KUNSTEBULT

Johann De JAGER

TUISBLADSY
Bernadette Du Toit
Quintin du Plooy
Jopie Van Wyk
Dirk Boshoff
Embrenchia Snyman
Dirk Kruger
Annamarie Du Toit
Annetjie Van Zyl
Ans Coetzee
Anne-Lize
Barbara
Conley Meyer
Cornelius (Corrie) Nel
Daleen Stegmann
Deon Viljoen
Gerhard
Hantie Dreyer
Joe Mulder
Johan Visser
Johann De JAGER
Petro Gordon-Hendricks (nee Rhode)
Paul Avenant
Ray Theron
Retha Kruger
Welma den Haan
TERUG NA ONSDORP

Vier vlesige vroue

besluit om daagliks te gaan draf,

so skud mens glo die kilos

van kilojoules gou af.

Vier vasberade vroue

neem toe vooraf bestek,

meet omvang, weeg, tel voue,

kalibreer dikte van spek.

Vier verbete vroue

val toe in die pad,

syg neer op hande en knieŽ

na `n kwartier of wat..

Vier fl(oue)rige vroue

gaan lÍ toe onder `n boom,

vlak voor die sonsit stoepie

van `n besorgde oom.

Vier verbouereerde vroue

steek hulle hande op

toe loeiende sirenes

skielik by hul stop.

Vier vreesbevange vroue

wat weet hoe misdaad blom,

vermoed hierdie is rowers

as parameds vermom.

Vier verslae vroue

hoor wat die wakker oom

sÍ van ou kapingsdrama

slagoffers onder `n boom.

Vier verligte vroue

stap toe stadig terug,

hul voornemens soos water

onderdeur `n brug.

========================

Oorwinningsdans.*

O, as die oossonnetjie homself

skuins deur die clivias pleng,

agtuur in die mŰre;

en vuurfeetjies met vlamrokkies

staan gereed vir die oorwinningsdans

rondom oorblyfsels nag,

diep onder struike vasgespoel

in ylingse vlug voor die lig;

dan klopdans my hart, toyi-toyi

- `n klipgooi ver van die mirakel -

teen my syn wat ook daar iewers sit,

as ek my vensters oopgordyn

en sien – voel – hoe die nag verdwyn.

Johann de Jager/KNP/5/9/2003 *= `Giyani` in Tsonga

STUUR JOU EIE GEDIG OF PROSA AAN pos@onsdorp.com