Welkom
op die NUWE WYN-BEDIENING se webblad. Dit is heerlik om
op hierdie wyse kennis te maak.
Kom
ek vertel jou kortliks hoe die Here vir my en Hetta tans gebruik. As jy lus is vir ‘n bietjie meer
detail, blaai gerus na ONS GELOOFSTORIE en dan lees jy verder.
Dwarsdeur
die wêreld getuig gelowiges uit alle dele van die Liggaam van Jesus hoe God deur Sy Gees besig is om ons ou teologiese
paradigmas uit te daag deur ons weer terug te neem na die Skrif en die ABC-waarhede en beginsel oor dinge.
Hierdie proses is ook onder Afrikaanssprekende mense, in byvoorbeeld die tipies Gereformeerde
wêreld in Suid Afrika, aan die gebeur.
In hierdie proses gebruik die Here Christo om eenheid
en vernuwing in die Liggaam van Jesus te fasiliteer. Met sy 14 jaar-ervaring as predikant in die Nederduitse
Gereformeerde Kerk tot in 1993, en die jare daarna waarin die Here hom in alle dele van die Liggaam gebruik, is hy ‘n
ideale segsman hiervoor.
Die
wyse waarop die Here Christo gebruik is om die bekende Bybelse waarhede nuut en vars deur die werking van God
se Gees te formuleer en dan aan mense te bedien in ‘n taal wat hulle nou verstaan.
Omdat God self Christo nuut bedien het, kan hy nou met
sy kennis van die teologie en kultuur van die tipies tradisionele Afrikaanse gelowige, Bybelse vernuwing aan hulle bedien.
Luk 5:37 en 38 praat hieroor. "En niemand gooi nuwe wyn in ou velsakke nie. As hy dit sou doen,
sal die nuwe wyn die velsakke laat oopbars. Dan is die wyn vermors en die sakke daarmee heen. Nee, nuwe wyn moet in nuwe velsakke
gegooi word.” (1983-Vertaling)
Hierdie “nuwe wyn”-waarhede is bedoel om die
mense van God in al die dimensies van hulle menswees te verander, heel te maak en te verlos. En soos wat mense gaandeweg verander, ontdek hulle dat hulle nie meer gemaklik inpas in al die
ou “wynsakke” (al die ou strukture, organisasies, idees of paradigmas) van vroeër nie.
Dit is ook wat in Christo se lewe plaasgevind het.
Hier is sy kortliks sy geloofstorie:
Ek het op 10 Oktober 1969 tot bekering gekom in ‘n tipies Afrikaanssprekende huisgesin. Toe teologie gaan swot
en in 1978 klaar gemaak met my studies. Vir 14 jaar het die Here my as predikant in die Nederduitse Gereformeerde Kerk gebruik
om van Sy kinders en andere te bedien.
Maar toe begin die Here my met “nuwe wyn”-waarhede
bedien:- Eers oor die Heilige Gees, Sy werk en Sy gawes- Toe oor die doop as ‘n bediening net aan gelowiges- Later het die Here met my begin gesels oor Sy Liggaam,
en dit wat ons “kerke” noem
In 1993 daag die Here my en my gesin uit om in geloof Hom
te vertrou om ons wyer as net die Nederduitse Gereformeerde Kerk binne Sy Liggaam te gebruik. En dan baie
spesifiek om vernuwing te bedien aan hoofsaaklik Afrikaanssprekende mense met ‘n
tipies tradisionele Afrikaanse agtergrond.
Die groep mense waarop die Here my spesifiek laat fokus het, is mense wat nie meer heeltemal gemaklik inpas in die
tipies tradisioneel kerklike opset nie, of dit nou NG, of selfs Pinkster of Charismaties, is.
Sedert einde 1993 gebruik die Here my op hierdie manier
in Ned Geref-gemeentes, VGK-gemeentes, Pinkster- en Charismatiese gemeentes, en vernuwingsgemeentes, om vernuwing te fasiliteer.
Steeds
is die Here ook met my persoonlik in die proses besig. Elke dag ontdek ek hoe my eie “teologie”
verander.
So is die Here tans besig om met my te praat oor eenheid
in Sy Liggaam. Beter as ooit verstaan ek dat al hierdie gepraat van ons van “kerk” en “kerke”
nie werklik Bybels is nie, want Jesus se Liggaam is een.
Ek verstaan deesdae ook soveel beter dat Sy Liggaam uit verskillende geloofsfamilies (ekklesia
of gemeentes) van verskillende groottes bestaan, maar dat hulle in werklikheid deel is van een groot familie.
Hulle moet net leer om as ‘n effektiewe groter familie-eenheid te funksioneer.
Ek verstaan ook baie beter hoe die bedieningspanne van
Ef 4:11 tot 16 bedoel is om, soos ‘n effektiewe immune- of bloedsomloop-stelsel, die Liggaam van Jesus toe te rus vir
hulle bediening, as enkelinge en as families, onder mekaar en in die wyer gemeenskap.
Vir die res van Christo en Hetta se geloofstorie, blaai
gerus na ONS GELOOFSTORIE.
Hierdie webblad en sy inhoud het juis ontstaan as deel van Christo se bediening aan die wyer Liggaam van Jesus.
En dan veral sy bediening onder Afrikaanssprekende gelowiges wat dwarsoor die wêreld woon en ‘n behoefte
het aan die Woord in Afrikaans.
Sedert die jaar 2001 het hy die voorreg om duisende Afrikaanssprekendes wêreldwyd
weekliks via epos te bedien met ‘n weeklikse nuusbriefie waarin hy “nuwe wyn”-waarhede aan hulle bedien.
Miskien stel jy ook belang daarin om dit te ontvang.
Kontak hom per epos, dan sit hy jou graag op sy adreslys.
Daar is ook tans ‘n geweldige behoefte aan goeie
Bybelse Afrikaanse vernuwende materiaal. Die Here gebruik Christo ook as skrywer. Ons
is is dankbaar om te meld dat jy inligting oor die boeke wat reeds uit sy pen verskyn het, asook ander materiaal wat as elektroniese
dokumente beskikbaar is, in DIE ARGIEF sal vind.
As jy lus voel om
persoonlik kontak te maak met Christo en Hetta Nel, hier is hulle besonderhede:
Telefoonnommer: 021 8510003
Selfoonnommer: 082
770 239 7
Posadres: Posbus 3114, Somerset-Wes, 7129
Woonadres: Willowstraat 8, Westridge,
Somerset-Wes