KUNSTEBULT

Welma (Greeff) den Haan

TUISBLADSY
Bernadette Du Toit
Quintin du Plooy
Jopie Van Wyk
Dirk Boshoff
Embrenchia Snyman
Dirk Kruger
Annamarie Du Toit
Annetjie Van Zyl
Ans Coetzee
Anne-Lize
Barbara
Conley Meyer
Cornelius (Corrie) Nel
Daleen Stegmann
Deon Viljoen
Gerhard
Hantie Dreyer
Joe Mulder
Johan Visser
Johann De JAGER
Petro Gordon-Hendricks (nee Rhode)
Paul Avenant
Ray Theron
Retha Kruger
Welma den Haan
TERUG NA ONSDORP
Welma3.jpg

Ontheemdes

Die kind lê in die arms van sy moeder
en laat die genade van albei se Hoeder
oor hul vloei en dan word die dokter
se aandag geboei deur die gees van die kind
wat wegwaai saam met die wind
die moeder se trane is droog
want die stof sit dig op haar oog
en op haar wang want sy is so
vreeslik bang
haar man is dood
haar kind is dood
die dokter sit sy hand
oor die dooie se gesig
sodat die ma die werklikheid
kan sien met die droë oë
en dan moet sy pleit
dat Hy haar ook moet neem
want sy voel
heeltemal ontheem.


Tuimelende gedagtes

Die vakansie gedagtes
tuimel terug na vakansies by die see
en in die Bosveld
en Laeveld
oral is die herinneringe en die
groot onthou laat my weer en
weer terugtuimel in die verlang
en leegtes van onthou
saam met jou.
lugkastele bou ek
onomwonde,
dis elke dag ‘n ongeordende
oomblik, want ek onthou
elke keer meer en meer
en dan word die leemte groter
en die tuimelaar in my
val dan heeltemal
ongeorden
van die wolke af.

Ek sien jou daar


Ek sien jou wandel op die strand
jy loop met jou skoene in jou hand
jou tone krul van lekkerkry
nie omdat jy dink aan vry
maar omdat jy baie
kielierig kry!


Loop weer oor die sand


My spore oor die strand se sand
is duidelik afgedruk
en ek voel hoe die sand tussen
my tone krul en ek stap tot daar
waar die nattigheid die sand ontmoet
en ek die branders kan hoor breek
en ek dan val en beland
lankuit op die strand.

vrouinmylewe.jpg

n Masker of dieselfde gesig

 

Deesdae, so saam met die jare

het die pleister al dikker geword,

die kamoeflering wat ons elke môre

moet aansmeer, sodat ons gesig

dieselfde kan bly.

 

elke dag plak ons dit aan

elke keer krap ons die botteltjie

tot boomskraaps leeg en smeer ons weer

meer en meer sodat ons

dieselfde kan bly.

 

Die masker moet ons smeer en

ons moet mos keer dat die

pleisterlaag afval en ons masker

verloor ons smeer ‘n dubbellaag aan

sodat ons dieselfde kan bly

 

sodat ander nie die merke kan sien en

kan sien hoe ons harte geduik

en vol plooie is.

ons moet ook ons siele toesmeer met die

dubbellaag kamoeflering

    sodat

ons masker vir altyd

dieselfde kan bly.

 

 

 

Vloedgolwe en aardbewings

 

Here, waar was U toe daar oorlog was

waar was U toe daar konsentrasie kampe was

Here, ons sien die hartseer in die oë van geliefdes

wat alles verloor het en op die ashoop sit.

 

waar was U toe die vloedgolf die eilande oorstroom het

waar was U toe daar soveel mense gesterf het in die

aardbewings en rampe van aard verwarming

waar, o God, was U in al die dinge,

 

waarnatoe het U gewyk, waarnatoe het U gekyk?

was daar plek vir almal wat toe doodgegaan het

was daar plek vir die ma’s en pa’s  en kinders

wat hemel toe moes gaan?

 

Was daar toe plek vir almal in die hemel of elders

het die mense toe geluister en begin glo

het die mense na hul lewens gekyk

en hoe die lewe nou lyk

het U toe na hulle gekyk en hul ontvang?

het U toe die ander getroos, en was hul bang?

 

                 Was U daar . . .

of is U nie in die vloedgolwe

aardbewings en storms nie?

is U nie daar as die mense U die rug toekeer

is U nie daar as die mense hul hart verhard

en nie die deur oopmaak en U nie ontvang nie.

 

Die Here ons God is in die stilte

die blomme van die velde

die rustige see en sagte wind

waar ons harte aan Hom kan bind

en ons die lofprysing kan bring

en tot eer van God kan sing!

 

Here, waar was U toe daar pyn in ons harte was

waar op hierdie ou aarde was U daardie onheilsdag

waar was U toe daar onvrede in my was

ek het so lank op U  teenwoordigheid gewag

 

ek sal nogtans juig en huppel en spring

en altyd aan U die lofsang en hulde bring

want ek weet my Here leef

en ek wil bly wees in my God

daaruit kry ek groot en ewige genot.

 

As ek maar kon
 
As ek maar musiek kon maak
sou ek die heeldag viool wil speel
en niks anders wou doen as om
net vir jou te plesier,
en die snare van die viool
saam met die sinne van gehoor te streel 
ag, as ek maar net musiek kon maak.
 
****
Ek het vandag vir jou gewag
en sonder om my gesig weg te draai
het ek na die tuin gekyk en na die
voëls geluister,
ek wou aan jou skouer raak
en ek wou in jou oor fluister
hoe ek oor jou voel,
ek het vandag vir jou gewag.
 
****
Jy  het gevra om jou te laat gaan
jy wou jou eie ding doen
jy wou niemand seermaak nie
jy wou net nie meer gebind wees nie
jy wou op jou eie werk en verdien
toe die gramskap van almal
jy wou net jou eie geld verdien
jy het  gevra om jou te laat gaan.
 
****
As jy vol deernis na my kyk
en ek voel asof die laste wyk
en ver weggaan, dan kan ek ook
voel hoe die emosie in my bruis
en as ek dan geesdriftig en 
vol deernis na jou  kyk,
daal die vrede oor my neer.
 
****
Vandag het ek vir jou gebid
en ek kry toe vrede,
die vrede van die lewe. . .
en toe weet ek dat die
vrede van die Heer,
sal neerdaal oor jou seer.
 
 Jy en ek dig
 
Ek skryf vir jou ‘n gedig
een wat jou hoog sal oplig
uit die klouerige vuil moeras
sodat jy beter kan voel en as
wenner kan sing en
al is dit hoe gering,
jou liedjie na die konsert
van die lewe kan bring en
lewer dan ‘n betoog
aan almal wat kan sing en
ek skryf ook vir jou ’n gedig.
 
 
Walvistyd
 
Die see lê in afwagting
die walvisse wil spring
sonder bene en arms
net die spiere en vinne
dwing hulle om uitbundig
die lug in te spring en te
draai en swaai en so
vir eeue lank die
mensdom te vermaak
as hulle uit die water spring.
 
 
Ek hoor en sien jou daagliks
 
Toe die spookvoël van hom laat hoor
kon ek met jou toor, want jy wou
hom sien, nie net hoor.
Die spookvoël is skaars en kom
net nou en dan op die regte tyd
en plek om met jou kop te spook.
 
Nou hoor en sien ek hom daagliks
en dan dink ek aan jou,
ek kan jou nie meer sien nie,
jy spook wel daagliks met my
gedagtes en dan hoor ek jou en
die spookvoël buite in die appelblaar boom.
 
      Orrelklanke in die Karoo
      
Dreunende orrelklanke klim teen
die mure van die kerk op en op . . .
dit  oorweldig my sinne en streel my siel.
Trane wil-wil loop terwyl Bach se Fuga in D
groots en tog, bedrieglik eenvoudig uitgevoer
en met ‘n briljante tegniek wat die voete
laat dans en die vingers in ritme laat draf
oor die note, ‘n fyn uitgewerkte
artikulasie en hoendervel oomblikke.
 
Die orrelklanke neem ons na New York New York
en die Big Apple se geboue speel in my
gedagtes af en die Manhattan skyline
kom by my op, en meteens verander
die musiek en ‘Bly by my Heer’
spoel oor die knop in my keel,
my oë vlieg oop, en ek sien weer
in my geestesoog die vliegtuie wat die Twin Towers tref.
Die tereur in my binneste word deur die musiek
afgewissel van New York, na die Titanic
terwyl dit sink, ineenstort en drome verdrink. . .
dring die  wrange mineur note as ‘n
werklikheid tot my deur.
 
‘Amazing Grace’  se musiek bring
vertroosting en ‘n rustige Psalm maak
alles weer kalm
en ek voel versadig
en vervul met die orrelklanke van
die klassieke uitvoering in die kerk

 

In die vlees

 

Ek moet telkens herinner

word aan die seer,

moet dit nie wegvat nie,

ek moet net keer

dat dit nie terugkeer

aanhoudend sal ek bid

dat dit my nie pla

en as dit pla dan

bid ek en dit

sal waaragtig help

ek sal nederig bly

en afhanklik en bly

wees in my God

moenie die dorings wegvat nie,

help my dit net hanteer

U kan my leer

hoe om

te weer. . .

en weer

te keer

die dorings mag nooit weer

die oorhand kry,

by my.

 

 

 

Loop weer oor die sand

 

My spore oor die strand se sand

is duidelik afgedruk

en ek voel hoe die sand tussen

my tone krul en ek stap tot daar

waar die nattigheid die sand ontmoet

en ek die branders kan hoor breek

en ek val en  beland

lankuit op die strand.

 

 

‘n Dag soos vandag

 

Dis op ‘n dag soos vandag

dat ek vir jou wil bid

en sal vra of Hy vreugde

wil skenk en sommer liefde

en seën sal byvoeg, en dan,

terwyl ek op Sy antwoord wag,

kan jy van vreugde jubelend lag.

 

Mag ons altyd...

 

Mag jy altyd werk hê vir jou hande,

mag jy altyd ‘n paar rand in jou sak hê

mag die son altyd helder op jou vensterbank kom lê

mag die reënboog die reën volg oor jou lande.

Mag die hand van ‘n vriend om joune krul

en mag iemand altyd jou hart met vreugde vul.

 

Ek sien jou daar

 

Ek sien jou wandel op die strand

jy loop met jou skoene in jou hand

jou tone krul van lekkerkry

nie omdat jy dink aan vry

maar omdat jy baie

kielierig kry!

voetspoor.jpg

STUUR JOU EIE GEDIG OF PROSA AAN pos@onsdorp.com