KUNSTEBULT

Ray Theron

TUISBLADSY
Bernadette Du Toit
Quintin du Plooy
Jopie Van Wyk
Dirk Boshoff
Embrenchia Snyman
Dirk Kruger
Annamarie Du Toit
Annetjie Van Zyl
Ans Coetzee
Anne-Lize
Barbara
Conley Meyer
Cornelius (Corrie) Nel
Daleen Stegmann
Deon Viljoen
Gerhard
Hantie Dreyer
Joe Mulder
Johan Visser
Johann De JAGER
Petro Gordon-Hendricks (nee Rhode)
Paul Avenant
Ray Theron
Retha Kruger
Welma den Haan
TERUG NA ONSDORP

DIE STORM

 

DIE SKILDERDOEK:

Grys tinte in die boonste hoek.

Dan skeur die doek;

in skril en skewe kontras

word ‘n wit lyn ingekerf

en die son word toegeverf.

DIE NATUUR:

Wolke bondel saam en skyn laag

in sagter lig. Die reŽn maak alles vaag.

Takke swaai en swenk.

Die geur van vars rooi grond

draai oral rond.

DIE PARTITUUR:

Pianissimo – piano.

Fortissimo - Forte!

Harder, en harder dawer keteltromme

om met simbaalbomme

en ander instumentkartetse te ontplof.

LEGATO –

Mineurvioolklank vir die wind.

Vaal-groen vingers bid.

Strome murmel in die geute en

op die dak, ‘n ritmiese getrom

wat loop tot in die reŽnwaterdrom.

MODERATO-

In G majeur – ‘n solo

eers ‘n enkele piccolo,

dan kom ander blasers by.

Helder klanke word in blou aangebring.

Koperblasers blits ‘n sonstraalstring.

HY VERF:

Wit wasem-hitte teen die ruite.

Grys word groen en ander kleure buite.

Sy reenboogkleur in toonleergeur,

Dit drup diamante. ‘n Harp neem oor.

Dan stippel hy in, die voŽltjiekoor.

SLOT

Die simfonie groei,

dit jubel en streel

met kinders en honde wat speel

Tot dit eindelik, saggies in fluit

met ‘n voŽlgebed sluit.

NASPEL:

Warm en soet is die geur van die grond…

‘n Laaste druppel rol tot dit stort

oor die kant van ‘n kappertjieblaar.

Vir ‘n oomblik laat God dit blink

voor Hy die spieŽlstukkies skink.

BRIEF AAN DIE KERKRAAD:

Geagte meneer die voorsitter,

oor een saak voel ek bitter,

daarom stel ek nou aan u voor,

met dže foto: Ons wonderlike koor!

Heel voor, ( opgestop en opgekrop),Sally Heysteck,

barstens van trots op haar stem en haar plek.

Heel agter rank ons belangrike menere;

die tÍnners en ons basgewere.

Ons leier, met haar ysere blik, reg senter,

is mevrou dominees Venter,

met lippies dun getrek, nekkie lank gestrek,

hou elkeen met haar oŽ op hul plek.

Meneer, ons edele doel is om saam mooi te sing.

(Behalwe Steve, hy doen maar sy eie ding,

Carl en Bertie is gedurig oor iets beswaard,

en Johan dokter almal met potjies boereraat.

Maar Voorsitter, die tÍnners ten spyt,

‘n sopraan was ons amper kwyt.

Ons koster is die probleem,

sy een waterglasie die aanstootsteen.

Nou eendag het een sopraan

amper dramaties heengegaan;

vir ‘n hoge noot het sy gemik,

en toe, meneer, verstik!

Die glasie was lankal leeg,

o liewe aardse deug!

Sy gee een laaste sug,

toe klap Miems haar op die rug,

en soos ‘n voŽl in vlug,

trek sy sierlik deur die lug.

Gelukkig kon ons haar stop

voor sy op die preekstoel drop.

Maar meestal, Voorsitter-meneer,

kan ‘n mens die groep waardeer.

Dis net, die sopraan se kys laat mens dink,

“Danger Pay” behoort diŤ saak te beklink.

Laat kom die tjek maar gou,

want ons senuwees is regtig rou.

En dalkies as ons hard probeer

sing ons Sondag in die kerk, ‘n keer.

ALTA SKINNER

DIE SEKRETARESSE

HANTIE DREYER

 

STUUR JOU EIE GEDIG OF PROSA AAN pos@onsdorp.com