Hierdie webwerf word
beste vertoon op 1024x768 skerm resolusie.
ONTHOU JUL NOG Esmé Euvrard en Jan Cronje se destydse Sprinbokradioprogram:SO MAAK MENS ?
Op dieselfde
dag as wat Esmé Euvrard verjaar het, vier ook ek, my herdenkingsdag. (Net die jaartal verskil.) Daardie dag het
Esmé 'n spesiale resep gehad wat my Ouma op haar beurt vir my gemaak het. So, kon ons as't ware saam verjaar!
My Huldeblyk aan Esmé en Jan is om op hierdie (amper nostalgiese
) bladsy iets terug te gee van wat daardie program vir baie beteken het.
Kom loer dus gereeld hier in! Ruil resepte, vra raad, gee advies, gesels sommer net, en wys
almal:
Só
MAAK MENS !
Volg asseblief die skakels vir elke bladsy, LW: ek skuif hul bietjie rond om jul op jul tone te hou!
Op Hierdie bladsy, kan jul lees waaroor die werfie handel,
en meer oor jul gasvrou...
By VANDAG op die VOORGROND, gebeur alles, en sal jy amper elke dag resepte, geselsies, raad en iets van alles en nog wat kry!
By TUINHOEK, verskyn elke Maand se Tuin-idees en wenke ...
Op die INHOUDSOPGAWE bladsy is 'n volle OORSIG,
sodat jy met een oogopslag kan sien WAT al WANEER geplaas is...
Die NUTTIGE TABELLE bladsy het nuttige inligting vir jou, daar is 'n mooi DAGSTUK-KALENDER en ook 'n paar SPEELGOED !
By GISTER op die AGTERGROND,
die ARGIEF blad, verskyn álles wat reeds geplaas is!
Blaai dus gerus hier rond, geniet jou kuier by ons, en neem self ook deel!
"So Maak Mens" was aangebied deur Jan Cronje en Esme Euvrard.
Die program het ontstaan in 1950, maar nie in Afrikaans nie, dit was in Engels uitgesaai en die program se naam het "This
is How", geheed. Die eerste uitsending van "This is How" het begin om 10H30vm op 3 Mei 1950. In die
beginjaar van die program word dit slegs een keer per week uitgesaai. Weens die populariteit van die program besluit Springbokradio
om die program van Maandag tot Donderdag om 14H15 uit te saai. In 1957 egter word daar besluit om die program te verander
in Afrikaans en so word "So Maak Mens" gebore. Sedert 1957 tot aan die einde van Springbokradio in 1985
word die program aangebied deur Jan Cronje en Esme Euvrard. Na die sluiting van Springbokradio verskuif die program
na die nuut gestigte Radio Suid-Afrika. In 1987 word die laaste episode uitgesaai en so het 'n Suid-Afrikaanse legende
tot 'n einde gekom. Bitter min episodes van "So Maak Mens" het oor die jare behoue gebly en slegs
die tema musiek van "This is How" is bewaar, maar die vreugde wat die program vir baie luisteraars gebring
het sal vir altyd onthou word. ( Met erkenning oorgeneem vanaf die Springbok-radio webwerf...volg skakel soos hieronder gegee.)
...hier volg 'n nostalgiese uittreksel uit Esmé en Jan se laaste
uitsending...
Seg
Jan, dat mens nooit rigtingloos moet wees nie! Nee, vir die langtermyn moet mens beplan, en vir die kort termyn is doelgerigte
roetine en planmatigheid belangrik! Hy sê mens moet betrokke raak by mense in nood om jou, en
Ja, seg Esmé, welsynswerk begin tuis!
Dan word daar bietjie gekla oor die ekonomiese toestande (Wat het verander?
!) - wat hulle van die gereelde program van die lug afgedruk het, en laat oorskuif het na die destydse "Vroue-Rubriek"...
en Jan vertel die
grappie van die seuntjie wat die pos bring en sê dit was so vinnig, die seël is nog nie eers droog nie!
Ja, Lag Esmé,
"dit sal mens seker "kits-aflewering" noem!"
...Wonder wat sou hul oor onse epos vandag sê?
En onthou jul die woorde: “...Dis nou presies Kwart oor drie (of
was dit vier uur?) op Springbok-Radio en tyd vir ... Só, maak
Mens. Ja, hier is die twee ou radio-vriende weer met inligting, musiek, ‘n resep, en sommer van alles en nog
wat. Só, maak Mens!“
En dan het Esmé en Jan, voortgegaan met hulle program,en elke middag,
tydens die verloop van die progam is ‘n resep of twee met die luisteraars gedeel. Wat nooit vergeet kan word nie, is dat elke (en ek bedoel ELKE) reël van die
resep herhaal is sodat luisteraars dit maklik kon neerskrywe. (Daai dae was daar
natuurlik nog ’n Internet waar mens sommer gou die resep kon gaan aflaai en print nie.) So die verloop van die resep was dus iets as volg:
Esmé: “Vandag gaan ons Mev. Soekie de Swardt van Sasolburg se heerlike
handtertjies maak. Ons hoop julle het die skryfgoed gereed, want
hier gaan ons.
Albei saam : "Só, maak
Mens.“
Esmé: “Bestanddele: “
Jan: “Bestanddele: “
Esmé: “1 koppe
meel“
Jan: “1
koppie meel“
Esmé: “1 pond botter“
Jan: “1 pond botter“
Esmé: “1 koppie
suiker“
Jan: “1 koppie
suiker“
Esmé: “1 blik kondensmelk“
Jan: “1 blik kondensmelk“ ...