KUNSTEBULT

Bernadette Du Toit

TUISBLADSY
Bernadette Du Toit
Quintin du Plooy
Jopie Van Wyk
Dirk Boshoff
Embrenchia Snyman
Dirk Kruger
Annamarie Du Toit
Annetjie Van Zyl
Ans Coetzee
Anne-Lize
Barbara
Conley Meyer
Cornelius (Corrie) Nel
Daleen Stegmann
Deon Viljoen
Gerhard
Hantie Dreyer
Joe Mulder
Johan Visser
Johann De JAGER
Petro Gordon-Hendricks (nee Rhode)
Paul Avenant
Ray Theron
Retha Kruger
Welma den Haan
TERUG NA ONSDORP

1111meberdie.JPG

Bernadette woon in Krugersdorp.

sinewy1.jpg 

Sinewy.

- prosa stuk -

Geskryf deur  Bernadette du toit

Sommige sou my dalk met afdraand monde met 
genot aan jou beskryf as kil, gevoelloos,
o' jong sy is n regte beheervraat...
dat ek, ek wie almal hul gang laat gaan,
Geen gevoel het vir medemens..., familie...,
kollegas,

So... jy KEN my?
Weet wie hier diep binne my skuil...?
Ken my vrese,...My hartseer...., My pyn?
NE...?

Anders as ander dra ek nie my begrafnis gesig elke dag nie,
ek wys ook nie my vertrapte hart vir sommer elke Jan trap en sy maat nie,
ek is nie n arme damsel wat n groot sterk man nodig het om my te red nie....

Ek probeer myself optel,
Huil myself aan die slaap,
Moes alleen laat aande in donker strate huistoe loop,
Guess what princess...
Geen flippen ridder.
Geen damn hero,

Ek moes leer om sterk te wees in n mans wereld,
n Corporate wereld,
Waar net die tough survive..
Waar jou sukses gemeet word aan hoeveel keer jy bereid is om op te staan...

Nie aan hoeveel " kry-myself-jammer-trane " ek by almal gehuil
het en ek die " victim " speel net sodat ek tog net nie skuldig moet lyk aan enige sondes nie....

Want jy is mos sonder sonde...?

NE...

geloofbdt.jpg

Geloof

Genade.

 

Bewoë in dankbare hart,

Buig my gees

Sprakeloos,

Genade so seker,

Soos die son elke dag brand,

 

Vanuit nêrens reik U uit,

Gee onverdiende geskenke,

Al wat ek kan uiter,

"Prys U naam!"

"Prys U naam o Heer!"

 

Selfs die onuitgesproke gebede,

Verhoor U,

Salf, U liefdesalf,

ʼn seer hart wat lê benede,

 

Sela, sela,

Huilend in geskokte dankbaarheid,

U genade,

U liefde,

Selfs vir MY ook Heer,

 

Emanuel God is met ons,

Shalom,

U liefde vou soos

ʼn warm winterskombers,

 

My gees

So dors

Soos ʼn uitgedroogde spons.

 

Tyd.

 

Deur raamwerke van kommer

Sit sy en wonder

Terwyl jeug wegsypel,

En haar lag in lae

Langs haar oë begin frommel,

 

Die uurglas se sout

Hardloop vinnig en koud,

So deur haar gewonder

Word sy elke sekonde net ouer,

 

Nuttelose gewonder van geld

En status,

Laat ware geluk aan ʼn afgrond rus,

Ander droom en slaap knus,

 

Terwyl sy so wonder en diep sug,

Vergete is haar dankie sê gebede,

Sy lig nie meer haar arms na bo,

Lanklaas het sy werklik,

Werklik geglo,

 

Die uurglas se sout

Hardloop vinnig en koud,

Tyd het geen remme,

En deur fronse van ondankbare oë,

Sny werklikheid soos lemme, 

Tyd.

 

Deur raamwerke van kommer

Sit sy en wonder

Terwyl jeug wegsypel,

En haar lag in lae

Langs haar oë begin frommel,

 

Die uurglas se sout

Hardloop vinnig en koud,

So deur haar gewonder

Word sy elke sekonde net ouer,

 

Nuttelose gewonder van geld

En status,

Laat ware geluk aan ʼn afgrond rus,

Ander droom en slaap knus,

 

Terwyl sy so wonder en diep sug,

Vergete is haar dankie sê gebede,

Sy lig nie meer haar arms na bo,

Lanklaas het sy werklik,

Werklik geglo,

 

Die uurglas se sout

Hardloop vinnig en koud,

Tyd het geen remme,

En deur fronse van ondankbare oë,

Sny werklikheid soos lemme,

sporebdt.jpg

Oorskadu Voetpad.

 

Eens oorskadu voetpad,

Toegegroei onder wanhoop,

Pyn,

Bloedskande,

 

Takke van selfverwyt,

Eens verwronge,

Waar donker figure,

Sonlig gesteel het,

 

Nou helder geel-oranje verlig,

Vanuit U koninkryk strek U,

U hand uit,

Lê  ʼn pad van genesing,

In  ʼn  eens oorskadu voetpad,

Gras-groen valleie nou sigbaar,

Geure van rose, soet jasmyn,

Laventel weggedra op die wind,

 

En geen,

Oorskadu voetpad,

Meer te vind.

dogterbdt.jpg

‘N Brief aan my dogter.

Ek kyk na jou met groot trots,

Sien hoedat jy jou staal teen pyn,

Vir ander is jy ʼn rots,

 

Nog voor jy begin vorm het

In moederskas,

Het Ek jou bemin,

Vir jou gesterf,

 

Jy is die mooiste blom,

Gepluk uit hemelse tuin,

En in My hand hou Ek jou vas,

 

By My, My dogter,

Het jy geen las,

EK jou Vader het jou verlos,

 

Pragtig kleur jy ander se lewens,

Jou geur word oral

Nagelaat,

Sagkens en trots wil

Ek jou oplig vir ander om te sien,

 

Kyk,

Kyk hierdie is MY dogter,

 

jou Hemelse Vader.

 

gebedbdt.jpg

 

My gebed vandag.

 

Vader deur kleurvolle oë groet U my,

Geure van natuur parfuum sterk merkbaar,

Die lewe se siele nog vas in droomland,

 

U vat my aan die hand,

Met twee rye spore in die sand,

Twee word een,

Ek hoor U stem,

"My kind jy mag op MY skouer Terug leun"

 

Swaar tye dra U my Heer,

Met sorg vee U my trane af,

Glimlaggend wil ek langs die see draf,

 

Vandag het ek ʼn gebed o Heer,

Help my om uit my foute te leer,

Om ander te help,

Hul smart met U liefdesalf,

Te smeer,

 

U het gesterf vir die skare,

Help my om werklik te sien,

Om U te dien,

Om U te prys,

Laat digters woorde,

Deur koue harte rys,

 

Om minder foute te begaan,

Dit alles vra ek,

In Jesus Naam.

Amen.

jesusbdt.jpg

.

Weer gevind.

 

Onder veilige skadu

Van my hemelse Vader hand,

Gly musieknote en fluweel akkoorde,

Nie meer is ek verlore,

 

Uit donker valleie het ek my pad gevind,

Voel ek soos ʼn bevoorregte kind,

 

Engele koor het my pyn weggesmoor,

Jeugliede oral te hoor,

Goudgeel son vingers groet my dag,

En weer kan ek my kinders hoor lag,

 

‘N liefde eens verdring,

Nou soos ʼn nuwe bloeisel

Wat Lente mee bring,

 

Eens verlore Jesus kind,

Nou..

Weer gevind.

 

vergewebdt.jpg

 

Om te Vergewe.

Deur jakaranda strate,

Sweef ek ligvoet,

Trippel op goudgeel laggies

Van die son,

Gooi my hande omhoog,

 

Terwyl vader wind my sorgvry

Laat sweef,

En ek aan hemelse liefde kleef,

 

Soos ʼn warm kombers

Vou die son sy arms om my koue hart,

Vryf die wind sy somers hand saggies

Teen my Wang,

 

Soete rivier stroom water,

Les my siele dors,

En ʼn engel van genesing

Neem my hand,

Trek ou rowe van seer,

En breek deur my

Gees se kors,

 

Oor bruggies van talle vergifnis,

Trippel ek ligvoet en

Dans op die nag

Se sterrestoet.

lewebdt.jpg

Verlief op lewe.

Ek is verlief op musiek,

Ek is verlief op die son, die wind, die sterre,

Ek is verlief op die maan,

Veral as hy soos ʼn groot blink skyfie in die naghemel hang,

 

Ek is verlief op die stad se gegons,

Op die naglewe se reënboog liggies,

Ek is verlief op die lewe se ritme,

Wanneer hy ligvoet op ons hartklop dans,

 

Ek is verlief op die prag van die blou hemel,

Ek is verlief op die sang van ʼn kind se lag,

Op groen gras, ʼn warm somersdag,

ʼn Moeder se liefde so teer en sag,

 

Ek is verlief op die skoonheid van natuur,

ʼn Warm kaggelvuur,

Ek is verlief op die misterie van ʼn mens se hart,

Ek is verlief op die omwenteling van liefde in alle vorm en kleur,

Veral as dit jou bekruip en jou lewenspad in ʼn rigting stuur,

 

Op my knieë in gebed,

Is ek verlief op hoe wonderlik God ons red,

Hy het gesterf vir skare,

 

Is ek verlief op my geloof,

En buig ek my hoof,

Sela.

swartvroubdt.jpg

Dood is blind.

 

speel ons

dalk vir tyd,

streef ons dalk

verniet na

hoogtes,

wag die doodskleed

nader as wat

ons dink,

 

wil ons

onbeholpe

die lewenswater

drink

Is ons siele vloeistof

klaar

geskink,

 

hou ons dalk

ons siende blind

as die nag godin

haar doodskleed

nader wink

krusibdt.jpg

Die lewe se krom hand.

In vroeë oggend stilte sit my gedagtes en tuimel. Terwyl almal se slaapasem geluide rustig soos brekende golwe om my wemel. Die son loer met sy daglig oë deur my kamer venster en my binneste huil.

Huil as ek dink aan hoe hard lewe is met ons minder gelukkiges. Dat die lewe vir sommiges dik steaks en blink karre gooi. En vir die res bene en stukkende lewens.

Dat ander met nege karaat goue lepels in hul monde hul eerste asem teug, en ons minder we'll bevoegdes met "injustice" en "poverty" die eerste keer saam skreeu.

 

"Gee ons vandag ons daaglikse brood" is vir ons ʼn letterlike spreekwoord en nie net ʼn sin in die onse vader nie. Die wêreld is nie ʼn oester nie maar ʼn groot wrede plek vol blink ladies mense wat stukkende siele deursigtig vind.

 

Sommige van ons vat daai bene en maak sop en plak cheap pleisters op ou sere. Las ons stukkie lewens aanmekaar met genade van bo.

 

Met sy krom hand sit hy met jou wenhand en gee hy jou die ace of spades. En ons?

 

Well ons kry die laagste jack en ons bou ʼn huis.

ʼn Huis wat die wind sommer so met sy bol wange om blaas. En jou boepens wolk droom saam die wind verdwyn.

 

Verstar in gedagtes staan ek voor ʼn gat wat so groot soos Kimberley sin voel maar in werklikheid net ses voet diep is.

 

"Van stof is jy gemaak, en tot stof sal jy terugkeer", so ʼn rou en finale spreekwoord. Die son loer nie meer met sy daglig oë nie maar brand skertsend in winterswinde.

 

Weereens roep alles binne my na die sagte oë van moeder, daai oë wat ek as kind altyd die huil in sou vind.

"Sy het ʼn harde lewe gehad. Sy rus nou my kind". In woorde wat met vertroosting bedoel is vind ek geen. Al wat ek vind is die ongenaakbaarheid van ons lewe en sy krom hand.

 

So byna het ons saam vrede gevind. So byna het daar lag in haar oë ingekruip. En so vinnig is sy weg.

Net weg.

 

My voete volg dooierig die van ander en deur gebroke oë laat ek my weglei.

Die kwaad van onreg kruip oor my hart en ek sukkel in ongewenste gedagtes terug na daai lewe wat haar suster na verwys het.

‘N lewe wat ek met tienduisend verskietende sterre nie sou kon wegwens nie.

 

Nog minder sou kon vergeet nie.

Al wou ek. ‘N oop graf se arms gryp my enkels en in slaaplose aande worstel ek teen kwaad en die lewe se krom hand.

"death is not the end but just another doorway"

unknown

engbdt.jpg

 

Eng.

 

Deur eng ingange

Wring sy haar

Eng spore

Mal helemal verlore

In engte in wil sy my dryf,

 

Haar enggeestige kritiek

Maak my skoon siek

Met my hande oor my ore

Gaan haar eng woorde

Verlore,

 

Ego haar skril stem

Sny deur jou vlees

Nes ʼn skerp lem

Haar enghartigheid

Sal nooit genees,

 

Deur eng ingange

Wring sy haar

Dool sy en roep

Roep na nog ʼn minnaar

Verleidelik is haar gevaar.

tydbdt.jpg

 

Tyd.

 

Deur raamwerke van kommer

Sit sy en wonder

Terwyl jeug wegsypel,

En haar lag in lae

Langs haar oë begin frommel,

 

Die uurglas se sout

Hardloop vinnig en koud,

So deur haar gewonder

Word sy elke sekonde net ouer,

 

Nuttelose gewonder van geld

En status,

Laat ware geluk aan ʼn afgrond rus,

Ander droom en slaap knus,

 

Terwyl sy so wonder en diep sug,

Vergete is haar dankie sê gebede,

Sy lig nie meer haar arms na bo,

Lanklaas het sy werklik,

Werklik geglo,

 

Die uurglas se sout

Hardloop vinnig en koud,

Tyd het geen remme,

En deur fronse van ondankbare oë,

Sny werklikheid soos lemme.

sommernetbdt.jpg

 

Sommer net.

Jy weet mens kry dae wat soos ʼn pregnant hoenderhaan met ʼn seerkeel skreeu

"opstaan! Opstaan!"

En al wat jy wil doen is omdraai en maak of jy diep slaap.

 

Wanneer Klaas Vakie sekerlik half dronk was toe hy slaapsand in jou oë kom gooi het want die slaap sit so dik dit voel soos superglue.

 

Dae wat jy sommer net wens jy was nog Klein genoeg om ʼn gillende breakdance te doen totdat jy jou sin kry.

 

Wat jy voel soos ʼn deurgetrapte mat, vuil, plat, used.

Iets wat niemand notice totdat jy gedaan is nie.

 

Dan smyt hulle jou uit.

 

Dae wat almal se "so called wisdom" voel soos ʼn cheap advert wat sing hoe jy jou worries weg kan was met die nuwe cool sjampoo!

 

Dae wat die traffic stadiger is as ʼn mank skilpad.

Wat mense en hul drama infused bubbles net minder tolerable is.

 

Dae wat jy sweer jy hoor stemme en jy saam daai weird omie op jou hoek in groen dakkies gaan beland.

 

‘N sommer net dag want jy voel half kranksinnig,

Want jou speed bumps raak te veel.

 

Dae wat jou buurvrou jou vra " genade what happend?"

 

En jy sarkasties antwoord

 

"Life happened!!"

verloreurebdt.jpg

 

Verlore ure.

 

 

Horlosiewysers kort en Klein,

Kruip weg agter dun glas,

Knip sy sekonde ogies,

En waai bewend sy minute arm,

Soos my roepstem na verlore Tyd weergalm,

 

Deur geslote oë,

Roep ek na verlore ure,

Miljoen vrae hang in een sin,

"as ek Manet", "as ek Manet"

Leeg is my hart nie meer,

Al is die seer geen pret,

 

Horlosie wysers kort en Klein,

As jul manet my wens kon inneem,

Tyd kon omkeer,

En onuitgesproke liefdes woorde,

Breë bors aan jou lippe sou hang.

verloreurebdt.jpg

 

Straat Bouer.

 

Terwyl die wind tartend aan my jas rondpluk,

En die dreigende grys wolke

Swaar hang van komende reën,

Hardloop al wat leef vir skuiling,

Almal behalwe ʼn ouerige man,

 

Skaars is hy sigbaar,

Sy klere vodde en verblyk deur die son,

Sy tone loer deur klaar-klaar vellies,

En sy geestes gestalte die van die strate se skaduwees,

 

Tydsaam en sonder Haas,

Wonder ek verbaas,

Sien ek hoe hy ʼn straat huisie

Aanmekaar slaan,

Plankies en swartsak,

Dis al wat hy vat,

 

Wat skuil agter daai verrimpelde gesig?

Agter sy mishandelde menswees,

Mishandel deur wind, reën,

Deur die samelewing,

Verstote

Alleen,

 

Niemand merk sy teenwoordigheid,

In die agtergrond van die stad se gewoel,

Bestaan hy met geen doel,

 

Sy bestaan is tog nie so,

Kleurloos en vaal nie,

Lagplooie diep tekens,

Van eens normale lewe,

 

Strate en verskuilde hoekies,

Is sy agterplaas,

Lewe die straatbouer,

Met geen

Haas.

verloreurebdt.jpg

 

Die opvoering.

ovoer

Met die klank van viole,

Streel Mozart se simfonie jou ore,

Asemloos in bewondering,

Neem sy jou na ʼn wonderwêreld,

 

Ligte danspassies soos die van ʼn vlinder,

Laat sy dit lyk of jy die musieknote kan skilder,

 

Vir daai moment is jy Romeo,

Sy Juliet,

Jy haar fantom,

Klavier klanke val soos druppels deur die lug,

 

Simbale blits soos weerligstrale,

Die einde van jou droomwêreld kom nader,

Haar toneeldans kom tot ʼn halt,

Oorverdowende applous,

 

Tranerig neem jy afskeid van wonderland,

Jubelend roep jy uit "bravo! bravo,"

Sagkens verdwyn die danser,

 

Haar danspassies nog vars in jou geheue,

Geslote oë herrys die Mozart melodie.

verloreurebdt.jpg

 

Dè Ja Vû.

(vir mamma)

Gras so groen,

Lê soos ʼn kombers,

Pers jakaranda blomme,

Reën oral neer,

Sonstrale breek gebroke tussen

Bome deur,

 

Madeliefie lappieskombers,

Links na regs,

Natuur skoon voetpaadjie,

Pragtig geskilder,

Moeder aarde se verfkwas,

 

Kaalvoet stap ek voort,

Gras vou soos watte om my tone,

Dèjavù gevoel,

Dis waar ek hoort,

 

Simfonie

Van voëls in koor,

Déjavû bekend-onbekend,

 

Agter jakaranda boom,

Lag en wink sy,

Helder bekende wese iewers in my geheue gewese,

 

Haar oë roep, roep my Nader,

 

Sy gryp my hand,

Lag, lag,

Hardloop ons,

Koes-koes deur madeliefies,

Haar hand voel bekend,

Haar lag voel veilig,

Déjavû,

 

Asof heuwels saam juig,

swaai ons om,

En om,

En om,

 

Haar gesig verstrak,

‘N swaar traan hang troebel

Aan my Wang,

 

Geslote oë herroep my geheue,

"berus, aanvaar, laat my gaan"

Natuurskoon steel my lag,

Haar stem ruk,

Ruk diep in my hart,

 

"my poppie,"

"Berus, aanvaar, laat my gaan"

Haar helder wese dryf weg,

 

Déjavû totsiens,

Tot weersiens.

STUUR JOU EIE GEDIG OF PROSA AAN pos@onsdorp.com