KUNSTEBULT

Ans Coetzee
TUISBLADSY
Bernadette Du Toit
Quintin du Plooy
Jopie Van Wyk
Dirk Boshoff
Embrenchia Snyman
Dirk Kruger
Annamarie Du Toit
Annetjie Van Zyl
Ans Coetzee
Anne-Lize
Barbara
Conley Meyer
Cornelius (Corrie) Nel
Daleen Stegmann
Deon Viljoen
Gerhard
Hantie Dreyer
Joe Mulder
Johan Visser
Johann De JAGER
Petro Gordon-Hendricks (nee Rhode)
Paul Avenant
Ray Theron
Retha Kruger
Welma den Haan
TERUG NA ONSDORP
AnsCoetzee.jpg

Ans is van Bloemfontein en betrokke by Athalia Uitreik aksie

My Trouman

My man die dag toe hul jou die teater instoot
Het jy gesterf en is my trouman dood
‘n Ander man het uit die teater gekom
En ek nou getroud met hom


Jou liefde vir my en my liefde vir jou
Dit het die Heer ons laat behou
Maar die man wat ek getrou het
is weg vir altyd


Ek bid so intens dat God moet gee
Vir genesing van jou geheue
Ek mis die bederf deur jou
Jou aandag en omgee so getrou


Jou vriende het in niet verdwyn
Hul vriendskap het gekwyn
Want sosiaal kan jy nie meer verkeer
En dit is al wat hul begeer


Die emosie van omgee wat jy begeer
Die het hul heeltemal verleer
Jy verneem hoe dit met hul gaan
En stort jy soms ‘n traan


Jou seerkry en verwerping dra jy stil
Berus jy jou by God's wil
Soms rus oë vol vrae op my
Wens ek kon jou hartseer laat vermy


Dit laat my somtyds God se wil betwyfel
Dan verklaar jy jou liefde sonder weifel
Dit laat my gering voel voor my God
Jy bly so getrou aan Sy gebod


Jou siekte het jou wel verander 
Maar jou liefde vir my bly onverander
Jy aanvaar jou siekte as jou lot
Jy bid en dank gereeld jou God


Deur Ans Coetzee opgedra aan my Man Johann    

Onvermoë

Die hartseer van ander
Het my lewe verander-
Dit laat my met 'n sagte hart voel
Met nuwe oë kyk
En simpatieke ore luister.

Weet jy hoe dit voel?
- om verkrag te word-
As jou geliefdes vermoor word-
Jy geslaan en mishandel word?

Ek kyk in die oë van stukkende siele
Luister na die woorde van gebroke harte
Ek ervaar die hulp roep vir erkenning
Vir aanvaarding
Vir liefde
Vir aandag.

Hul pleit sonder woorde
Vir hulp uit alle oorde-
Hul lyftaal praat saam
Neem weg die hartseer pyn
-die lewe se venyn!

Ek ervaar vrees
En vra myself
"Hoe kan God van my verwag
Om hul heel te maak"?

Ek sluit my oë in stilte
Sonder woorde bid ek
"Help my God"

'n Kalmte kom oor my
Ek weet! - dis van God verkry.
Dit word sterk binne my -
Ek weet - die woorde wat ek uiter
Is nie myne-
Die raad wat ek gee
Is nie geleerdheid-
Die gevoel wat ek voel
Nie ondervinding nie.
.
Ek sluit my oë in dankbaarheid
En prewel sag - Dankie Jesus    

STUUR JOU EIE GEDIG OF PROSA AAN pos@onsdorp.com