ONSDORP.com

STRANDLOPER

Hoofstraat
Die Mier
Manifes
Kambassadeurs
AfriSkakels
Ander Dorpe se werwe
Army Stories
Boemerang Boertjie
Briewebus
Die Knoop Snelweg
Dobbelblad
Hulpnavrae
Kalahari dot net
KERKPLEIN
Markplein
NUUSBRIEF
Jaargelde
Nuusbrief Argiewe
Ons Kaart
S.A. ABC
Stambome
SOEKHOEKIE
Strandloper
StorieStoep
Voels
Werk in Kanada
Webmeester
HELP!

NEEF JOE SE STORIES

1947 Dodge pick-up

Ontsnapping.

Geskryf deur Joe Mulder.

 

Mens hoor gereeld van ontsnappings uit gevangenisse, maar die ontsnapping waarvan ek wil vertel is nie uit ‘n gevangenis uit nie. Dis ‘n ontsnapping vanuit die lewe, jy gaan in ‘n heel ander wêreld in, ‘n wêreld van lekkerkry en ontspanning, van loutere genot! Dis so anders en mens wens net dit wil nie ophou nie, maar heellaas die lewe eis jou terug na so halfuur of wat!

 

Elke ses weke of so maak ek ‘n afspraak met my haarkapper. Kyk dit was nou vir my ‘n moeilike hekkie om oor te kom hierdie geafspraak makery. Jare gelede het jy by die barbier ingestap, in die ry gaan sit en jou beurt afgewag. Deesdae kry mens omtrent nie meer mans haarkappers nie, hulle is uiters skaars, maar die Unisex haarsalonne het opgespring soos padastoele. Hier stap jy nie net in nie, o nee, jy moet ‘n afspraak maak en daarby hou.

 

Ek hou niks hiervan nie, maar watter alternatief het ek dan nou anders. Hier is nog so ‘n oudstryder, ou Jannie Skêr, maar mens moet geen ambisie vir die lewe hê as jy hom besoek nie. Dis voor in en agter uit, “one style en one price!” Ek moes maar aanpas en begin gewoont raak aan die geafspraak makery. So kry ek weer ‘n opening om 11 uur vanoggend. Ek hou my horlosie dop soos ‘n slaaf sy heer se hand dophou. Ek wil nie laat wees nie, want ek wil nie weer wag vir ‘n ander afspraak nie. Ek wil nou ontsnap, die lewe druk te veel!

 

Dis elfuur en ek stap in. My haardos is nie te lank nie, maar mens wil nou ook nie eers slordig raak en dan begin soek vir afsprake nie. Ek word hartlik ontvang en gelei na die wasbak seksie. Nou wat se gewas is dit dan nou die, ek het dan juis vanoggend my hare gewas onder die stort? “Nee, Meneer ons was almal se hare eers en dan knip die nat hare soveel makliker” sê die bruin hulp wat daar werk. Ek gaan sit en jy moet jou nek agteroor rek om op daai wasbakrant neer te  lê soos wat iemand sy nek op die laksman se onthoofdingsblok sou lê. Sy is hier agter my doenig en ek hoor die water loop en sy sê “ Ontspan maar meneer, ons is nou nou klaar” Toe begin my ontsnapping!

 

Water spoel te heerlik oor my kop en deur my hare en stewige vingers begin my kop was dat die skuim so staan. Og, maar dis nou lekker. Sy bewerk my kopvel omtrent en my oë val letterlik toe! Toe is dit eers ‘n uitspoel en daarna kom die tweede was. Die keer kon ek sweer ek was weg in droomland, want sy masjeer my kop met sterke stewige vingers, eers vinnig en toe stadig. Toe sy dit uitspoel is ek in ‘n trans, ek kan net nie bykom nie. Ek staan lui lui op en skuifel aan na die stoel waar die hare nou eintlik gekap gaan word. My hele lyf tintel van die lekkerkry!

 

Die dametjie wat my hare moet sny wag my reeds in. “Môre môre meneer! En hoe gaan dit?” ‘Nee goed uhm, wat is jou naam nou weer?” prewel ek. “Natasha meneer. Meneer was so lanklaas hier dat jy skoon my naampie vergeet het” koer sy. “Ja dit was seker ‘n goeie ses weke gelede toe ek laas hier was” sê ek. Sy is ‘n kleinerige meisietjie van postuur, slank en fyn gebou en ek hou haar dop in die groot spieël voor my. Sy behang my behendig met doeke om my nek en een wat my hele lyf bedek vir die los hare dat dit nie op my klere kom nie. Toe speel sy met haar vingers deur my hare en sê “ weer square agter en skoon om die ore soos laas?” Ek knik instemmend, want die gespeel met haar slanke vingers deur my hare bring my op die randjie van “uitpass”! Mens het ek nou ‘n swakte vir as iemand met my hare vroetel. Ek moet sê ek is darem seker nie al een nie, Oorle Simson het ook daai swakte gehad as Delila hom so bewerk het.

 

Sy begin by my kroontjie. Sy kam ‘n pluis hare regop, gryp dit behendig tussen haar ander hand se vingers vas en girts sny sy die punte af met die skêr. Dan kam sy die volgende ry hare uit en girts. Ek ontsnap uit die wêreld in ‘n droomwêreld ver weg van die allerdaagse.

 

So gaan sy aan van agter na voor, sy sny om my ore skoon, sy sny my nek square en sy spuit sommer nog bietjie water ook op waar die hare al te droog begin raak het. Ek dryf ver weg op ‘n Lilo iewers op ‘n asuurblou see, te lekker vir woorde. Ek wil nie gesteur word nie. Ek prewel net, moet my tog net nie wakker maak nie. Die saligheid van so ‘n ontsnapping is Hemels!

 

Ek word wreed uit my idiliese Suidsee eiland omgewing geruk toe sy weer praat. “’n Bietjie Blue Berry Mouse meneer?” vra sy. Ek knik beneweld en toe sy die ‘mouse’ in my hare inwerk toe gly ek weer weg, ver weg. Na die mouse se aansit begin sy my hare droogblaas en sy werk dit so met haar vingers in plek. Ek stort by ‘n groot waterval af. Daar’s geen pyn nie, dis net absolute genot en plesier! Terwyl ek nog so sweef tussen Hemel en Aarde hoor ek stemme praat. “Meneer, ek hoop dis reg so? Nog enige iets anders?” Ek is weer terug in hierdie wrede wêreld. Verdomp!!

 

Ek staan stram op, stof my af asof ek vuil is en stap na die kasregister. “Veertig rand asseblief meneer” koer sy. Ek betaal met ‘n smile, want waar in jou lewe kan jy ontsnap na sulke idiliese strande met ‘n asuurblou see vir R40.00. Dit is en bly nou maar net ‘n Bargain! Ek dink ek moet dit elke 4 weke doen, sulke ontsnappings doen my Oumans hart goed!! Dis ver beter as ‘n dubbele Whisky sou ek sê!

 

Joe. ©

lifechanger2.jpg

PROVINET2008.jpg

capecarhire4.jpg
Horizontal Divider 2

kalahariafrbooks.gif