KUNSTEBULT

Dirk Boshoff

TUISBLADSY
Bernadette Du Toit
Quintin du Plooy
Jopie Van Wyk
Dirk Boshoff
Embrenchia Snyman
Dirk Kruger
Annamarie Du Toit
Annetjie Van Zyl
Ans Coetzee
Anne-Lize
Barbara
Conley Meyer
Cornelius (Corrie) Nel
Daleen Stegmann
Deon Viljoen
Gerhard
Hantie Dreyer
Joe Mulder
Johan Visser
Johann De JAGER
Petro Gordon-Hendricks (nee Rhode)
Paul Avenant
Ray Theron
Retha Kruger
Welma den Haan
TERUG NA ONSDORP
dirk2.jpg

'As iemand meen hy het die kennis van iets, het hy nog nie die kennis wat 'n mens behoort te hê nie'

hartjie.jpg

 

FOTO

 

Verlangend speel my oë oor jou glans

spieëlbeeld jou prag terug na my

in my hand beskerm

die liefde van my.

 

Vasgevang in jou donker oë

speels jou glimlag my betoor

brand my liefdes hart

in jou hand toegevou.

 

Sag jou lippe heuningsoet verkaats

jou hare speels foto vervolmaak

volmaaktheid betower my hart

verlangend brander traan oor my wang.

 

Sag aan jou foto vat sonder kraak

Soos sagte bries my liefdes sang

My liefde uitstort in ligte sang

Die liefdesduif van my!

pa.jpg

PA

 

Verlang na Pa se lief van geboortedag

Jare se traan gestort

Klein en hulpeloos was ek

Sewe en veertig jaar se eerste woord

"Ek is lief vir jou my kind"

 

In tye van swaer en eensaamheid

Self beur deur oorlogsstryd

God het my gedra

Deur haelstorms - stukkend in my hart

Winde my weg waai na onbekend.

 

Kos en klere wel daar as vaderplig

Trane diamant oor my wang

Aanvaarding in my hart

Vergeet en vergewe verlede verskiet

Ek het Pa so lief!

 

Liefdes soen genees my hart en siel

Sterk my gees in Pa se hand

Pa se vashou en gesels my seer genees

Tyd om leef so kort

Hand aan hand die liefdesband.

 

Pa vriend met eie droom in hart verseël

In stilte werk met gedagtegang

Diep in siel Pa se stryd oor lewensdraai

Pa in God se sagte hand

Beskermend tot Sy eer.

 

My traan uit lug geval

Blydskap uit my oë gestrooi

My arms om Pa geswaai

Ons oë verseël in liefdesband

Eenslag als vergete

 

Pa groei in die liefde wat ek nodig het

Pa se hand in myne verseël

Vergeet van tyd verby-geniet lewe saam met my

Pa se liefde meer werd as goud vir my

Soos skadu's lank raak hou aan groei in liefdesband

 

Soos pa se liefde groei genees almal saam

Saam sal ons die Maan en ster bewonder

Hulle wentelbaan van Oos na Wes

Getuies van ons samesyn

Sleutels van my hart in Pa se hand

 

My stille pleit oor jare heen

Pa se aanvaarding my sag ontvou

In my glo en aanvaar wie ek is

Amper gefaal om liefde te wen

God die eer tot Hy ons kom haal    

teddys.JPG

My liefling

 

Soos reën op dorsland verlang na jou

Jou foto gebrand in my gedagte gang

Jy die spieëlbeeld van my siel

Vergeet my nooit deur mis verdwyn.

 

Jy so ver na my heimwee strek

My liefling van my hart

Kan ek nie oor jou kom

Nie vergeet om my te onthou tot sterwensuur.

 

Herinneringe hardloop deur gange van my hart

My liefde brandend in my are stol

Jy's my hart en siel verweef

Jy leef in my drome dag en nag.

 

My brandende hart vuurspuwend na jou

My ware liefde verewig eg in jou brand

Altyd en verewig jy my enigste blom.

Verewig net ek en jy my liefling.

 

Liefde verstand te bowe oor berge en klowe

Hart kloppend soos woestynperde

Hoewend ploeg deur my are gedruis

My liefling van my hart.

 

Soos aankomende reën wil ek vir jou wag

Ek hier in verlange smag

Alleenheid dra my oor sterre heen

Jou glimlag dansend om hart gevou.

 

Vir jou liefde my liefste engel

Sal ek hoogste berg klim

Diepste see swem

Sterre vir jou pluk uit heelal se blom.

 

My hart tol my liefde in sirkels

Jaagend oor vlaktes na jou

Voel my liefde vir jou verewig en altyd

My liefling vrou van my hart    

pienkhart.JPG

 

Brandende verlange (C)

 

My brandende hart vuurspuwende berg

Diep uit aardse kors

Spuitende die ruimte in

Jagend na jou.

 

Deur are brandend van geklop

Ruk my aardse lyf

Smag na jou lewenslig

Swewend in gedagte gang.

 

Saampersend diep in my kors

Ruk dit my lyf uit na jou

Trane van goue strate

Lopend na jou.

 

Soos liefdes lawa gloeiend die lug in

Helder my liefdes spel in donker nag

My verlange na jou poele weerkaats

Die wêreld aanskou.

 

Jou asem storm deur my are

Vul die ruimte van my siel

Verlam my in jou mooiheid skoon

My brandende verlange na jou!!

hartblaar.JPG

JY

 

Jy is die lewens bloed in my storms-aar

Warm gloed jou liefde om my harte soom

My eerste vrou wat my hartesiel omklou

Jy my WARE liefdes maat

 

Jy die enigste wat ek het in die hemelruim

Deur sterre verskiet brand jy in my hart

Duisende vis in see verslaan

Jy met wie ek alles deel.

 

Jy, alleen jy is my ware liefdes vrou

Swewend sag jou liefdes hand my gesig betas

Jou omgee brand in my hart

Jy wat my als verstaan

 

Jy bring sonlig in my lewe na soveel jaar

Oë my vashou-ontsluier vensters van my siel

Jou warmte sag my in watte vashou

Jy gordyne ooptrek vir nuwe dag!

 

Jy my jongdae in jou hande dra onbewus

Jou magneet my strek na jou lewens hart

Jy al wat ek het in die wêreld heen

Verslaaf aan my ware liefdes blom

 

Jy - jou het ek so lief met blommegeur

Jy my bedwelm in spraaklose duiseligheid

Jy........ jy alleen my ware liefdes engel

Altyd in my hart sal jy klop

 

Sonder jou is ek verlore in dwaalheid heen

Alleenheid deur skade heen

Leef ek net vir jou liefde alleen

Jy, net jy sal verstaan

 

Jy die seisoene van my hart oor jare heen

Jy pragtige roos van my

Wil ek my arms om jou wentel

In jou pragtige donker oë in delwe

 

Jou langs my sien ek ons versmelt

My oë toe - jou beeld dansend om my

Jy my ware deel

Dit waar word in ons spieële-beeld

 

Jy my liefde en lewe in hande versmelt

Ek net joune wees verewig en altyd

Winde fluister oor heuwels heen

Jy my WARE LIEFDE van MY HART!!!

 

diamant.jpg

GESLYPTE DIAMANT (OPGEDRA AAN Elsje van Wyk - Nee Schoeman)

 

Soos fyn goud is jou liefde gestrooi

Ons harte het jy geraak

Jy oë speels om ons gevou

Prikkelend tot jou getrek.

 

Fyn gebou tot God se eer

Tergend het jou oë ons geblok

Glimlaggend om mondhoeke gespeel

Angelier vir God se troon.

 

Soveel liefde kon jy gee deur God se geur

Sprankelend deur blomme prag

Het jy gery op reënboog se rug

Swewend op Arends vlug.

 

Swewend na God se troon

Versterk deur Godgegewe vlerk

Hoog na Sy hemelstroon

Sonder pyn en leed.

 

Tot weersiens ons engeltjie van God

‘n voorreg om jou te kon ken

Tot God ons ook kom haal

En ons verewig versoen. (ons het jou baie lief)


rooiroos.jpg

Deur liefde verlaat

 

Te vroeg het die dood jou kom haal

Graag eenkeer weer aan jou vat

Was die Vader se wil

Om jou op vlerke te neem.

 

Soekend in sterre hemel deur dag en nag

In wolkgekrabbel verdwyn

Die holte in my hart

Waar storms nou woed!

 

Sou jou graag weer wou groet

Maar pad was te lank deur my treur

Het jou in asem oomblik net gemis

Skeurend die seer snyend in my hart.

 

Verlange bedwelm my oë in rivier

Blok my neus soos kleigrond se rivier

Praat smeek in die lug soekend na jou

Foto en herinnering kaatsend na my.

 

Sou graag weer met jou hare wou speel

Jou warm mond so soet op my lip

Jou stout glimlag my vasvang

Dit was die Here se tyd om jou te neem.

 

Jou weer wou vasdruk in arm liefdesblom

Aan jou gesig vat en kyk in vensters van jou siel

Ons wil is nie God se wil

Ontmoet jou weer by God se troon

sunsetheart.jpg

VARS BRIESIE

 

Oor wind het jy gejaag

Aan my boesem vas gedruk

Jou geur omhels my

Sober en soepel soos jy self.

 

Jou liefde vang my sag

Omhels in watte toe gedraai

Soos mis omvou oor aardse kors

Beskerm jy my teen pyle geskiet.

 

Vars huppel jy my neusgate op

Vul my hart soos stil koorsboom se prag

Soet en vars soos diamante op roos

Bedwelm my soos maroelas op somersdag.

 

Ek  wil myself in jou arms gooi

Wegsink in jou hare sweef

Jou liefde alkoholiseer my

Vang my vas in vensters van jou siel.

 

Jou liefde brander in my siel

Jou teerheid omklem my hart

Versoen my heelheid met jou stam

Hou my rotsend in jou hande vas.

 

Jou oë vang my vas in siele stryd

Pyl my hart in liefdes geur

Jou moeders instink dra my deur

Oor aardse rug.

 

Heerlik bloesend dans jy om my heen

Oseane liefde spoel oor my heen

Jou hart ritmies teen my

Vars briesie van jou liefdes geur.

geurvanliefde.jpg

Die geur van liefde

 

My gesig in jou hare

bedwelm deur jou skoonheid sag,

tromme plof deur hartspier gejaag

verlam in jou liefdes geur.

 

Jou sagte lyf baan die weg

oor kurwes heen versmelt,

verdwaald in jou parfuum versag

bewend in jou mag.

 

Jou asemhaling briesie-sag deur my oor

met liefdes woord bekoor,

warm gloede jaag oor ons lyf

oorgegee aan die liefdesmag.

 

Soos haak en steek bos verstrengel

ineen versmelt die nag,

onlosmaaklik verbind die geur

liefde verswelg ons altyd deur.

 

Soos roos se gesmag na reën

omtak arms in liefdesspel,

in een versmelt  sensasioneel

jou liefdes reuk.

 

Jou vroulikheid verseël my lot

jou speelsheid bons my hart

jou boesem bekoor my

jou heuning soet mond jaag my.

 

Ons verdwyn in ons nektar weg

in ons liefdesspel verseël

verskiet liefde warm deur ons heen

vasgeklem aan mekaar verewig.

droomverlore2.jpg

DROOM-VERLORE

 

Droom verlore in wolk gekrabbel,

donssag hande in mekaar gevleuel.

Vervleg in mekaar se koelbries liefde,

gedra deur winde heen.

 

Speels gejaag deur wind en reën,

tollend op reënboog se rug.

Jagend branderplank op jou asemtuig,

verleiding grypend in die lug.

 

Van wat kan wees die horisonne oor,

span ons saam met beelde in die lug.

   Verslaaf hang aan jou reënmou,

goue randjie deur Son gesoom.

 

Wolk soos wolkombers gedagtes trou,

aangevoel deur winter reën.

Genees deur sonnewind se liefdes lig,

tydelik uit stryd verlos.

 

Droom-verlore oor magneet se krag,

soos wolke skuur deur die nag.

Statiese elektriese krag,

Blits my liefde deur na jou.

 

droomverlore1.jpg

See-Spieël
In dorre woestyn struikel hy voort na liefde gesoek.
Wagtend lê see-spieël uitlokkend en wag,
om dors te les van baba kind.
Storms woedend om hom deur Pa verwerp
huilend op stoep gelos van Moeder weg geruk.
Droë woestyn in sand verskuil liefde buite bereik.
See-spieël verder na horison verskuif
jong seun huigend draffend na onbereikbare liefde weg.
Grypend vallende uitgestrekte hande na see-spieël,
om liefdes dors te les vergeefs.
Droë warm storms klief deur see-spieël se glas.
Eerste liefde verpletter in stofwolk se as
tiener seun vallende met spattende sand in oë verdroog.
Huigende kruipend smekend na see-spieël se liefdes dors,
verwerp oor duine heen.
Stoeiende jong man deur sand storms verblind die pyn.
Grypend na geluk van see-spieël uit hand gegly
fyn stukkies oor dorre aard versprei.
Finale slag geslaan met liefdes pyn in sand verdwyn,
see-spieël in die niet verdwyn
.

0vervulderots.jpg

Vervulde rots verskiet
 
Voorspel jaag op die horison in verskietende blits
wagtend is die angelier in blomme prag
reuk van veraffe reën dalend in liefde na aards vervul
ligte bries asem deur die blom
hartklop in die aar.
 
Donker kom die liefdes reën oor vlaktes gejaag
soos vrou wat pêrels gooi deur storm reën
weerkaats liefdes blits deur die lug
briesie jaag wind deur angelier's blare prag
bewend na volmaak.
 
Storm sterk dans die liefde om angelierse se stryd
oor blaar-stingel en blomme heen
liefde blits verswaard oor verlamde blom
afwagting na die liefdes reën vervul
oorgegee in sy mag.
 
Blomme prag gryp storm wind aan die mou
rukkend oorgegee aan sy krag
eerste reëndruppels saggies oor angelier se sig
omhelsings in droogte gebreek,
vervulling aan die meet.
 
Stormblitse reën in volle glorie in angelier versoen
soos een op vlakte word dors geles
links-regs, vorentoe-agtertoe wind verwaai
angelier rond geswaai
in mekaar verdwaal.
 
Vergeet van omgewing heen deur oorgawe geskenk
vervulde rots verskiet plesierig in die niet
saam versterk in mekaar
blitse bedaar in sagte bries vervul
naspel in dors geles

Warrelwind
 
My warrelwind storm oor die vlaktes heen
onseker waar sy wil wees die onbekende in
sy tol van links na regs, dan die kant toe, daardie kant toe,
emosies in stof versink.
 
My warrelwind konkel die diepe lug in na onbekend
ek kan haar nie bereik waar sy my liefde ontwyk
dansend om my - om emosies te verberg,
kronkelend my dronk gedraai.
 
My warrelwind suigende stof en blaar buite omvou
al die seer alleenheid vasgevang deur verwerp
beskermend oor haar kroos teen seer en pyn,
my beskerming ontbreek.
 
My warrelwind alleen in die middel van kolk verstreng
mure om jou spoed verby in diepe pyn
onseker tollend oor die velde heen,
emosies afgestomp die klippe oor.
 
My warrelwind verblind deur stof en blaar verlang,
aanvaarde liefde dansend om my
kan jou nie bereik verby gegly
bly dansend om my.
 
My warrelwind se liefde verlang vir my
my hande om jou toevou teen die pyn
jou bedaar teen afgronde van onvervuld,
dansend in my hand.
 
My warrelwind omvou binne my hande
storm van troos toegevou in my lief vir jou
traan verdroog en stof blaar gaan lê,
ek beskerm jou.

Storm
Sag en stil lê Aard in hemelse wieg
rustig ongestoord met donker mag in die Wes.
Aangesluip deur wind gedra
donker grommend na poeier sand se droog,
dorsend plante grouend na die lug.
Verblindende wit lamp hangend in die lug
oond neer na aardse kors.
Ongenaakbaar als verdroog,
dansende warrelwind dronkend om dors te les,
wiegend oor vlak op nuwe bries.
Sag en laggend oor vlakte heen
waarskuwing van aankomende reën.
Dreigende swart gevaar storm oor vlakte heen
malende grys-wit wat ysballe dra,
aankomende gebrul tril deur die lug.
Spat are kronkel oor droë rivier se maag
wagtend om herstel  te ervaar.
Stofwolke jagende na dorre verlang
sweepslae werpend oor aardse rug,
halsnoere breek in donker wolk.
Reënboog druppels reisies jaag na dorre land
storm wind ruk en pluk aan boom se kleed.
Takke met danse arms juigend in die lug
heen en weer om God te eer,
genesing aan die kom.
Sluier sluip oor Son se krag die donker in
donderende watervalle klief deur die wolk.
Foto-flitse verblou die donker dag
sweepslae klowend oor aardse rug,
wit vaal gordyn stromend na aardse wens.
Donderende slae verdowend-krakend lug deurboor
blou-silwer krake gooiend deur die lug.
Kraakvars halsnoere verpletter in die wolk
ge-yste reëndruppels werpend op moeder-aard,
stampmielies huppelend op droë kors.
Strome water slang om elke hoek
winde huil in trane-dal se stort.
Swellend die aard in sy dors
watte-sag wit-swart wolk,
fotos neem op nuwe veld

Sagte Ontferm

- Verpleegster (Opgedra vir Wilma Louwrens - Kuilsrivier Privaat Hospitaal - ICU)
 
In my stryd om oorleef
soos sand papier in my ore
skuur suurstof namens my deur longe heen
polsende luislang my bloeddruk neem,
teen elke halfuur heen.
 
Stywer om my bene krul hy om
drukkende om bloedklont te breek
so lê ek in donkerte heen,
na oopgevlekte wond,
hulpeloos in die dood se mag.
 
Wapper my gordyne oop na buite
verward stuur my oë seine na my
my engel van beskerm staar na my
haar vlerke omvou in beskerming heen,
sag haar oë met deernis vervul.
 
Gryp die donker my weg in tonnel heen
deurmekaar soos springmielies in 'n pot
so dwaal ek in gange deur
smaak van pasta soet in my mond,
my engel genees my mond.
 
 
Vae gevoel van engel se versorging oor my lyf
sagte ontferm van omgee troos my
engel vlerke omvou my in vredeslief
met elke flikkerende kyk is sy daar
wakend op my voete-end.
 
Jou sagte ontferm troos my
lê my sag neer oor sagte wei velde
jou vlerke om my bedaar my in lewensrus
veilig voel ek vir eertse keer in my lewe
jy's 'n engel van GOD gestuur

My donker oog
 
Jou pragtige groot donker poele sleep my mee
oor vlaktes se geklop
diep in my hart bedwelm
jagend oor waters heen,
liefdes bries deur my siel.
Jou koper goud bruin hare golwend deur die wind
sag op jou skouers rus hul
blinkend lokkend trek hul my aan
magneet krag om pragtige omlynde gesig,
volmaak in ons lewenslig.
Die kurwes van jou sensasionele lippe blinkend in die lig
sag en teer in volheid vertoon
begeerlik volgens die lyne van hoek na kant
vol in glimlag gegiet,
bedwelm jy my in liefdesbeeld.
Jou pragtige gesig kyk jy in die vensters van my siel
jou skoonheid begeer ek en verlam my
my hart bons en spring
my asem weg geslaan,
jou stem pragtig en strelend in my oor.
Jou sagte persoonlikheid vervul my hele wese
omarm my hart en siel
streel my gemoed en laat storms bedaar
jou volheid trek my aan,
in 'n liefdes baan!

Liefdes duif
 
My liefdes duif swewend na haar nes
lei ek jou met sterk hande deur die stryd.
Staan ek op wanneer jy nie meer
laat jou nie honger vir liefdes ontbreek,
jagend saam met jou na elke droom.
 
My liefdesduif in haar eensame stryd
wys ek jou die wil om te veg.
Ek steeds jou liefde in jou lewe bewys
ons nes saam in warmte heen,
alleenheid uit die weg.
 
My liefdesduif in haar liefde verlang
my alles vir jou gee tot ons sterf.
Alles sag in liefde vir my gee
vir my liefdesduif duisend maal terug gee,
sagtheid, geduld, omgee in kers versmelt.
 
My liefdesduif struktureer my lewe deur
in liefde weerkaatsend deur die vensters van jou siel.
Skietend deur jou oë met genesing vir my wond
vertroue omveer jou gedagte gang,
ons twee saam in die stryd!
 
My liefdesduif sag wit op my bors
speels liefde versag in my hart
afstand afwentel deur ligseine heen,
tydelike genees van seer en verlang,
my liefdesduif in haar kou gekeer.

LIEFDE VERSUS MENS
 
Mag die sekelmaan die mens om-arm
die sterre hom toevou in warm-liefde.
Mag die son sy wentelbaan van oos na wes die mens in oggend stont opwek,
met ‘n huppel in sy stap
sy strale hom lei deur geluk.
Mag seevoels met kitaarbranders die skuimende & dreunende liefde klank deur hul hart.
Laat kristaliseer in blom van liefde in hul laat styg.
 
 
Mag dou druppels se reënboogstrale liefde na hul weerkaats-
op son se rug en om-arm in warmte van innige weerkaatsendeliefde.
Wit satyn sag... stralend terwyl wind sweef deur hul hare,
tittelend.....nee, speels soos ‘n kind na kersgety,
opgewe- vry soos ‘n arends vlug, vlerke gesprei deur Sy genade.
Liefde, ja....gesmag na omarming, om te kan behoort soos'n kuiken in nes-
waar liefde mens sal vind met wyd oopgestrekte vlerke.
 
 
Sag is die liefdesbriesie deur mis-son versag
glyende op sekelmaan se rug, koper gesmee deur sterreprag.
Sag is die liefdes briesie deur branders gedra,
wyd verspreid deur skuim versag,
blinkend deur erosiegesmee en tot ruste geleë.
Liefde omhelsend in blomme prag,
deur ons God gedra in LIEFDE!

0eensaamheid.jpg

 

Eensaamheid

 

Soos 'n blom in die woestyn alleen geknou

verre winde speels verby baljaar

ongesiens verby blom versnel,

liefdegewende blom alleen in westers son.

Warrelwindjies speel om blom se blaar

tergende liefdes skok in sand versmoor

dwarrelende in die niet verdwyn,

eensaamheid in blom se snaar.

Wind singende in eensaamheid se gehuil

blom verlep op sy eie eensame pad

verswelg in duine sand se droog,

ver weg in eensaamheid se stormweer.

Blom in blaar verlep deur sand geslaan

in verre plekke net onthou

droom vergete in sterre hemel gesaai,

'n spikkel in die middel van nêrens.

Oasis van omgee onbereikbaar vir blom

noorde wind jagend in droë woestyn

sand skinder skurend oor mekaar,

blom sterwend in sy eensame lot!

aandblom.jpg

 

Aandblom

My aandblom prag vol van nektar deur nag verskuil

so sterwe die dag eensaam die ooste in.

Prag vertoon my aandblom onder volle maan,

alle seer verskuil in oppervlak gevou.

My aandblom pragtig deur blaar vetoon die trots

eensaamheid vraend na sterreprag omvou.

Wil verlos van die seer en verwerp,

aanvaar deur volmaan lig.

My aandblom wagtend vir kruipende son in ooste baan

helder lig oor haar nektarblaar.

Vinnig toegevou verskuilde emosie,

sonder lag of sug verwelk.

My aandblom omarm deur warm liefdeslig in oggendstond

blare versteek verskuilde nektar diep in gemoed.

Brandende vuurtjie in haar gemoed,

vir waag om geluk.

My aandblom  beskermend oor haar kroos

son deurdring warmte deur haar blareprag.

Diep versteen die seer en verlang,

ingegee om son ontwil.

My aandblom druppende traan van verskuilde begeer

eerlikheid van nektar ontbloot deur liefde heen.

Son verwarm haar hart omhels ,

waar 'n traan in sy oë staan.

brandendeswaard.jpg

Die brandende swaard

Geboorte het ons ingehaal, in koue uit gestort

Vreemde wêreld opgesaal met brandende rook in neus gewèl

Waar is ons heen

Flikkerende swaard uit die as, vergrys deur jare heen

Laaste vlam op van begin tot end

Die brandende swaard

Jongeling haal ons in, uitgewerp die donker in

Vergane wêreld - rook in die niet

Waar is ons heen

Flikkerende swaard uit die as, verbrysel deur die nag

Skeppende vlam die hemel in

Die brandende swaard

Middel jare snel verby, die dieptes in

Vergete wêreld tot as verbrand

Waar is ons heen

Flikkerende swaard uit die as, gekneus deur die wind

Dansende vlam sterwend na waar

Die brandende swaard

Lang skadu’s in die donker, vergeefs

Onbekend, onbemind, alleen

vrouinmylewe.jpg

DIE VROU  IN MY LEWE

 

Die hartsog, die teerheid - so het ons mekaar gevind,

Jy was orals in my gedagtes, jou asem hier binne my.

In jou oë verdwaal en nou onlosmaaklik aan mekaar verbind,

Die glim van jou lag skitter in die nag.

Eers vriendskap sluipend deur die dag - huiwering met wete,

Liefde in elke raking, oë in mekaar versink.

Dwalend tot in ons harte, ondek, ontgin en bemin,

Die wonder van ons lewe het begin

Woorde onnodig, oorbodig - beloftes aan mekaar vebind,

Skepper Heer verhouding geseën, die toekoms in.

Begrip vir mekaar in liefdes geluk, vriendskap ewigheid in,

Verhouding deur God verbind wat ek en jy bewaar.

windjieonbekend.jpg

Die windjie van onbekend

Sag draf windjie oor berg en hang

skinder sag oor reën wat kom.

Kielie berg se rant,

boom en blaar sag beweeg in gelag.

Rukkend soos stoom lokomotief se vetrek

blasend en hygend die vlaktes in.

Stof wolke opgekop in warrel wind se draai,

onrustig getol in onweerswolk.

Blits en stof vermeng in stowwe geur

sweepslae klowend deur stratosfeer.

Juigend met swaaiende heupe in water sfeer,

sy-stap elke druppel middel deur.

Moeg gejaag oor vlaktes heen

son horison nag kus voor aandse rus.

Met 'n knip van die een-oog se goue plaat,

jaag die windjie eensaam om elke hoek.

Huilend om rots se want van eensaamheid

alleen oor branders speel.

Oppad na nêrens,

die windjie van onbekend.

gems.jpg

Verlore Liefde

My kosbare diamant sag gekleurd in romanse in die niet

stappend deur my hart die jare heen.

Bergwind skuddend my wese in

stok gevoelens en miernes gekloof,

in palms blaai soos 'n barbaar in keurige koek

vasgevang in my liefde vir jou.

My goue staaf in humor poleer die verte in

ons dae ont-eiland..... valkende oë die toekoms in.

Horison van verlange asem deur my gemoed

gloed van liefde brandende aan die kers

jagend my are in - diep gewortel my kamer's vol,

brandende liefde skeur vir jou.

My  kosbaarste edelsteen glans die toekoms in

hoor jou voetstappe in gange na my hart.

Dag en nag waak jy oor my - jou uniekheid spieël na my van nooit-vergeet

erken ek jou stem in vensters van herhinnering

ingegrafeer in my hart en letters almal mooi,

Jy woon onuitwisbaar in my.

My eerste smarag kleur die reënboog in

sielsbeminde snags by my gesoek - maar nie gevind.

My lelie  van verlange na jare se soek tussen duisend rose heen

my gedagtes soek jou deur die wind

strandlopers drawwend oor jou spore heen,

ver van my son - onaangeraak deur sy straal.

My pêrel glansend geskaaf al drywende die see in

son koester my gedagtes stralend na my siel.

Begeer jou nabye  liefde in vertroetel  hals in snoere heen

my beminde gegeur deur horisonne heen

jou oë soos duiwe versluier in my been,

getronk deur besoeke alleen.

My helder kristal glans na sekel maan - hangende aan sy toom

buite bereik van my wese stryd.

As aandwinde waai en skadus vlug voor ons heen

geen gebrek aan jou my hart's gesteel

terwyl jy slaap het my hart gewaak oor jou,

onaangeraak die donkerte in.

My saffier blikkend in spinnerak vasgevang soos waterval die dieptes in

my liefde vir jou soos ryp op die wind.

Verspreid soos versiersuiker op die gras

my liefde sambreel oor jou soos blare in die woud

my droë stegie onbenat die jare oor,

stofwolke die hemel in.

My tieroog binne rots gestrem - diep poele weerkaats na my

donker oë in my siel gejaag met liefde in.

My hoof vol dou beminde met liefde verfraai

jy't weggedraai, verby gegaan die toekoms in

sagter as wol is skoonste blom met deernis sagtheid vervul,

wildsbokkie die vlakte in.

My karnelyn - oranje warmte na my gekaats die ewigheid in

jou oë pragtig stil die sonsondergang in.

Soos die son weg glans oor die vlaktes skoon,

maar onaangeraak vas gedruk teen my hart bewonderend

liefde ontgin nuwe hart - fondament van liefde,

oorvul die dam.

My sodeliet vermeng in blou en wit skitter jy in glans na my

soos klippe wat aarde ruggraat gee in egte liefde.

So verbind jou stof my tot die niet

jy eerlik opreg aan ander verbind tot wie weet waar

as soel somer aande nader sluip en jou naam fluister in my oor,

waar gaan jy heen.

My rooi jaspissteen verskied in die nuut gestreep deur die nag

aesmrowend hang jy soos 'n komeet in die lug.

Hoe mooi - lieflik is jou kleur geskand in hemelruim

ek's verpletter verwoes deur vulkane heen

trane gestort op aarde in hartseer vloede oor die wal,

waar stroom jy heen.

My sagte pienk roos kwarts sagtheid uit die hart in my gees

soos skoenlapper is ek vasgegespe in spinnerak.

Onding wil my verslind maar jou gedagtes ruk my uit

onverklaarbare tifoon woed en ruk my verlange in

hier keer - daar natgooi tot jou gevind,

klaar gevang tot verbintenis in.

My liggroen aventurinesteen in my siel versag na afstand gevind

aardsgeskeur na onbekende - geruk na wye hemel in.

Jou sagtheid soos skaapwolke terug na my hart

sweef ons liefde die duisternisse toekoms verskiet

soos vol sinkplaat in nag - is my liefde so vol vir jou,

buite bereik van my hand.

My chalcedoonsteen wat asem haal in my gemoed en verstand

voel ek soos afgeleë awend-ster wat wink.

Met velde wat slaap en lewe buigend deur nag herkou

'n traan van spyt jy's nie deel van my

verlede tot as verbrand in gat versink,

weg gewaai na nêrens in.

My chrisopraassteen geduldig op genesing vestrooi om my

my stryd is fel met stof in die hand.

Peinsend oor die lewe van sonskyn en gee

weemoed in my van aardse smart met storms loeiend in my hart

watervalle vloeiend oor my wang na berus,

tot by eindbestemming bemin.

My berilsteen versier dag met jou sjarme en reuk in my gebrand

moeg van swerwe rustend op jou skoot.

Hart smag na hemelse kus van las verlos

moedig soek ek voort - die doel wink so ver

dan my rusplek gewaar - hoe heerlik sal dit nie wees om daar te woon,

kan dit nie raak.

My sardonikssten stroom na my alles heen nag en dag

ongevraagd martel dit my tot ek vind.

My skaars aandblom aan die kus gesaai bewaar

wil jou nooi na my drome deel altyd deur

in die duister sal ek jou oë ken en reuk my bedwelm,

wakker word het jy verdwyn.

My berilsteen sweef soos rook spelend deur planete my ore in

my enige en ewige skoonheid flikker ver van my hart.

As jy kom in my drome op sterreprag en ons dwaal deur die donker nag

verbindend deur reënboog  en seeparadys

my liefde grasieus in krag vir jou,

al kan ek verlangend nie bereik.

reenboog.jpg

Reënboog

Oor seisoene heen het ek my reënboog gesoek

agter trekvoëls my heimwee gegooi.

Soos 'n pyl in my hart,

het verlange my gebrand.

Saans in bondel geslaap - reënboog buite bereik,

waar die son deur die wind skarrel.

lange jare het ek jou gevind,

maar steeds buite my reik.

Lang en bitter my gemoed oor afstand sonder aanraak

trane borrelende strome in diepe pyn.

êrens anders is my reënboog in die winternag,

diepe verlang trek my plat in 'n krop.

Sien ek my reënboog in kantelende skuim van die see

pragtig in kleur verskans buite my reik.

Hoor my reënboogvrou in skrywes heen,

verdwyn weer in stille golf.

My hart gebreek oor reënboog wyk in die niet

my liefde skreeuend soos vegvliegtuie in jou oë.

Eensaamheid in my eie kou geklem,

hunkering gryp na jou verby.

Hardlopende in pyn na my reënboog in die lug

dan hier-dan daar.........bly buite my reik.

Jou prag en kleur trek my soos magneet,

kan nie sonder jou - liewers dood.

My liefde vir my reënboogvrou martel my

kasty my dag en nag soos skimme uit die graf.

Jou sagtheid kleur vrede oor my hart,

my watertraan  gulsig in my kussing heen.

Die storms woed om my reënboogvrou oor onbekend

Ek strek my hand om aan kleure te vat,

mis getas verdwyn in die niet.

My hart deurboor in diepe seer

Vergewe en Vergeet

Selfs as hy sewe maal op 'n dag verkeerd optree teen jou en sewe maal terugkom  en sê hy's jammer, moet jy vergewe en vergeet.

Vergifnis, deel van ons lewe en opdrag van God, waarom het die mens die stryd.

Die seer diep ge-anker op 'n rots, die donker see in.

So versprei die kanker - jou wese, vernietigend die siel in.

Vergewe my soos ek ander vergewe...........oooooooooooo Heer,

as U die gebed verhoor is baie mens die donkerte in.

Vergifnis  ooooo......... Heer moet ons daagliks beleef, vryspreek en vergeet, die onreg aan die mens, vergewe ons misdade.

Soos moeder-beer haar kleintjie vetroetel, so vetroetel die mens sy verlede.

In hande toegevou, die negatiewe dinge.

Die las dra die mens alleen en vergete deur ander-een.

Vergewe ons Heer of ons naam word uit die boek gevee,

ons verkeer in doodsgevaar gee ons nuwe lewe soos beloof in U woord.

Ons roep na U oooooo.... Heer vir nuwe krag - 'n nuwe lied al word mens mismoedig waar verwagtinge nie realiseer.

Soos geleer - bid om te red maar ondersteuning ontbreek.

Los die siel tot afgrond in, verlore tot in die niet.

Waar's die mens, vergewe my soos ek ander vergewe en diè sonder sonde die eerste klip gooi.

Geloof na gebed vir herstel - maar ongeloof......... as herstel genees.

Waar's die mens wat gebid het se om-arming.

So sal ons Skepper in die Hemel ook met jul maak as jul nie ander mense van harte vergeef.

Vergewe en vergeet of ons Vader in die Hemel sal jul nie vergeef.

Die helse vuur - pyn verewig in gegiet - vergewe en vergeet.

Vergewe - vergeet en jul Vader sal jul oortredings vergewe en vergeet.

Waar's die liefde dan, trots deurboor jou hart - nederigheid verslaan jou verstand.

Maar hy wat nie vergeef en vergewe bewys min liefde.

Wees ons genadig Heer in redding en nood, krag vir elke dag, Jesus aan die kruis deurboor.

Druppel bloed uit hand getort, jou naam in bloed vas gevang - siel gered deur vergifnis en vergeef.

Ons almal ly - wie's volmaak, vergewe en vergeet en sweef,

Arendsvlerke gee ons krag, sweef die hoogte in - die genesing begin.

Wenners is die mens wat vergeef - vergeet en LIEFDE regeer die Hemel in

Vrygemaak deur Sy bloed - eerste Liefde van ons Heer.

rooiwyn.jpg

Rooi Wyn

Vriend soos rooi wyn, gebottel - onbekend - gissend

rooi wyn gee sonondergang by eerste stond

koel briesie tot gemak sonder pyn

wagtend tot volgende besoek in verlange

want ek's ook jou rooi wyn.

Vriend soos rooi wyn - borrelend - deelsaam

emosies gemeng op palèt in spraak

kohesie versoenend diep in hart

genesing vir siel en verstand

die kuns van rooi wyn volmaak.

Vriend soos rooi wyn - gebalanseerd - vol aroma

individualiteit in gedrag ontspan

handtekening op wyn gesmee

kenmerkend tot sy stand

geboorte in die wynland.

Vriend soos rooi wyn - erfgenaam - fyn besny

geplant in God se hand

karakter smakend in druif gepers

tabak kersie pruim vermeng

rooi wyn volkome in blom geskenk.

Vriend soos rooi wyn - ge-oes - gesmee

oor die jare heen deur wind gedra

persoonlikheid vermeng in die vrug

bedien in koue en reën

rooi wyn volmaak in kristal.

wareliefde.jpg

EGTE LIEFDE

Soos 'n roos sweef liefde se reuk na geliefdes se neus

so wagtend die roos vir water en snoei om te groei

liefde gewend en ontvang vir eeue sukses.

Blydskap blom in geur en kleur vir versorgde roos

soepele gees verblits uit roos na versorg in sielsgenoot

aanmoediging vir die dag se groei,

lag as jy lag - huil as jy huil.

Onbeteulde liefde gegeur in vedra en ondersteun deur lange dag

roos prag kleurvol in gawe van liefde gee aan mekaar.

Hande omvou roos in volle omhelsingstog in liefdes geur vervang

warm sonsteke van mekaar af te weer

ander roos wil knak - met beskermsfeer

aanvalle van plantluis en roes weg te keer,

mekaar draend in val te keer.

Roos in geliefde's hand omvou soos een versoenings beeld

inspireer en beskerm teen hael na hul gegooi.

Probleme en beproewings in as verslaan

versoekings van geure sprei en dislojale van mens die nek in geslaan.

As kragte van min lewenswater hul verlam

sal hul mekaar optel en dra die oase in,

gegiet in yster vir ewig sterk.

Warm liefde omhelsend na hart en siel

nektar in volle glorie van omgee en vertrou.

Deur teneergedrukheid-moedeloosheid en tou opgooi

draende mekaar deur die oorlogstryd.

Liefde begin met glimlag en groei in 'n soen

eindig in ware traan by ewige skeidings dood,

onder bloekomboom waar wortels skuil.

Liefde huil nie oor iemand wat nie oor jou huil nie.

Ware liefde in sterre hemel verskuil,

alle sterre flikker van waar sal dit kom

Liefde moeiliker om te los en onmoontlik om te vergeet

miljoene liefdes in sterre gedrom.

Waar Venus liefdes planeet hul geestis oog besoek,

wetend dat liefde daar veskuil.

Liefde gee reuk sonder vir terug verwag

wanneer liefde seer maak,

dorings jou kwaad maak maar nie op ander skreeu

om nie ander se gevoel te seer,

sag hanteer met liefdes lied

liefde hangende in die lug

omhels albei in liefdes geur.

Liefde soos koffie vir ander gee

eers proe vooraf of dit nie warm is.

Wil geliefde nie laat brand in pyn en smart

wanneer geliefde vir ander vertel sy klere is mooi

al dra geliefde elke dag dieselfde  fleur.

Ongekende liefde bo-oor alles sweef

helend laat goed voel elke dag.

Geliefde langs mekaar met hande versluit

selfs in Restuarant oor mekaar gesit is ok.

Liefde geur die vetrek met oë in mekaar versink

as vrou vir man ken sê hy word bemin

is oulik en seksie deur die tuin sweet se reuk

en sterre uit haar oë skitter verskiet deur geknip,

storm in sy oë na hart omvul vir die nag.

Liefde kan gebreek word soos blom geknak deur 'n kind deur God gemaak.

Maar liefde kan nooit sterf in die grond

liefde wil weet jy's veilig by die huis

mekaar te bel en te sê jy's ok.

Briefies in kosblik vir middag maal verras

beste vir elkeen elke dag in die roos tuis se plaas,

mekaar te prys elke keer as iets goeds doen.

Liefde ondersteun as ander familie roos afsterf

as geliefde voel daar's geen meer krag.

Liefde weet soentjie en drukkie heel harte heen

gereelde romantiese aande smeer liefdes geur sag,

omhelsend en bedwelmd deur die nag.

Ware egte liefde laat die wêreld spin

liefde nie oor hoe jy lyk, aantrek en hare kam!

Liefde snel uit geliefdes oog  wat in hul harte juig

vensters van ons siele na harts liefde verlang.

Ware egte liefde in hart gedra

gordyne oopgeskuif waar liefdes blom

deur reënboë en watervalle heen

oor die wind strome seil

en oor baie jare net versterk!!!!

besorgdevrou.jpg

DIE BESORGDE VROU
 
Jou sagte oë towerend oor my - 'n vangnet van bekommernis omhels my,
in siekte en moeghied - leeu wyfie waak oor my.
Ysbleek van die kou waar ek na onbekende tas
jou liefde skermend teen moedeloosheid en koors.
My oë brandende sterf in die suide nag
dou op die gras met jou pêrel oë skitterend versag.
 
Onvoorwaardelike liefde swewend deur my - genesing oorval my,
sagter as die wolke in die lug - wolkombers slapend oor die berg.
Besorgde vrou deur God geskenk
gepoleerde juweel in die tyd van seer.
Sonskyn oor haar kroos - stralende liefde van geluk,
besorgheid weerkaatsend van jou hart.
 
Jy's sag vroulik - glyend op die liefde van geluk, teerheid omhels jou boesem
soos 'n briesie vir trae wolke - golwe vir die rustelose see.
Die sonopkoms elke dag is jou besorgdheid oor my
wind fluister jou naam sag deur die blare,
binne my hart vonkelende genesingskrag
vonkellend binne sterreprag - omhelsend om my hart.
 
Jou besorgdheid in jou afwesigheid gemis - waar's jy heen
soos gister gesak in weste met silwer plaat om nag genees.
Donker stil - laggende wind sweef deur die lug
alleenheid in seer en pyn vegroot.
Windskeef suider-kruis verward dwalend gekaats na aards beseer,
seer onverpoost na niks - broos na verlore vrou.
 
Besorgdheid uit die veld verskyn - reuk in die stont gespys
versoen in genesingskrag - hemels is liefdesprag.
Soos protea smag na lang verwagte reën
vasgevang in helingskrag geestelik in God se krag.
Sagtheid sweef deur my gees - mosies is geheel,
danksy die besorgde vrou deur God geskenk.

serengeti.jpg

Mara Rivier Migrasie (Serengeti - Tanzania)

 

 

Trillend ruk Aard soos vries in koue nag
tromme swewend oor aardskors geskeur.
Duisende blou wilde bees
na Mara se huigende gelok,
skuilend die drake van die dood.
 
Hitte golwe uitdagend in hul spieëlbeeld
gestreepte truie in swart en wit.
Gespierd aan gejaag na nuwe reëns
jagende asems snel verby,
waagmoed na pre-historiese dood.
 
Duisende karnivore stormend vir voortbestaan
kleinding hangend aan Ma se roep.
Geel poele vuur reikend oor vlaktes
heerser van die Serengeti,
hoewe in tronk vas gevang.
 
Eerste dood in gras en stof gesmoor
blitsende tande kloof deur die lug.
Sand en gras in rooi verkleur
aard kors skud sy rug oor gekielie,
hoewe dreunend in tromme koor.
 
Strelend sag speel water oor rots verwag
slu-skurwe oë gulsig na die wag.
duisend oorlogs hoewe huigend oor die rand
gewapende tande gelaai om te dood,
bottels bars in skerwe verspreid.
 
Wit blitsende skuime bars deur die lug
skuddend soos wasmasjien in modder geplas.
Karnivoor gemeng met ondier se greep
geirriteerde seekoei stormend aan die wal,
ge-ordende chaos van die natuur.
 
Masai Mara rukkend in ongeduld van moord en roof
See koei jagend blou wildebees van sy stoep.
Skrams geskeer deur draak se geur
skoppend met oë op sandwal se steun,
verlam van vrees ongedeerd die bultjie op.
 
In verte swaard blitse deur donker wolk
onbeskaamd sien hy neer op die massa moord.
Groot die drake kaak
grypend versmoor karnivoor,
doods-asem borrellend ontsnap uit rivier.
 
Deur die koorsang van karnivoor deur stem en hoef
verdwyn die klaaglied met die dood.
Deur geproes en borrelbad
kerf karnivoor na lewens-nood,
die tuin van eden wag in groen en silwer reën.
 
Prag styg paradys op horison in eiland van seën
see van wilde bees en zebra brander voort.
Dappere karnivoor soldaat Mara oorleef
son skemer in goue plaat skamend na sy rus,
blosend geel-rooi die vlaktes geverf.
 
Agter die dood verskuil in modder en kaak
verskemer in aandlug se bries.
Jakkals se verre roep op die wind gedra
Skops Uiltjie singend oor verlies,
witkol vrugte vlermuis treurend in samesang.
 
So sterf die dag onder sterre verskiet
nuwe lewe onder sekel maan gehak.
Venus speels karnivoor se lot versag
rustig kriek en padda koor oor vergeet die dag,
tot nuwe tog na die dood.

 

grenstoe2.jpg

Veteraan Soldaat - SA (1985-1989) - Grens Toe

Grens toe - môre grens toe
respek, eer en onthou my tot die dood.
Jonkheid weg geruk die grense oor
oorlog-selfsug op ons forseer,
die onbekende in.

Veteraan oorleef - wysend wonde aan bemin
pynlik in vel grafeer.
Brandend in hart verseel
gevegte donderend tot die dood,
sweepslae oor jou rug.

Verhale oor vertel na kind
verewig bewaar oor die wind.
Trots land verdedig teen onbekend
vir vryheid in verre lande,
waar "demokrasie" na oorlog lei.

Veg vir ons verseëlde toekoms
die reg om vry te wees.
Vryheid leiend na verarming en dood
gee ons lewe deur vrees en veg,
deur wreedheid verswelg.

Vergeet ons nie wat ons opgeoffer het
want ek's 'n veteraan soldaat.
Ek was 'n vegter in die span
altyd land gedien,
verloor nooit aanvaar.

Veteraan soldaat nooit oorgegee
nooit kameraad in steek gelaat.
Dissipline wagwoord vir my siel
opgelei om te dood,
profesioneel en spesialis vir die stryd. 

Agter blywend in seer na dood
kameraad onder lang skadus versink.
Sepresbome trek water
lang skadus - die gevalle soldaat,
medalje van eer - herhinnering van wat kon wees.

Verlange hart op grensdraad se raad
stof verswelg diepe seer die bosse in.
Kraakvars skote jaag deur die nag
grypend masjien geweer in die hand,
môre is ek die gevalle soldaat!

Veg vliegtuie skeurend deur die lug
juigend in vrye lug.
Monster gelaai vir die dood
sweepslae donderend oor die bos,
krete versmoor in die sand.

Landmyn ruk bussie in duisend stukkie mee
onskuldige vrou in twee verdeel.
Vegruis in been en arm
permanent verlam na haar dood,
twee seuntjies huilend in onbekend gegooi!

Fosfor granaat klief deur die lug
skrapnel borend reg deur sy lyf.
Nakend deur bloed bevlek
asem die dood sag in sy nek,
sag heen onder naalde pyn.

Famlilie by die graf om veteraan te groet
jong lewe gegee vir watter stryd.
Lang skadus gryp na die nag
veteraan soldaat in vergetelheid gewerp,
wonde in hom ongenees.

wiesek.jpg

Wie's ek

 

Ek magneet jou voete op vaste grond,
omgekeer suig ek jou vas.
Jy nie in ruimte tuimel
soos moeder van ouds,
atmosfeer omhels jou sag.

Ek blaas warm asem oor woestyne heen,
wasem mis oor jou oë.
Skinder in ore oor die dag van môre
huilend om hoeke heen,
oor mense in boesem geberg.

Ek gee die venster van hemelblou,
verstand ver die diepte in.
Tsunami sterre omarm my lyf
vry en swewend om my Son,
dronk in omswerwing gegiet.

Ek gee groen kleur aan my lyf,
verskietende tak skadu oor mat-grasse oor,
Skadu's verkoel jou lyf
weggekeer die stekende Son,
beskerm tak en blaar jou hoof.

Ek borsvoed jou siel in brander prag,
vars stuur dit deur sintuie heen.
Skilder die na-dag oor horison se rug
rooi gloede omarm my mou,
skildery van die lug.

Waarom maak jul my so seer,
skeur my hart middeldeur.
Vernietig alle lewe in bloed verdrink
ruk my wortels uit die grond,
in selfsug sterf my geur.

Waarom ruk jul my so in hardkoppigheid,
my kledingstuk in groen afgeskeur.
Ruk jul my lewensaar - rivier in besmetting
gooi swart goud oor bloue see,
ek's is die Aarde - jul laaste hoop!

walvis.jpg

Noord-kapper Walvis van die see

 

Ver die lang tog aangepak uit suide heen
storm see en strome oorleef op verre pad.
Opgewonde saam met skole maats,
geselsend met kompas ster na noorde heen
om kleinding in paringsnag.

Lang tog volgens hemel liggame in donker nag
brandende son om noorde prag.
Huigend geselsend, kliek klak die same sang,
weke later in Struisbaai se mag.
Vragboot kerwend in rugvin geboor.

Kermend van die seer uit skool gevlug
verdrietig in hoog water na kant gevlug.
Die mens het weer beseer,
onskuldig in pyn verraai
magteloos teen wagtende dood.

Deinings ongenaakbaar wreed met spiere wat bult
verstoot walvis tussen grypende rots-hande heen.
Skerp snynende rotse lem hom seer
gulsende dryfsand tronk hom neer,
Vas gevang in stryd van oorleef.

Lyf drie kwart in droë stofson se gebak
see water is uitgetap.
Klein golfies tergend om sy lyf
hoop van herleef klappend in sy stert,
oë soekend sag na helpende hand.

Kyk in sy oë in smeking van weer probeer
my stem op wind gedra om sy ore heen.
Kyk hy na my in smeking uit die hel te neem
stort ek 'n traan deur bemoedigende kreun,
magteloos om Noord Kapper uit doodsklou te verlos.

Sag smekend motiveer my stem met kielie branders om sy lyf
probeer hy omdraai na diepe see.
Stert klap en gesug van weer probeer
ogies knip waar druppel heel,
ver weg trom groter branders voort.

Emmers water vul see met skeppende moed oor lyf gespoel
klappende stert en mannemoed ploeg hy deur die lem.
Rots hande sny hom stadig pynlik oop
omdraai slag verder na sy dood,
pyn verskiet uit sy oog die hemel in.

Magtelose stert ploeg woedend seer die water in
dansende deinings boks hom teen rotshande neer.
Sny en brand hom teen die toue neer
spartelend veg hy voort om telling nie te hoor,
waar mens ingryp vir die verloor.

Noord Kapper Walvis verdrietig heen in alleenheid by die mens
ogies geseël - deur dood gesteel.
Rustig na al die leed en pyn
uitgespoeg in donkerde heen,
weer die mens in selfsug gegiet.


mapraying2.jpg

Ma

Hoe gaan dit Ma, moes vertel hoe ek verlang

soos die geroep van 'n jakkals in verte na sy eerste vangs.

Stryd om oorleef - wind my stem dra om te sê

lief het ek Ma.

Ma stem gedra na vriend stappend in straat

het ek gewag om met my te praat vergeefs.

Ma gee my sonopkoms van die dag - koel briesie van rus

Ma vriendin en STER!

Sien Ma slaap - wil Ma drukkie gee

het uitgereik om te raak - maanlig op Ma se gesig gestrooi.

Wou wakker maak asem trillend deur die lug

soveel geskenke om te gee,

wakker word gejaag na werk - trane in die reën.

Liefde om te deel in warmte gesmee

beskermend soos 'n dolfyn oor haar kroos,

Ma rots en Konings kind.

Hoor Ma my liefdes lied - ek lief Ma

spreek in bloue lug -  groene gras om Ma gestrooi.

Fluister in blare in bome heen

asemhaling in kleur van blommeprag.

Skreuend in berge stroom - gee loflied aan voëls

deur sonlig aangetrek met reuk van natuur omhels.

Liefde vir Ma dieper as die see - grootter as Ma se diepste begeer,

Ma skermer en Versoen.

Ma van edelbloed - reënboog in diamant

soos rots vir kroos verhef uit die sand.

Vrede word gesaai - liefde op arendsvlerk met son begroet

moederlike skoonheid in God se glorie - geen vreemde oord.

Ons hartseer versag eensaamheid tot die niet

warm ster deur die lug verskiet - vonkellend stil gewaak oor my.

Verlede deur stof weg geblaas - versoen,

Ma oggenster in my gemoed.

Ma geloof in my - onbeskaamd

eensame doringboom met dorings bekroon - beskermend.

Dors geles deur God se woord - wapen rusting tot Sy eer

stowwe staande verpletter - storms om my bedaar.

Diepste sagtheid verskuil - vrees vir die pyn

storms teen Ma deur God afgeweer - geloof versterk,

Ma God se kind.

Ma muur om my - gebed na God geskiet

storms in gras geskud - maanhare klief deur die lug.

Traan drup deur lug gedruis na aarde heen

gekraak van donderweer - kloue haelend teen my.

Duisend springbokke spring teen my - vetrap verskeur

God slaan dit neer - Ma se gebed verhoor die hemel in.

Stil om my waar spruite lag - son skeurend deur sy baan,

Ma verlig deur ons God geseën.

Ma glans in God se lig - onder Sy grootte Troon.

Sy lig omhels Ma deur Sy Gees - wolk skaduwee in niet gestuur

eilande sink in see tot God se eer - oorwinnig in lug bespeur.

Afskeidrus van maan en son - verwagte daeraad in God bemin

krieke koor nagte hemel in - Ma gedra na God se troon.

Ma se seun met bewondering getoon - Ma heldin teen stryd

Moeder van my teen ons bors - liefde als oorwin,

Ma gedra deur engele heen.

spookdirk.jpg

Die Spook van Ondangwa Lugmagbasis (1985)

 

Sluipend die skemer nag - die dag ingesluk
ongesiend vir eers - stille nag se eertse vers.
Sag fluitend tussen ons deur,
donker takke grypend in die nag.
'n Kers wat ver weg huil in sagte wind
spookagtig die vroeë nag.

Blitse in verre noord sweep deur die nag
wind hoendervleis sag om ons heen.
Uit bomskuiling geroep
stille nag heilige nag - die eerste vers
sweef deur lug na onse oor,
ongesien die suisende ooste wind.

Vlugtend met krakende takke vlug elke man
ongeloof met eerste sien.
Swewende man terug na bomskuiling se wand
onrustig in sy siel in lig fosfor groen verkleur.
Stille nag heilige nag in donker nag gesmee,
die spook van Ondangwa voor kersgety.

Weer roepend na spook die tweede keer
gordyne oor oë gelig om ongeloof te besweer.
Sag oor die wind se rug gedra
van niks deurskynend groen.
Stille nag heilige nag die lang man,
swewend loop na onbekend.

Blitse kloof die nag met sweepslae oor aardse rug
spookhande van geboue en tak vergryp na blitse prag.
Sagte wind suisend om ons ore heen
die spookman se eensame sang.
Stille nag heilige nag van wat kon wees,
dood op die grens en dalk nie reg gemaak.

Soos mens van ouds sy kop gedraai na ons
deurskynende spook man wat loop soos 'n mens.
Swewend gedra deur die wind van sy knieë na bo,
stille nag heilige nag sy treur-fluit oor fees gemis.
Sy liggaam êrens in rus,
maar sy siel treur eensaam-alleen op Ondangwa se grens.

grootwaters.JPG

Groot waters

 

Bultende spiere plof teen rots en krans
kragtig speel spiere oor bloue waters heen.
Trots skuimende oor gekielie op strand
vars reuk swewend na neus gelei,
die grootte see in sy prag.

Storms woedend golwe gooi in vernietigende stropery
gekners van rots in stukke gebreek.
Stuk van rots gesteel in sand gemaal
swepe klap blinkend deur die lug,
spattend in skuime wit verstrooied.

Soos wasmasjien skuddende see in wit wol verfraai
huigend - stampend water loop oor die rand.
Wind huilend oor geen troos gevind
snikkend om elke hoek na nêrens,
skepe stelend na sy boesems hart.

Rukkend is mallemeule in onbeheersde humeur
ruk en steel lewens op die grootte see.
Skatte verberg deur eeue heen
gekielie op haar maag deur visse se swem,
stadig kalmeer die waters in haar brose lag.

Dolfyne in die lug met laggende gesig baljaar
spieëlbeeld water uit die lug beskou.
Blou-groen af ge-smeer in tweede beeld van hom
seevoëls sag see se rug krap op soek na kos,
grootte waters vir ons genot en respek!

wenner.jpg

JY'S 'N WENNER

Soos saad gestort voor ons geboorte

Die geveg na oorwinning

Die stryd vir roem

Tussen duisende deur,

gewin

 

Wenners was ons gewees voor geboorte

Wetende vandag alleen

jy's die een

op die pad saam met

God

 

Hardloop Wenner op die pad van God

Voltooi en breek die lint

Jy's die een

God saam met jou na Sy

Troon

 

Deur die pyn en stryd van die lewe

Om jou die Leier te maak

Jy's die een

Probleme oorwin - karakter vesterk in Sy

Hande in

 

Probleme bou jou in Sy Troon

Vergeef - vergeet - getuig

Jy's die een

Profeet en dissipel van God met wapen rusting

geklee

GROOTBRAk.jpg

OGGEND-STOND

 

Sag en stil sluip Venus Ster na sy val
berg sag deur wit vere kombers omvou.
Ver weg getjank van jakkels na sy eerste vangs,
kriek en padda in swane sang versmelt.
Horison veskrik in blou oranje gloed geverf.

Grypende kloue van bome reikend na laaste ster
huigende briesie sag deur blaar en tak.
Kunswerk van God in oranje rooi op horison vereer
wit wol kombers skuiwend in niet verdwyn.
Kliewende klowe versny deur die lug.

Rooi geel goudplaat loerend op eind van aard verskyn
nuuskierig sy oog laat straal oor vlakte heen.
Diamante blikkend in spinnerak bewaar,
pêrels verstrooid op grashalms heen.
Yskas lug swewend in long geneem.

Verblinde goudplaat in wentelbaan van Oos na Wes
skreeunde water donderend die donker in.
Reënboë kleure dansend in sy sproei,
klowe ploegend die dieptes in
aangetrek deur groen varings verfraai.

Berg rustend op sy rug in oggend son verbak
sagte watervalle maserend oor kloof spier geseënd.
Dou druppels glyend-wassend op berg se voete-end
afgedroog deur sonstraal se warm kombers,
tronend trots uit vlakte getoë.

Visarend snellend in spoed na spieëlbeeld na hom
rukkende vis in klou gegryp.
Sirkels in rivier dansend na die wal,
oorwinnings kreet kloof deur oggend-stond.
Die oorwinnings lied van maag gevul.

Als ontwaak in vreugdes sang tot Sy eer
ligte miswolk verberg karoo-doring se leed.
Bye grommend om sy nektar te steel,
als verlig deur Aardse draai oop gevlek,
die geskenk OGGEND STOND van ons Heer!


gourizmond3.JPG

Spartelende See

 

Ons liefde soos die grootte see,

spartelend dans ons om mekaar,

skuimend in liefde versink,

borrellende deur rotse baljaar,

stoei ons as een in mekaar.

 

Ons liefde in groen-oog see,

skater lag ons van genot,

vrou op haar lieflikse sag uit op die strand,

hy haar vang en terug in sagte see,

rustig in mekaar verkeer.

 

Ons liefde skuim deur die lug,

vars reuk van mekaar - die skone reuk,

hande aan mekaar verbind oor rotse heen,

speels in gelag van genot,

verewig in mekaar gevleuel.

 

Ons liefde jaag mekaar deur strome heen,

onbeheerbaar verlam in diè siekte ongenees,

na onbekende korale verlê mooiheid versag,

vrou se krale verspreid in kleure prag,

huppelend ons oor liefdessmag.

 

Ons liefde jaag op dolfyn se rug,

gesuis van jagende bloed druisend ons ore deur,

hartklop van skulpe ruk ons bors,

diepe liefde vir mekaar styf verbind,

verewig met die see versmelt.

 

kaspaas.jpg

Die verjaarsdag van Kaspaas Breekwater

 

So onthou Kaspaas Breekwater sy geboorte dag

suide wind in sy oë met sien van eerste lig

bloed belope oë van baba poeiertjies

snuifend na wêrelds lug.

 

Kaspaas Netheid op sy eerste dag met grote hande

sag oor sy klam min hare vryf

middel bles blinkend deur die lug verkaats

skuur paier om haarlose gedos blink te vryf.

 

Kaspaas Planmaker wat homself bystaan in geboorte

rek en strek soos net 'n uilskuiken kan doen

drie spiere verrek met sproetjies verspreid

huigend en kruipend op sy eertse dag.

 

Kaspaas van staal met spiertjies wat bult

eerste tien minute van geboorte tietiebottel suie

bottel soos konsertiena in duie frommel

staal tande skitter wit in gegrom.

 

 

Kaspaas waterblaas vol gepomp met windmeul se gedraai

spuitende Kaspaas bogend op Ma se skoot

giggilende hy van genot - sy eerste geboorte dag

trots om 'n seun te wees.

 

DIE CHRISTENDOM
 
Die mens - selfopgelegde Christendom - soos 'n koraalrif
Mooi vertoon - haaie wat bombadeer.
Bybelboelies om elke draai - geslaan teen die grond
binnegevegte - geen son meer filter,
seerste seer binne kerk.
 
Die mens - gewone Christendom - buite kleurvol
Binne verrot - stel voorbeeld na buite,
baklei, seer maak en oorheers - ware liefde ontbreek.
Bid vir ander - genesing kom - glo self nie daarin,
skuld gevoel binne kerk.
 
Die mens - vals beeld na buite - Christen self nie genees.
Ryk uit na ander buite liggaam - maar self wagtend,
seekat na sy vangs versmoor - self verwond nie genees.
Leef soos hul sê - maar self nie in WOORD,
voorbeeld ontbreek in die kerk.
 
Die mens - selfverhewe rots troon bo koraal - vernietigend tot sy beeld.
Alles draai om hul - de hel met spul verspeel,
olie vestrooid oor kleure prag - suurstof stelend na hul sak.
Kleur verbleik, lewendgewende verspil - koraal aan die sterf,
selfgesentreerde Christen vernietigend tot sy kerk.
 
Die mens - verdwaal in Sy woord - kohesie na die maan.
Sterwende koraal - vlug na die stryd - kerke in gelowe verspreid,
wat dink die mens - God wag vir ons - tyd verspeel.
Hoe kan Christene verwag dat ander vis - smelt met hul,
maskers verdwyn - seer alleen herstel in God se hand.
 
Die Christendom - diskrimenerend teen mekaar - oordeel ander na hul dood.
Vergewensgesindheid ontbreek - kyk na God vir raad,
wysheid sal jul leer in God se woord -  opregtheid na Sy hart.
Christendom kom tot bekeer - of dit's te laat,
verantwoording kom tot God se troon - steek Hom nie in skand,
Rekenskap wag op die Christendom - verseker by Sy troon.

STUUR JOU EIE GEDIG OF PROSA AAN pos@onsdorp.com