KUNSTEBULT

Jopie Van Wyk

TUISBLADSY
Bernadette Du Toit
Quintin du Plooy
Jopie Van Wyk
Dirk Boshoff
Embrenchia Snyman
Dirk Kruger
Annamarie Du Toit
Annetjie Van Zyl
Ans Coetzee
Anne-Lize
Barbara
Conley Meyer
Cornelius (Corrie) Nel
Daleen Stegmann
Deon Viljoen
Gerhard
Hantie Dreyer
Joe Mulder
Johan Visser
Johann De JAGER
Petro Gordon-Hendricks (nee Rhode)
Paul Avenant
Ray Theron
Retha Kruger
Welma den Haan
TERUG NA ONSDORP

DIE VUURTJIE

Die vuurtjie

Die mens is soos n vuurtjie

Wanneer jy klein is, word jy aangemoedig om groter te word

Daar word voortdurend papiertjies en stokkies bygevoeg om jou groter te laat word.

Wanneer jy goed brand, word jy vir n rukkie alleen gelaat sodat jy kan hitte opbou

Wanneer jou hitte reg is, staan almal nader om van jou hitte gebruik te maak

Party maak hulle net by jou warm

Ander bring die roosters en vleis en jy moet hulle kos gaarmaak

Soms word daar nog stompe bygevoeg sodat jy meer hitte kan gee

Daar word om jou gelag en gesels

Soos jou hitte stadigaan minder word, en die kos  gaar is

Word die lag en gesels minder om jou

Jy word dan alleen gelaat en niemand het die bietjie hitte wat jy nog oor het, meer nodig nie

Jy het jou doel gedien en jy het nie meer krag of hitte oor nie

Jy kwyn weg en jy word net n hopie as

Die wind waai jou assies weg en die gras groei weer daar waar jy was.

Die wat van jou gebruik gemaak het, kan later nie  meer onthou waar jy was nie.

 

STUUR JOU EIE GEDIG OF PROSA AAN pos@onsdorp.com