HIERDIE IS 'n OU MAAR NOG STEEDS DIE BESTE VERGELYKING
Lank gelede het 'n mier en 'n sprinkaan saam op dieselfde stuk veld gewoon.
Gedurende die somer het hierdie mier dag en nag gewerk sodat hy genoegsame voorraad kon inbring vir die naderende winter.
Hy het selfs sy huis so ingerig dat hy warm en beskut sou wees gedurende die lang, koue winter maande.
Intussen het
die sprinkaan singend rondgehop en al die gras gevreet waaraan hy behoefte gehad het. Ook het hy, sodra die drang tot paring
in hom opgestu het, dit onverwyld met die eerste beste maat bevredig.
Die winter het gekom en daarmee saam die bitter
koue wat die gras laat vrek het. In sy warm huisie het die mier geen tekort gehad nie, terwyl die sprinkaan - wat hom nie
op die winter voorberei het nie - van honger en ontbering omgekom, en 'n horde klein sprinkaantjies sonder kos of skuiling
agter gelaat. Die verhongerde, verkluimde nasaat van die sprinkaan wil weet hoekom die mier toegelaat word om warm en gevoed
te wees terwyl hulle reg langsaan in die aller haglikste omstandighede sonder kos en klere moet leef.
'n Televisie-span
maak hulle opwagting en beeldsend tonele van die Mier in sy gemaklike huis met 'n spens vol kos - en die wêreld is stomgeslaan.
"Hoe is dit moontlik?" vra hulle. "Moontlik vir die mier om in soveel weelde in hierdie lieflike omgewing te bly, terwyl
die arme sprinkane so ly?"
In 'n oogwink is SASU - die "Suid Afrikaanse Sprinkaan Unie" - gestig. Hulle kla die mier
aan van "spesie diskriminasie" en beweer dat die Sprinkane slagoffers is van 30 miljoen jaar se groen onderdrukking.
Hulle loods 'n protes-optog voor die mier se huis en breek omtrent die hele straat af. Tydens 'n Televisie-onderhoud sê hulle
almal dat indien daar nie gehoor gegee word aan hulle eise nie, hulle gedwing sal wees tot kriminele lewens. Net vir oefening
steel hulle een van die TV-span se bagasie, vermoor die bestuurder en kaap die span se voertuig.
Die GHK - Gryp en
Herverdeel Kommissie - regverdig hierdie gedrag deur te se dat dit die nalatenskap is van die mier se diskriminasie teenoor-
en onderdrukking van die sprinkane. Hulle eis dat die miere die Sprinkane om verskoning vra vir alles wat hulle, hulle aangedoen
het en dat hulle die sprinkane moet vergoed vir alles wat nog ooit deur die geskiedenis heen aan 'n sprinkaan gedoen is.
GATSAK
- "Goed-Aardiges Teen Sprinkaan Afknouing en Kastyding" - verklaar dat hulle 'n heilige oorlog teen miere begin. Die President
verskyn op die agt uur nuus en se dat hy alles in sy vermoë gaan doen vir die sprinkane. Die sprinkane wat hulle verdiende
welvaart ontneem is deur diegene wat onregmatig bevoordeel is gedurende die somer. Die Regering plaas EEVA - "Ekonomiese Egalisasie
Van Agtergeblewenes" - Op die wetboeke, terugwerkend tot aan die begin van die somer. Die mier word beboet omdat hy nie genoegsaam
groen insekte in sy diens het nie, en omdat hy niks oor het om sy agterstallige belastings mee te betaal nie, vat die Staat
sy huis vir herverdeling.
Die verhaal eindig waar die sprinkaan weglê aan die laaste bietjie van die mier se voedsel terwyl die Staatshuis waarin
hy bly - wat net toevallig die mier se gewese tuiste is - rondom hom inmekaar val omdat hy nie weet hoe om dit in stand te
hou nie, en eerlikwaar ook glad nie omgee nie.
Op die TV - wat hy en 'n paar van sy vriende van 'n ander mier gesteel
het - sien die sprinkaan die President voor 'n klomp Wilde dansende en luid singende sprinkane staan en aankondig dat 'n nuwe
era van "gelykheid" op die veld aangebreek het.
Intussen word die mier nie toegelaat om te werk nie, want hy is Histories
deur die veld bevoordeel. In sy plek is tien sprinkane aangestel drie in baie senior posisies met byvoordele - om die Gras
in te samel voor die winter. Maar dit lyk asof dit nie die verlangde resultate lewer nie, want die sprinkane werk net
twee ure per dag net op die dae waarop hulle opdaag vir werk - en steel dan die helfte van alles wat hulle in daardie tyd
geoes het.
Dan is dit weer winter, en te min Gras is ge-oes. En die sprinkane staak en eis 'n 150% loon-verhoging sodat
hulle kos kan koop. Kos wat nou ingevoer moet word omdat die sprinkane nie genoegsame voedsel op hulle eie veld kan produseer
nie.
Die mier pak sy tassies en emigreer na 'n ander
veld toe waar hy 'n hoogs suksesvolle voedsel maatskappy begin en 'n miljoener word deur kos uit
te voer na sy ou veld toe.