KUNSTEBULT

Deon Viljoen

TUISBLADSY
Bernadette Du Toit
Quintin du Plooy
Jopie Van Wyk
Dirk Boshoff
Embrenchia Snyman
Dirk Kruger
Annamarie Du Toit
Annetjie Van Zyl
Ans Coetzee
Anne-Lize
Barbara
Conley Meyer
Cornelius (Corrie) Nel
Daleen Stegmann
Deon Viljoen
Gerhard
Hantie Dreyer
Joe Mulder
Johan Visser
Johann De JAGER
Petro Gordon-Hendricks (nee Rhode)
Paul Avenant
Ray Theron
Retha Kruger
Welma den Haan
TERUG NA ONSDORP

 

 

Alleen in beheer 2000

Watse rol speel,

satan in ons lewe ?

Besluite word al net geneem,

na raadpleging van die sterre

Word ons dan almal,

van ons geloof afvallig ?

Sy kragte, soos diè van Christus, ,ook magtig. ,

Hang almal dan nou,

verleidendende geeste en leringe aan ?

Neem elkeen van ons nou,

'n persoonlike duiwel aan ?

Word satan se invloed op die mens,

dan elke dag groter ?

Anargistiese beleid,

'n geheimsinnige, vreesaanjaende werklikheid

Is satan se magte,

dan reeds gemobiliseer ?

Wanneer gaan Christus terugkeer,

om hierdie duiwelse mag,

te keer ?

Sy bedrywigheid

oor die hele wereld verspreid ?

'n verskriklike herlewing,

van die boosheid ,

Duiwelse leerstellinge, en praktyke,

al hoe meer aangehang. ,

Wat het ons, met ons lewe

aangevang ?

Jy as Christen

alleen in beheer,

tensy jy natuurlik wou,

sterf in sy magtige,

verskriklike, klou

 

BANVLOEK

O, hoe weerloos,

waardeloos le ek hier weggesmyt

in die barre banvloekballingskaps-

landskap, myself en verwyt

In 'n lee, lewelose

wereld le ek stadig en wegkwyn - doelloos

dwaal ek as nuttelose,

nikswerd weggooimens rond

Was ek nie eens ook deel, van die

ewigheidsverbond nie?

Hoe is dit dan moontlik dat ek hier bebloed

van menswees weerhou word?

Hoeveel bloed sal ek nog moet stort?

Wat gaan dan van my word?

Lafenis

Die korstondige Jakkals-trou-met-wolfreentjie bring weer pret

na die droe natuur in hierdie

warm laatmiddagson

Spelenderwys

karnuffel die mossie

sy maat in die glinsterende nat

blare van die nat pendoringboom

Met sy kenmerkende fluitroep maak

Piet-my-vrou 'n einde aan

nog 'n suksesvolle

dagtaak

Vanaand sal hy maar weer trots

oor sy nes waak

Na diè heerlike verfrissende lafenis,

kan Godskepping,

weer 'n sug van verligting snak

 

2002-11-12

Verlossing

hoe treffend

onheilspellend

magtig en

pragtig

drom die donkergrys

stormwolke saam

om met oorverdowende

rollende en kolkende gedreun

lewegewende water

vir 'n barre dors land

aan te bied

2002-11-12

 

"Lekka lekka Mielies!!"

"Mielies! Mielies!!"

"Lekka lekka Mielies!!",

kondig die straatverkoper luid aan

terwyl hy onwetend ou Lewies, vervies,

waar hy op sy stoep,

homself sit en verknies

Sy rustigheid vereers onderbreek

'n Leke mielieverkoper

het per ongeluk, tydelik

'n lepeltjie

voor sy swartgemoedsdenketydjie,

gesteek!

2002-11-12

 

mèt of sonder

Halfhartig smeekbedel die straatarm

seuntjie om jou suinige aalmoes

Sy lewe deur die doodsvirus verwoes

Sonder 'n moeder of vader,

moes hy maar geforseerd

ander haweloses vir hulp nader

Mèt, of sonder

jou suinigheid kom sy einde

in alle geval, die heeltyd, nader

2002-11-12

 

Verlore held

(met Johannes Kerkorrel se selfmoord op 12 November 2002)

Met sy Bluesband

gereformeerd...

het hy as kunstenaar,

skynbaar

ongedeerd

wel daagliks, skelm in sy alleenheid,

geween

Skyngeluk,

het nòu, saam met die pyn,

skielik

verdwyn

Nou speel 'n vreemde kerkorrel

'n klaaglied vir 'n siel,

vermorsel

2002-11-13

 

In Sondagklere uitgedos

hier in ons land van potjiekos

met phuthu-pap, week-na-week in sondagklere uitgedos

hier in ons land met skebengu's en tsotsti's

met affirmative action, word die witman, maar telkens uitgelos

hier in ons land van rugby en sokker

met brandewyn en coke, om 'n saai dag op te helder

hier-en-daar waai die vierkleur nog hoog

terwyl swartes maar nogsteeds kort-kort toyi-toyi, en betoog

hier in ons land van armoede

en verswakkende rand

speel ou mandela, nogsteeds wanhopig gesant

terwyl die hartseervure van die verlede, nog hoog brand

hier in ons land van potjiekos

met phuthu-pap, week-na-week in sondagklere uitgedos

wonder mens maar soms,

het die Here ons dan nou heeltemal, uitgelos?

2002-02-17

 

Skynbaar vergete

Soos 'n oulike

klippie in die dam gegooi,

hou die leed, aan met broei,

lànk nadat die golfies van

herinnering skynbaar vergete,

op die wal, te ruste kon kom.

Die klippie is steeds daar,

en behou maar steeds die vernederende gebaar,

al het hy nou, 'n nuwe omgewing gewaar.

Diè swetterjoel van

aanhoudende

golwe van vernyn,

behou maar aanhoudend

en aanhoudend,

steeds die pyn.

...en net soos enige grote verwoestende golf,

kan als maar steeds,

op diè barre lewenssand, ontplof

2002-11-20

 

STUUR JOU EIE GEDIG OF PROSA AAN pos@onsdorp.com