Indien  daardie selfde rissie gelos word om ryp te word, rooi, dan bevat hy twee keer soveel vitamine A as wat 'n wortel bevat.

 

Die brand kom voor in die vlies waar die pitte is. Dit is 'n olie wat Capsaocin genoem word. Aangesien die "brand" 'n olie basis het help dit nie om water te drink as jy so 'n lekker hap rissie geneem het nie. Die water en olie meng glad nie. So 'n ander oplossing moet gesoek word. Daar word genoem dat dit sal help om rys te eet om die brand weg te neem. Ongelukkig sÍ hulle nie of die rys gaar of rou moet wees nie. Nog 'n moontlike oplossing is om 'n lepel suiker te eet. Verder kan jy ook warm tee drink of 'n komkommer eet. Sommige van die voorstelle maak nie vir my sin nie.

 

Natuurlik moet mens kan sÍ hoe sterk die brand gevoel van die rissie is. 'n Amerikaanse apteker genaamd Wilbur Scoville het 'n metode opgetoor om dit te bepaal. Suiker word in 'n glas water opgelos. Rissies word verpulp en dan word daar 'n sekere hoeveelheid druppels rissie in die suikerwater gegooi. Elke druppel rissie verteenwoordig 'n aantal punte. Hulle kry nou 'n paneel mense om die konkoksie te drink, en met elke sluk wat hulle neem word daar minder rissiesap ingegooi. Die paneel hou aan proe totdat die mengsel hulle monde nie meer brand nie. Daar kan nou gesÍ word dat Jalapeno rissies 'n Scoville telling van 2 500 tot 4 000 het. Habnero rissies het 'n Scoville telling van 100 000 tot 300 000. Dit moet seker die hel uit jou uit brand.

 

Die wÍreld oor word rissies gebruik in die voorbereiding van kos, maar veral in die meer warmer streke van die wÍreld. Rissies word gebruik om kerrie te maak in Thailand. In sekere dele van China gebruik hulle baie rissies in hulle kos. In Korea word rissies ingelÍ saam met gemmer en knoffel. In Tibet gaan hulle so ver as om rissies met kaas te meng.

 

Ek het in Dullstroom 'n ander gebruik van rissies gesien. Daar maak een entrepreneur toilet sitplekke van perspex waarin hy rissies sit. Dit lyk nie te sleg om na te kyk nie maar ek weet darem nie of ek die moed sal hÍ om op een van daardie sitplekke te sit nie. Daar is 'n spesialiteitswinkel in Sandton waar hulle rissie roomys verkoop. So met die tyd het rissies hulle begin vestig in ons kultuur. So sien ek dat Mev Balls nou ook rissie saam met haar blatjang meng. Daar is ook nou rissie tamatiesous.

 

Ek myself is lief om rissies in te lÍ en dan saam met my kos te eet. Die beste gebruik van rissies kom in die volgende resep voor. 'n Sjef van Kaapstad het hierdie voorgereg opgedis. Knoffel en rissies gebraai in botter. Dan word garnale bygevoeg. Sodra die garnale gaar is word dit gevlam met whiskey. Daarna word daar sjokoladesous oorgegooi en voorgesit. Dit klink miskien nie lekker nie maar ek kan my voorstel dat die brand van die rissie en die soet van die sjokolade 'n groot smaak ontploffing in 'n mens se mond kan veroorsaak.

 

Sjef  Frikkadel Lombaard

Skryf gerus vir  hom by lombardfj@sabc.co.za

OooooooooooooooooooooooOOOOoooooooooooooooooooooO

 

D.I.T.S.E.M  

 

Die Januarie-uitgawe van die e-tydskrif KLETS is tans in pdf-formaat op die internet beskikbaar en kan afgelaai word by www.e-klets.com  Julle sal oplet daar is ook 'n vyftal interessante artikels onder die hofie NET-KLETS - stories wat buite die e-tydskrif self staan en wat daar en dan gelees kan word.

Dis dalk sommer 'n goeie idee om te sorg dat jy op KLETS se databasis beland vir verdere kennisgewings. Doen dit by klets@mweb.co.za - hulle waarborg geen gemorspos van elders!  (hul eie is oorgenoeg – ha ha ha)

 

OooooooooooooooooooooooOOOOoooooooooooooooooooooO

 

EILANDNUUS (TAIWAN)


Wanneer Is Skaars, Skaars?

VoŽls is een van my passies, en iets het op die Eiland met 'n baie
spesiale voŽl-soort gebeur wat my dwing om vandag se koffie 'n
geveerde geur gee!!

Suid-Afrika is een van die ryk lande wat voŽllewe aanbetref, met meer
as 900 spesies wat daar rondvlieg.  Wat 'n fees is dit nie om deur die
land te toer op soek na nog 'n mooie, of skaarser, of sommer net 'n
oulike een!  (En so het ek die land uit baie hoeke kon beleef,
boonop!)

Taiwan het maar oor die 400 spesies, en boeta, is dit moeilik om hulle
op te spoor!!  Hier tussen ons werkendes is hulle ekstra skaars!! Jy
moet "ver" ry om hulle te sien te kry!  Ek is 10 maande hier en het
maar 50 opgeteken!  Laas wat ek SA toe was met vakansie, het ek meer
in 5 dae opgeteken!!

Maar ek dwaal.  Een ding (wel, 2) wat Taiwan het - wat SA nie het nie
- is voŽls wat op die WÍreldlys onder die top 50 uiters skaars en
bedreigde spesies tel.  Die een is 'n sterretjie (soort seevoŽl) op 'n
klein eiland naby ons kus (hy is die skaarste van die 2 - hulle wonder
of daar meer as 20 van hulle oor is!!).  En dan die Swartkop Lepelaar,
waarvan daar geskat word minder as 'n 1000 in die wÍreld oor is.

Klink 'n duisend baie?  Wel dalk, maar die ou wyse spreekwoord se:
"Moenie al jou geld in een mandjie sit nie".  Wel hier praat ons nou
nie van geld nie, maar by wyse van spreuke is hulle ook in een
mandjie, en die waarskuwing geld net so sterk.  Die probleem is dat
die meeste lepelaars almal op dieselfde plek op die Eiland kom
oorwinter - 'n strandmeer naby een van die groot stede.  Hierdie jaar is
'n rekord getal van oor die 700 getel!!  Dit was natuurlik rede tot
groot opgewondenheid, totdat daar skielik 66 gevrek het - vergiftig
deur botulisme a.g.v. iets wat hulle gevreet het. (Die skuldiges word
nog gesoek, maar besoedeling word beslis as oorsaak genoem.) Vir ons
voŽlkykers (lees liefhebbers) is dit 'n tragiese gebeure as jy lees
dat feitlik 10% van die totale bevolking van 'n spesie net verdwyn het!

Taiwan is, wat omgewingsbewaring betref, om die minste daarvan te se
nie heeltemal op skerpte nie, en hierdie ramp het die owerhede se oŽ
baie vinnig laat oopgaan vir die gevaar van nog so 'n ramp.   Hopelik
sal hulle met die duisende Dollars wat nou eenkant gesit word 'n plan
kan beraam om te verhoed dat so iets weer gebeur.

Terloops, ons het feitlik dieselfde situasie in SA.  Onthou jy die
grootse reddingspoging met die pikkewyne na die besoedeling in die
Kaap so 'n rukkie terug?  Daar is op die oog af baie pikkewyne, ja,
maar almal is feitlik op een plek en die spesie kan ook maklik
uitgewis word as daar nie opgepas word nie.  En o ja, ons Blou
KraanvoŽl word om dieselfde rede bedreig, hoor.

Ai, moet ek altyd 'n lessie hÍ?  Wel, al wat ek wil se, is, laat ons
waardeer wat ons het, en alles in ons vermoŽ doen om dit nie (ook?) te
vernietig nie.  Anders drink ons eendag koffie en gesels oor die
wonderlike goed wat ons in ons jong dae gesien het, maar wat nou nie
meer daar is nie.

Groetnis, Reinderd Visser


OooooooooooooooooooooooOOOOoooooooooooooooooooooO

 

GRAPPIE
My moeder word opgeroep om op 'n jurie te dien, en sy was nie
baie seker van haar vermoŽ om die vrae te beantwoord wat aan
voornemende jurielede gevra word nie.  Aangesien ek 'n prokureur is,
het ek haar ingelig oor wat sy kon verwag.  Toe sy gevra word wat
die familielede se beroepe was, antwoord Ma, 'My seun is 'n
prokureur.' In 'n opvolg vraag word sy toe gevra of sy al ooit van die
dienste van 'n prokureur gebruik gemaak het.  'Net om my grasperk
te sny!' sÍ sy.

OooooooooooooooooooooooOOOOoooooooooooooooooooooO

 

WWW.ONSDORP.COM

 

Geluk aan Die Knoop wat sopas die eerste plek ingeneem het met aanstuur van besoekers na Onsdorp!  Hou so aan! MOOI SO GERRIE!

Die van julle wat ander Afriwerwe besoek wat die moeite werd is, laat ons weet!

Por hulle ook aan om te help om ONSDORP op die werelkaart te vestig!

 

OooooooooooooooooooooooOOOOoooooooooooooooooooooO

 

BRIEWEBUS

 

Hallo Kammalanders,

Net 'n paar woorde oor ons verblyf in Onsdorp. Woon in 'The Pass','n dorpie bo in Manitoba,ongeveer 620 km. Noord wes van Winnipeg, Kanada. Winter tans hier soos julle seker weet,hoewel globale verwarming ook hier voelbaar is met die warmste winter temperature ooit gemeet vir Jan.,wat verlede week + 5 was hier en +8 in Winnipeg.

Ons kat was in die 7 de hemel, kon weer vrylik buite rondswerf om sy dinge te doen,tans weer vererg en omgekrap, temp. weer 'normaal'. so om en by - 22 met 'n windkilfaktor  van -39.

Wat lekker was die naweek,die voorreg om skaapchoppies te eet,mis net die rooksmaak,smaak glad nie die selfde op 'n gas braaier nie. Die lokale inwoners natuurlik eet omtrent glad nie skaap nie,net die Britse agtergrond inwoners, die 'locals' dink dit smaak te wild. Wat jy agterkom is dat die gemiddelde Kanadees 'n baie eng en gekrimpte perspektief van kosvariŽteit  het, en dat die wat al in SA was nie uitgepraat kan raak van die interessante spektrum van kossoorte wat hulle in SA ervaar het nie.

Ja ,gaan ook af en toe en gaan vang vis op die ysmere, laat maar weet as julle iets meer daarvan wil weet ,interessante vraag miskien weet een van julle die antwoord.

Vraag:Jy gaan jag vir 'n paar dae in die bos en het net blikkies kos by jou. Jou hut het geen verwarming nie en dit is -20C binne die hut. Wat kan jy doen om te verhoed dat jou blikkies vries en opswel en lek of bars, m.a.w. waar moet jy dit stoor.?

Wat doen ons hier?Werk as dokters hier,soos 200 ander SA kollegas uit die 400 wat die plattelandse gebiede hier in Manitoba beman.

Wat doen ons nog wat snaaks is? Laas somer gaan 'combine',dis nou koring oes met 'n"John Deere harvester" baie  interessant. Ook verbasend om te weet dat al die plaaswerk wat betref saai en oes ens. gedoen word gewoonlik deur net die plaasboer self,hier is nie 'plaashulp' nie,miskien af en toe sal vriende net kom help as daar dringend iets gedoen moet word. Ook laas herfs lammers gaan verlos,was dit nou lekker,my gate uit geniet,wat is nou mooier as 'n pasgebore lammetjie wat met sy stomende nat lyfie aan sy ma staan en suip.!!

Genoeg vir eers.

Johnny

 

Werklik n interessante brief vanaf Dr Johnny! Hy noem nie of hulle yskaste in die hutte het nie. Dis waar ek my blikkies kos so stoor. Nou ja met - 20 grade BINNE, wie het nou n yskas nodig!- HJG

 

o-o-o-o-o-o-o-o-o-o-o-o-o-o-o-o-o-o-o-o-o-o-o-o-o-o-o-o-o-o-o-o

 

Hallo

Ek is vreeslik bly dat ek hierdie webwerf ontdek het. Ek het die wonderlikste Afrikaans hier gelees.  Met trane in my oŽ die Nostalgie brief gelees.   Baie dankie.

Ons is nog steeds duskant in Vanderbijlpark en leef tussen die geweldadighede hier.

Ons het op die oomblik nogal baie inbrake in die nag omdat ons straatligte nie aan is nie.

Die deel van Vanderbijlpark waar ons bly is 'n gegoede(?) deel.  Vir die wat weet SW5.

Dit laat 'n mens nogal dink.

 

Ek hou skool by 'n Engelse HoŽrskool en is baie gelukkig daar, veral as die kinders nie daar is nie(soos aan die einde van die jaar).  Laat mens seker ook maar dink.

 

Nogtans verruil ek dit nie vir 'n ander land nie, veral na ek Johann se briewe gelees het.   Welkom terug.

 

Ek is aan die regte kant van 50(dis nou +), my "common law husband" dis nou hoe ons in Suid Afrika 'n partner noem is Brits(ja Engels) en het ook maar hier 'n partykeer Anglo Boere oorlog(nou ook nie te erg nie) aan die gang.  Die kulture is maar partykeer 'n bietjie skawerig.  Miskien maar net die Ingelse wat altyd dink hulle is net so 'n trippie beter as die Boere.

 

My ou gryse moeder het maar moeilik gesluk aan die verhouding.   Sy was nie verniet 'n Neethling wat se groottante langs Danie Theron begrawe lÍ omdat sy aan hom verloof was nie.   Oupa was ook een van die stigterslede van die ATKV, so dit spreek seker boekdele, maar toe sy(en die familie) eers die Engelsman(wie se pa se naam Harry Potter was[regtig] het sy gesÍ: doe so voort, my kind. Hy's 'n oulike man.

 

Dink aan ons in die vreemde en wie van julle kom hardloop die Comrades hierdie jaar?  Dis nou saam met my Engelsman wat sy 8ste hardloop.

 

Trudi

 

o-o-o-o-o-o-o-o-o-o-o-o-o-o-o-o-o-o-o-o-o-o-o-o-o-o-o-o-o-o-o-o

 

Hallo Kammalanders, 

Wel, die jaar is op pad - voor ons ons oŽ kan uitvee, is 2003 ook alweer iets van die verlede! Ja, ja - ek weet, ek weet - dis die begin van die jaar, maar tyd vlieg al hoe vinniger by mens verby hoe ouer mens word, of so word ek vertel, in alle gevalle! (Sou nie self weet nie, want ek’s mos nog ‘n kinners!)

 

In alle geval - Kersfees in die Woestyn is definitief 'n heel ander belewenis as by die huis! Buiten die Kersdiens, wat sekerlik die wÍreld oor dieselfde gevier word. En ek moet sÍ, vriende is wonderlike wesens, maar as dit by Kersfees kom, is dit darem nie dieselfde sonder familie nie! Plus, wat's Kersdagmiddagete nou sonder kouevleise, rys, aartappel en gemengde slaaie (ja, selfs Ma se geliefkoosde wortelslaai) en traifelpoeding? Sonder Kersliedere en vakansie?

 

Wel, as jy ek is, dan was jou middagete beesboud, gestopte kalkoen,gebakte aartappels en gemengde groente, met 'n lekker bruinsous! Moet my nie verkeerd verstaan nie – dit was heerlik en ek weet dit klink asof ek met ‘n witbrood onder my arm loop en kla, maar ai tog! Soos ek sÍ, nie dieselfde as by die huis nie, maar die gesindheid van die dag was daar, ek kon dit saam met vriende vier (al moes ons verlof neem vir die dag) en was darem nie allenig nie, iets waaroor mens altyd moet dankbaar wees, synde daar baie mense regoor die wÍreld is wat geeneen van die voorregte gehad het oor die tyd nie!

 

Die ou jaar eindig ek toe met styl af - 'n regtige, egtige braai (my eerste vandat ek hier in die vreemde beland het) Ťn JC Le Roux , in die woestyn net buite Abu Dhabi, saam met 'n paar Afrikaanse Suid Afrikaanse gesinne - wat 'n heerlike manier om die nuwe jaar in te gaan! (Nadat ons eers van duin moes verskuif, want die weermag was besig met “oefeninge” en ons was te naby aan hul skietbaan! Moet eerder nie vra nie – julle WIL NIE weet wat gaan in die middel van die woestyn aan nie!)

 

So, tussen al die vreemde gebruike, kulture en doen en late, kruip daar tog 'n mate van "normaliteit" in mens se lewe in! Nooit gedink ek sou so kon verlang na die gestry van tieners in ‘n huis nie – en Ma, dit was toe nie net in ons huis wat dit gebeur nie! Na vele jare se ondervinding van ander ouens se huishoudings, kan ek Ma verseker ons was helemal normaal! Wel, .... nie helemal abnormaal nie, in alle gevalle!

 

So pas ons aan en begin ons 'n splinter nuwe jaar, met sy eie uitdagings, teleurstellings en hoogtepunte! En al klink dit vreemd, is dit tog een van die “negatiewe” dinge waaroor niemand praat as jy weggaan uit SA nie – die verlange na ‘n “normale” daaglikse gesinstyd. Wat staan nog te sÍ as jy die pad alleen aandurf! Verlang, die verlang jy - veral in die feestyd - en al gaan dit hoe goed met jou, bly jou eie tradisies steeds na aan jou hart!

 

En ek weet dis nie moontlik vir almal om gereeld terug te gaan huis toe nie, maar een ding is ek van seker - aan die einde van 2003, vier ek Kersfees en Nuwe Jaar in SA, saam met my familie en my vriende! Al gaan dit net 'n vakansie wees, is dit een van die gedagtes wat my deur die volgende jaar gaan kry! Dit sal dan 18 maande wees vandat ek my mense te siene gehad het, en dit voel nou al na net 7 maande na 'n leeftyd! Ek haal my hoed af vir almal wat dit langer as dit uithou - laat weet my bietjie hoe julle dit doen! Ek byt vas, maar hare op die tande was nog nooit vreeslik aanskoulik in my beskeie opinie nie!

 

Intussen werk ek hard (moet net nie vra op wie se senuwees nie!), kuier ek saam met vriende, word ek deur die woestyn gesleep agter 'n 4x4 aan (op ‘n “slee” – dis nie die een of ander verwronge martelingsmetode van die SAPD nie, jissie!) en gaan ek meer strand toe as wat ek van te vore in my lewe was! (Hey, ek’s ‘n Vaalie, maar ons is altyd Bosveld toe – nie Strand toe nie!)

 

So, dit gaan nog goed, die lewe gaan aan en ek kan nie regtig kla nie - wel, ek kan, maar ek sal eerder nie! En “NEE!!!” – ek’s nog nie gewoond aan die 6 dag weke, wat op ‘n Saterdag beginne en op Doderdag eindig nie!

 

So kyk ons noord en foeter ons voort......as ek nou net kan uitwerk wŠŠr noord is.....................

Tot volgende keer,

Anita

o-o-o-o-o-o-o-o-o-o-o-o-o-o-o-o-o-o-o-o-o-o-o-o-o-o-o-o-o-o-o-o

 

Uit Duskantland skryf Suzette:

 

Hallo Kammalanders,

Ons almal is sekerlik bewus van die huidige haglike omstandighede in Zimbabwe. Wel die hongersnood het reeds talle afgemaai en soos dinge deur die slim mense opgesom word, is dit nie net die droogte nie, maar n geval van treurige gevolge van die onlangse verlede  en die vergrype van die owerhede. Vergrype aan plase wat tot onlangs die volk gevoed het en nou deur die gesante van Mugabe bewoon word en nie bewerk word nie. Daar word gepraat van georkestreerde volksmoord. Beheer die massas se mae en beheer die massas.

Wat ons as buitestanders moet doen, weet ek nie. Dis n absolute ramp. Ek kan myself nie sterk genoeg uitdruk nie.

Die enigste persoon uit Z wat ek mee kontak het , is Liena Hoffman. Sy is in diens van CAVA. Christian Audio Visual Action.Sy is n opgeleide teoloog en ook regsgeleerde. Sy is doenig met die verspreiding van Christelike lektuur en vertel ook van hulle gesukkel om net brood en brandstof in die hande te kry. Sy is ook betrokke as leraar by een van hul NG gemeentes. Haar eie broer is ook reeds van hulle eiendom verjaag. Hoe die mense nog staande bly en werk weet ek nie. Dit klink vir my net na n oorlewingstryd.

Mag God hulle bewaar.

 

Suzette

 

Wat stel julle voor Kammalanders? - HJG

o-o-o-o-o-o-o-o-o-o-o-o-o-o-o-o-o-o-o-o-o-o-o-o-o-o-o-o-o-o-o-o

 

DagsÍ Hennie,

 

Hier in ons deel van Kammaland (SaoediŽ ArabiŽ) raak dinge soos wat gebeur het in Bali, almal van ons wat weg werk van die huis af. In sy brief het Gregory Assink geen besonderhede gegee van die voorsorgfonds wat gestig is nie, sou Saners uit ander gebiede 'n bydrae wou maak. Ek sal bly wees indien jy dalk die besonderhede soos die naam van die bank en rekening nommer kon uitvind en dit publiseer.

 

Baie dankie vir al die wonderlike artikels en bydraes wat jy en die res van die "Munisipaliteit" lewer. Word regtig baie waardeer.

 

Groetnis,

Francois Joubert

 

Francois, een van my Sussies is op pad Kabal (?) toe om te gaan verpleeg – hoe lyk dinge daar? –

Ek wag vir die besonderhede oor die ANZBA – BALI FONDS en sal dit beide hier asook op die webwerf plaas sodra ek dit kry. -HJG

 

OooooooooooooooooooooooOOOOoooooooooooooooooooooO

 

 

AGTEROS

 

Daarsy, al die beeste is in. Ek leun op die kraalhek. Kyk vanaand Suid. Kyk weer na Afrika.

Snaaks hoe vinnig en ongemerk mens se wortels so ongemerk grond toe vroetel as jy te lank stil staan op n plek.

Vat nou Jors Troelie wat maar 2 jaar lank hier op die Eiland was. Kla nog daagliks oor dinge wat hy mis. Ry myle om bietjie woestersous te koop. Nog verder om Lays tjips te koop wat nie n suiker nasmaak het nie. Gaan nie strand toe nie want die is te vaal en vuil hier. Al is dit net hier agter die bult. Mis die son en haat die mis. Kyk met afsku na die waaier se wind toiings wat swart drade van besoedeling deur die sifskerm stoot. Dink hoe sy longe moet lyk , al het hy 23 jaar gelede die laaste Lucky Strike plein se los twakkies uit die hempsak geskud. Terloops hy is ook net mooi 23 jaar lank getroud..... maar wag ek dwaal al weer.

Die naar ruik van toufoe en die oop drein agter die kombuis (gelukkig nou Conley?)

Hiert jou witbrood, wat soek jy hier onder my arm!

Gister die nuus gekry, kontrak maak klaar, die hoendertjies kan maar kom lÍ op hulle rŻens dat hulle pootjies vasgemaak word vir die groot trek huis toe.

En nou? Waar kom daai leŽ kol op die maag dan nou vandaan?  Daai kol  kry mens mos net as jy WEG van die huis af gaan , nie NA die huis toe nie!

Was die breed band 24 uur Internet dan so lekker?  Of was dit die vrede en min geweld?  Die lekker koop,wat jy wil, wanneer jy wil, waar jy  wil, tot laat in die aand? 

Of is dit die wandelgees wat kom sit het hier in die krop van die maag? Die adrenalien van nuwe uitdagings anderkant die horison? 

Miskien is dit die mengsel van altwee.

Mens los maar tog altyd n stukkie van jouself agter, al sÍ jy ook, was daar, het die

 t-hempie.

 

Groete tot volgende week!

 

Hennie

OooooooooooooooooKammanuustelankmaardaar,klaarooooooooooooooooooO