KUNSTEBULT

Retha Kruger
TUISBLADSY
Bernadette Du Toit
Quintin du Plooy
Jopie Van Wyk
Dirk Boshoff
Embrenchia Snyman
Dirk Kruger
Annamarie Du Toit
Annetjie Van Zyl
Ans Coetzee
Anne-Lize
Barbara
Conley Meyer
Cornelius (Corrie) Nel
Daleen Stegmann
Deon Viljoen
Gerhard
Hantie Dreyer
Joe Mulder
Johan Visser
Johann De JAGER
Petro Gordon-Hendricks (nee Rhode)
Paul Avenant
Ray Theron
Retha Kruger
Welma den Haan
TERUG NA ONSDORP

Fragment vir Winter

 

12uur

Middernag

Dis wanneer ryp tussen bome begin val

ysflenters oor blare vou

die allure van die droom versplinter tot glas-vysels

wat elke neuron van die liefdeskuns fynsny

12 uur

middernag

dis in watter uur dit begin ryp

 

Ek voel kwaad, verraai deur die ryp

die skerwe wat los sny

tog was dié skalpel my eie dink

somersbeelde soos ek

raak nie bestand

teen die veraad van dié geheel werklikheid

wat my alleen en bevriesd hier agterlaat nie

 

Moet skepsels dan verlange

reduseer

tot wie se skulderkentenis dit omskryf-

wedersydse aanmoediging tot die intense wens

in kloostermure toemessel

soos ongelowiges 95 stellings teen ‘n deur in Witteberg

soos onbeduidende vladders wat verkeerde tyd oor koringblomme hang

wou wegwens?

is dié verlang dan minder

kan jy dit metonimies verwoord dat dit ‘n euritme vorm

‘n eucharisme dalk?

 

Jou beeld tussen ‘n lentetuin spook by my

ons moes nie by dieselfde herfsfontein geput het nie

jy’s nie ‘n somers-kleur ek  nie ‘n herfsgeur

net maar duifvere

wat teen stamme vaswaai

verdwaal in  laberinte-gange

kleurloos,geurloos, veerloos alleen en dors

word ons skimme in ‘n spookdonker populier bos

‘n winterwind huilend by ‘n droë oog

 

In die vyfde uur van die na-middag

streep bokke teen die berg op

vir die laaste absorbsie van die dag se kwynende son

soos ek na jou stem wou soek in ‘n laaste filamentlose oproep

 

In die vyfde uur van die agtermiddag

slurp vretende skadu’s

warmgebakte wintersonkolle op

spoeg skemer plasse uit oor grasbedekte plato’s

wat soggens  rypwit wag op die nuwe dag se son

soos  die witvag op skeertafels oopgevlek wag vir inspeksie

 

Is dit die totsiens of die groet wat tel?

of is die broodnodige afskeid van die dag nodig in die snoei-tyd

soos wat jy dit dwingend doelbewus afsnydend op my afdwing

vanweë jou afgebakende seisoen

 

12uur

middernag

dis wanneer ryp tussen bome begin val

en in die vyfde uur van ‘n wintersmiddag

roep ‘n tarentaal sy maat

en ek

ek ook.

frost.jpg

STUUR JOU EIE GEDIG OF PROSA AAN pos@onsdorp.com