Hier
volg ’n KEUR van ons bydraes, spesiaal vir julle uitgesoek deur RETHA van SO MAAK MENS uit ons NUUSBRIEWE oor
ons Leefstyl, Gesondheid en Skoonheidswenke, en dien as voorbeeld van ons doelwit met hierdie Gesondheidshoekie.
Dit behoort jul lus aan te wakker en vir jul ’n voorskou te wees van wat nog alles op jul te wagte is!
Wat kom eerste: Gesondheid
of die Evangelie?
Die Bybel stel
dit as God se wil dat ons in alle opsigte 'n oorvloedige lewe moet ly. Dit lyk dus of die Evangelie nie net oor die spirituele
lewe van die mens gaan nie, maar dat gesondheid, geluk en die mens se fisiese, emosionele en sosiale lewe ook deel daarvan
is.
Dit is te verstane dat 'n liefdevolle Skepper vir Sy kinders 'n erfenis
sal nalaat wat insluit om gelukkig en gesond te wees, om by sinvolle dinge betrokke te wees en om krag op alle terreine van
hulle lewens te ervaar en uit te leef.
Die vraag ontstaan waarom dit lyk asof daar
nie baie mense is wat ervaar dat hulle lewens werklik sin maak nie. Dit wil voorkom dat min mense elke dag met opwinding en
entoesiasme tegemoet gaan en met vreugde ervaar dat hulle besig is om 'n sinvolle lewensdoel te bereik.
Miskien het
dit daarmee te doen dat ons gemaak is om in 'n span saam te werk. Om werklik sinvol in hierdie lewe te kan groei, het ons
mekaar nodig. Waar mense mekaar so aanvul dat elkeen voel dat hy/sy deel is van 'n span, voel elkeen vervul omdat hy/sy 'n
bydrae lewer. Almal help om die groter span as 'n harmonieuse eenheid te laat saamwerk om sy doel te bereik. Elkeen voel nuttig,
betrokke en deel in die uiteindelike suksesse wat behaal word.
Met hierdie
gesondheidshoekie wil ons dus graag almal betrek by 'n spanpoging. As ons almal by mekaar leer kan ons mekaar help om 'n gesonder,
gelukkiger en meer sinvolle en oorvloedige lewe te ly.
Die welbekende en beminde
aktrise, wyle Audrey
Hepburn, het hierdie
wonderlike gedig opgestel nadat sy genader is vir skoonheidswenke:
For
attractive lips, speak words of kindness.
For lovely eyes, seek out the good in people.
For a slim figure, share your
food with the hungry.
For beautiful hair, let a child run his/her fingers through it once a day.
For poise, walk with the knowledge
that you never walk alone.
People, even more than things, have to be restored, renewed, revived,reclaimed, and redeemed; never
throw out anyone.
Remember, if you ever need a helping hand,you will find one at the end of each of your arms.
As
you grow older, you will discover that you have two hands;one for helping yourself, and the other for helping others.
Met die oog op ons strewe na ondersteuning aan elkeen wat graag aan sy/haar lewenskwaliteit en belangrike
prioriteite soos gesinsverhoudings en geloofsake wil werk en sulke positiewe gedagtes soos die hierbo,ontstaan die vraag:
Waaroor gaan hierdie bydraes?
Dit Gaan oor JOU Behoeftes !
Ons wil graag aan jou behoeftes aandag gee. Jy word dus uitgenooi om kommentaar te lewer
of om voorstelle te maak.
Hou jou lewe gebalanseerd
Hoe
besig is jy?
Die meerderheid van ons raak vasgevang in 'n roetine wat te heftig vir ons sisteem is.
Almal
verskil en sommige mense kan meer aktiwiteite en besig-wees as ander hanteer. Ek glo egter vas dat 'n gebrek aan balans ons
lewens se emosionele en verstandelike reserwes ondermyn, totdat ons geheel en al uitbrand. Dan tree ons irrasioneel op, neem
onverstandige besluite, vernietig verhoudings en smyt wonderlike loopbaan- en prestasiegeleenthede weg.
Hou
jou lewe gebalanseerd. Maak (jy sal dit nie kry nie, jy MOET dit maak) tyd en beskerm dit met ywer, vir
1. jou verhouding met jou Skepper
2. jouself
3. jou lewensmaat
4. jou gesin
5. jou gesondheid
Bevestigings:
Ek maak tyd vir myself
Dit is heerlik om tyd met my gesin te bestee
Ek leef gesond
Aanvaar jouself soos jy is
Erken
en aanvaar jou tekortkominge, maar moet nie toelaat dat hulle jou lewe oorheers nie. Leer daaruit geduld, lieftalligheid,
insig - Helen Keller (my vertaling)
Kaalkop Internasionale motiveringspreker Arnfried
Klein-Werner skryf soos volg:
“Almal het gebreke en tekortkominge.
Dinge waarmee (of waarsonder) jy gebore is maar wat jy eerder sou wou verander. Jy kan egter heelwaarskynlik nie veel daaraan
doen nie.
My hande sweet geweldig in die somertyd. Die van julle wat
al vir my ‘n handdruk gegee het sal weet waarvan ek praat. Ek kan egter niks aan die saak doen nie. Ek het minstens 10, waarskynlik meer gebreke.
My hare...jy kan vra "Watse hare?" Presies!
Jy het waarskynlik ook
‘n paar gebreke, maar weet jy wat? Hulle hoef nie enige verskil te maak aan jou waarde as persoon nie. Jy het inherente waarde, gebaseer op niks meer
nie as die feit dat jy ‘n mens is. Jy
bly ongelooflik waardevol. Jy is ‘n wenner
en ‘n presteerder, ongeag of jy slim is aldan nie, of jy musikaal is of nie.
Jou gebreke en tekortkominge
speel egter ‘n rol in die bepaling van die doel van jou lewe, en dit is goed. As jy nie in die openbaar kan opstaan
en ‘n toespraak lewer nie, of as jy nie ritme het nie of nie analities is nie, is dit geen rede tot kommer nie. Jy het
dit nie nodig om jou doel in die lewe te bereik nie.
Dalk het jy ‘n
groot neus, skewe tande of wat ookal. Jy kan steeds alles
wees waarvoor jy geskep is.
Sommige letsels kan verwyder word, soos om jou neus
te laat regmaak. Jy kan bv. leer om redelik goed te dans ten spyte van die feit dat jy tans geen ritme het nie. Solank jou
verwagtinge nie is om ‘n goue medalje vir dans te verower nie.
Die
belangrikste is egter ...
Aanvaar die dinge wat jy nie kan verander
nie en verander die dinge wat jy kan.
Aanvaar die feit dat jy nie volmaak is nie.
Niemand is nie!
Bevestigings:
Ek
aanvaar myself soos ek is.
Ek het ‘n belangrike doel in die lewe.
Ek
is ontsettend waardevol.
Wees alles wat jy kan wees.
Skrifaanhaling – Humor vir gesondheid
Spr. 17:22 “’n Vrolike mens
is ‘n gesonde mens, ‘n neerslagtige mens raak uitgeput.”
As ons vir onsself positiwiteit
en optimisme aanleer, kan dit bydra tot liggaamlike genesing. Wat van ‘n bietjie humor?
Here,
leer my om te lag vir die lewe.
Dis alweer
griepseisoen – is jy gereed vir die aanslag?
Griepinentings - 'n Geldmaak-foefie?
Die
2009 griepuitbraak by mense, algemeen bekend as "varkgriep" het die hele wêreld op hol gehad.
Eintlik
was dit die media, aangeblaas deur die verspreiders van griepinentings, wat die opslae veroorsaak het. Die
opskrifte het 'n groter effek as die virus gehad.
Varkgriep veroorsaak in die
meerderheid van gevalle slegs ligte simptome. Geinfekteerde persone herstel gewoonlik volledig, selfs sonder mediese aandag
en sonder die nodigheid vir medikasie.
Nogtans het die beelde en fotos van hele gemeenskappe
wat hulle gewone dagtake met gesigmaskers verrig so 'n impak gehad dat al wat leef tou gestaan het vir inentings. Wat 'n suksesvolle bemarkingsveldtog, of sal
ons dit eerder by die naam noem: wat 'n foefie.
Die 2010 Oesjaar
Die
medisynebedryf slyp alweer sy tande vir die 2010 oesjaar: die sokkertoernooi gaan vanjaar die gogga wees wat vir baba bangmaak.
Die hele aardbol se nuwe virusse gaan op Suid-Afrika losgelaat word en almal moet inent om die aanslag te oorleef.
Die
waarheid is dat niemand weet of die beskikbare middels enigsins sal help teen die nuwe (en sommige ouer) virusse wat die sokkergeesdriftiges
kan aandra nie.
Boonop gaan Jan Alleman nie presies weet wanneer om die middels te begin
neem nie. Baie infeksies lyk en voel soos griep, sê die pediater en immunoloog dr. Anne Moscona van die Weill Cornell
Mediese Kollege in New York. Virusse en bakterieë kan weerstand teen medikasie ontwikkel.
Sy
sê: “As jy Tamiflu by die huis het en jy gebruik dit vir verkoue of enige ander respiratoriese virus wat nie griep
is nie, sal jy dit nie kan gebruik wanneer jy ’n dodelik griepstam opdoen nie”
Entstowwe
is verdag
Verlede jaar het ons uitgewys dat die 2009 varkgriepuitbraak nie enigsins
‘n groter bedreiging inhou as die talle ander griepstamme nie. Indien jy gesond leef en jou immuniteit sterk is, het
jy min te vrees. Dit was dan ook die geval, maar steeds het die entstowwe groot geld vir hulle verspreiders gegenereer alhoewel
dit baie mense juis siek gemaak het en andere onbeskermd gelaat het.
Dit
is waar dat almal, maar veral mense wat as gevolg van verswakte immuniteit blootgestel is, versigtig moet wees om nie aan
te steek nie. Hulle moet goeie higiëne toepas en liefs immuniteitversterkende hulpmiddels neem of minstens sulke middels
byderhand hou.
Griepinentings is en bly egter verdag en sal in elk geval gladnie help vir
alle griepstamme en veral vir sommige nuwe variasies nie.
Goeie
immuniteit is betroubaar
Daar bestaan 'n veilige en doelreffende middel
wat 'n kombinasie is van 9 immuniteitversterkende kruie. Dit beskerm ons gesin reeds vir 16 jaar lank teen alle vorms van
infeksie, hetsy virusse, bakterieë of swamme. Dit werk voorkomend sowel as terapeuties vir kinders, babas, volwassenes
en bejaardes.
Boonop help dit vir alle soorte infeksie met inbegrip van nuwe virusmutasies
omdat dit die natuurlike immuniteit versterk. Infeksies in die maag, ore, tande, in oop wonde of op enige ander plek word
ewe goed bekamp.
Kontak my in die blokkie hier op hierdie blad met net die woord “Kruiemiddel”
indien jy graag meer inligting oor hierdie merkwaardige samestelling wil ontvang.
Van verslank gepraat...
Vier maniere om van maagvet ontslae te raak
Daardie
vet om die middel is waarskynlik die mees algemene oorgewigprobleem, en ook die gevaarlikste.
Hier is 'n paar wenke om diegene
te help wat hiermee probleme ervaar:
1. Oefening: Dit is moeilik om vet uit 'n
bepaalde area van jou liggaam met oefening weg te kry, maar dit help tog om van oortollige gewig ontslae te raak en dikwels
is dit die maag-area wat eerste baat vind. Opsitte en soortgelyke oefening kan die voorkoms verbeter maar net aerobiese oefening
kan werklik die vet in hierdie area verbrand.
2. Let op wat jy
eet: Daar is talle studies wat bevestig dat sinvolle eetgewoontes baie kan bydra tot jou gewigverliesprogram. (Kontak my gerus
vir eetplanne )
3. Kry genoeg slaap: Te min slaap (minder as ses ure) of te veel (meer as
agt ure) lei tot oormatige produksie van kortisol, 'n streshormoon wat die stoor van maagvet bevorder.
4.
Verminder stres: Ontspanning vir 15 minute per dag kan ook jou kortisolvlakke verlaag en help om maagvet te verminder. Diep
asemhaling, 'n stappie in die buitelug of 'n borrelbad kan help om jou te laat vergeet van die wêreld daar buite.
'n Dosyn Wenke vir Gewigverlies
Die geheime resep vir volhoubare
gewigverlies is om minder te eet en meer te oefen.
Dit is natuurlik vir die meeste
van ons makliker gesê as gedaan. Feit bly staan dat nie een van die talryke sogenaamde deurbrake in gewigbeheer of enige
van die dieetgiere wat kom en gaan enigsins 'n verskil aan die wêreldwye vetsug-epidemie gemaak het nie.
Hier
volg twaalf nuttige wenke vir suksesvolle en volhoubare gewigverlies:
1.
Eet voedsame, natuurlike kosse met min kalorieë, soos groente, heelgrane, peulgewasse en vars vrugte soos aangedui in
my eetplanne.
2. Moenie oor-eet nie. As jy stadig genoeg
eet en deeglik kou, sal die honger weggaan voordat jy te veel ge-eet het.
3.
Drink vier glase water wanneer jy opstaan, eet minstens 45 minute daarna en drink nog ten minste 4 glase deur die dag, verkieslik
so 45 minute voor maaltye om jou aptyt te temper.
4. Geniet 'n koninklike ontbyt,
'n goeie middagete en 'n aandete vir armlastiges. Jy het die energie deur die dag nodig, nie wanneer jy slaap nie.
5.
Onthou dat alkohol en die meeste sportdrankies en sappe kalorieë bevat.
6. Oefen gereeld –
ten minste een uur per dag –
met strek- en versterkende oefeninge en 30 tot 45 minute van aerobiese aktiwiteit ten minste viermaal per week.
7.
Vermy hoëvet, geprosesseerde en hoëkalorievoedsel soos lekkergoed, koekies, gebak, koeldranke, aartappelskyfies,
kaas en verwerkte vleise.
8. Vergewe jouself liefdevol oor gewigprobleme
en wanneer jy van jou eetplan afwyk. Kom gou weer terug op die spoor en fokus op laevet, lae-kalorie, heilsame kossoorte.
9.
Onthou dat daar talle emosionele en genetiese faktore en snellers by jou gewigprobleem betrokke kan wees. Daarom sal jy waarskynlik
ondersteuning nodig hê om werklik die probleemgewoontes te verander.
10.
Die beslissende proses vir gewigverlies is die lang, stadige een wat vereis dat jy jou eetgewoontes lewenslank verander, eerder
as om op diëte te gaan. Sodoende sal jy goeie gesondheid en 'n liggaam met die toepaslike gewig vir jou eie, unieke liggaamsbou
tot stand bring.
11. Vermy kunsmatige versoeters (ook dié in laesuiker koeldranke)
en alle kitsoplossings,
12. Beveg spanning met onspannende oefening
eerder as met kos.
Gesonde Gewigverlies - Wat Werk en Wat Nie?
Wat werk en wat nie?
Die
plan wat jy in werking stel moet vir die res van jou lewe kan werk en moet ook help om die gesin bymekaar te hou.
Daar
is te veel voornemende verslankers wat die harde manier hulle lesse geleer het: dat verskillende programme, produkte,
foefies en selfs voorgeskrewe medikasie om gewig te verloor nie werk nie. Dat dit in werklikheid kan lei tot ‘n verdere
toename in gewig. Moenie probeer om die wiel te herontdek nie - leer eerder uit die foute wat talle ander voornemende
gewigverloorders reeds gemaak het.
Het jy al alles probeer?
Dieetpille –
hulle is gewoonlik skadelik en ook ondoeltreffend. Daar is wel enkele uitsonderings maar maak eers seker dat onafhanklike
studies die doeltreffendheid en veiligheid daarvan bewys.
Poeiers, drankies en mengeldrankies – moet die gebalanseerde inhoud van volledige maaltye bevat. Die inhoud moet jou behoeftes aan energie,
proteïne, koolhidrate en vette in die regte verhouding voorsien. Mikro-elemente moet in ‘n voedselvorm beskikbaar
wees. Sulke produkte is ekonomies omdat hulle maaltydvervangers is wat jou die koste van ‘n volle maaltyd bespaar.
Oefenapparaat en gimnasiums - stap, draf en ‘n paar vloeroefeninge
sal baie geld op brandstof, gimnasiumheffings en oefentoerusting bespaar en dieselfde of beter resultate lewer.
Velplakkers
- hierdie goed is waarskynlik niks meer as geldmaak-foefies nie. Vra vir wetenskaplike bewyse dat die goed doen wat die verkopers
beweer.
Roompies – spaar jou geld tensy daar stawende wetenskaplike studies is wat bewys dat hulle werk.
Subliminale audioprogramme –
gesonde en volhoubare gewigverlies kan slegs deur ‘n bewuste en sistematiese benadering bewerkstellig word. Verder moet
‘n bewese “padkaart” na sukses voorsien word deur ‘n maatskappy met integriteit vir wie dit
werklik saak maak dat jy resultate bereik. Dit moet nie net om die verkoop van ‘n produk of oor ‘n hersenskim
gaan nie.
Duur voedselplanne – sulke pogings kan verwydering tussen jou en jou gesinslede veroorsaak aangesien hulle moeilik sal
kan deelneem. Hoe lank kan dit hou? Daar is beter maniere.
Dieetplanne en programme –
daardeur word jy vasgevang in klimtol-diete. Elke keer as die klimtol afgaan, neig jy om gewig te verloor waar jy nie wil
nie. Wanneer die klimtol opgaan, tel jy weer gewig in ander ongewensde plekke op.
Kalorie tellery –
dit werk op papier maar nie in die regte lewe nie. Dit laat jou fokus op kos en gee groter mag en invloed in jou lewe aan
kos.
Al die jongste wonder-bestanddele – sulke goed kan jou hier en daar help maar dit sal jou nie in staat stel
om al die pad tot by jou ideale gewig te vorder én jou help om daar te bly nie. Hou ‘n ogie op bestanddele
maar dit alleen sal nie ‘n sinvolle oplossing bied nie.
Voorgeskrewe
medikasie - alle medikasie het newe-effekte. En wat gebeur wanneer jy hulle los? Jy oorweeg hopelik nie om vir die res
van jou lewe medikasie te gebruik nie!
Weeklikse vergaderings – kan tydrowend en duur wees en sal selde tot blywende resultate
lei.
Sjirurgie – ‘n duur, onnatuurlike en gevaarlike keuse.
‘n
Wonderwerk is wat ons nodig het. Die gewone lewe van ‘n gelowige bestaan uit wonderwerke – dit waartoe ons as nietige mense nie in staat is nie.
Iemand
wat werklik omgee moet vir jou hierdie lewensveranderende vraag vra:
“As
jy een ding in jou lewe kan verander, wat sal dit wees?”
As
die antwoord is om te verslank, kan die feit dat iemand werklik omgee jou tot oorgawe help sodat jy kan begin om oop te maak
en te vertel. As jy kan begin om openlik en in alle eerlikheid te praat oor jou stryd met kos en diëte sal dit vir jou
die pad baan na sukses.
Die antwoord is ‘n volledige stelsel
wat al die aspekte agter gewigverlies aanspreek – die fisiese, die emosionele en die Geestelike. Dit sal jou met hoop vervul, regte hoop op sinvolle resultate.
Kom
aan die gang
Beantwoord hierdie vrae in alle eerlikheid:
"Waarom
wil ek gewig verloor?” en
“Hoe sal my lewe verander as ek my ideale gewig
bereik?”
Dink aan jou gesin en jou rol as eggenoot (e), moeder of vader, sakepersoon en ‘n vriend. Het jy werklik tyd vir ander of dink jy gedurig
aan kos? Dra jy
sinvol en opbouend by tot iemand se lewe? Of is jy vasgevang deur jou gewig? Kom met die hele sak patats vorendag en skryf dan die grootste redes neer
waarom jy gewig wil verloor.
Maak dan ‘n lys van die dinge wat jy
sal doen as jy nie meer oorgewig is nie: uitstappies, afrigting by die kinders se sport, swem of deelname aan sport. Draai
die meeste dinge waaraan jy dink rondom jou gesin en jou naby vriende?
Skryf
dit alles neer sodat jy dit op rekord het. Sodra jy jou ware lewensdoel herontdek het, en jy weet dat jy gewig sal moet
verloor om daarby uit te kom, sal jy weet wat jou te doen staan en waarom.
Jou
volgende stap is om meer te leer oor hoe die liggaam funksioneer. Gaan steek kers op by dieetkundiges, dokters, die
Internet of enige ander bron. Leer alles wat jy moet weet om jou kanse te verbeter om jou ideale gewig te bereik.
Jy
sal opgewonde raak oor die fisiese deel …
Neem ‘n goeie gehalte
“shake” mengsel om daardie probleem-maaltye te vervang,veral tydens daardie etes wanneer jy aangewese is
op kitskosse. Kombineer dit met ‘n kursus kapsules. Nie poeiers en pille nie, maar wel ‘n deeglik-geformuleerde,
heilsame voedselvervanger wat heerlik smaak en al die mikronutriënte bevat wat jy nodig het in die korrekte verhouding
van energie, proteïne, koolhidrate en vette. Die nutriënte in die kapsules moet ook in ‘n natuurlike voedselvorm
wees. Bowenal moet die “shake” jou versadig en tevrede laat voel sodat jy sal ophou om na kos te hunker.
Die
kapsules wat jy neem moet oor unieke eienskappe beskik. Onafhanklike studies moet bewys dat hulle help om vet te verbrand,
die metabolisme te versnel, hunkerings na suiker te onderdruk, water-retensie teenwerk en energievlakke verhoog.
Skakel die honger af
Binne
a paar dae behoort jou honger afgeskakel te wees. Jy sal nie meer heeldag aan kos dink nie. Jy sal binnekort tevrede voel
dat jy goeie voeding inneem en die mikronutriënte sal jou help bevredig. Jou energievlakke sal toeneem en daardie afgematte,
moeë gevoel sal vervang word met vitaliteit.
Jy sal meer op en wakker voel
en ‘n meer positiewe lewensuitkyk ontwikkel. Jy sal gemakliker met die mense rondom jou wees en hulle sal meer van jou
geselskap hou. Jou fisiese vermoëns sal verbeter omdat jy eet om brandstof vir jou liggaam in te neem eerder as om jouself
net tevrede te probeer stel. Jy sal beter slaap en ‘n hernude geestesingesteldheid ontwikkel. Jou lewe sal meer doelgerig
wees; dis ‘n heerlike gevoel!
Jou liggaam sal gou reageer; jy sal dit eerder
aan jou afmetings as op die skaal agterkom omdat vetweefsel sal verdwyn maar spierweefsel sal bykom. Spiere is swaarder as
vet wat beteken dat die skaal vir jou kan jok. Jy sal maand na maand ‘n gesonde 3 to 6 kg verloor, maar wat belangriker
is, jy sal sentimeters in die regte plekke verloor. Nie te veel of te min nie, net ‘n gesonde hoeveelheid. Jy
mag ‘n paar platos bereik en hier en daar ‘n haakplek ervaar maar die stelsel is ontwerp om jou daar deur
te help. Met die ondersteuning van mense rondom jou wat omgee sal jy voel dat jy in totale beheer is van jou gewigbeheerprogram.
Jy
sal ongelooflik goed voel as mense jou nie eens herken nie. Jy sal graag die ervaring van gelukkig wees, gesonder voel en
meer aktief wees met ander wil deel.
Jy sal selfs ‘n nuwe lewensdoel ontdek
– om jou lewenservaring aan ander oor te dra
en hulle op jou beurt te help en te mentor om probleme te oorkom. Jy sal weet hoe om hulle te help om dinge wat nie werk nie
te vermy en te doen wat wel werk. Dit kan jou lei na ‘n nuwe lewensdoel – om ander in te lig en te begelei na ‘n gelukkiger, gesonder en meer
aktiewe lewe.
Ongeag wat jy tans weeg of waar jy jou tans
bevind, as jy opreg begeer om jou gewig te beheer kan jy dit doen. Jy is in staat om jou ideale gewig te bereik en te handhaaf
sodat jy jou lewensdoel kan verwesenlik – ongeag wat daardie lewensdoel ookal mag wees.
Mense Wat Omgee is Belangrik
Ek is hier om te help
omdat ek omgee. Daar is ook ander mense rondom jou wat omgee. Dit is BAIE BELANGRIK dat jy openlik met jou naby vriende en familie gesels en dat jy hulle vertel van jou doelwitte en voornemens. Jy sal
sien dat hulle jou met oorgawe sal ondersteun en aanmoedig. Daar is miskien van hulle wat by jou sal aansluit omdat hulle
ook ‘n probleem het. Twee vaar beter as een.
Al jou vriende sal graag help, maar jy moet die inisiatief neem.
Alles staan of val by wat jy hiermee gaan doen. Nou vra ek jou
as ‘n vriend:
“Indien jy een ding in jou lewe kan
verander, wat sal jy kies?”
Ek verklaar myself gereed om jou te help en by te staan
om daardie verandering te maak. Die mense wat naby aan jou is sal ook help. Hulle is gereed, hulle weet net nog nie dat jy
op hulle wil staat maak nie. Vertel hulle alles, moenie bang wees om te sê hoe jy oor jou probleem voel nie. Jy sal verbaas wees oor die reaksie en die
ondersteuning wat jy gaan kry.
Jy sal ook aangenaam verras wees oor die verskil
wat dit in jou lewe gaan maak wanneer daardie ekstra sentimeters en kilogramme weg is.
Met
dankbare erkenning aan:
Terry Newsome, voorheen 220 kg.
“Consumer’s
Guide to Weight-Loss | Terry Newsome & Blaine P. Oelkers Sr.”
Aanhaling: You
have to stay in shape. My grandmother, she started walking five miles a day when she was 60. She's 97 today and we don't know
where the hell she is.
Outeur: Ellen Degeneres
Waterterapie vir Oorgewig en Ander Kwale
‘n Gewilde gewoonte het in Japan ontstaan om elke oggend sodra jy wakker word water te drink. Wetenskaplikes
het glo nou die waarde daarvan bewys.
Die bevindings
is dat waterbehandeling doeltreffend werk vir ouer en ernstige sowel as vir moderne siektes. Die Japanse Mediese Vereniging
beweer dat water die volgende toestande genees:
* Oorgewig
* Lyfseer
* Hoofpyn
* Die hartsisteem
* Artritis
* Vinnige hartklop
* Epilepsie
* Brongitis
* Asma
* Tuberkulos
* Meningitis
* Nier– en urienwegsiektes
* Vomering
* Gastritis
* Diaree
* Aambeie
* Diabetes
* Hardlywigheid
* Alle oogsiektes
* Die baarmoeder
* Kanker
* Menstruele ongesteldhede
* Oor, neus en keelsiektes
Behandelingsmetode
1. Drink 4 x 160 ml glase water sodra jy in die oggend wakker word en borsel dan jou tande.
2. Moet nie binne 45 minute iets eet of drink nie.
3. Na 45 minute kan jy normaalweg eet en drink.
4. Moet niks eet of drink binne 2 ure nadat jy jou maaltye genuttig het nie.
5. Ou mense en diegene met ongesteldhede wat nie van meet af vier glase water kan drink nie moet met minder begin en
dit geleidelik vermeerder na vier glase.
Hierdie metode
sal help om siektes te genees en ook verseker dat gesonde mense voortgaan om ‘n gesonde lewe te geniet.
Hierdie lys dui aan hoe lank dit behoort te neem om die meer algemene toestande met waterterapie
te genees, verbeter of beheer:
1. Hoë bloeddruk - 30 dae
2. Die buik - 10 dae
3. Diabetes - 30 dae
4. Hardlywigheid
- 10 dae
5. Kanker - 180 dae
6. Tuberkulose - 90 dae
7. Artritislyers moet die behandeling in die eerste week vir slegs 3 dae volg, en dan daagliks vanaf die tweede week.
Hierdie metode van behandeling is vry van newe-effekte maar soos verwag kan word sal jy veral in
die begin meermale urineer.
Maak hierdie water-drink proses deel van jou
lewensroetine. Drink water en bly gesond en aktief.
Dit maak soveel
sin! Vermy egter water, veral koue water, direk na of tydens maaltye.
Diegene wat graag koue water tydens on direk na maaltye drink, moet besef dat die koue vloeistof enige olierigheid
wat jy so pas ge-eet het sal verhard. Dit benadeel spysvertering. Sodra die neerslag wat so gevorm word met die maagsappe in aanraking
kom breek dit af en word dit vinniger as die soliede voedsel deur die ingewande opgeneem. Die gevolg is dat dit ‘n laag
in die ingewande vorm wat spoedig in vette omskep word en tot kanker kan lei. Dit is beter om warm sop na maaltye te drink.
Kom in die water-drink gewoonte. Dit kos niks en kan jou lewe verander.
Jy moet nooit huiwer om iets nuut aan te pak nie. ‘n Enkele amateur het die ark gebou;
‘n yslike groep professionele skeepsbouers het die Titanic gebou!
Artritis: Daar Skyn ‘n Lig in die Tonnel
Omdat
rugprobleme en artritis so algemeen voorkom en persone wat met hulle gewig ‘n probleem het ook dikwels rugpyn ervaar,
deel ek graag hierdie storie met julle.
My eie stryd
Na
dekades se ellende en gesukkel met laerug pyn, het ek my in 1989 ingelaat vir wat ek baie jare lank probeer vermy het:
sjirurgie (L5 / S1 fussie). ‘n Operasie was vir my die allerlaaste opsie, en eers toe ek by ‘n punt kom waar ek
nie op my eie voete kon staan nie, het ek besef dis nou tyd om daardie strooihalm te gryp.
Die
prosedure was ‘n groot sukses en my hersteltempo het almal verbaas. Tydens my laaste opvolgbesoek by die ortopeed sak
my moed egter in my skoene. Hy vertel my dat ek binne 5 jaar ‘n opvolg by L4 / L5 sou benodig. Daarna, afhangend van
hoe goed ek my rug oppas, sou die proses ongeveer elke vyf jaar herhaal, totdat my hele rug so styf soos ‘n besemstok
staan.
Ek het ‘n tweede opinie by ‘n ortopeed vriend gevra, maar hy het die slegte nuus bevestig.
Albei het ook aangeraai dat ek van my viertrekvoertuig ontslae moet raak en my wanderlust moet inperk omdat die geskud verdere
probleme sal verhaas.
In die tyd toe die simptome in 1993 hierdie onwelkome voorspelling begin waar maak, het ek ‘n
vriend wat toe in ‘n rolstoel was as gevolg van artritis, bekendgestel aan ‘n gespesialiseerde kombinasie van
aanvullers wat die spier- en skeletsisteem ondersteun.
Groot was my verbasing toe hy binne ‘n
week laat weet dat hy uit sy rolstoel is en vry is van pyn. Ek besluit toe daar en dan ek gaan kyk wat dieselfde produkte
vir my rug kan doen.
Tot my groot vreugde
(en verdere verbasing!) het die pyn en ongemak begin afneem, sodat ek binne drie maande my anti-inflammatoriese produkte weggegooi
het. Na ongeveer
ses maande was die pyn en ongemak iets van die verlede.
Dit is nou sestien
jaar later en my rug is gesond. Ek het nooit weer gedink aan verdere sjirurgie nie. Boonop is my rolstoel-vriend steeds vry van artritis. Dan is daar nog ‘n bonus ook by: ek ry steeds dikwels na my gunsteling
4x4 bestemming en speel gereeld sport, onder andere gholf.
Sedert daardie
tyd het ek talle ander mense met soortgelyke probleme hiervan vertel. Almal wat dieselfde oplossing probeer het, het ook dramatiese verligting
ervaar.
Hierdie ervarings het my opnuut bewus gemaak van die wonder van die skepping. Hierdie liggaam wat
ons ontvang het is ongelooflik doeltreffend. Al wat dit nodig het is die regte voeding en oefening, dan verrig dit wondere
en herstel dit op merkwaardige wyse.
Ek ken die gevoel van rugpyn en sal dit nie
vir my grootste vyand toewens nie. Danksy die feit dat dieselfde kombinasie vir rugpyn en artritis gebruik word, kon die laasgenoemde
toestand nooit by my vastrapplek kry nie, maar ek weet dat artritis ook ontsettend aftakelend kan wees.
God
het jou lief en het ‘n wonderlike plan vir jou lewe - Joh.3:16
God se Plan is om vir jou lewe in oorvloed
te gee - Joh.10:10
Hormoonvervangingsterapie: Veilige, Doeltreffende Alternatiewe
Elke
vrou word op een of ander tyd in haar lewe deur hierdie kontroversiële
onderwerp gekonfronteer.
Alhoewel ek nie voorgee dat ek al die antwoorde het nie, kan ek my waarnemings hieroor so opsom:
·
Waar daar ‘n rokie is, is daar ‘n vuurtjie. Kontroversie spruit gewoonlik uit onsekerheid en onsekerheid vereis
omsigtigheid.
· Die vroulike endokrinesisteem behoort, soos
die res van die menslike liggaam, onder normale omstandighede met goeie voeding, normaal te kan funksioneer.
·
Toevlug tot medikasie is dikwels ‘n maklike uitweg wat geneem word voordat alle beproefde meer natuurlike tussentredende
maatreëls uitgeput is.
· Langtermyn mediese
intervensie behoort met uiterste omsigtigheid aangepak te word en waar moontlik behoort dit vermy te word.
·
Newe-effekte is byna onvermydelik waar HRT vir lang aaneenlopende tydperke toegedien word. Dit kan tot ernstige degeneratiewe
toestande lei
My bejaarde suster ondergaan tans een van die mees traumatiese ervarings
van haar lewe: sy kan nie loop nie!
Intensiewe ondersoeke en omvatttende toetse
dui daarop dat haar toestand spruit uit die lang aanhoudende gebruik van besondere sterk hormoonvervangingsterapie.
Die terapie is nou ten gunste van homeopatiese middels gestaak, met goeie
gevolg. Verder word sy vir die loop-probleem behandel. Dit is ‘n lang, uitgerekte proses wat baie geduld verg
maar die betrokke praktisyn is vol vertroue dat die gebruik van die korrekte detoksifikasiehulpmiddels haar mettertyd weer
op die been sal kry.
Intussen is daar vasgestel
dat ‘n wetenskaplik-saamgestelde kombinasie van fito-estrogene (estrogene uit plante), kruie en nutriënte wat in
‘n natuurlike voedselvorm geneem word, vroue help met die bestuur van menopousale probleme soos warm gloede, vaginale
droogheid, emosionele versteurings en gebrek aan libido.
Premenopousale vroue benodig
ook dikwels dieetkundige ondersteuning vir die hormoonstelsel. PMS en buierigheid kan op ‘n hormonale wanbalans dui
en die korrekte kruie-kombinasie sal die liggaam help om die simptome te verlig en om behoorlike dieetkundige ondersteuning
te gee waar dit die nodigste is.
Vra gerus vir inligting
oor die jongste tegnologie in produkte wat aan hierdie vereistes voldoen. Dui asb. aan of jou behoeftes premenopousaal of postmenopousaal is. Hierdie
deurbraakprodukte wat werklik ‘n verskil maak word deur NAPPI-kodes geïdentifiseer en kan teen groothandelpryse
aan u beskikbaar gestel word.
En Laastens : Sinvolle Advies vir Elke
Dag
'Moet
nooit uit die toekoms leen nie. As jy jou bekommer oor wat moontlik more kan gebeur en dit doen nie, het jy jou vergeefs bekommer.
Indien dit wel gebeur, bekommer jy jouself tweemaal daaroor.'
Hierdie
wenke sal jou help om rustiger en gesonder te leef:
1. Bid.
2.
Gaan betyds bed-toe.
3. Staan betyds op sodat jou dag rustig kan
begin.
4. Sê nee vir projekte wat nie in jou skedule kan inpas nie, of wat sal inbreuk maak op jou geestesgesondheid.
5. Delegeer take aan bekwame
mense.
6. Vereenvoudig jou lewe; raak ontslae van beslommernisse.
7. Minder is meer. (Alhoewel een dikwels onvoldende kan wees, is twee dikwels te veel.)
8. Laat ekstra tyd toe om dinge
gedoen te kry of om by plekke uit te kom.
9. Hou reelmatig tred met jouself. Versprei groot veranderings en moeilike projekte
sodat jy nie te veel gelyktydig hoef te vermag nie. Moenie al die moeilike dinge gelyktydig probeer afhandel nie.
10.
Neem elke dag soos dit kom.
11. Skei bekommernisse van besorgdhede. Indien
jy besorg is oor ‘n situasie, vind by die Here uit wat Hy wil hê dat jy moet doen en laat vaar die angstigheid.
Indien jy niks aan ‘n situasie kan doen nie, vergeet eerder daarvan.
12.
Leef binne jou begroting; moenie kredietkaarte vir gewone aankope gebruik nie.
13.
Skep rugsteune; ‘n ekstra motorsleutel in jou beursie of versteek in ‘n strategiese plek onder die motor, versteek
‘n ekstra sleutel vir die huis in die tuin, eksta posseels, ens.
14.
B.S. (Bly Stil). Hierdie klein stukkie raad kan ‘n enorme hoeveelheid moeilikheid voorkom.
15.
Doen elke dag iets vir die Kind in Jou.
16. Hou ‘n Bybel byderhand en lees dit
wanneer jy in toue of op ander plekke moet wag.
17.
Kry genoeg rus.
18. Eet reg.
19. Raak ge-organiseerd sodat elke ding ‘n plek het.
20.
Luister na opnames wat kan bydra om jou lewenskwaliteit te verbeter terwyl
jy bestuur.
21. Skryf idees en inspirasies neer.
22. Vind elke dag tyd om alleen
te wees.
23. Praat daar en dan met die Here as jy probleme het. Probeer om klein
probleempies in die kiem te smoor. Moenie uitstel om te bid totdat dit slaaptyd is nie.
24.
Maak vriende met mense wat die Here dien.
25. Hou ‘n versameling
van jou gunsteling Bybelverse byderhand.
26. Onthou dat die kortste brug tussen wanhoop
en hoop dikwels ‘n eenvoudige “Dankie Jesus” is.
27.
Lag.
28. Lag nog!
29. Benader jou werk ernstig,
maar hoegenaamd nie jouself nie.
30. Ontwikkel vergewingsgesindheid (die
meeste mense doen hulle bes).
31. Wees goedhartig teenoor onvriendelike
mense (hulle het dit waarskynlik die meeste nodig).
32. Sit op jou ego.
33
Praat minder; luister meer.
34. Verminder spoed.
35.
Herinner jouself dat jy nie die algemene bestuurder van die heelal is nie.
36
Dink elke aand voor slaaptyd aan een ding waarvooor jy dankbaar is waaraan jy nog nooit vantevore gedink het nie.
GOD
HET ‘N MANIER OM DINGE VIR JOU OM TE KEER.
'God is vir ons, wie kan dan teen ons
wees?'
(Romeine 8:31)
Vertel ons hoe jy oor hierdie
sake voel en wat jy graag hier sal wil aanspreek!
Kontak my enige tyd via die kontak blokkie op hierdie blad, ek wag gereed om jou te antwoord!
Groete
Jan en Jua