ONSDORP.com

Die Mier en die Springkaan

Hoofstraat
Die Mier
Manifes
Kambassadeurs
AfriSkakels
Ander Dorpe se werwe
Army Stories
Boemerang Boertjie
Briewebus
Die Knoop Snelweg
Dobbelblad
Hulpnavrae
Kalahari dot net
KERKPLEIN
Markplein
NUUSBRIEF
Jaargelde
Nuusbrief Argiewe
Ons Kaart
S.A. ABC
Stambome
SOEKHOEKIE
Strandloper
StorieStoep
Voels
Werk in Kanada
Webmeester
HELP!

Ek kry so gereeld hierdie staaltjie van my lesers af, dat ek besluit het om dit nou eens en vir altyd op die webwerf te plaas as n stoepstorie wat sin maak.

HIERDIE IS 'n OU MAAR NOG STEEDS DIE BESTE VERGELYKING


Lank gelede het 'n mier en 'n sprinkaan saam op dieselfde stuk veld gewoon. Gedurende die somer het hierdie mier dag en nag gewerk sodat hy genoegsame voorraad kon inbring vir die naderende winter. Hy het selfs sy huis so ingerig dat hy warm en beskut sou wees gedurende die lang, koue winter maande.

Intussen het die sprinkaan singend rondgehop en al die gras gevreet waaraan hy behoefte gehad het. Ook het hy, sodra die drang tot paring in hom opgestu het, dit onverwyld met die eerste beste maat bevredig.

Die winter het gekom en daarmee saam die bitter koue wat die gras laat vrek het. In sy warm huisie het die mier geen tekort gehad nie, terwyl die sprinkaan - wat hom nie op die winter voorberei het nie - van honger en ontbering omgekom, en 'n horde klein sprinkaantjies sonder kos of skuiling agter gelaat. Die verhongerde, verkluimde nasaat van die sprinkaan wil weet hoekom die mier toegelaat word om warm en gevoed te wees terwyl hulle reg langsaan in die aller haglikste omstandighede sonder kos en klere moet leef.

'n Televisie-span maak hulle opwagting en beeldsend tonele van die Mier in sy gemaklike huis met 'n spens vol kos - en die wêreld is stomgeslaan.

"Hoe is dit moontlik?" vra hulle. "Moontlik vir die mier om in soveel weelde in hierdie lieflike omgewing te bly, terwyl die arme sprinkane so ly?"

In 'n oogwink is SASU - die "Suid Afrikaanse Sprinkaan Unie" - gestig. Hulle kla die mier aan van "spesie diskriminasie" en beweer dat die  Sprinkane slagoffers is van 30 miljoen jaar se groen onderdrukking. Hulle loods 'n protes-optog voor die mier se huis en breek omtrent die hele straat af. Tydens 'n Televisie-onderhoud sê hulle almal dat indien daar nie gehoor gegee word aan hulle eise nie, hulle gedwing sal wees tot kriminele lewens. Net vir oefening steel hulle een van die TV-span se bagasie, vermoor die bestuurder en kaap die span se voertuig.

Die GHK - Gryp en Herverdeel Kommissie - regverdig hierdie gedrag deur te se dat dit die nalatenskap is van die mier se diskriminasie teenoor- en onderdrukking van die sprinkane. Hulle eis dat die miere die Sprinkane om verskoning vra vir alles wat hulle, hulle aangedoen het en dat hulle die sprinkane moet vergoed vir alles wat nog ooit deur die geskiedenis heen aan 'n sprinkaan gedoen is.

GATSAK - "Goed-Aardiges Teen Sprinkaan Afknouing en Kastyding" - verklaar dat hulle 'n heilige oorlog teen miere begin. Die President verskyn op die agt uur nuus en se dat hy alles in sy vermoë gaan doen vir die sprinkane. Die sprinkane wat hulle verdiende welvaart ontneem is deur diegene wat onregmatig bevoordeel is gedurende die somer. Die Regering plaas EEVA - "Ekonomiese Egalisasie Van Agtergeblewenes" - Op die wetboeke, terugwerkend tot aan die begin van die somer. Die mier word beboet omdat hy nie genoegsaam groen insekte in sy diens het nie, en omdat hy niks oor het om sy agterstallige belastings mee te betaal nie, vat die Staat sy huis vir herverdeling.

Die verhaal eindig waar die sprinkaan weglê aan die laaste bietjie van die mier se voedsel terwyl die Staatshuis waarin hy bly - wat net toevallig die mier se gewese tuiste is - rondom hom inmekaar val omdat hy nie weet hoe om dit in stand te hou nie, en eerlikwaar ook glad nie omgee nie.

Op die TV - wat hy en 'n paar van sy vriende van 'n ander mier gesteel het - sien die sprinkaan die President voor 'n klomp Wilde dansende en luid singende sprinkane staan en aankondig dat 'n nuwe era van "gelykheid" op die veld aangebreek het.

Intussen word die mier nie toegelaat om te werk nie, want hy is Histories deur die veld bevoordeel. In sy plek is tien sprinkane aangestel drie in baie senior posisies met byvoordele - om die Gras in te samel voor die winter. Maar dit lyk asof dit nie die verlangde resultate lewer nie, want  die sprinkane werk net twee ure per dag net op die dae waarop hulle opdaag vir werk - en steel dan die helfte van alles wat hulle in daardie tyd geoes het.

Dan is dit weer winter, en te min Gras is ge-oes. En die sprinkane staak en eis 'n 150% loon-verhoging sodat hulle kos kan koop. Kos wat nou ingevoer moet word omdat die sprinkane nie genoegsame voedsel op hulle eie veld kan produseer nie.

 

Die mier pak sy tassies en emigreer na 'n ander veld toe waar hy 'n hoogs suksesvolle voedsel maatskappy begin en 'n miljoener word deur kos uit te voer na sy ou veld toe.

lifechanger2.jpg

PROVINET2008.jpg

capecarhire4.jpg
Horizontal Divider 2

kalahariafrbooks.gif