Onsdorp

Hoofstraat | Aktueel | Allerleilaan | Ambassade | AfriSkakels | Breinboelie | Kammakombuis | KERKPLEIN | Kunstebult | Markplein | Ons Nuusbrief | SO MAAK MENS | Stamboomsteeg | Storiestraat | Webmeester | Wereldkaart

onsdorpanimated.gif

Hoofstad van KAMMALAND, Kubernasie van Afrikaansmagtiges in hul drie Provinsies: DUSKANTLAND, ANDERKANTLAND en SANDKANTLAND.

KAMMALAND TYDSONES

Dashboard Clock

 
Welkom in Onsdorp se  veilige kuberstrate waar ons onbeskaamd AFRIKAANS praat.
Kom, word deel van ons pret Kammaland en help hou kontak tussen onse mense, Duskant of Anderkant, waar hulle ookal is.
 
Skop jou ware skoene uit, trek jou kammakouse aan en verbeel jou jy is weer daar waar die boerbokke boer in die berge....

Horizontal Divider 6

Ons Manifes

Onsdorpers is nie bang om te se waarin hulle glo nie. Die dorpsraad/stigters ook nie. Hier is waarvoor Onsdorp staan:

1.   ONSDORP  is n Afrikaanse webwerf,  hoofstad van die virtuele mikronasie Kammaland. In Kammaland is die hoofdoel om met tong in die kies pret, tog erns te he met ons Taal en Kultuur. 

2. Kammaland het twee provinises: Duskantland en Anderkantland. Duskant is Suid-Afrika, en ons noem alle oorsese lande waar Afrikaanse mense woon, Anderkant. Dis een van ons doelstellings om die bande tussen Duskanters en Anderkanters te behou en te versterk.

 3. Onsdorp sluit niemand uit nie. As jy bereid is om in Afrikaans met ons te praat, of selfs om dit net te lees, is jy welkom.

Ons praat onbeskaamd Afrikaans en bekommer ons oor die welvaart van mense wat Afrikaans praat in Suid-Afrika en dwarsoor die wereld. Daar is ‘n gesonde debat aan die gang oor die verhouding tussen Duskanters en Anderkanters.

4. Soos in enige dorp, dryf ons in handel in Onsdorp, vertel ons grappies, hou ons partytjie, doen ons liefdadigheidswerk as daar nood is, en raak ons soms ook ernstig oor sake wat Afrikaanses raak. 

5.Onsdorp stuur elke 2de week n nuusbrief, die Kammanuus uit. Daarin hou ons kontak met al ons mense.

6.Op ons kerkplein is plek vir Christelike kerke waar elke week preke of boodskappe gelewer word.

 7.Onsdorp wil ‘n goeie burger van die Afrikaanse Internetgemeenskap wees met  betrekkinge met alle Afrikaanse Webwerwe en e-pos nuusbriewe.

8.Ons glo dat ons Afrikaanse kultuur werd is om behou en veral geníét te word. Maak nie saak waar jou baksteenhuis in die werklike lewe gelee is nie. 

 

Horizontal Divider 6

ONSDORP het n REUSE STAMBOOMNAVORSINGSAFDELING
Ons lesers doen hulle eie genealogiese navorsing.
 
Deel jou herkoms met ander.
 
Is JOU naam  op ons lys?
 
Kliek hier om te kyk
 
KONTAK ASB VANNE WAT DIESELFDE IS AS JOUNE
Help Mekaar
 
 
 
Hier is n Voorbeeld:
=======================================
Francois Greeff soek alle Greeff mense in die wereld, want hy stel tans 'n globale Greeff stamboom op. Besoek die Greeff Familie Webblad by www.Greeff.info en kontak hom asseblief dan by:
 
===========================================

Plaas jou eie gratis advertensie in ons SOEKHOEKIE

SOEKKLIEK.jpg

Horizontal Divider 6

Ons vertel ons lesers graag van ander Afrikaanse webwerwe soos die voorbeelde hier onder.
 
Gaan kyk gerus, maar onthou om terug te kom!
 
Kyk ook op ons bladsy AFRISKAKELS

padtekendieknoop.gif

potsedeksel.jpg

Horizontal Divider 6

Lees wat dink n boertjie van Australie

bboertjiebanier3.jpg

capecarhire4.jpg

FOREX OMSKAKELING NODIG?  KLIEK OP DIE TEKEN HIER ONDER

UCC

Horizontal Divider 6

.
 

kalahariafrbooks.gif

Horizontal Divider 2