KUNSTEBULT

Quintin du Plooy

TUISBLADSY
Bernadette Du Toit
Quintin du Plooy
Jopie Van Wyk
Dirk Boshoff
Embrenchia Snyman
Dirk Kruger
Annamarie Du Toit
Annetjie Van Zyl
Ans Coetzee
Anne-Lize
Barbara
Conley Meyer
Cornelius (Corrie) Nel
Daleen Stegmann
Deon Viljoen
Gerhard
Hantie Dreyer
Joe Mulder
Johan Visser
Johann De JAGER
Petro Gordon-Hendricks (nee Rhode)
Paul Avenant
Ray Theron
Retha Kruger
Welma den Haan
TERUG NA ONSDORP

Bosveldaand

Bosveldaand1.jpg

 

Winteraand in die Bosveld

Vandag het ek oor jou gestap

oor die voetpadplooie van jou ou gesig,

jou oë het ek verwar met waterpanne,

maar ek het jou hart gesoek,

die kern van verlangesange,

in die wegsluip van die rooibok

en die koesgang van die kwartel.

 

Vir ‘n oomblik was jy sielvol in die oë van ‘n jong nyala,

in die kleur van rooiborslaksman,

in die lied van ‘n tiptolpaar se rondosang,

die skaamgroen spruitbeloftes van jou gras,

en doringbome,

maar vlietend, voor ek jou kon vang.

 

Eers vanaand het jy met my gepraat.

ek het die trilling van afwagting

oor jou grondvel aangevoel,

in die sug van die aandwind ‘n beduidenis van stem gewaar

en aanvaar -

vir nog ‘n rukkie

vir ‘n hartklop in jou ewigheid,

voor die donder en die eerste reëns

weer jongjaar bring,

wil jy stil wees

wil jy rus. 

 

©         Quintin du Plooy

 

 

Bosveldaand.jpg

STUUR JOU EIE GEDIG OF PROSA AAN pos@onsdorp.com