KUNSTEBULT

Daleen Stegmann

TUISBLADSY
Bernadette Du Toit
Quintin du Plooy
Jopie Van Wyk
Dirk Boshoff
Embrenchia Snyman
Dirk Kruger
Annamarie Du Toit
Annetjie Van Zyl
Ans Coetzee
Anne-Lize
Barbara
Conley Meyer
Cornelius (Corrie) Nel
Daleen Stegmann
Deon Viljoen
Gerhard
Hantie Dreyer
Joe Mulder
Johan Visser
Johann De JAGER
Petro Gordon-Hendricks (nee Rhode)
Paul Avenant
Ray Theron
Retha Kruger
Welma den Haan
TERUG NA ONSDORP

 

 

 

 

 

‘IS MY GENADE VIR JOU GENOEG?’

 

Ek rig hierdie vraag aan jou vandag:

Hoeveel genade kan jy verwag?

Wat moet God daagliks vir jou gee,

Om jou pad te bewandel, treetjie vir tree?

Moet jy Hom soebat om te voorsien –

Kry jy ook dít wat jy wérklik verdien?

Is dit wat Hy gee, genoeg vir jou?

En, straf Hy vir alles wat jy so verbrou?

Is Hy nog barmhartig, genadig en goed?

Word jy na liggaam en gees gevoed?

Is jou sonde vergewe, of maak God soos jy,

wat jou skuldenaars soos die pes vermy?

Mag jy van die rykes se tafel eet?

Of word daar net krummels vir jou afgemeet?

Is jou kinders gelukkig, gesond? Het jy werk?

Het jy nog vriende wat troos en versterk?

Is jou antwoorde hierop merendeels “Ja”

Dan het jy maar min waaroor jy kan kla.

Jy is so geseend, wil jy nog meer he?

Onthou net om elke dag dankie te se.

© DALEEN STEGMANN

Na aanleiding van boodskap

Deur Ds. J. Combrinck

N.G. KERK VANWYKSDORP

21 FEBRUARIE 1999

 

STUUR JOU EIE GEDIG OF PROSA AAN pos@onsdorp.com