VROU VAN SPREUKE 31
Hierdie boek is spesiaal saamgestel vir
Moedersdag, maar is nie net bedoel vir Moedersdag nie. Hierdie is ‘n “elke dag boek. Let asseblief egter dat
hierdie boek redelik groot is (2MB) alvorens jy bestel. Hierdie e-boek is vir ALLE vroue, en nie net diegene wat
die titel ma, moeks, mammie of moeder dra nie. My beskeie mening is dat elke vrou met natuurlike moederinstink gebore word,
en dus in haar wese die moederlike rol op een of ander stadium in haar lewe vertolk. Of dit is dat jy kinders van jou eie
het, of dit is dat jy peetma is, of voog is, of dit is dat jy toe jy klein dogtertjie was vir jou poppe ma-ma gespeel het
en of dit is dat jy vir die hondjies, katjies of voëltjies kos gee. Die moederinstink sal daar altyd wees, so ook die
behoefte om te versorg, te bederf, te beskerm en te vertroetel. Al hierdie dinge, is ma-wees dinge, en alle vroue het 'n
begeerte daartoe. Hierdie samestelling bevat nie net resepte nie, maar ook gesegdes, waarhede en allerhande verrassingtjies.
Dit is inderdaad een van my samestellings waarop ek die trotste is en ek glo jy sal dit ook net so geniet.
En
dan iets oor:
PA SE BOEK: Ek kan die boek aanbeveel as ‘n ideale Vadersdag geskenk wat
die 20ste Junie gevier word. Dit is iets heel anders as die gewone "soap on a rope" of nog ‘n paar sakdoeke.
Menige mans het al in die verlede vir my terugvoering gegee oor hierdie boek wat hul beskryf het as uitsonderlik. Hierdie baie spesiale boek bestaan uit heerlike BRAAIVLEIS,
POTJIEKOS, WILDSVLEIS en “COCKTAILS” resepte en sommer net allerhande lekker sêgoed, grappies en interessanthede.
Hierdie boek is opgedra aan alle mans wat 'n spesiale plek in iemand se hart besit. Dit was oorspronklik saamgestel vir Vadersdag
2006, maar het nog nie ophou belangstelling lok nie, en neem nog steeds toe in gewildheid. Regtig ‘n Ideale geskenk.
KOM ONS PAK ‘ N PIEKNIEKMANDJIE
Die boek handel oor vriendskap en liefde en 'n piekniekmandjie en
al die lekker eet wat daarmee gepaard gaan. Dit bevat verskillende kossoorte (soet en southappies) (sosaties) (doopsouse)
(koue soppe) (verskeidenheid brode) (lekkernye) (drankies en vele meer ) vir 20 verskillende piekniekmandjies en sommer
net allerhande mooi en besonderse sêgoed oor vriendskap, en 'n idee of wat om vir die spesiale persoon as geskenkie
te gee.
SOMER,
SON EN BAIE SLAAI
Is
presies dit wat die naam aandui. Dit is nie net gewone "bokkos" nie. Dit is 'n fees van slaaie. “Slaaie galore”.
Hierdie eBoek bevat meer as 200 resepte wat nie net heerlike slaaie insluit nie, maar ook smoothies, skommels en allerlei
dorslessers.
MAMMA MIA – LEKKER PASTA
Pasta is wonderkos: Dis baie gerieflik, goedkoop, altyd beskikbaar,
vinnig gaar en lekker saam met enigiets. En die beste van alles, as jy pasta met die regte bestanddele meng, kry jy ’n
voedsame gereg propvol energie. Hier is ’n verskeidenheid watertand-maaltye waarvan die meeste sommer tjop-tjop gemaak
kan word – en só meer rusbanktyd vir die kok verseker! Sommige bekend, ander ‘n avontuur om iets nuuts
op te tower.
SMULGEREGTE OPGETOWER UIT MAALVLEIS
Maalvleis is een van dié mees veelsydigste
kossoorte. Selfs die mees onervare kok kan iets daarmee uitrig. Met 'n bietjie verbeelding en moeite kan 'n mens sommer
smullekker geregte hiervan voorberei. Hierdie is ‘n samestelling van die sulke resepte. Die meeste van die geregte
word 1-2-3 voorberei ander met bietjie meer moeite. Maalvleis bly ’n staatmaker, want jy kan dit op soveel maniere
voorsit. Jy kan kerrie, frikkadelle of moesaka daarmee maak of dit by rys inroer vir ’n vinnige eenpotgereg.
HOENDER VIR ELKE DAG SE EET
Hoera vir hartlike, vullende hoendergeregte! In hierdie samestelling
is daar vele maniere hoe om KIEP-KOS perfek gaar te maak en op splinternuwe maniere voor te sit. Moeg vir altyd dieselfde
ou hoendergeregte? Beproef dan van hierdie opwindende nuwe maniere om dié klassieke gunsteling voor te sit, en is
dit tyd om nuwe dinge te beproef.
RECIPES FOR VEGETARIANS
As jy besluit het om te leef met 'n groentekebab in plaas van 'n Karoo-tjoppie op die
rooster, of ewig tevrede wees met 'n muesli-ontbyt, terwyl die res van jou gesin hulle aan spek-en eiers verlustig.Dié
tipe leefwyse kan baie gesond wees, mits die voedselprodukte wat uitgeskakel word, met 'n plaasvervanger vervang word, en
dus is hierdie boek dan vir jou, aangesien dit bondige samestelling is van Vegetariese disse. Beskikbaar in Engels .
ALWEER OP DIEET ?
Hierdie is egter 'n boek met 'n verskil. Dit is nie 'n dieetboek
nie. Dit is 'n boek oor GESONDE KOS en alles wat gepaard gaan met 'n gesonde eetpatroon. Hierdie boek bevat resepte
en eetgoed wat goed is vir jou en jou gesondheid. Van die bestanddele word uiteengesit en word daar vir jou vertel hoekom
dit noodsaaklik is dat jy dit moet inneem om gesond te kan lewe.Om 'n voorbeeld te noem: Watter voordele hou roosmaryn, knoffel, neute
en sade in vir jou gesondheid as jy dit in jou resepte gebruik? Die boek bevat baie resepte oor vars slaaie, groentes, varkvleis,
visgeregte, pasta geregte, ligte etes ens. ens.
EET
JOU GROENTE
Word in dieselfde formaat as al my ander
boeke aangebied. Dit is presies wat die titel sê. 'n Boek oor groente. Groente van A-Z. Verskillende maniere
van groente voorberei. Kom ons erken dit nou maar. Groente is groente is groente en veral kinders dink die meeste van tyd
JUGGGH.Miskien sing hulle en selfs jy 'n ander deuntjie as jy moontlik die kool, pampoen, brusselse spruitjies op 'n ander
manier as die gewone voor te berei.
ONTHOU JY NOG?
Hierdie
boek is propvol resepte uit ons kinderjare.Onthou jy nog? Hertzogkoekies, mosbolletjies, gemmerbier, repelsteeltjies? ens
ens.Ek glo dat as jy deur hierdie boek begin blaai, die meeste resepte jou ‘n “ TRIP DOWN MEMORY LANE ”
sal gee.
110 SPYSKAARTE VIR DIE WERKENDE VROU
Na baie navrae het ‘n boek saamgestel vir die werkende vrou wat saans nie ure
voor die kospotte wil staan na ‘n dag se werk nie. Die geregte is beplan vir Maandae tot Vrydae.Naweke verander
‘n mens se roetine as in die week en spyskaarte vir Sondag etes, ens is nie hierby ingesluit nie.
Hierdie boek bevat die volgende:
‘n Uitgewerkte spyskaart, met volledige
resepte wat betrekking het tot die spyskaart.
‘n Lys van bestanddele wat daagliks benodig
word vir die spesifieke dag se geregte.
‘n Verskillende toebroodjie vulsel elke
dag. + Ekstra's !
MAKING DIABETIC COOKING EASY
'n Diabetiese boek in Engels wat bestaan uit 175
resepte. Resepte dui voedingstabelle aan, bv. vesel, proteine ens. Wye verskeidenheid van onderwerpe vanaf peuselhappies
tot poedings. Alhoewel die boek in Engels is, is dit maklik verstaanbaar.
JAPTRAP ETES
SONDER DIE SJLEP
Dis 'n fyn kuns om saans
ná werk by die huis te kom en binne 'n kort rukkie kos gereed en op die tafel te hê. Om gou by 'n supermark
te stop vir voorbereide etes, is nie altyd 'n opsie nie - definitief nie elke aand van die week nie. Is jy ook soms
in hierdie situasie?
SOUSE, DOOPSOUSE, SMERE EN BOTTERS
Daar is dinge wat maar eenmaal bymekaar hoort - soos die regte sous
by die regte kos. En doen jy 'n bietjie ekstra moeite in die sous-afdeling, is dit die maklikste manier om nuwe woema aan
ou gunstelinge te gee.
'n BORDVOL PEUSELHAPPIES
Southappies is nie noodwendig 'n makliker manier van onthaal nie,
juis omdat daar soveel moeite in die maak van southappies ingaan. Die voordeel daarvan is egter dat die gasvrou alles vooraf
kan maak en heerlik en ontspanne saam met haar gaste kan kuier.
Hier is kortliks hoe dit werk met die kleiner samestellings:
Elkeen van die onderstaande samestellings
bevat ongeveer 100 of bietjie meer resepte. Elke samestelling se prys is R30 elk.
MAAR. indien die koper meer as 4 boeke neem verlaag die prys
na R25 per samestelling, en meer as 10 verlaag die prys na R20 per samestelling.
AFSKEEP KOS
Stampmielies, mielierys, mieliemeel, koeskoes,
koring, gort.
BEESVLEIS VERRASSINGS
Allerhande lekker beesvleis geregte, insluitende “steak”
BREDIES EN KASSEROLGEREGTE
Maw. Stews en oondstowe
geregte
BYKOSSE
Alles en nog wat om
by etes te bedien o.a souffles
DRIE
RRR’e
Rys, Risotto en Roerbraai geregte
EENBAK/EENPOT
Alle eenbak etes, hetsy oondgebak of bo-op
die stoof in ‘n pan
ELKE DAG AARTAPPELS
Elke dag ‘n
ander aartappeldis.
GROENTE RONDOMTALIE1
Aspersies, Broccoli,
Ertjies, Groenboontjies, Blomkool, Knoffel Wortels , Preie en Patty Pans
GROENTE RONDOMTALIE2
Beet, Botterskorsie, Patats, Murgpampoentjies,
Brusselse spruitjies, Avokado(eintlik ‘n vrug), Komkommer, Pampoen en gemengde groente.
GROENTE RONDOMTALIE3
Sampioene, Skorsies, Spinasie, Eiervrug,
Kool, Mielies, Tamaties(eintlik ‘n vrug), Selderye en Soetrissies, Uie en een en ander onbekendes.
GROOT KOEKE TE KIES EN TE KEUR
Allerhande soorte
en smake
HERINNERING AAN OUMA SE SPENS
Konfyte en piekels
en ‘n paar ander verrassings.
KOEKBLIKKE
VOL KLEINKOEKIES
Die naam sê dit als
KONINGSKOS
Beesstert, Skenkels, skaapnek, Beesnek
KOS UIT DIE SEE
Jy kan jouself indink-
Garnale, calamari, mossels, koningklip en baie meer .
MENGELMOES
Alles wat nie iewers ingepas het nie, insluitend kaas en eier geregte.
OTTERTJIE OT
Allerhande lekker varkvleis geregte, insluitende
ribbetjies en vele meer .”
PEULGROENTE
Ideal vir die vegetariers. Bone, lensies, spruitjies ens.
RUIK DIE GEUR VAN SPESERYE
Kerries en brandkos
– Geure van die Ooste en nog meer .
SKAAP EN LAM TREFFERS
Allerhande lekker skaap en lamsvleis geregte.
SOET SOETER SOETSTE
Soet terte en kaaskoeke.
SONDAG SE VLEIS
Duurder vleissnitte,
soos skaapboud, tong, skof en “roasts”
SOUTTERTE EN QUICHE
Die naam sê als.
TEETYD TREFFERS
Verskeidenheid muffins,
skons en poffertjies.
VIR
DIE SOETTAND
Lekkernye en allerhande soetgoed soos malvalekkers, noga, fudge en baie meer .
VIS EN VLEIS UIT’N BLIK
Tuna, salm, makriel,
sardiens, slakke en ander .
WEESKINDERS
Lewer, afval, niertjies, hoenderlewertjies en een of twee ander .
WORS EN WORSIES
Boerewors, frankfurthers, Russians, varkworsies
en allerhande ander wat lyk soos wors...