KUNSTEBULT

Annetjie Van Zyl

TUISBLADSY
Bernadette Du Toit
Quintin du Plooy
Jopie Van Wyk
Dirk Boshoff
Embrenchia Snyman
Dirk Kruger
Annamarie Du Toit
Annetjie Van Zyl
Ans Coetzee
Anne-Lize
Barbara
Conley Meyer
Cornelius (Corrie) Nel
Daleen Stegmann
Deon Viljoen
Gerhard
Hantie Dreyer
Joe Mulder
Johan Visser
Johann De JAGER
Petro Gordon-Hendricks (nee Rhode)
Paul Avenant
Ray Theron
Retha Kruger
Welma den Haan
TERUG NA ONSDORP

Hunker Vlug

 

As jy in Eendag glo

en jou drome verstaan,

sal jy my hand kom vat

voordat die maan vergaan?

As jy my ridder is

en die donker nie vrees

sal jy my weg kom voer

na waar die tyd genees?

As jou naam Sprokie was

met ‘n “ewig” op jou stert

sou ek ‘n ster kon kry

of is geluk meer werd?

As jy ‘n nar kon wees

wat laggies verseŽl

sal jy my wang kom soen

en my trane weg steel?

As jy my Atlas was

met my las op jou rug

sou jy my drake beveg

en my riviere oorbrug?

As jy my woorde verstaan

en deur my masker kan sien

wil jy nie ‘n wyle weer

net glo in “miskien”?

Ontnugtering

Masker mooi het jy gespeel-lag

die dag toe my suinig-swye weer verbreek was

Growwe Graniet tas

met feŽtjie-fyn krag

die dag toe my ysskerf hart weer verweek was

flou-verskonend het jy omgedraai

in my siel reeds die saad gesaai

roos-doring die tyd

sag-seer sy byt

die dag toe my omgee-gemoed weer versteek was

HeimweŽ

Ek pink vanaand ‘n traan

vir die man in die maan

wat verwonderd staar en af lag

en gemoedelik op die son wag

Ek treur vanaand net sommer

sonder rede, wynig kommer

oor Gister se onthou

in More toe gevou

Ek snik vanaand onnodig

verlammend, seer, oorbodig

want emosies op die wange

versterk net die verlange

Ek huil vanaand oor jou

die duiweltjies in blou

die speel-krag van jou hande

jou brose siel se wande

Ek pink vanaand ‘n traan

vir die man in die maan

wat knipoog met my spot-lag

oor ek verniet vir jou wag

Muse

As my nabyheid jou die vrede kon gee

wat jy in die berge vind

As my hande jou bewing kon bedaar

soos ‘n wiegelied ‘n kind

As my stem jou kon laat uitstyg

op die wieke van die wind

Sou jy dan eers my hart in my oŽ kon sien

of hou jy jou net blind?

Sielvesting

oorbekende stil gebaar

sy duisend-myl-staar

verlangend opgevaar

na waar die son se lewens werke

goud verwoord op arends vlerke

soekend na sy bergnes-vrede

in ontvlugting van die wrede hede

‘n Binnekind Storie

Vee af jou Trane, My kind

en luister na die wind

Hy vertel van ‘n More,

my Kind,

wat jou Gisters sal verwerk

tot die goue towerstof

waarvan die Droomman

sy wegkruip-mantels weef

Vergeet van jou Drake, My kind

‘n Ridder sal hulle verslaan

met ‘n krag wat strek oor eeue

Vrees hulle nie,

my Kind,

hulle tande is stomp,

hulle asems is koud

Treur nie oor hulle,

want hulle is Gister s’n

Hulle is oud...

Kyk na die reŽnboog,My Kind

Volg die edelkleure tot op sy stert

Goud, safier, smarag, robyn en pÍrels

en al die traan diamante

van kinders soos jy

Die skat is joune alleen,

My Kind,

luister net na die wind...

Elke Hond

Dis mans soos jy

wat my onder kry!

Jy kweek my frustrasies

tot ‘n maalkolk van woede

soos ‘n bok in ‘n koplig

verwilderd op sy hoede

En voort speel jy jou spel-

subtiel, gevoelloos, ontwykend en fel

Jou arrogansie is ‘n skryende mantel

wagtend dat my podium moet kantel

Juis dit laat my besef

My hart en ek

wel groot en gek

is eintlik ver bo jou verhef

Ek sal nie kruip, swymel of wag

....jy sal ook wel eendag

verdwyn in die eensame skag

verkluim in die alleen-donker nag

soekend, smekend na iemand se krag

waarsonder jy beroof is van enige mag

en sy sal jou ook openlik, smalend uitlag...

want elke hond kry sy dag!

Verspeelde Lente (vir SB)

Hulle het eens saam tussen die sterre gedans

deursigtig vir die een

die ander se skans.

Kinders in ‘n wye, wrede wÍreld.

Sy drome was haar pÍrel

‘n Tweeslagtige Dawid en Jonathan

twee rye spore op die kronkels van die lewe,

mekaar geleer van vergeet en vergewe,

van empatie, verbeuring, humor en smart,

Die een die kompas in die doolhof

van die ander se kaleidoskoop hart.

Maar eendag het die pad gevurk

en sy het verdwaas in die stof gehurk.

Die futiliteit van die besef

het haar soos ‘n donderslag getref:

In hul alleen soeke

na ‘n eie ster op die kim,

het hul onwetend (moedswillig?)

oor die edelstene aan hulle voete geklim.

 

STUUR JOU EIE GEDIG OF PROSA AAN pos@onsdorp.com