Joe Mulder
AFRIKA
HEIMWEE
Iewers
hier binne my, in die plooie van my siel,
is daar
‘n verlange wat hunker na ‘n land ver van my!
‘n
Land ver van hier, onder sterre so mooi,
waar
die daeraad die aarde met ‘n vlamrooi skynsel tooi!
Waar
kameeldoringbome en gras die landskap verfraai,
ja, daar
waar die polsende ritme van Afrika draai!
Wat is
dan mooier as 'n dag wat oor Afrika breek?
Waar
doudruppels hul leplek in die grasse wegsteek!
Daar
waar die wild rustig wei, pronk en baljaar,
dis die
plek waarna my siel nou so ontsettend verlang!
Die stilte,
die oopte, die sorgloosheid van aldaar,
dis Afrika
skoonheid op sy beste, sowaar!
Dit bring
die heimwee en herinneringe weer terug na my siel,
hier
in die vreemde waar ek my nou bevind!
Net môre
sal ek 'n toekoms besluit moet maak,
en my
heimwee vleuels gee, soos ‘n visarend op jag!
Laag
oor die waters, dan weer hoog in die lug!
Dan sal
ek weet waarna my siel so oneindig smag!
Ek sal
terugkeer na my land
waar
ek weer vryelik asem kan haal,
om net
weer te beleef die geboorte van ‘n Afrika dag!
Wat God
sal laat spoel oor my droe dorre siel,
na ‘n
eensame tweejaar lange donkernag!
VREEMDE
MELKWEG
Ek ken
die son se baan beslis
My vel
sal jou sy spore wys !
Maar
snags is dit ‘n vreemde spul,
‘n
hemel wat onbekend aan my is!
Die Suiderkruis
is dan nie daar,
is Noord
dan Suid … en Wes is waar?
Hoe sal
ek ooit my ware rigting vind?
Maak
dit dan saak waar ek my nou bevind?
God weet
mos waar ek werklik is!
As ek
die sterre snags aanskou,
pak angs
en vrees my in die nag se kou!
Waar’s
God se bekende tekens dan,
of kan ek nie eien wat Sy maaksels is?
Is ek
dan blind, kan ek nie sien,
God se
melkweg oorkoepel my dan !
Verseker
weet ek dit is Sy werk!
Wie anders
is soos Hy - so sterk ?
Ek weet
nou dat Hy alomteenwoordig is,
Ps 139
bevestig my dit!
Al is
ek dan nou ookal waar,
Texas of die Republiek van Suid-Afrika.
Die Alomteenwoordige
is altyd daar,
om my
te behoed en ook te bewaar!
‘n
Eie ster het hulle wel hier,
op vlag,
op staal en op papier!
Hul noem
die plek "The Lone Star State"
Een van
vyftig, ver en wyd!
Hier
is geld die god van die tyd,
want
oliepompe pomp olie van Noord tot Suid!
Maar
groter is die erfenis wat ek eendag gaan kry,
as al
die skatte wat Texas my met oop hande bied!
My rykdom
is verborge,
vir die
oe wat net geld raaksien!
Ek is
glad nie meer bevrees nie,
ek weet
nou waar ek werklik is!
Die vreemdheid
van die Melkweg,
stem
my ou siel nou meer gerus!
Hy is
nou die kragbron van my lewe,
my
Metgesel, waar ek ook is!