KUNSTEBULT

Paul Avenant

TUISBLADSY
Bernadette Du Toit
Quintin du Plooy
Jopie Van Wyk
Dirk Boshoff
Embrenchia Snyman
Dirk Kruger
Annamarie Du Toit
Annetjie Van Zyl
Ans Coetzee
Anne-Lize
Barbara
Conley Meyer
Cornelius (Corrie) Nel
Daleen Stegmann
Deon Viljoen
Gerhard
Hantie Dreyer
Joe Mulder
Johan Visser
Johann De JAGER
Petro Gordon-Hendricks (nee Rhode)
Paul Avenant
Ray Theron
Retha Kruger
Welma den Haan
TERUG NA ONSDORP

 

 

 

 

Lotsbestemming

 

Uit diep donker grond vloei die krag van die aarde

soos spermselle deur ‘n netwerk van wortelare,

opgesuig in die kronkelkrulle van wingerdhout

tot bo in die ranke van die blarewoud

Om vas te heg aan die lewenskragtige eiersel

van sonskyn vasgevang in groen blare se fotosel.

Soos ‘n fetus in die moederskoot

le elke korrel van die wingerdloot

en vasklou aan die tingerige naelstring

wat die krag van lewe bring.

Gevoed met suikersoet sap uit die are

uitgeswel tot ‘n druiwekorrelskare

en tot volle volwassenheid ontvou,

volrond, glansend in die oggenddou.

Van die naelstring af weggeskeur

In grofgevlegte mandjies meegesleur.

In die parskuip wreed vermoor

en soet rooi bloed die enigste spoor.

Gegiet in kiste van eikehoutvate

vir jare alleen, vergeet, verlate.

Om eendag in wedergeboorte

geskink te word in perelpoorte

simbool van sondevergiffenis

in Hom wat Ewige Koning is.

 

Paul Avenant Maart 2000

 

Kind in die Park

As ons liefde soos geskenke kon uitdeel

hoe sou ons dit toedraai of verpak ?

Met wie sou ons dit graag wou deel

of sou dit bly staan op die rak ?

Miskien die vriendelike lag in jou oe

aan ‘n kind wat net hartseer ken

of ‘n bemoedigende drukkie

aan ‘n vuil, betraande gesiggie.

Miskien ‘n paar stukkies klere uit jou laai

vir die kaalvoetseuntjie in die park

of ‘n bloedrooi appel van die mark

vir die vuilgesig dogtertjie op die swaai.

Hulle vir wie die lewe uit die n en hr bestaan,

vir wie toekoms net ‘n duister woord is,

vir wie sorg van moederliefde net in sprokies is

en die geweld van ‘n vader nog nooit kon verstaan.

En tog speel hulle almal vrolik saam

want lag en gesels en kindwees

is soos narkose vir die gees

en weeskind net nog ‘n naam.

Kom gee dan jou geskenke uit die hart:

liefde, omgee, kos en klere

want dalk raak genade vir jou verstreke

en word j mre se kind in die park ...

 

Paul Avenant

September 2000

 

STUUR JOU EIE GEDIG OF PROSA AAN pos@onsdorp.com