KLIEK OP DIE LERAAR SE FOTO VIR
SY NUUTSTE SKRYWE.
Of
lees hier onder op PUTKOS
vir weeklikse bemoedigende stukkies.
CHRISTO
kliek op prentjie
PUTKOS
...
Lewende Water
vir die dorstige siel...
'n ONS DORP inisiatief,
soos hanteer deur: Gawie Greeff
PUTKOS
...Lewende water vir
die Dorstige siel...
Welkom aan alle OnsDorp.com lesers
by hierdienuweweeklikse bydrae.
Putkos is vir diehongersiel.
Dink aan ‘n put met baie water. Almal kom drink by die putomhuldorste les. Dus voorsien die putlewegewendeinhoudvir die liggaam.Watvan diesiel?
In hierdie bydrae sal
die Put dieBybelwees en die Water dielewendeWoordvan GOD.
Komervaardie warelewendeChristussaammet my. Baie van my inligting in hierdie bydrae sal uiterkendebronnekom en eieervarings. Diebekendstebronsal wees dieBybel.Lekkerlees en ek vertrou dat jy ietssaamkanneem vir die week watvoorlê.
WEEK
2 MAART
In hierdie uitgawe gaan
ek kyk na die basis van beantwoording van Gebed. Daar is 8 punteom na te kyk. Ek gaan net die eerstevier nou behandel en die laaste vier volgende keer.
In 1 Johannes 5: 4 wil God hê dat ons die wêreld moet oorwin d.m.v, gebed. Daar staan geskryf: “….Want elkeen wat ‘n kind van God is, kan die sondige wêreld
oorwin.”
Johannes 14: 14 sê vir ons om te vra verkry ons antwoord van God. Daar staan geskryf: “As julle iets in My Naam vra, sal Ek dit doen.”
God
nooi elke Christen omdirek met die Vader te gesels of kantak te maak. Dit word in Efesiërs 2: 18 bevetig: “Deur
Hom het ons almal, Jode en nie-Jode, deur die Gees vrytoegang tot
die Vader.”
Die vraag ontstaandikwels of
God jou gebede beantwoord? In 1 Johannes 3: 22 word
hierdie vraag baie duidelik beantwoord: “en wat ons vra, kry ons van Hom omdat ons Sy gebooiegehoorsaam en doen wat Hy goedvind.”
1.Dus jou gebede word beantwoord wanneer jy
God gehoorsaam.
God is onseHemelse Vader
en Hy het Sy kinderslief. Omdat God jou liefhet, kan jy na Hom gaan en net soos by jou aardsevader vir Hom dit vra wat jy nodig het.
Wanneer jy as Christen ongehoorsaam aan God is, het jy ook nie die vrymoedigheidom tot onseHemelse Vader te bid nie. As jy lewe soos God se wil jou voorskryf, sal jou gebedeverhoor word. Jy sal dan ook die vrymoedigheid hetom tot onseHemelse Vader te bid. Dit beteken dat jy dinge reg moet doen soos byvoorbeeldomkerk by te woon, jou maandliksetiende te gee, jou Christelikegetuienis uit te leef.
Jy kan op jou beskeiemanier jou Christelikegetuienisuitleef deur
net vir iemand te bid, jy kan fisies iemand
help. In Jakobus 5: 16 word dit duidelik vir ons gesê: “Bely julle sondeseerlikteenoormekaar en
bid vir mekaar, sodat jullegesond kan word.”
2.Dus word jou gebede beantwoord sodra jy ontslae raak van jou bewustesonde.
Om antwoorde op jou gebedete verwag,
moet jy jousonde van ontslae raak en vra God dan wat Sy wil is vir jou. Hier is ‘n paar teksverseom oor na te dink.
Jesaja 59: 2-4
2. “Dit is julle oortredinge wat skeidinggebring het tussen julle en julle God, dit is julle sondes wat maak dat Hy Hom nie aan julle steur nie en nie na julle wil luister nie.”
3. “Julle hande is met bloedbevlek, julle vingers met onreg.
Julle praat net leuens, julle bedink net onreg en
4.
Niemand stel sy saakeerlik nie, geen uitspraak is betroubaar nie.”
Die Psalmis sê ook in Psalm 66: 18 – “As daar sonde in my hart was sou die Here nie geluister het nie.” In Psalm 65: 4 staan geskryf: “….Ons sonde het ons ingehaal, maar U maak ons daarvanvry.” Hier bevestig God vir
ons, dat as jy jou sondebely, die Here jou vry maak daarvan.
3.Wanneer jy in Jesus bly, word jou gebede beantwoord.
“BLY” beteken hier om alles voor God neer te lê, jouself aan God te verbind sonder enige voorbehoude. In Johannes 14: 15 staan geskryf: “as julle Myliefhet, sal julle
my opdragte uitvoer.”
4.Wanneer jy God se wil vra, word jou gebede beantwoord.
Die
wil van God, is sy begeertes vir ons. God wil vir ons sekeredinge gee, Daarom moet ons bid vir God se wil. In Johannes 5: 14-15 staan geskryf: “14. En nou kan ons met vrymoedigheid na God gaan, omdat Hy ons gebedeverhoor as ons enige iets volgens Sy wil vra. 15. En aangesien ons weet dat Hy ons gebedeverhoor as ons iets vra, weet ons ook dat ons kry wat ons Hom vra.”
Die vraag is onwillekeurig, Hoe seker is ons dat dit wat ons vra binne
God se wil vir ons is?
Daar is sekeredinge wat opsigtelik God se wil is, byvoorbeeld, die redding van mense. In 2 Petrus 3: 9 wil God hê dat elkeengered moet word. Dit is nie in God se aard om jou te frustreer nie, tog mag dit wees dat God jou deurverskyedeure laat
gaan, m.a.w. verskeie stadiums van gebed, alvorens ons die antwoord kry.
Ons moet nie vergeet nie, God sal altyd jou
en my opregtheidtoets. So sal dit gebeur dat dit ‘n rukkie mag neem om ‘n antwoord op jou gebed te kry, solank ons met vertroue bid, sal jy jou antwoord kry.
Ek gaan die week begin met een van Solly Ozrovech se gebede, uit Gebede vir jou lewenspad (Binnekamergesprekke
met God)
Wanneer julle bid, moet julle nie soos die heidene 'n stortvloed van woorde gebruik nie. Moet
dan nie soos hulle maak nie, want julle Vader weet wat julle nodig het, nog voordat julle dit van Hom vra (Matt. 6: 7-8).
Ons Vader wat in die hemel is, hoe groot is u genade dat ons U Vader mag noem! Ons buig voor U liefde wat van sondaars U kinders maak. Laat U Naam geheilig word, laat ons lewe strek tot verheerliking van U Naam sodat ons saam met die engele U heiligheid kan bely. Laat
U koningkryk kom, in my hart, o Meester. Heers daar deur U Heilige Gees, Maak my 'n betroubare getuie van
U reddende genade sodat die wereld sal weet dat U mense red vir U koningkryk. Laat U wil op die aarde geskied. Dit is soms moeilik om U wil te ken - en te begryp, Here..... Neem daarom beheer oor van my lewe en lei
my na U wil. Net soos in die hemel - totdat elke knie voor U buig en elke tong bely: Christus is die Here! Tot heerlikheid van die God die Vader! Skenk ons dit wat ons waarlik nodig het om van te leef. Vergeef
ons ons oortredings, nie omdat ons dit verdien nie, maar omdat U liefde so groot is. Help ons daardeur om die te vergewe wat
teen ons oortree. Laat ons nie in die versoeking kom nie, maar verlos ons van die Bose. Hou ons staande
teen die versoekings deur die krag van Jesus Christus. Aan U behoort die koningkryk en die krag en die heerlikheid tot in ewigheid.
AMEN
Vrede tot volgende keer, en 'n mooi week vir julle!
Gabriel
Week 4 van FEBRUARIE 2010
In hierdie uitgawe van Putkos gaan ek kyk nasewebasiesestappe wat in jou gebed moet voorkom. Dit is slegs riglyne. Tog as jy na die teksversekyk wat ek hieronderaanhaal, sal jy besef, dit is hoe God wil hê ons moet bid: aanbidding en smeking is die hooftreke van gebed.
Elkeen van ons deel ‘n geheim van diegene wat
die naaste en intiemste met jou verkeer. God openbaar sy verborgenhede en geheimenisse met jou as jy intiem met God wandel. (Psalm 25: 14, 103: 2)
Jou stilte tyd, jou persoonlike tyd met God, moet die basis en fondamente van jou gebedslewe wees. In die ouvertaling van 1 Tessalonisense 5: 17, sê die word van God, “bid sonder ophou.” In Psalm 62: 9b sê die Here: “Stort julle hart voor Hom uit.” Stilte tyd is nie beperk tot die oggende, die aande en
die kerk se gebedskamer nie. Jy kan enige plek, enige tyd, onder enige omstandighede op jou knië gaan en bid tot jou Hemelse Vader wat in die Hemel is.
“God is Gees en die wat Hom aanbid moet Hom deur die Gees en die Waarheidaanbid.” (Johannes 4: 24)
Ek stel die 7 basiese RIGLYNE voor om jou gebeds lewe vol te maak.
Rig jou gebed tot die Hemelse Vader.
In Matteus 6: 9 en Lukas 11: 2 word jy daarop gewys dat jy bid tot God in die Hemel, “ONSE VADER”
Baie mense, self Christene, begin hulgebede of
rig hulgebede tot Jesus of die Heilige Gees. Ek sê nie dit is verkeerd nie, maar die woord van God leer ons togomtot die Vader te bid. In Johannes 15: 16b,
16: 23 staan; “Dit verseker Ek julle: Wat julle die Vader ookal in My Naam sal vra, sal…”
God stel dit duidelik: Volg My patroon en
jy sal al Myseëninge kry. Volg God se bloudruk in gebed en jou versoeke sal
beantwoord word.
Begin jou Gebed met aanbidding
God is magtig. God
sal jou versoeke toestaan. Hierdie besef sal opnuut by jou opkom, wanneer jy tot God bid. God vereis dat jy Hom moet grootmaak, dus is lofprysing wel aanbidding. Jy kanlof bring
aan die Here ons God. Jy kan Hom
prys met lofgesange. Die Psalmis is vollof vir God: “ons loof U o God, ons loofU, ….”(Psalm
75: 2)
God wil hê dat die mens Hom moet grootmaak, dus prys is aanbidding, “Sing saam met my oor die grootheid van die Here, en laat ons saam sy Naam prys.” (Psalm 34: 4) God is onveranderlik, daaromkan ons prys God nie verander nie. Deur God groot te maak, word ons eie waarneming net vergroot.
Gebed moet danksegging insluit
In Fillipense 4: 6 het Paulus vir
ons ‘n aanduidinghieroor: “Moet oor niks besorg wees nie, maar maak in alles julle begeertes deur gebed en smeking en met danksegging aan God bekend.” Wanneer jy bid prys God vir wat Hy vir jou
gedoen het, dank God vir jou redding, huis, familie, vir jou gesondheid, vir jou klere, vir jou ! - en dat die Here jou gebruik vir die uitbreiding van Sy kerk. (Koningkryk)
As jy besef wat God vir jou in die verlede gedoen het, dan weet jy wat Hy in die toekoms vir jou gaan doen as antwoord op jou gebede. Baie belangrik, doen alles in geloof.
Jy moet jou sondebely.
“As ons beweer dat ons nie sonde het nie, bedrieg ons onself, en is die waarheid nie in ons nie.” (Johannes 1: 8) Dus ons sondigaltyd.Bely jou sonde voor God. In Psam 32: 5 het Dawidgesê: “Toe het ek my sondebely.” In 1 Johannes 1: 9 sê die Hereonse God dat Hy ons sondes sal vergewe.
In Psalm 51 kry ons ‘n riglyngebed vir belydenis van sonde. Wanneer jy vergifnis vra, moet jy ‘n skoon en regverdige lewe leivolgens God se wil. Voor jy gaan bid, moet jy jou lewe skoon maak. In die model gebed wat Jesus Christus vir ons gegee het in Matteus 6: 12 moet ons onssondes elke keerbely wanneer ons bid. In Jeremia 33: 33 sê die Here, “roep my naam aan, Ek sal jou antwoord….”
In Matteus 6:
12 bid ons, “soos ons ook die vergewe wat teen ons oortree….” Hier bid jy vir vergifnis, vergewe dus die wat teen jou gesondig het. In Matteus 6:
14 sê God dat ons diegene moet vergewe, want as ons dit nie doen nie, sal God jou ook nie vergewe nie. (Matteus 6: 15)
Deur iemand tevergewe wat teen jou gesondig het, mag dalk net versoening bring. (Matteus 5: 23-24) Baie belangrik.Doen alles in geloof.
Bid vir jou persoonlike behoeftes.
In die model gebed het Jesus vir ons geleerom vir ons daaglikse brood
te vra en Paulus het gesê; “Moet oor niks besorg wees nie, maar maak in alles julle begeertes deur gebed en smeking en metdanksegging aan God bekend. (Fillipense 4: 6-7) In matteus 7: 7; “vra en vir julle sal gegee word; ….” Hier maak die Here ‘n belofte aan jou en my. Doen alles in GELOOF.
In 1 Sameul 1
was Hanna baie bedruk,
sy het baie gehuil, sy het ook lank gebid, maar die Here het haar smart en pyn gesien en haar gebed verhoor. Die Here het vir Eli gebruik om dit vir Hanna te oor te dra. 1 Sameul 1: 17 “Toe sê Eli: Wees gerus en gaan nou maar. Die God van Israel sal aan jou gee wat jy van
Hom afgesmeek het.”
Gebed moet ook voorbidding vir die nood van ander insluit.
Wanneer jy bid vir jou broers in nood, asook hulle behoeftes. Kyk maar naPaulus se briewe aan verskillendemense. Daarin het
hy altyd vir hulle gebid. (Romeine 1: 9, Fillipense 1: 4, Kolossense 1: 3 en 1 Tessalonisense 1: 2)
Net self gesentreerde en selfsugtige persone bid vir hulself.
Sluit jou gebed in die Naam van Jesus af.
Eindig jou gebed in die naam van Jesus Christus. Jesus sê vir ons in Johannes 14: 14 – “as julle My iets in my Naam vra, sal Ek dit doen.”
In Hebreërs 7: 25 doen Jesus vir ons voorspraak by God. Eindig in Jesus se naam jou gebed, daardeurerken ons dat Hy die enigsteverlosser is vir ons sonde.
HERE, MY GOD, VIR ALTYD SAL EK U LOOF.
BID IN GELOOF.
PUTKOS
Week 3 van FEBRUARIE 2010
MAAK GEBED ‘N
GEREELDE DEEL VAN JOU LEWE
Die volgendeteksversegee vir ons ‘nduidelikeaanduidingwat God sê oorgebed.
Die wat nie het nie, het nie gevra
nie.
“Julle het nie, omdat julle nie bid nie.” –Jakobus4: 26
“……vra net wat julle
wilhê, en julle sal dit kry.” –
Johannes 15: 76
“Wat julleookalin my naam vra, sal ek doen sodat
die Vader deur dieSeunVerheerlikkan word.” – Johannes 14: 13
“RoepMy aan in die dag vanbenoudheid: Ek sal jouuithelpen jy salMyeer.” – Psalm 50: 15
“Alles wat julle
ingebedvra, glo dat julle dit al ontvang het, en dit sal vir julle so wees.”– Markus 11: 24
Gebedis nie net vra en vra en vra nie.
Nee,gebedis ooklofprysing,dankseggingengemeenskapmet God. InRomeine12: 12b staangeskryf: “Volhardingebed.” Daar is persone wat ingebedniks vranie,dan isdaardiegene wat net vra en vra en
vra. Vir hulle isgebednet ‘nwensdenkery.
Dit is dus baiebelangrikdatgebednie magstagneernie, ook nie ‘nherhalingvanmooiklinkendewoordeenfraseswees nie.
Dit is dusbelangrikdat ons moet leer hoeomte bid (Lukas 11: 1 – “Here leer ons bid.”) of wat die aard vangebedis.
Die AARD vangebedkanuit die volgendebestaan:
Dieallerhoogstedoel(aard) vangebedisomgemeenskapmet God tehê,teenooromaltydnetversoeketot God te rig.
Maarten Luther
hetgesê: - “Tyd met Godgespandeeris tydgewen.” InEfesiërs5: 16 staan: - “Maak diebestegebruik van elke geleentheid.”
Gebedis dus ‘n gesprek met dieHemelseVader. ‘nGesprektussenjou en God. Hierdie gesprek isomjouverhoudingmet God teverbeter(1Korintiërs 1: 9)
Lank voor ‘n
kind (baba)kanterug gesels met sy of haar Pa (Vader), praat die Pa met die kind. Dus lank voor onsgereedwas het God (OnsHemelseVader) vir ons ‘nboodskapgeskryf. Nou praat ons met Hom
ingebed. God hoor
onsgebede, omdat ons Sykindersis.
Johannes 9: 31 sê
die word van God vir ons dat jy moet ‘n kind van God word en weet dat Hy jouHemelseVader is. Dankanjyantwoordeop jou versoek in jougebedekry.
GEBED IS DIE BASIS
VIR ‘N SUKSESVOLLE CHRISTELIKE LEWE
Gebedis die basisomons ‘n nuwevisiete gee en virgenoegsamevoorbidding. As jy ‘n probleem het met jougesondheiden joubuurmanis ‘ndokter, maar jy besluitomnie hulp te vra nie, is dit jou eieskuld. Joubuurmansal jou help as jy hom vra. Dus sal en wil God jougebedebeantwoord, ás jy Hom vra.
Deurgebedwil Godhêjy moet die wêreld oorwin.
(Johannes 5: 4)
Gebedis nie net ‘nsielkundigeverlossingvanangsnie, maar ook die weg na ‘nsuksesvolleChristelikelewe.Sukseshetmotiveringnodig.–Gebed.
Jy moet wag op God se antwoord
wat ‘nkalmteoor jou laat kom, sodat jy jou lewe inoënskoukan neem.Gebedsal die nodigeveranderingsin jou leweteweegbring.
InJakobus4: 17 word onsgewaarsku. ‘nGebrekaangebedkan deur die Here assondebeskouword. “As iemand weet wat dieregteding isomte doen en hy doen dit nie, is ditsonde.” As jy nie bid niebetekendit dat jy God nie vertrou nie,
dat jy God nie gloomjouversoeketoe te staan nie.
In 1 Samuel 12: 23verwysJakobusnaeen van daardieopsigtelikesoortsonde, wat jy weet jy moet iets doen entoglaat jy ditverbygaan.
Gebedkanmense selewensbeïnvloedenselfsdiegeskiedenisverander. Tog so minmense beoefengebed.
God sebeloftesis ook vir u en my. InJakobus1: 5-6 sê die Here vir ons
dat as onswysheidvan die Here bid, Hy dit vir ons sal geemitsons dit natuurlik ingeloofbid enniedaaraantwyfelnie.
Ook sê dieHerevir ons inJakobus4: 3 dat as onsverkeerdbid, ons nie sal ontvang nie. Dieenigsteeffektiewemanieromte bid is om tevolhardingebed. Bidvoortdurendselfswanneer jougebedslewedorenvrugtelooslyk en voel. Hou in gedagtes dat wanneer ons nie reg bid nie, dieHeiligeGees vir jou salintree.
Ekkanonthouas kind het ek my maaltydiets gevra sooskoekies,koeldranken ‘ngeldjie. Haar antwoordmeestevan die tyd was ‘nbeslisteNEE. Ek het danaltydmydiensteaangebied, soosomdiekombuisuit tevee,skottelgoed te was,ens.Dan het ekgewoonlikgekrywat ekwouhê.
By God werk ditheeltemalanders.God het joulief.God vra net dat onsmoet GLO, Hom EER,LOOF,PRYS,Sy WIL aanvaaren Hom toelaatomdie Kaptein van jou lewe ensukseste wees.
GEBED HELP ONS
OM DIE WIL VAN GOD TE KEN.
Wanneer Jesus
op die punt staan om die twaalf dissipels te kies, bid Hy die hele nag deur sodat Hy die mense kan kies wat die Vader self
op die span sou wou sien. Na die nag van gebed kies Jesus 'n vreemde span. Hy kies 'n man wat sou twyfel die eerste keer
toe hy teenstand kry; Hy kies 'n man wat sou weghardloop wanneer Jesus hom die nodigste sal he; Hy kies 'n man wat Hom later
sou verraai vir 'n paar stukkies silwer. Hy kies nie die span wat mense sou wou he nie, Hy, kies die span wat GOD
wil he. In tye van gebed kom 'n mens agter wat die Here wil he jy moet doen.
GEBED HELP MY TEEN VERSOEKINGE
Versoekings
het nie net te make met dinge wat ek nie mag doen nie, ek dink dit het eerder te make met die versoeking om nie te doen wat
ek weet ek behoort te doen nie. Ek was al in ontelbare baie situasies waar ek geweet het dat ek iemand moet vertel van die
Here Jesus, ek kon nie - ek het toegegee aan die versoeking om nie te praat nie.
In die nag voor Jesus se dood
is Hy alleen in Getsemane, in gebed. In hierdie oomblikke weet Jesus wat vir Hom wag, hulle gaan Hom gevange neem, martel,
verhoor, kruisig en begrawe.
Vir sy dissipels het Jesus 'n waarskuwing, hulle moet bid dat hulle nie in die versoeking
sal kom nie. Die versoeking om te maak of hulle Hom nie ken nie wanneer die gevaar dreig.
Jesus is ons voorbeeld.
In Getsemane bid Hy so intens dat sy sweetdruppels soos bloed op die grond val. Hy bid dat Hy ook nie sal toegee aan die versoeking
om nie God se wil te doen nie.
So as jy weer voor enige versoeking staan, bid en vra die Here om jou help. Wanneer
die stemmetjie jou aankla oor iets wat jy gaan doen of reeds gedoen het, gaan op jou knie en bid dat die Here jou moet help
en vergewe.
Ek laat julle met die volgendewoordetot ‘n volgendekeer:
MAG DIE HERE, DIE BRON VAN ALLE
VREDE, JULLE ALTYD IN ALLE OPSIGTE VREDE GEE.
Vrede.
Gabriël
Greeff
ONTHOU:
Ons Hemelse Vader neem nooit iets van Sy kinders weg
sonder die bedoeling om aan hulle iets beters te gee nie. Jou besluit moet nie wees om sukses te behaal nie, maar om die regte
ding te doen.